Droogte binnekort ‘nasionale ramp’  

Minister Des van Rooyen (middel). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die droogte in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap kan moontlik so vroeg as volgende week tot ʼn nasionale ramp verklaar word.

Dié provinsies is reeds tot provinsiale rampgebiede verklaar. Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, staan aan die hoof van ʼn interministeriële taakspan wat die droogte tot nasionale ramp wil laat verklaar.

Volgens Van Rooyen kan só ʼn aankondiging reeds teen 14 Februarie gemaak word. Hy het gesê die droogte het ʼn beduidende negatiewe effek vir die ekonomieë van die provinsies wat geraak word. Hy het verder gesê die toerismebedryf, veral in die Wes-Kaap, word ook erg geraak.

Van Rooyen het gesê die droogte kan nie in isolasie gesien word van die primêre ontwikkelingsuitdagings wat die land in gesig staar nie. “In die besonder is dit van kritieke belang om die daaglikse ontwikkelingsuitdagings te analiseer wat óf kwesbaarheid verhoog óf die erns daarvan verhoog en die faktore waaraan ons as ʼn kollektiewe leierskap moet aandag gee.”

Volgens van Rooyen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens te kenne gegee dat 2017 die jaar van die minste reënval was aangesien die hele land minder as die normale reënval ontvang het. Hy het gesê die land het ook nog nie herstel van die droogte in 2014 nie.

Van Rooyen het gesê ʼn aantal maatreëls is reeds landswyd ingestel en werp reeds vrugte af. Dit sluit in boorgate in al die provinsies, die voorsiening van voer vir diere, tenkers in areas waar daar nie meer water is nie en ontsoutingsaanlegte.

Die minister het gesê in Augustus 2017 is ʼn bedrag van R74,8 miljoen vir die Wes-Kaap gegee om die droogtekrisis mee die hoof te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann ·

Rerig? Van alle onbesonne onbevoegde ZUMAIKIES is DIT die een wat iets SO krities moet bestuur? Heme behoede ons.

jaco ·

‘n ANC raadslid het so ‘n jaar gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem.
So nou wonder ek maar net: waarom is daar dan ook droogte in die Oos-Kaap en in die Noord-Kaap? Die ANC wat blykbaar ook die Here se steun het, is dan in beheer daar…

Lynne ·

…..en dan roem hul ook nog daarop, dat dit sal geskied tot en met die Wederkoms……

Vragie ·

Jaco, my familie bly in Port Elizabeth (Oos-Kaap) en val onder die DA. Val die res van die Oos-Kaap onder die ANC?

PJC ·

Die betrokke parlementêre portifeulje komitee behoort die minister van waterwese met haar arrogante houding voor stok te kry sodat sy verduidelik hoekom sy die bou van verskeie groot damme soos die in Lesotho asook die vergroting van die Clanwilliamdam onbepaald gestop het.

christine ·

Dis seker gestop omdat die geld in iemand se gatsak gestop is

Dafer ·

Die veilige aanvaarding om te maak is dat dit nooit weer in die Kaap gaan reen nie. Klink miskien belaglik, maar dit is moontlik! Beplan daarvoor!

Anoniem ·

Ek is ‘n optimis… As dit in die Sahara kan sneeu sal dit beslis weer in die Kaap reën! ;-) Nóóit is ietwat van ‘n klap in ons Skepper se gesig, dink jy nie?

Trek ·

Dafer, ek stel voor jy trek en dan bedoel ek nie na ‘n ander deel van die land nie, maar oorsee.

Andrea ·

Jy verstaan nie…so paar jaar gelede het een in dieselfde amp gesê die damme moes nooit so groot gebou gewees het nie. As die Apartheid regime, wat die damme gebou het, net beter gedink het, sou hul besef het die groot damme vat te lank om vol te word. ?

Pastoor ·

Daar is bene gegooi by grafte van voorvaders. Daars dinge gebrand. Raad is gevra van die voorvaders.
Die God wat antwoord met Vuur Hy is God. Dieselfde God van Elia Abraham Joshua Jakop Dawid. Hy Lewe steeds. Hy sal antwoord. Wag en kyk die Ware God kan doen
Ek wag Antw Here en wys wie God is

Bob ·

Hallo. Ik lees hierboven dat de droogte ook voor het toerisme gevolgen zal hebben. Kunt u me zeggen wat dsze gevolgen zijn? Dank u.

Pieter ·

Maar nog steeds geen aksieplan vir die bou van nog damme om te voorkom dat dit nie weer gebeur nie.

Theresa B ·

Onbevoegdheid seevier orals in ons land. Onbevoegdheid van mense in poste is ons land, mense en hulpbronne se ondergang. Enige iemand word sommer net in ‘n pos gesit en “bang” hy/sy doen “wonderlike” werk. En nogsteeds volgens hulle is alles 100% in die land. Padongelukke neem af, misdaad neem af. Hulle verrig “wondere” Ek kan nie glo dat ons hulpbronne vernietig word nie!!

Alida ·

Genade Des Van Rooyen wat veronderstel was om minister van finansies te wees!!! Wat ‘n grap is hierdie land nie.

m.d.r ·

Pasop dat hierdie “NASIONALE RAMP nie bloot as ‘n verskoning gaan dien om soos daar reeds geskimp is, alle plaasdamme te onteien nie.
Die regering het reeds lankal water as ‘n mineraal verklaar en onder beheer van die staat geplaas.
Eintlik is dit net logies dat hulle die bergingsplekke van water ook sal wil beheer….
En ja, van die grond waarop die dam staan, na die res van die plaas is eintlik nou mos maklik……
En tog, sonder reen gaan daardie damme ook eindelik leeg word–wat dan ANC….?

Willie ·

Ag regtig Des? Hoe het jy by daai een uitgekom? Nou eers? WOW

Susan ·

En wie het gesorg dat daar voer en water aangery word vir die boere, beslis NIE die regering nie, net hulle daaraan afgevee!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.