Droogte dalk binnekort gebreek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel reën vir groot dele van Suid-Afrika. (Foto: SA Weerdiens)

Suid-Afrika kan swaar reën oor die hele land binne die volgende paar maande verwag. Só wys voorspellings van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW).

“Hierdie reën sal waarskynlik genoeg wees om die droogte te breek,” sê prof. Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan Akademia.

Volgens die SAW het Suid-Afrika gedurende September ondergemiddelde tot gemiddelde reënval in die meeste dele van die land ervaar. Die enigste plekke wat bogemiddelde reënval gehad het, was geïsoleerde gebiede in die Wes-Kaap en Mpumalanga. Gedurende Julie tot September was dit oor die hele land droog, maar in dele van die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap was dit uiters droog gewees.

Die weerdiens verwag egter dat die hele land vanaf November tot Februarie gemiddelde tot bogemiddelde reënval sal ontvang. Volgens die SAW sal die hele Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal in dié tyd gemiddeld tussen 200 mm en 800 mm reën ontvang. Groot gedeeltes van die Vrystaat, Limpopo en Noordwes kan ook soveel reën verwag. Die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap kan tussen 10 mm en 150 mm verwag.

Die kabinet het Vrydag spesifieke klem daarop geplaas dat inwoners van byna alle dele van die land dringend moet besef dat damvlakke kommerwekkend vinnig daal weens min reën en buitengewoon warm temperature, berig Jan-Jan Joubert.

Inwoners van Aliwal-Noord, Burgersdorp en Barkly-Oos is die afgelope week deur die plaaslike munisipaliteit aangeraai om kraanwater eers te kook voor hulle dit drink, aangesien die damvlakke baie laag is en water daarom waarskynlik baie vuil is. “Inwoners word ook aangeraai om reënwater op te vang vir huishoudelike gebruik wanneer dit wel reën,” lui ʼn brief vanaf die Joe Gqabi-munisipaliteit.

Die Wes-Kaapse kusgebiede, die Boland en die Overberg is die enigste gebiede waar damme meer as 80% vol is, danksy hewige reënbuie verlede naweek.

“Waterbesparingsmaatreëls moet dringend ingestel word en elke Suid-Afrikaner kan individueel ʼn bydrae lewer deur byvoorbeeld lekplekke by die owerhede aan te meld, slegs grys water (afloopwater wat reeds huishoudelik gebruik is) vir die natlei van tuine te gebruik en slegs hul tuine voor 06:00 of ná 18:00 nat te lei,” het die parlementêre komitee oor water en sanitasie Vrydag gewaarsku.

Die departement van water en sanitasie is intussen besig om gebeurlikheidsplanne en konsepregulasies op te stel indien die watersituasie bly verswak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Only me ·

So 30 minute terug 18mm in Fochville met bietjie hael gehad..Alle Eer aan ons Hemelse Vader!

Mariaan ·

Mag dit waar wees. Al wat my pla is dat die voorspelling in die Noord Kaap, Oos Kaap en Wes Kaap tussen 10mm en 150mm kan wees. As ek so kyk is 10mm bitter min. En 10mm gaan nie hierdie droogte broek nie.

Shelly ·

Ek stem. Verskil tussen 10mm en 150mm is baie groot. Hoe op aarde kan 10mm ons droogte breek

Daan Erasmus ·

Die ou weer profete is dood. En ons, die volgende geslag weet nie hoe om die tekens reg te lees nie. Die tekens is daar. Maar om dit reg te lees is die ding.

Stella ·

Ek wonder wanneer die weerdiens gaan insien dat hulle NIE weer voorspellers is nie,hulle probeer,maar KAN nie!!

jaco ·

waarom dan droogte in ANC-beheerde munisipaliteite? n ANC-raadslid van iewers in die binneland het dan in 2017 gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat die meeste kiersers daar DA stem.
So nou wonder ek maar net, vanwaar dan die droogte in ANC-gebiede, as dit dan die Here se wil is en ook nie sonde is nie om te stem vir goed soos korrupsie, swak of geen dienslewering, ontplooiing van totaal onbevoegde kaders ens ens.

Pim ·

Die ANC moet beslis ‘n ondersoek loots wat miljoene gaan kos. Hulle kan ook dan ‘n saak van rassime maak net sodat hulle beter kan voel!

Runice ·

ALLE EER AAN U, HEMELSE VADER! Baie dankie, dat U die Hemelse Sluise Mildadig Gaan Oopdraai, oor al die dorre gebiede! Vergewe ons,mensdom se sondes, tekortkominge,ongeloof en veglustigheid onder mekaar en Stort U fisiese reen en U Heilige Gees Reen Uit Oor ons hele land

andre ·

Ons moet ons voorberei op groot klimaatsveranderinge.

Met die reenseisoen wat so drasties verander dat al die reën neerstort binne een of twee maande van die jaar met geen opvolgreen in die oorblywende 10 maande nie, kan die natuur dit nie oorleef nie.

Sulke weerpatrone gaan ver-woestyning aanhelp.

Chris Geldenhuys ·

Hoe de hel breek jy n droogte
(soos in die Noord Kaap) as jy 20mm oor 4maande voorspel?
As julle sulke twak wil plaas, dan lees ek nie verder nie!

Kolskoot ·

Selfs 100mm reën breek nie n erge droogte nie dit sal jare neem om die veld te herstel in die Noord Kaap vra die manne wat weet

Runice ·

BAIE DANKIE, MY HEMELSE PAPPA…U GOEDHEID EN GENADE, HET GEEN EINDE.. 30 ML DEURNAG REEN EN REEN STEEDS PTA

Stoney ·

Verskil tussen ml en mm is nogal dramaties. Vra jou pappa om dit te verduidelik

Runice ·

Aag, groot ekskuus oom Stoney, vergewe my, net ‘fingertrouble’ gewees, my slim oom

Feite ·

Dit sal elke jaar so gaan dat die departement van water en sanitasie almal aan n lyntjie hou en niks doen nie totdat die reenseisoen aanbreek om die besoedeling weg te spoel. Dan is almal weer gelukkig en vergeet hulle van die geld wat nie gebruik was om instandhouding te doen en om besoedeling te verhoed het nie. Die miljoene rande gaan iewers anders heen, of dit gaan terug staatskas toe vir “bail outs” deur die tesourie aan SOE’s!

Of Nie ·

Daar is dele in die Boland waar die damme 80% vol is. Ons is in die hartjie van die Boland en het n totaal van 147mm vir die jaar gemeet. Gemiddeld voor die 4 jaar droogte was 250mm tot 350mm. Daar is laasweek besluit watter dele op die plaas besproei moet word en watter dele ons 0% water gaan gee aangesien ons net 30% van ons kwota water kan kry.

Pensioenaris ·

Heerlik, ons het 55mm in Mnandi Centurion gehad. Ons se baie dankie

CHAPPIES ·

Baie dankie Here, vir die lieflike reen laasnag, 30 mm pta

Gert Galblaas ·

Hou net op om die Chemtrails te spuit wat die wolke laat uitrafel en dan waai die wind die vog weg…julle weet julle spuit dit,sodat ons die kamstige klimaats-verandering moet glo…God sal dit laat rëen wanner dit Hom pas.

Runice ·

As onse ou volkie, DIT net wou GLO Gert Galblaas, jys absoluut korrek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.