Droogte-krisis: Kaapstad oorweeg noodskemas

Kaapstad (argieffoto) Foto: HPBotha, Pixabay

Kaapstad (argieffoto) Foto: HPBotha, Pixabay

Die stad Kaapstad het Maandag gesê damvlakke het tot 28,6% gedaal, wat 1,4% laer is as die vorige week. Met 10% van ʼn dam se water wat nie bruikbaar is nie, is daar dus effektief slegs 18,6% water oor vir ongeveer 103 dae teen die bestaande gebruikersvlakke.

Die gebruik die afgelope week was ongeveer 750 miljoen liter water per dag. Dit is 50 miljoen liter water per dag meer as die doelwit van 700 miljoen liter water per dag.

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid, het gesê die Stad Kaapstad bedank inwoners wat deurgaans nuwe maniere vind om water te bespaar. “Maar ons moet eenvoudig baie nader kom aan die gebruiksdoelwit.”

Die stad het reeds ʼn plaaslike ramptoestand verklaar as gevolg van die droogte. “Ons is in die middel van die ergste droogtes van die afgelope eeu. Kaapstad is ʼn skaarswaterstreek en voel die impak van klimaatsverandering met ʼn toename in die gereeldheid wat droogte voorkom.”

Sy het gesê die afgelope twee jaar se droogte het ook boonop watervloei na die damme in die Wes-Kaapse waterverskaffingskema beperk. “Die damme sal moontlik uiters lae vlakke bereik teen die aanvang van die winter en sal waarskynlik nie bevredigend herstel indien ʼn laer as gemiddelde reënval hierdie winter plaasvind nie.”

Die stad se gebeurlikheidsplan sluit verdere beperkingsmaatreëls en die moontlikheid van beurtwater in om water te beperk indien damvlakke tot gevaarlike vlakke daal. Dit sal noodaanskaffing van bykomende toerusting vereis met bykomende bedryfsuitgawes.

Die stad beplan ook om sy eie waterhulpbronprogram te versnel om watervoorraad te verhoog. Patricia de Lille, uitvoerende burgemeester, het vroeër vandeesmaand ʼn plaaslike ramptoestand verklaar om die verskeie kleinskaalse noodwaterverskaffingskemas te versnel.

“Aktiewe bystand word van die provinsiale en nasionale regerings vereis om die situasie doeltreffend te bestuur en die welstand van ons gemeenskappe en die ekonomie te beskerm,” het Limberg bygevoeg. “Dit sluit tegniese bystand, finansiering en prioritisering in om sonder vertraging versagtingsmaatreëls te implementeer.”

Die stad oorweeg die instelling van verskeie kleinskaalse korttermyn-noodwaterverskaffingskemas:

– Noodboorgate in Tafelberg se ondergrondse waterbronne wat ongeveer 2 miljoen liter water per dag kan lewer
– Kleinskaalse seewaterontsoutingsaanleg aan die noordwestelike kuslyn wat 2 miljoen liter water per dag kan lewer
– Intensifisering van die stad se waterdruk en waterbehoefte-programme om watergebruik verder te beperk

Indien die reënval hierdie winter weer laer is as gemiddeld, sal die stad die bogenoemde noodskemas uitbrei en soos volg versnel:
– Nóg boorgate in Tafelberg se ondergrondse waterbronne vir ʼn bykomende 10 miljoen liter water per dag
– Uitbreiding van die seewaterontsoutingsaanleg vir ʼn bykomende 2 miljoen liter water per dag
– Kleinskaalse water-hergebruiksaanleg vir ʼn bykomende 10 miljoen liter water per dag
– Putte in die Kaapse Vlakte se ondergrondse waterbronne wat gesamentlik 5 miljoen liter water per dag kan lewer

Die kapitale koste van die noodskemas word tans op R315 miljoen beraam oor drie finansiële jare (2016/17 tot 2018/19). Die stad se departement van water en sanitasie sal die projekte grootliks finansier deur interne herprioritisering.

Inwoners kan die stad kontak deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected] vir navrae of om oortredings aan te meld (bewyse moet aangeheg word om die stad se wetstoepassers by te staan) of stuur ʼn SMS aan 31373.

Besoek die stad se waterbeperkingsbladsy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rynhardt ·

Die Stad Kaapstad met DA bly in ontkenning leef.Nes Kaapstad het Nelson Mandelabaai ook waterprobleme.Oopgrense moet gesluit word, want SA bloei met mening van binne.Jou natuurlike bronne gasn onder groot druk verkeer! Ekskuus, netnou word oopgrense ook n groot “issue” soos Kolonialisme en aoartheid.Polities Korrekheud het talle blind gemaak vir die waarheid.

Jannie ·

Die provinsie is nie by magte om sy eie grense te sluit nie, dit val onder beleid van sentrale regering. DA kan niks aan die instroming doen nie.

Anon ·

Verlede jaar wat die Kaap meer reen gehad het en die res van die land droogtes beleef het, was daar trokke water opgestuur , ons het gehelp, waar is ons hulp? Damme loop oor, riviere bars hul walle… Calvinia se damme is leeg, daar is net boorgat water… Waar is ons hulp? Vergeet hul so vinnig!

Rynhardt ·

JANNIE, hy kan dit aanpraat dit oopgrense gesluit moet word , maar hy doen dit nie.Hy keer dit goed saam met Anc.Albei partye is so teen misdaad, dat SA se probleme teen n geweldige pas toeneem.Mense moet realiteit begin insien.

deon ·

Nee ons doen nie,boere stuur voer af calvinia toe op eie koste,ek weet want ek is een van daai boere.

deon ·

Nee ons doen nie,boere stuur voer af calvinia toe op eie koste,ek weet want ek is een van daai boere…..

Johann ·

Ek skryf hierdie krises aan swak bestuur toe, die mense weet niks van “plan, organize, lead and control” af nie, die oomblik as alles klaar is, dan wil hulle rond spring!!! Dan is dit te laat

El ·

Stem saam. So met die skole infrakstuur, hospitals, ashope, elektrisiteit. Alles apartheid se skuld.

Jannie ·

Natuurlik het apartheid baie met dit te dien. Daar is mos net vir ‘n klein blanke bevolking gesorg. Nou moet daar vir massas gesorg word, ‘n moewiese taak.

Dirk Breytenbach ·

‘n Tekort aan water is nie net natuurgedrewe nie maar agv swak leierskap, bestuur en gebrek aan aksie van die DA owerhede van wie ek baie meer verwag het. Ek hoop die bore werk al aan die gate en dat daar nie weer maande se korrupsie en voetslepery is nie. As ons sonder water gaan staan in die Kaap sal dit katastrofies wees. Ek luister nie meer na die gesanik van bitterbekke oor dat dit apartheid se skuld is nie. Ons almal het al +- 24 jaar gehad om te beplan en van ons land ‘n beter plek te maak. Dit neem nie 24 jaar om damme te bou, vergroot of boorgate te boor nie. Nou is dit tyd vir aksie. Leiers het tyd om in dispilinere verhore en hatige rasseuitsprake betrokke te raak maar intussen is ‘n ramp besig om te gebeur. As die staatsdiens en munisipaliteite nie weet hoe om projekte vinnig uit te rol nie, daar is baie kundiges wat kantlyn toe gestuur was en sit en wag om te help.

Henry ·

Die ANC se stemvee wat maandeliks in honderde-duisendetalle van die Ooskaap ingevoer word om die DA te ontsetel, is die grootste enkele rede vir die water krisis.
Waarom die DA nie hierdie Polities Inkorrekte feit openlik wil erken nie, is seker deel van hul verkiesingstrategie, of hoe???

Henry ·

Orraait.
Fout.
Het jaarliks bedoel en maandeliks geskryf.
..it happens…

Tania ·

Hoeveel water gaan nie verlore met brande wat geblus moet word nie? Die meerderheid bespaar in ons omgewing maar die brandstigters en inkommers sien net see en dink dit is water. Of is hulle so gewoon dat daar nog altyd voorsien is, dat hulle net weer bakhand gaan staan. Media neem hulle hartseer gesigte af want droogte raak net hulle. Wanneer vat almal die hand en besef ons moet versigtig met natuurlike lewensbronne werk?

Aitoggie ·

Ek sê dit weer en sal dit weer sê, waterbeperkings en beurtwater moes ALLANKAL ingestel gewees het, in 2015 al, toe ons die erge droogte begin ervaar het. Ek weet nie hoekom daar eers gewag moet word, totdat die water “OP” is, voordat sulke maatreëls ingestel word nie. Toe die regering gesien het El Nino tref ons in 2015, toe moes hulle beperkings landwyd ingestel. Mens wag nie vir “ingeval” ons n beter reënseisoen kry nie. Maar so sal voort gemors word, totdat die damme dor is. Ek voel net daar word dan weer n moontlike El Nino vir die vlg somerseisoen voorspel, hou die waterbeperkings in Gauteng en waar ookal goeie reën ontvang was ingestel, ons is dalk nie so gelukkig om weer so goeie reens te kry nie.

Buitestander ·

Waar kom ond hulp vandaan ???
God van oorvloed sal voorsien.
Nader tot Hom en Hy sal tot julle nader en julle hulp geroep aanhoor.

Buitestander ·

God van oorvloed sal voorsien aan almal wat Hom dien.

Koos ·

Ja hulle se mos die damme is te groot gebou, dit vat te lank om vol te word as dit leeg is. Hahahaha

Willie ·

As ek iets gaan Se’ of saambid vir reën , Dan is die kanse goed dat ek n rassis of haatspraak uitspreek. Die babatjie van die ANC,nl die DA, glo ek is magtig genoeg om hierdie probleempie uit te sorteer. Julle kan seker ook politieke oplossing vind.

TTh ·

Dit is nie die impak van klimaatsverandering nie, dit is die impak van swak beplanning. Die RSA word deur sotte bestuur. Al die RSA se moeilikheid kom van die impak van mense en nie van idees, of dinge of verledes of skimme of spookasem nie.

Pietie ·

BAIE WATER GAAN VERLORE DEUR LEKKASIES EN POWER INSTANDHOUDING. DAAR MOET OOK STERKER OPGETREE WORD TEEN MENSE WAT HUL NIE BY DIE BEPERKINGS HOU NIE. DIS OOK DUIDELIK DAT DAAR FOUT IS MET METERLESINGS WAT GEWOON GERAAI WORD OF UIGEKONTRAKTEER WORD.

SARIE VAN HEERDEN ·

Om probleem te keer moet begin word om hul te leer van waterbesparing. Kyk na die krane en poele water waar waterskeppers hul bakke volmaak by townships. Honderde liters word gemors waar krane net onbeheersd voortuitstroom sonder dat dit toegedraai word.
En as daar nie meer water uit die krane kom nie sal hul afgebreek word en die strate vol betogers wees. En wie gaan die water MAAAAAK? Elektrisiteit kan omseil word maar nie water nie. En dis weer ander se skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.