Droogte nie ʼn nasionale ramp, sê Zuma

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

President Jacob Zuma het Donderdag gesê die regering is nog nie gereed om die droogte, wat ʼn groot deel van die land teister, as ʼn nasionale ramp te verklaar nie.

Zuma het tydens ʼn antwoordsessie in die parlement gesê die regering doen alles in sy vermoë om boere en gemeenskappe in die droogtegeteisterde provinsies by te staan, maar slegs Noordwes, Limpopo, KwaZulu-Natal en die Vrystaat is tot dusver as rampgebiede verklaar.

“Die regering het die betrokke areas as rampgebiede verklaar en maatreëls word nou toegepas,” het hy aan LP’s gesê. “As mense sê dit is nie genoeg nie, is dit hul siening. Dit is nie as ʼn nasionale ramp verklaar nie. Wanneer daardie oomblik aanbreek, sal ons dit verseker doen.”

Zuma het gesê die regering het geld opsy gesit om die betrokke gemeenskappe en boere te help. “Ondersteuning aan plase sluit die aankoop van voer vir vee, vervoer van voer en water en hulpbronne vir boorgate.”

Hy het gesê geld word ook opsy gesit om watertenkers vir munisipaliteite aan te koop wat die betrokke gemeenskappe met water kan help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jollie Jacqueline ·

Hy is onnosel. Maar wat kan mens verwag, hy het nie eers skool klaar gemaak nie.

GES ·

Ek dink ook soms die droogte is nie die grootste nasionale ramp nie maar eerder die man wat geen getal begrip het nie.

Leon Coetzee ·

Wat weet die onosele vent , hy ken net van korrupsie en ander ander wettelooshede wat ek nie hier sal noem nie. Stupid vent

humor ·

Gee maar kans sodra hierdie droogte aan sy eie stemvee se bas begin knaag, sal hy sy g@t sien.

fransie rowles ·

HA ha!
Billy, jy slaan die spyker op sy kop!
gaan die bietjie leen…

talitha ·

Is daar iets wat belangrik is vir Zuma, behalwe Nkanda en die ANC? So lank hy sy sakke kan volmaak, lag hy oor alle ander dinge!

Sonja Stolper ·

Wat weet jy Zuma ? Boer jy vir ‘n lewe ? Hoe onnosel kan ons land se regering wees ? Stap in voerkrale in en jy sien dit is oorvol, boere verkoop diere teen ‘n belaglike prys om net aan die lewe te bly. Boere wat plant, se oeste verdroog of hulle kon nog niks plant nie. Die arm Suid-Afrikaner gaan net nog swaarder kry want kospryse styg omdat ons boere nie kan plant/boer nie. Maar dit is nie ‘n krisis nie…. Nee ons wil eerder minder bad en water koop om te drink terwyl ons krane kurkdroog is en ons land se regering in gemak en gerief bly lewe.. Droogte, water krisis en boere se uitmoor is laaste prioriteit vir ons liewe Zuma..

Gertjie ·

Hy is glad nie DOM nie.
Inteendeel hy is baie slim.
As ‘n persoon soveel geld uit die skatkis kan neem vir homself en niks oorkom nie,
moet hy ‘n slim skelm wees. Slimmer as ons regstelsel. Amen.

EMK ·

Nog een van sy vele dom uitsprake. Google net op enige manier iets soos “dumb sayings by Zuma” of “stupid replies by Zuma” of enigiets in daai lyn en ‘n string webwerwe kom op met al sy hoogs intelligente uitsprake deur die jare, hy is die wêreld se nar. Idi Amin sou by hom kon lesse neem.

Eddie ·

Hier is maar weer n bewys dat ons die slimste president het ter wereld. Hy dink as daar water uit die kraan loop dan is daar nie droogte nie. Hy dink as daar blikkies kos in die winkel is is daar nie hongersnood nie. Ai Vader gee ons genade want as I vir ons krag gee gaan ons hom dalk nog wurg.

Francie van Rensburg ·

Almal is dankbaar dat groot dele van die land verligting gekry het van die droogte. Die man dink seker nou daar het gras uit die hemel geval, en ons Minister van Landbou dink die mieliemeel val in sakkies uit die lug tot op die winkelrakke. Ek is so dankbaar ek sit nie nie in die parlement om saam te lag nie. Dis nou die nuutste manier om antwoorde te omseil en terselfdertyd die wit waks uit almal te irriteer. Gelukkig kan ek van TV kanaal verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.