‘Droogte nie nasionale ramp nie’

Minister Senzeni Zokwana

Minister Senzeni Zokwana

Die minister van landbou het gesê ondanks reuseverliese van lewende hawe in dele van Suid-Afrika kan die vlak van ondergang nog nie as ʼn nasionale ramp gekategoriseer word nie.

“Die vraag word gevra oor hoekom ons dit nie ʼn nasionale ramp verklaar nie. Jy kan nie ʼn nasionale ramp verklaar as dit nie op wetenskap gebaseer is nie,” het minister Senzeni Zokwana Vrydag gesê.

“Ja die ramp is groot maar dis nie dieselfde in al die provinsies nie. Om die Wes-Kaap as ʼn nasionale rampgebied te verklaar sal nie gepas wees nie aangesien dit nie op feite gebaseer is nie,” het Zokwana gesê.

Joy Machoge, LUR vir landbou in Limpopo, het gesê dié provinsies is hard getref. “Ons intervensiestrategie was dat ons R51 miljoen begroot het. Uit die R51 miljoen het ons R20 miljoen begroot vir die aankoop van voer en R21 miljoen vir watervoorsiening. Limpopo het vyf distrikte: Sekhukhune, Waterberg, Mopani, Vhembe en Capricorn. Al die distrikte is ewe erg getref deur die droogte. Ons het ongeveer 31 000 aansoeke vir voer ontvang.”

Mlibo Qoboshiyane, Oos-Kaapse LUR vir landelike ontwikkeling en landbouhervorming, het gesê die situasie is “haglik” vir diere in dié provinsie. “Wanneer dit by die vee kom, is die situasie ook al hoe meer onseker en die aantal kwesbare diere staan tans op 1,3 miljoen beeste, 3 miljoen skape en 969 000 bokke. Sedert Oktober het ʼn totaal van 3 731 beeste, 5 598 skape en 3 056 bokke gevrek as gevolg van die verslegtende toestande van weiding en gebrek aan toegang tot water.”

In die Vrystaat is die verwagte gewasopbrengs met twee ton per hektaar afgeskaal. Daar word geskat dat die Vrystaat se produksie 2,3 miljoen ton laer sal wees as in die vorige seisoen. Boere se likiditeit sal ook negatief geraak word aangesien hul kontantvloei kleiner sal wees. Daar is ook ʼn moontlikheid van werkverliese in landbou- en verwante sektore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ja en ons kry tans ook twee dollar vir elke rand ne.

Jan maak n Plan ·

Die droogte is nie ‘n nasionale ramp nie en ons kry tans ook twee dollar vir elke rand – ja ons glo jou. Die regering sou seker ‘n ander storie gesing het as ons as boere vir die cANCer gestem het. Kom patete.

ZAR ·

Sal seker dit n nasionale ramp verklaar as hy sien die prys van meel en vleis verdubbel het?

J.Z ·

Stem ,die nasionale ramp is nie die droogte nie maar wel die ANC en sy regering. Dit is n grooter ramp indien nie die grooste ramp wat SA nog getref het.

sonet ·

Nee wat, dit sal nogsteeds nie volgens hom n ramp wees, want dan verhoog hul net minimum loon.

Susan ·

Ek wonder of die ou weet waarvan hy praat. Het hy gehoor van dorpe wat 12 maande laas lopende water gehad het?

Sputnik ·

Nou het ek alles gehoor! Nie nasionale ramp nie? Is dit dan nie die hele land wat onder min kosproduksie gaan ly nie? Sjoe! Dit is toe nie net die prez wat sulke tipe uitsprake maak nie!

Nic ·

Dis nog nie ‘n nasionale ramp nie want daat is nog geld in die tesourie wat nog nie wanbestee is nie.

Berhalet Beukes ·

Wat vir Mnr. Zokwana en die res van die breindood regering as ramp bestempelbaar sou wees as hulle die dag wakker word en daar is niks om hulle nie… Niks om mee handel te dryf nie, niks om uit te voer nie, niks geld om mee te koop nie… Niks om verder te verwoes en af te breek nie!

Ernest ·

Dis soos die verskil tussen “assasenate” en “murder”…..As ‘n “groot kop” vermoor word is dit ‘n “sluipmoord”, maar ‘n gewone mens is dit “moord”……….. Werk die verskil tussen ‘n ramp en ‘n nasionale ramp ook so.. ???? Ai, ek word by die dag dommer……

Charlotte ·

Dis nie n paar shaks wat weggespoel het nie….so daarom nie n ramp nie!!!!

willie ·

Minister sit jou bril op,hier is n ramp,voedsel te kort,werkers wat hulle werk gaan verloor,wet gewing teen die wet is om geld uit teleen .
as n boer se omset 1,000,000 en minder en nie n positief terug betaal vermoe het nie,geen inkomste vir 16 maande en wat se
wetenskaplike bewys gaan nie n oes in die grond verseker,Minister jammer jy moes lank al n op name gemaak het,Werkers wat hul werk
verloor asg van die droogte le ons voor u deur????????????????????????

Wynand ·

Wag hy tot mense begin sterf? Die staat moet so min as moontlik bestee want dan kan hul nie gaan kuier nie.

sonet ·

As ons minister van finansies se naaste werksondervinding aan sy pos, verkoopsman by Elerines was, sou ek graag wou weet wat is die man se kwalifikasie as minister van landbou.
Seker groente in rakkr gepak in Spar!

Loeis ·

Volgens die media was dit ‘n nasionale ramp toe die bokke teen Japan verloor het. Die droogte plaas nogal dinge in perspektief oor wat regtig belangrik is ne.

Dit is bitter erg wanneer soveel diere dood gaan en produksie verlore gaan. Tamaties en ‘n paar ander goed se pryse het reeds verdubbel, en ekonome voorspel dat vleis en graan se koste dalk nog in hierdie jaar met 50% kan opgaan. Die regering se droogtehulp word waardeer maar veel meer kan gedoen word om die pas waarteen die situasie erger word te beveg. Kos is ‘n basiese behoefte – van almal.

laurika ·

REGTIG
Het hy nie gesien hoe die diere sterf nie ?
Het hy nie gesien hoe dors daai mense is nie?
Kyk ek dink nie hy het al droogte in sy lewe gehad nie.
Skrik net wakker asb, hierdien mense het ons almal se hulp nodig.

Kobus ·

Weereens duidelike bewys van die “on”-kundigheid van die man. Soos so dikwils die geval kan hulle nie langtermyn sien nie! Word wakker! Waar wil julle die geld kry om kos in te voer? Deur julle onbeholpenheid, magsbeheptheid, onkunde, kaderontplooiing, BEEEE en ‘n president wat deur die wêreld uitgelag word – hy het self erken hy het nie eers laerskoolopleiding nie- en wat julle met alle mag beskerm omdat hy julle op die soustrein hou, ens, ens het ons geld so verswak dat dit op pad is om soos Zimbabwe se geld niks werd te word nie.
Net nadat julle die bewind oorgeneem het, het Rand begin verswak. Vir jare was die wissekoers R2 vir 1Pond. Toe begin Rand se daling. 1995 – R5.65 vir ‘n Pond 10 jaar later R1053 Toe ‘n effense verbetering na die beste in Des 2010 R1029. Maar toe begin Zuma en sy Comrates met hulle plundertog Vandag byna R25!
Waar gaan dit stop!

Pieter.v ·

Tot daar ook nie meer geld vir goue handdrukke en vir verduistering en salarisse vir geskorste amptenare is nie en moet nie praat van die bykomende sekuriteits op graderings wat volgens Nathi Matetwa nog by no 1 se paleis gedoen moet word.

Marous ·

Landbou??? Landbreek!!! Waar is die damme wat julle moes bou ????

Kobus ·

Nkandla, Nkandla, SAA, ESKOM, Poskantoor, Spoorwee, Parlement, Soustrein, R52M onderhoud van Zuma se vrouens !!!!! Waar dink jy moet die geld vandaan kom om infrastruktuur te bou?

Retief ·

Ek stem saam. Die droogte is geen ramp nie. Die regering is een!

Jan Cornelis Menger ·

Ek stem ook saam met dit. Die regering is regtig ‘n ramp! Hoe kan die regering nie gesien het nie hoe baie diere het gesterf.. Op wat wag hulle nou? Op wit boere wat gaan sterf? Ek is hartseer. Groete uit Nederland.

Maddox ·

Julle almal hierbo is natuurlik reg. Die rede hoekom dit volgens die anc nie ‘n ramp is nie, is eintlik eenvoudig. Indien hulle dit sou verklaar as nasioenale ramp, beteken dit dat meer staatsgeld gekanaliseer moet word na die boere toe, dus is daar minder vir hulle om mee te paartie en te steel. Dit is hoekom hulle dit nie verklaar as nasioenale ramp nie.

Fly ·

Maddox.. en as boere bankrot gaan word grondhervorming makliker

TM ·

Wat ‘n dom argument. Watter kant van wetenskap gaan bepaal wanneer dit ‘n ramp is en wanneer die tyd reg is vir grootskaalse hulp? Kan hy vir my een wetenskap sommetjie doen om sy stelling te staaf of ‘n formule uitwerk? Jy kan sien diere sterf en die grond lyk soos ‘n woestyn en mense kry swaar en dit is klaar ‘n ramp. Die geheim van ‘n goeie leier, mnr die minister, is om leiding te neem voor iets ‘n ramp word en nie wag totdat dit ‘n ramp is nie. Onthou net, dinge kos duurder hoe meer stukkend dit is. Maak dit reg terwyl dit nog minder gaan kos. Laat ek eerder ophou voordat ek ‘n kop-aar bars.

Marina ·

Terwyl die staatsamptenare (ministers) met hul salarisse van miljoene nog kan bekostig om mieliemeel te koop, R200/kg vir vleis kan betaal, KFC en Chicken Licken kan bekostig is dit mos nie ‘n nasionale ramp nie?! Dis eers as al hierdie dinge onbekombaar raak, dat hulle sal wakker skrik en dan is dit te laat!!!!!!

P J ·

Boere moet hulle trots in die sak steek en soos die studente maak. Dan kry hulle miljarde se hulp. Die regering luister net as jy massa optogte hou en hulle sien dat hulle die optogte nie kan hanteer nie. Klein hanteerbare optogte en praat om die tafel bereik niks.

Sarie 2 ·

Die Skrif sê: “Daar kom ‘n dag, dat jy met geld in die hand sal staan, maar dat daar NIKS sal wees om te koop nie!!!”
**DIT sal hopelik as ‘n Nasionale Ramp erken word. TRAGIES!!! Die een blinde, lei die ander en àlbei val in die gat…

Vader. Help ons asseblief…. Amen…

Henri ·

Lyk my die skelm wil se daar is nie wetenskaplikes in die weskaap nie. wat wel blyk is dat hulle nogal goed rekord het van statitiek, dus beet hulle hoe swak hul stembasis geword a.g.v. EFFens, split van alliansie, teenstand van Cosatu (Pensioen storie) ontevredenheid oor Nie diens/huis lewering ens. Dis hoekom die foefie van “Rassisme begin is, om stemme terug te wen
want hulle begin dink: Nou lyk dit of ons gaan huise/ wat-ook-al-kry “

Yvonne ·

Nou ja, kyk net hoe lekker werk die droogte vir “ons”! Watervoorsieningsprobleme: droogte, beslis nie die infrastruktuur nie. Boere wat swaartrek: kom ons help die opkomende boere die meeste en so kan ons dan die kommersiële boere op die knieë kry. En dink net; die opkomende boere kan goeie oeste lewer na die droogte en die kommersiële boere moet dan maar hul plase teen ‘n appel en ‘n ui laat gaan. Ja wat, ons volg eenvoudig die weg van die minste weerstand; heel wetenskaplik! ‘n Revolusie sonder dat ‘n skoot geskiet word.

Ww ·

Ek het gister witmielies meel gekoop R302.50 per 50kg die vorige maand was prys nog R248.00 per 50kg en reeds ingelig in Feb gaan prys weer op

Anna ·

Mnr zokwana, en ek sê mnr want ek kan nie jou naam onthou nie, vir geen ander rede nie. In kort, jy WEET NIE WAARVAN JY PRAAT NIE. ‘ n Boervrou

GES ·

cANCer is ‘n nasionale ramp. Hulle gaan hierdie land tot in die grond in regeer.

Annika ·

Ek werk elke dag met boere. Daar was prysverhogings op entstowwe, party het met 100% gestyg. Februarie is daar prysverhogings, en Maart alweer! Hoe oorleef ons as boere sukkel om te oorleef? Ons is afhanklik van die boere, ons almal is. Meneer die Minister, as jy vanaand voor jou bord kos sit, kyk mooi wat is daarop. Elke enkele produk op jou bord, in jou yskas, in jou kruidenierskas en in die winkel, kom van ñ boer af.
Skrik wakker!!! Ons almal word geraak, en dit raak ñ krisis!!!

Louise ·

Ag weet julle die man weet dat hy en sy hele regering ‘n nasionale ramp is ! Hopelik verklaar hy die hele ANC en die chaos wat hulle in die land veroorsaak tot ‘N Nasionale Ramp !!! Hoeveel kan mens nog aanhoor – sonder om net gatvol te raak ??? Die grootste nadionale ramp ooit – 1994 toe die ANC begin het om te probeer om die land te regeer.

Johannes Meintjes ·

As jou regering ‘n nasionale ramp is kan een ramp tog nie ‘n ander ramp verklaar nie, net so min as wat ongeregtigheid deur ongeregtigheid reggestel kan word!? Die goeie nuus van die huidige burgerlike samewerking t.o.v. droogtehulp aan boere en aan droogte- geteisterde gebiede is dat dit aandui dat die bevolking ook self ander krissise effektief sal kan behartig. Het die burgery dan ‘n rampsoedige regering nodig?

JOHAN ·

wat sal hy tog omgee voor hy verdien n vet salaris sit met sy agterstewe vol op die kospot met n vet skaap op sy skoot want hy kry mos hy hoef nie honger en dors diere kos en water te gee nie wat weet die nar van boerdery af ? ek dink hy het n plaas op tv gesien en dalk by een verby gery in n taxi maar van boerdery weet die ou ooooooo se maar net hy kry mos en het geen niks om oor bekommerd te wees nie

Christo Pienaar ·

Wat wou? Om watter rede sal die ANC wit boere wil help? Dis mos nou net nog deel van die strategie om die boere bankrot te maak en so makliker van hulle grond af te kry. Mede-Afrikaners iemand sal moet inisiatief neem en ‘n welsysnorganisasie stig waar ons stadsjapies kan bydraes maak en van SARS kan terug eis. Afriforum dink aan ‘n plan asb.

Oom Boer ·

Ai-tog Mnr Senzeni Sokwana. hoe kan jy bepaal dit is nie ‘n ramp nie. Asb haal jou oogklappe af, klim uit jou dubbel verdieping huis se Jacuzzi in jou sport motor en vra jou Chauffer om jou na hierdie gebiede te neem en eerstehands te sien dit is ‘n “Ramp” of hou die plaaslike verkiesings veltog jou te besig om aandag aan werklike uitdagings te skenk. Afriforum of Solidariteit tesame met Agri SA moet ‘n plan bewillig dat ons hierdie produkte wat beskikbaar is direk kan aankoop en sodoende finansieel direk kan bydrae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.