Droogtefonds om NK-boere te help

Argieffoto

Argieffoto

Die provinsiale departement van landbou het Woensdag gesê die nasionale rampbestuursentrum het ʼn droogteverligtingsfonds vir die Noord-Kaap op die been gebring.

“Die fonds van R50 miljoen sal gebruik word om veevoer aan te koop vir boere wat deur die droogte geraak word,” het Phemelo Manankong, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. “Distrikslandboubestuurders sal binnekort aan boere besonderhede kan verskaf waar die voer beskikbaar sal wees.

Manankong het gesê die departement handel fyn besonderhede af, maar is reeds besig om die voer aan te koop.

Hy sê die distrikte wat die ergste deur die droogte geraak is, is John Taolo Gaetsewe, Namakwa en Francis Baard. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Goeie gebaar, maar waarom NOU eers ?

My hart gaan uit na elke boer wat hierdeur geraak word.

Lanie ·

Wonder net hoeveel van die R50 miljoen gaan die boere REGTIG sien ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.