Droogtehulp aan boere

Foto: www.skymetweather.com

Foto: www.skymetweather.com

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag aangekondig dat hy boere in gebiede wat deur die teisterende droogte gekniehalter word, van hulp gaan wees.

Volgens Henk Maree, woordvoerder van AfriForum, is daar boere wat nie genoeg weiding vir hul vee het nie. “Ons gaan hande met die TLU vat om verligting te probeer bring, deur die verskaffing van weiding.”

Maree het gesê verskeie dorpe het nie drinkwater om in inwoners se basiese behoeftes te voorsien nie. “Ons kan nie anders as om te help nie,” het hy gesê.

AfriForum se veldtog maak staat op skenkings van die publiek. “Ons sal alle skenkings wat gemaak word verdubbel,” het Maree gesê.

Wil jy betrokke raak? Klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

HEVW ·

Die positiewe gevolge van hierdie ramp is die samesnoerende uitwerking wat dit op die Afrikanervolk het. Dit is presies wat ons as volk nodig het. Groot lof Afri forum. Nou gaan die regering dieper in hul gemakstoele terug sak en die moontlikheid van selfverrykking nog groter wees.

ig ·

Is daar nie bankbesonderhede vir donasies meer asR10 rand nie?

Sus ·

Lyk vir my Afriforum soek publisiteit. Daar is ‘n facebook groep ‘Boere in Nood groep’ wat al sedert November 2015 boere in droogtegetysterde gebiede bystaan met voer. NC Schoeman en Carina Swartz en ‘n hele paar ander is vrywilligers het ‘n hele netwerk opgebou. Hoekom nie liewer daar help as om nou die wiel te herontwerp nie??

Platgeslane boer ·

SUS wat het JY vandag gedoen om REGTIG re help? Dis maklik om te sit en kritiseer. As ander se metodes jou nie aanstaan nie begin iets self en beteken tog iets vir jou medemens
Ek waarborg jy het geen idee hoe gebreek is iemand wat al sy beeste doodskiet omdat hy nie kos vir hulle het nie

Hou op kritiseer en Help iemand!

Sus ·

Lyk my Afriforum soek nou publisiteit. Daar is ‘n facebook groep ‘Boere in Nood groep’ wat al sedert November 2015 boere in droogtegetysterde gebiede met voer help. Hoekom raak Afriforum nie daar betrokke nie? Dis ‘n bestaande netwerk wat baie goed funksioneer.

droogte geteisterde boer ·

Sus. Dieselfde as vir Anna
Kritiek help NIKS. Ten minste is daar n paar mense wat iets doen Die vrystaat gaan hierdie droogte nie oorleef nie
Ek weet van 4 selfmoorde om 3 weke. As jy dalk iewers self al jou hande gebruik het te help sou jy nie so kritiek vryelik uitdeel sonder dat iemand jou daarna gevra het nie. Maak jou hande vuil en beten tog net iets vir iemand. Weet jy regtig wat dit van iemand vat wat sy hele kudde doodskiet omdat die beeste vrek van honger en dors? N stuk van sy siel is ook daardie dag dood. Geen reen sal hom meer red nie
Dink tog ernstig wat jy uit jou leunstoel sit en tik. Jy dink jy verander iets maar sonder dade is dit net lee klanke wat GEEN effek het nie
E

Anna ·

Nou eers? Nou eers!!!!!!!! Julle moes LANKAL al iets gesien het!!!!!

Droogte geteisterde boer ·

ANNA Hoekom kritiseer jy ander mense se pogings? Wat is fout met jou eie hande dat jy nie SELF al lankal iets gereel het nie. Om op sosiale media te raas beteken absoluut niks. Doen SELF iets en beteken tog iets vir die samelewing

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.