Droogtehulpprosesse word ondersoek

droogte

Foto: Skymetweather.com

Agri SA het Donderdag gesê beweerde onreëlmatige, verkwistende en korrupte praktyke in verband met nasionale droogtehulpfondse wat toegeken is aan droogte-geteisterde provinsies gedurende 2016, word ondersoek.

Johannes Möller, president van Agri SA, het gesê in 2016 het Suid-Afrika die gevolge van die ergste droogte in dekades in die gesig gestaar. Ses provinsies is as rampgebiede verklaar, naamlik KwaZulu-Natal, Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap, terwyl slegs sekere distriksmunisipaliteite in twee provinsies (Wes-Kaap en Oos-Kaap) as rampgebiede verklaar is. Die droogte het aanleiding gegee tot ernstige graantekorte, geforseerde veeverkope en veevrektes, met ʼn negatiewe impak op die finansiële stabiliteit van boere oor die geaffekteerde gebiede heen.

“Gedurende die 2016-droogte het Agri SA, as ʼn verantwoordelike lede-gebaseerde organisasie, pro-aktief opgetree en ʼn taakspan aangestel om te kyk na die erge gevolge van die droogte en, tesame met die bedryfsrolspelers, vorendag gekom met oplossings en versagtende maatreëls,” het Möller verduidelik.

ʼn Droogtetaakspan (DTT) is gestig bestaande uit Agri SA, die Land Bank, Agbiz, African Farmers’ Association of SA (Afasa), Transvaalse Landbou-unie SA (TLU SA); die departement van landbou, bosbou en visserye (DAFF), nasionale rampbestuursentrum (NDMC), SA Grain Milling, Nywerheidontwikkelingskorporasie (IDC); Bankevereniging SA (BASA), Graan SA en ander kommersiële banke.

“Die DTT het verskeie kere vergader, onder andere tussen November 2015 en Maart 2016. Die DTT het ook die SA Droogte-mediakonferensie op 22 Februarie 2016 in Kaapstad aangebied en ʼn verdere mediakonferensie tesame met die Suid-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (SACAU) op 1 Maart 2016 waar daar gefokus is op die droogtesituasie binne SADC.

“Lede van die DTT het verskeie privaat vergaderings gehou met die Direkteur-Generaal van DAFF asook die minister van landbou, bosbou en visserye om die dringendheid van finansiële hulp te bespreek. DTT-lede was ook teenwoordig by minister Zokwana se mediavergadering in Januarie 2016 waar hy belanghebbendes ingelig het oor die droogtemaatreëls.”

Möller het bygevoeg Agri SA het ook deelgeneem aan DAFF se Nasionale Droogte-indaba in September 2016 waar die erns van die droogte en die behoefte aan finansiële hulp weer beklemtoon is.

“Agri SA, in sy eie hoedanigheid, het verskeie formele en informele versoeke aan die minister van landbou, bosbou en visserye, die minister van finansies, asook die DG van DAFF gerig, sonder sukses.

“Ten spyte van dringende versoeke wat die DTT gerig het aan die regering om ʼn vennootskap aan te gaan ten einde droogteverligting-voorrade en humanitêre hulp op die mees doeltreffende wyse by geaffekteerde landbougemeenskappe oor die land heen te kry, het die regering hierdie versoeke ignoreer.

“Dit het gelei tot vele uitdagings soos gelys in die konsep 2016/17 Droogteskema-verslag wat onlangs deur DAFF vrygestel is. Dit sluit in die aanstelling van diensverskaffers sonder rekords van vorige dienslewering; diensverskaffers wat geskors is weens swak prestasie; diensverskaffers wat hul diensleweringsplan verander sonder vooraf konsultasie met DAFF of PDA; beperkte praktiese hulpverlening deur provinsies; baie stadige vordering weens gebrek aan gereedheid deur diensverskaffers, onbeskikbaarheid en veranderende bergingsfasiliteite, grootskaalse diefstal van sakke voerpille, ondoeltreffende en foutiewe afleweringsvoertuie, oor- of onderlewering van veevoer in sekere distrikte, geen hulp aan kommersiële en kleinskaalse boere in sommige provinsies nie, aflewering van die verkeerde voer, gebrek aan toereikende kommunikasie gedurende implementering, asook onopgedateerde boereregisters.

“Agri SA het ondersoek ingestel na hoe droogtehulpfondse op provinsiale vlak bestee word. ʼn Skokkende prentjie is geskilder van blatante gebrek aan goeie beheer- en bestuursbeginsels wat enige regeringsprojek behoort te rig.

“Die openbare beskermer, ouditeur-generaal en SCOPA is gevra om die droogtehulpproses as geheel te ondersoek ten einde onreëlmatige, verkwistende en korrupte praktyke te identifiseer,” het Möller bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

al ·

Ek is bly dat jul ñ ondersoek aanvra. Baie boere was op hul knieë gedwing met die droogte, en indien geld verdwyn het vir korrupsie en wanbesteding, moet daar ernstig strafregtelik opgetree word.
Nie-voedselsekuriteit kan lei tot anargie en ons moet ten alle koste ons boere beskerm.

Johanna Botha ·

ALLES en almal word besteel …is dit iets in die water of net dna

Adri ·

Ons het nie droogtehulp gekry nie grond is oorbewei maar niemand het plaas kom besoek nie maar ander boere wat plase by regering gekry het en laat opvreet het deur regtige oorbeweiding het droogtehulp gekry nou hoe verstaan mens dit

Johann Marx ·

Hierdie landjie kort nie nog meer ondersoeke nie….ons kort dringend ‘n plan om voorkomend op te tree, die regte goed te laat gebeur, spoedig, effektief en binne ‘n vasgestelde raamwerk…..Hoekom moet alles eers verkeerd loop, voordat daar ‘n “ondersoek” plaasvind, waarna ‘n “omkeer strategie” voorgelê word…en dan NIKS gebeur nie? Wat van “Do it first time right!!!”?

Boshond ·

Hierdie verdwene honderde miljoene Rande is blatante, berekende diefstal. Dit kom al vanaf 1994 voor waar regeringsamptenare by betrokke is.Die modus operandi werk gewoonlik so;
Amptenaar soek ‘n “gewillige” leweransier. In hierdie geval, voerpille of droogterantsoen.
Dan word daar oor die prys “onderhandel
“Gestel ‘n 50kg sak voerpille kos R200. Nou beveel die amptenaar aan dat die leweransier die prys ‘n “bietjie” lig om meer “wins” te kan maak. Kom ons maak dit R400 per sak. So, i.p.v. R200/sak kry jy nou R300/sak. Ek steek R100/sak in my beursie en almal is tevrede. Die staat betaal. Die staat het BAIE geld.
Sulke transaksies word daagliks gedoen met medikasie, skryfbehoeftes ens. ens. Alles wat aan die staat, provinsiaal en munisipaliteite gelewer word is hierby ingesluit. Somtyds weet die onskuldige leweransier nie eens vd opgeblase tenderpryse nie, want die korrupte amptenaar skryf self die faktuur, en hanteer self die uitbetalings ONDANKS die korrupte”supply chain”.

John ·

Vertel tog die geheim wat julle nou self kelder: Hoe is die rekordoeste in die droogste seisoen in duisend jaar dan gemaak, of was die ou towenaar, Monsanto, se giftige saad die uitkoms? Miskien die’ dat reen nie meer Wil val nie… en boere se plase nou uit hul sluwe handjies in ander s’n gaan verdwyn. Perfekte plastiek-pitte vir heerlike geurlose ongesonde kos vir dom mens en dier en nuwe vliegtuie en merc’s vir ons so weerlose grondbaronne… ? Eh, of yl ek nou?

Scalla ·

Daar was grootskaalse bedrog gepleeg, die hulp het nie uitgekom waar dit moes nie. Hoop dinge word oopgevlek en opgetree.

Se maar net. ·

Sekere mense skiet hulle self in die voet om boere glad nie te help nie.Hulle sal dit nog agterkom doen aan n ander wat nie reg is nie en dit kom erger terug na hulle toe.Dank Vader vir n Lewende God wat alles weet en sien.

BOLANDER ·

My genade, is daar niks wat eerlik gedoen kan word nie!!!!!! Moet alles dan gesteel word!!!!!!!!!!!!!!!!!!! DIT IS SIEK VERBY!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.