Droogtekrisis: ‘Dis dié verskil tussen Kaapstad en Melbourne’

droogte

Foto: Daeron/Pixabay.com

Die waterkrisis in Kaapstad is nog geensins iets van die verlede nie as gevolg van ’n “vervalle infrastruktuur en ’n gebrek aan leierskap en visie”.

Só het prof. Anthony Turton, ’n wêreldwaterkenner, tydens ’n onlangse gesprek rakende die Kaapse waterkrisis by ’n waterberaad in Melbourne, Australië, gesê.

Volgen Turton gaan die Australiese staat Victoria en die stad Melbourne voortdurend vooruit, ten spyte van streng waterbeperkings. “Dit staan in direkte kontras met die Suid-Afrikaanse realiteit. Kapitaal vloei in Australië in omdat beleggersvertroue hoog is. Die proses van ontsouting bied watervloei na die stad, waardeur damvlakke bo 60% behou word. Dit skep die geleentheid vir herstel van die ekosisteem, maar bied ook vertroue aan diegene wat die ekonomie wil uitbrei en werk skep. Die rede vir dié verskil tussen Suid-Afrika en Australië is leierskap en visie.”

Turton het met sy terugkeer na Suid-Afrika gesê die mite dat oplossings soos ontsouting bloot te duur is en dat Australië dit verkeerd doen, kan nie verder van die waarheid wees nie en dat Suid-Afrikaanse politici bloot hul posisies rakende die proses van ontsouting probeer verdedig.

Dit kom te midde van’n daling van 0,9% in Kaapse watervlakke weens onlangse warm weerstoestande in die Moederstad. Damvlakke in Kaapstad staan tans op 74,8%‑bergingskapasiteit. Die Stad Kaapstad sê dié daling is as gevolg van verdamping veroorsaak deur die warm weer sowel as ’n toename in waterverbruik.

Volgens die Stad Kaapstad gebruik inwoners deesdae meer water met ’n verbruik van 593 miljoen liter per dag. “Die Stad herinner watergebruikers dat geen water vir tuine of opvulling van swembaddens met munisipale water toegelaat word onder Vlak 5‑waterbeperkings nie.”

Dit word verwag dat Turton in gesprek sal tree met Watertekort Suid-Afrika asook John Thwaite, die voormalige minister van Victoria, om die huidige watertekort in die Moederstad te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Staak saam ·

Wow maar dit moet seer maak onder die DA ondersteuners. Kom ons kyk hoe lank dit gaan vat vir hulle om die kenner af te maak as n weisneus wat niks weet nie.

Staak saam ·

Hierie issi spuikir inie Da kus!!!!

Net vir jou…..lol

Realis ·

Almal weet wat die ware en kern rede mbt die verskil tussen SA en Australië is, en dit is nie bloot ‘leierskap en visie’ nie, dit is iets heel meer opsigtelik en eenvoudig. Maar natuurlik mag ons nie sê wat hierdie eenvoudige verskil is nie, want dit is mos polities-inkorrek om die harde waarheid te praat.

Adri ·

Realis, jy is so reg! Maar jong, oppas, jy beweeg op dun ys! Die waarheid mag eenvoudig nie meer genoem word nie.

Gerhard ·

Hierbo is ‘n goeie voorbeeld van waarom mense eerder oorsee trek as Wes-Kaap toe, want dit is nog steeds deel van Afrika.

Handskoen ·

Realis, Adri en Gerhard se insette pas soos ‘n handskoen, soos ‘n opgeloste puzzle aanmekaar.

jaco ·

die groot probleem is regstellende aksie en BEE. Mense wat die waterkrisis moet bestuur, kry die werk NET omdat hulle die “regte” velkleur het. Opleiding en ondervinding tel nie eintlik nie.
En dan is daar n goeie voorbeeld van hoe BEE die waterkrisis aanhelp: ‘n maatskappy het ‘n goedkoop ontsoutingsplan aan die Kaapse DA-beheerde stadsraad voorgestel. Dis summier afgekeur ,NET omdat die maatskappy nie BEE reg toepas nie.
So mense moet nou eerder swaarkry en selfs deur die chaos van dag zero gaan, solank BEE en raskwotas tog net reg is.

Twee wêrelde ·

Eintlik eenvoudig…..1ste wêreld, teenoor 3de wêreld, florerend en innoverend, teenoor kreperend en afbrekend. En dan die groot sondebok; die uitsluitlike fokus op straf vir die nasate van die kolonialiste, dit is die grootste doelwit, alles anders is van min of geen belang nie, selfs al lei dit tot grootskaalse ondergang of agteruitgang. SA het nood aan baie baie meer as net water….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.