Droogtekrisis: Gebruik water slegs vir drink, bad en kook

Argieffoto (Foto: weronica0, Pixabay)

Die Stad Kaapstad het ʼn waarskuwing aan alle ondernemings en inwoners in Kaapstad uitgereik om alle nie-essensiële gebruik van munisipale water dadelik te staak.

Die burgemeersterskomitee sal na verwagting Dinsdag die raad aanraai om dadelik vlak 4-waterbeperkings in te stel. Dit sluit ʼn verbod in op die gebruik van munisipale water vir buitegebruik en nie-noodsaaklike doeleindes.

Damvlakke in die Wes-Kaap staan tans op 21,2%, dit is 0,8% laer as ʼn week gelede. Met die laaste 10% van ʼn dam se water wat grootliks nie bruikbaar is nie, beteken dit dat die damvlakke tans effektief op 11,2% staan.

Die jongste verbruik het weer gestyg tot 718 miljoen liter water, dit is 118 miljoen liter water te veel as die teiken van 600 miljoen liter.

“Ons sê dat jy slegs toegelaat word om ʼn bietjie water te gebruik om te drink, mee te kook en mee te was. Ons het ʼn kritieke punt in die droogtekrisis bereik,” het raadslid Xanthea Limberg gesê. “Dit is nie ʼn versoek nie. Alhoewel ons onophoudelik daaraan werk om verbruik te verminder, bly die algehele verbruik katastrofies hoog. Ons moet almal meer doen.”

Limberg het gesê die stad het nou ʼn punt bereik waar alle gebruikers minder as 100 liter water per dag moet gebruik. “Moenie toilette spoel wanneer dit nie nodig is nie. Stort vir minder as twee minute per dag of gebruik ʼn nat lap om jouself mee skoon te maak. Vang alle water op en gebruik dit, onder andere, om toilette mee te spoel.”

Die stad het reeds met baggerwerk by die Voëlvleidam begin om voor te berei vir die onttrekking van lae vlakke water. Die stad werk ook saam met die nasionale departement van water en sanitasie vir dringende baggerwerk by Theewaterskloofdam.

Die stad sit ook sy program voort om waterdruk te verminder. Ander noodingrypings is ook aan die gang.

“In ʼn erge droogte, soos ons tans beleef, is die enigste werklike ingryping om verbruik te verminder. Ons moet die verbruik binne die volgende week met 100 miljoen liter water per dag verminder. Die stad waarsku ook besighede om gebeurlikheidsplanne of alternatiewe watermaatreëls te implementeer.”

* Gebruik water slegs om te drink, mee te kook en te was
* Spoel slegs die toilet wanneer dit noodsaaklik is
* Stort slegs vir twee minute lank
* Vang alle stort, bad en wasbakwater op en gebruik dit om die toilet mee te spoel
* Ontdooi kos in die yskas of natuurlik, eerder as om dit onder water te laat ontdooi
* Gebruik ʼn glas wanneer jy tande borsel of skeer, eerder as om die kraan te laat loop
* Wag vir ʼn volle bondel voordat jy ʼn wasmasjien of skottelgoedwasser gebruik
* Gebruik ʼn doeltreffende stortkop wat nie meer as 10 liter water per minuut gebruik nie

Hoe om lekplekke op te spoor:
* Maak alle krane toe op die eiendom en moet nie toilette spoel nie
* Skryf jou watermeterlesing neer
* Wag 15 minute en skryf weer die watermeterlesing neer
* As daar ʼn verskil is, het jy ʼn lekkasie
* Ontbied ʼn loodgieter indien jy dit nie self kan regmaak nie

ʼn Toilet wat lek gebruik tussen 2 600 en 13 000 liter water per maand, afhangende van die vloeitempo van die lekplek. ʼn Kraan wat lek mors maandeliks tussen 400 en 2 600 liter.

Inwoners kan ʼn e-pos stuur aan [email protected] vir navrae of om oortredings aan te meld (voeg bewyse by), of stuur ʼn e-pos aan 31373.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan. H. ·

Kry julle jammer. Top bestuur moet in die goeie jare dink aan investering, damme bou , elektrisieteit, paaie. moenie wag vir die ramp nie, want hy kom dis net tyd,,,NKandla se geld kon seer ekerlik n dam bou ????

Gideon Roos ·

Dis kommerwekkend om te sien dat die kaap so droog is. Hopelik kry hulle goeie reën hierdie winter.

Jennifer ·

Die rioolstelsel moet nie gebruik word vir die spoel van sanitere produkte, wetwipes ens. Die stelsel blok op omdat minder water nie die pype skoon spoel nie.

thyla ·

Daardie produkte moet gladnie in n drein afgespoel word nie, ongeag van die hoeveelheid water…..

Boorgat ·

Geld dit vir die mense met boorgate ook, want hulle is besig om die ondergrondse water klaar te maak en bome is afhanklik van ondergrondse water.

Erica ·

O beslis! Dis uitputting van grondwater. Geen boorgat water mag nou gebruik word nie. Dis Vlak 4 Beperkings. Gaan lees dit op The City of Cape Town se web blad. Dis gebruikers vriendelik. Ek werk terloop vir Die Stad Kaapstad so U kan my maar Glo.

Pietman ·

Boorgat , dis nonsens dat bome afhanklik is van ondergrondse water. die wortels van bome is maksimum 3 meter diep. Vlak boorgate begin op 22 meter.

Boorgat ·

Vertel dit vir die mense met boorgate. Hulle spuit net soos hulle wil. Sommer 12h00 in die dag.

jaco ·

Langs my huis is n munisipale waterpomp wat al langer as n jaar drinkwater lek. Verzoeke aan die Stad Kaapstad om dit reg te maak, lei tot niks. Een munisipale amptenaar het eenkeer kom kyk. Sy antwoord: “dit help nie ons maak dit reg nie, want dit sal skaars reg wees, dan sal die koper cover wat ons gebruik het om die lek te stop, weer afgesteel wees”. Dis die DA-beheerde Stad Kaapstad. Dan sidder ek vir wat in ANC-beheerde munisipaliteite aangaan…

vermeende ·

Dit is nou krisesbestuur op sy beste, is alle poste nou al regstelindeposte, hoe het die stadsbeplners hulle werk gedoen. Is invrastriktuur ooit in ag geneem?

DA, ANC, twee kante van een munt, bou gerus nog RDP’s en le nog meer gratis water en krag aan.

Jordaan ·

Nou eers? Dit is mos lankal ‘n krisis. Waarvoor gebruik die mense dan nog water?

Vier ·

Per abuis Saterdag verkeerd gery en in suide van Kraaifontein / Wallcedene vasgery. ELKE straat het twee of meer “carwash” punte en water loop vrylik oor ELKE straat. WIE gaan dit uitsorteer COC?

zis ·

Ek het vir ons Munisipaliteit gevra,wat van carwashers op straat? Hul antwoord aan my was, dat hulle nie die mense se werk kan wegneem nie,maar ons moet vir hul water betaal. Siek verby!!!!

Niel ·

daar is 7 maer jare, en 7 vet jare volgens die Bybel… my pa geseg ons is nou in die middel van die 7 maer jare… maw die afgelope paar jare wat min gereen het… hmmm… ek dink met die waterskaarste wys dit net Kaapstad is oorbevolk…

Stopleak ·

Ons het ‘n oplossing wat die stadsraad, komplekse, skole, winkel sentrums hospitale ens. kan help met grootskaalse water besparing teen ‘n baie lae tarief. http://www.wateraudits.co.za. Ons het al meer as ‘n honderd komplekse gehelp met lekkasies van meer as 3000 liter per uur en dit werk baie goed.

Nettie ·

Hoe word waterverbruik (vermorsing?) in die informele woonbuurte gemonitor? Dié mense betaal mos vir feitlik niks nie, daarom sal hulle vir seker nie ‘worry’ nie ….

zeno ·

Nettie: dit wil ek mos ook weet, dit verrys soos paddastoele.

Andre ·

Hier by Yzerfontein word die meeste water deur bouers vermors.Hulle behoort n baie hoer tarief vir water te betaal.Hul spuit tot die vragte sand wat afgelaai is, nat.

Theresa ·

Daar is hopeloos te veel (derduisende) mense wat glad nie vir water ‘n sent betaal nie en beslis van die mense is wat die meeste liters water mors. Waarom word almal behalwe hulle getugtig om nie met water te mors nie??!! Stuur beamptes uit na die plakkers om in al wat ‘n taal is baie duidelik te sê STOP om die water te mors. STOP om kraankoppe in begrafplase af te steel dat die water net loop en hul met hul emmers (so groot soos asblikke) kan aandra na waarheen ookal. STOP wat dit is byna gedaan…
Dis siek om te sien hoe daar gepik word om wettige landsburgers om als so te moet doen dit en doen dat moenie dit en moenie dat nie en ander word bloot geignoreer of oorgesien. Nee wat!!

Ben ·

In 1999 het Kaapstad ook ‘n droogte gehad. Sederdien was geen nuwe damme gebou of ou damme vergroot nie. Daar is 2010 ‘n Stadium gebou en sover ek verstaan groot swembaddens wat baie vars water gebruik het. Met die bevolking wat vergroot, influx van immigrante moes daar al lankal planne gemaak wees het. Lekker groot salarisse gekry, jammer julle het geen verskonning nie. Dit is tyd dat julle bedank of gaan ons hier moet ‘n tweede Zuma kwesie sit.
Se maar net.

ice ·

Ek is baie jammer om van julle te hoor wat sê ons mag nie grondwater gebruik nie. Ek bly in die Kaap en ons water kom van Wemmershoek af anderkant die berg – verduidelik vir my hoe put ek die grondwater van daardie dam uit.
Die probleem kom in by die lokasies waar hulle maak wat hulle wil. Daar was nou die dag iemand by my wat sê in hulle lokasie is daar ‘n karwas plek en die pyp spuit heeldag ongeag of daar karre kom of nie.
Niemand sal vir my sê ek mag nie grondwater gebruik nie. Dis net nog ‘n skelm streek en jaloerse mense wat so iets kwyt raak omdat hy nie grondwater het nie.
Almal wat grondwater het verlig die druk op die systeem en as jy dit nie kan sien nie weet ek nie so mooi nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.