Droogtekrisis: ‘Regering was hande in onskuld’

droogte

Foto: Skymetweather.com

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die regering kan hom nie distansieer van sy plig om die droogte as ʼn hoë prioriteit te hanteer en diensooreenkomstig tasbare stappe te doen om te help nie.

Die vakbond se kommentaar volg op Senzeni Zokwana, minister van landbou, se uitlating dat die regering nie die droogte as ʼn nasionale ramp gaan verklaar nie, ondanks R16 miljard se verliese. Hy het ook volgehou dat die situasie in sekere gevalle verbeter het.

Volgens dr. Eugene Brink, senior navorser by Solidariteit, is hierdie droogte die eerste werklik ernstige droogte waarmee die ANC te kampe het.

“Voor 1994 het die regering ingegryp om in die geval van droogtes te help, maar dit lyk asof die huidige regering teensinnig is om dit te doen,” het Brink gesê.

Hy het gesê kommersiële boere is per slot van sake voedselproduseerders en groot belastingbetalers, terwyl die droogte ʼn probleem is wat veel wyer as net die boerderygemeenskap strek. Omliggende dorpe, verskaffers van landbouprodukte en verbruikers voel reeds die knyp en dit gaan nog baie intenser word.

“Geld vir die geenklasgelde-veldtog (wat net ʼn klein segment van die land raak) kon gevind word, maar geld om ʼn veel groter krisis af te weer, blykbaar nie,” meen Brink.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het in Januarie vanjaar ʼn bondige verslag oor die verloop van die huidige droogte, sedert dit in 2015 ʼn aanvang geneem het, vrygestel. Klik hier vir die volledige verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chrisjan ·

Dank God ons is nie van die patetiese regering afhanklik nie.

Johannes ·

Die klomp wil eers vrek van die honger voor hulle enige waarde in ‘n boer sien. Tot dan is ‘n boer en ‘n plaas ‘n manier om populere steun te wen. Robert het hulle mos mooi geleer hoe jy met moord wegkom. Dink jy die ongeletterde massas leer hieruit? nee, want hulle haat die wit man. Te laaat sal hulle besef wat daar eens was wanneer hulle op hope le en vrek en bak handjies na die weste smeek om hulp. Maar die Almagtige 3 enige God sien wat gebeur…

Maarten ·

Die ANC kry eintlik lekker nou blank boere sukkel vanwee die droogte. Hulle kan vergeet dat die regering hierdie probleem gaan hanteer. Hulle is te wraaksugtig om te help, al tref hulle voornamelik die swart werkersklasse. Hulle is ni gepla ni. Dit is collateral damage

Michael ·

Hulle wag tot KFC nie meer hoender het nie dan sal dit seker ‘n ramp wees hulle dink mos kos kom van die supermark af….lagwekkend en ook treurig dat ons belasting moet betaal in ‘n land met leiers soos die.

Sanet ·

Ons kry mos nou lekker hormoon hoenders van Amerika. Dit is die skyfies wat skaars gaan raak.

Della ·

Die regering se pense bly letterlik en figuurlik vol omdat hulle moewiese selarisse kry…hoekom sal dit hulle skeel of die boere en die land swaar kry of nie. “Eish’it’s not the ‘gavament’s’ problem….”

CP ·

Maar ‘n voordeel vir ‘n land onder alles is dit: ‘n koning wat aan die landbou diensbaar word. Prediker 5:8

christine ·

Ai Maroela vir vyfde keer. Julle mors ons geld. Al wat ek se is dit en die waarheid. Ons het mekaar nodig. Maar ons haat mekaar. Gelukkig kom ek n langpad sonder hulle hulp. Maar waar die witman is, daar is hulle uit die buurte uit al moet hulle sewe taxsies betaal. Kruip alewig in waar die witman sy eie besigheid doen. Dis die waaruit Maroela so daar was niks met my adres verkeerd nie.

John ·

Ons boere maak my moedeloos. Hulle speel in die hande van die vyand. Hou op om voor kameras hopies grond op ‘n droe land in die lug te gooi. Daardie grond is nog joune. Dis nie die ANC wat die reen maak nie. Waar is die baie ander Boere wat hul werk en huise verloor het. Sit hulle op die sypaadjies voor hul huise met jamblikkies en wag vir die swartes wat verbystap werktoe om ‘n stuiwer in te gooi. Waar is hulle kiekies in die koerante? Almal praat van ‘n volkstaat maar destyds voor 1994 toe dit genoem is, het die boere daarteen geskop: My grond is my grond. Dis nou te laat daarvoor. ‘n Beter plan van aksie is nodig as om joernaliste en die tv te nooi vir ‘n ‘once in a lifetime’-voorbladkiekie of SABC-onderhoud. Die vyand maak julle lam en wag dat julle moed breek. Hou op met die Afrika-bakhandstyl. Dink!

beesblaas ·

Mense soek julle naaste Boremark. Koop direk van die Boere. Span saam en kook saam direk van die Boere. Winkels buit ons en die Boere uit. Kom ons koop direk.

rr ·

Ek is jammer om te sê maar as mens vir jare boer en geld maak kan mens tog voorsorg ook tref. Droogte is nie ʼn nuwe ding in ons land nie en ek sien nie dat die boer in sy nuwe 4×4 met my simpatiseer as hy vir by my ou stukkie krot ry nie. Hierdie is ʼn oog oopmaker vir alle boere dis God se grond eerste en dis God se water. As dit sy wil is dat daar droogte kom sal dit geskied ongeag wat die regering doen. In ons Bybel moes hulle ook hul oë oop hou en spaar en voorbereiding doen. Dis glo ek in my hart hierdie droogte sal boere se oë oop maak en vertaan dat hulle moet kyk na die dag van more en beplan vir die ergste net soos ons voorvaders opgaar dame gebou het kossies vir hulle diertjies opgegaar het. Selfde met die hoofde oor ons land hulle moet begin beplan en voorsiening maak as hulle dit nie doen nie kan ons oor ʼn paar jaar dalk in ʼn erger situasie bevind. Hulle is ewe skuldig.

pop ·

Die regering sit nou op die kantlyn en wag dat die boere hulle grond vir n appel en eie moet verkoop om dit dan uit te deel aan swart bemagtiging, Mooi woorde, al wat dit beteken is uitgebreide lokasies so ver as wat die oog kan sien. Of moet ek se swart woongebiede? Ek woon in n deel van die land waar groot stukke grond aan swart mense behoort. En dis n huis hier en n huis daar. Elkeen het so paar beeste, van boerdery is daar geen sprake nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.