Dros reageer oor ‘kinderverkragting’

Die speelplek in die Dros in Silverton, waar die vermeende verkragter glo sy slagoffer sit en dophou het voor hy na bewering toegeslaan het. Foto: Facebook

Die Dros-restaurantgroep het Dinsdagaand in ʼn verklaring sy meegevoel betuig met die ouers van die sewejarige meisie wat na bewering in een van sy Pretoriase restaurante verkrag is.

Die vermeende verkragter (20) het vandag in die Pretoriase streekhof verskyn nadat hy glo vroeg Saterdagaand die kind in die Dros in Silverwater Crossing in Silverton verkrag het.

Hy staan ook tereg op aanklagte van dwelmsbesit, aanranding met die opset om ernstig te beseer en intimidasie. Volgens Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), bly hy in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 2 Oktober.

Patse Jordaan, Dros-woordvoerder, het Dinsdagaand gesê hulle het die kind se ouers enige bystand aangebied “wat redelikerwys in so ʼn geval verwag kan word”.

“Ons was ook in noue verbinding met die eienaars, bestuur en personeel van die betrokke Dros-restuarant,” het Jordaan in ʼn verklaring gesê. “Aangesien die SAPD die saak ondersoek en weens die sensitiewe aard daarvan, kan ons nie kommentaar daarop lewer of enige nadere besonderhede verstrek nie.

“Ons doen dus ʼn beroep op die media en die publiek om toe te laat dat die SAPD hul ondersoek na dié sensitiewe aangeleentheid afhandel.”

Maroela Media het vroeër berig die vermeende verkragter het glo die kind na die restaurant se badkamer gevolg, haar uit die vrouetoilette gegryp, haar mond toegedruk en haar na die manstoilette geneem waar die verkragting na bewering plaasgevind het.

Toe die meisie se ma na haar gaan soek, het sy ʼn geraas uit die manstoilette gehoor, maar die deur was glo geblokkeer. Nadat sy dit volgens ʼn ooggetuie oopgedwing het, het sy op die man afgekom. Hy sowel as haar kind was na bewering naak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Barend ·

Hierdie is in totaal nie goed genoeg nie, die kind is vir die res van haar lewe gebreek. Kom Cyril, kom terug na jou land en gaan aandag.

Liberaal ·

Ciril gee slegs om vir karerrykdom, en linkse liberaliste gee meer om vir die misdadiger se regte. Miskien moet ons vrae vra oor die motief van ons linkse leiers en liberale globale elite.

Sê maar net ·

Was dit my kind sou hy die selfte aand nog die tydelike met die ewige gewissel het. Dis scary, arme kindjie.

Aitjie ·

Ek weet dit is lekker as ouer om rustig te eet terwyl jou kind speel maar in vandag se tyd kan dit nie meer gedoen word nie. Die duiwel loer om elke hoek! ‘n Liewe klein dogtertjie se toekoms is daarmee heen.

Die mag van die tong ·

Spreek seen oor haar uit en nie vloeke soos ‘Haar toekoms is daarmee heen’ nie. Dit wat gebeur het, is verskriklik. Ek spreek seen oor haar en haar familie uit. Hulle sal uit hierdie as uit opstaan en seevier oor die bose. Die bose sal nie hierdie familie se toekoms vir homself annekseer nie. Wat jy glo, sal ook vir jou waar word.

Aitjie ·

Ek weet dit is lekker as ouer om rustig te eet terwyl jou kind speel maar in vandag se tyd kan dit nie meer gedoen word nie. Die duiwel loer om elke hoek! ‘n Liewe klein dogtertjie se toekoms is daarmee heen.

handjiesgevou ·

Wat ek nie verstaan nie is dat die ooggetuie in n vorige berig “blow-by-blow” verduidelik waar die verkragter was en wat hy gedoen het en selfs wat ht gedrink het… TOG het die ooggetuie net agteroor gesit en als aanskou en niks gedoen nie??

Monique ·

Presies wat ek wonder. Kla die “ooggetuie” ook aan want hy verduidelik stap vir stap. Hy/Sy kon dit mos gestop het. Tot vertel van die man wat sy hand oor haar mond gesit het en gaar mans badkamer toe gevat het.

Ouma ·

Stem saam. Ons bly by die huis. Bid vir ons familie. God sal ons beskerm

Liefie ·

Dis verskriklik! Jammer aan alle kos restaurante maar julle sien my nie weer nie. My kinders is meer werd as uit eet. Ek sou daai man met my kaal hande vermoor het.

Nettie ·

@Liefie, dit wat daar gebeur het, is nie die restaurant se skuld nie. Ek sou, as Ma van ‘n jong dogter soos hierdie, ook nie my kind toegelaat het om alleen badkamer toe te gaan nie, maar eerder my kos eenkant toe geskuif het en saam met haar badkamer toe gestap het. Ons moet verantwoordelikheid vir onsself en ons eie neem.

Landi ·

Liefie, ek is met jou daar…
Nettie, ek vir een, het my (ook baie klein) dogtertjies van dieselfde ouderdom geleer om nooit nêrens te gaan, nie voor hulle eers by my was om vir my te se waar hulle gaan. En eintlik moet dit nie n verskil maak as jy dit nie vir jou kleintjies leer as n reël nie, want ons is veronderstel om veilig te wees. Hierdie klein onskuldigge poppie, het vanuit die speel kamer, op haar eie opgestaan om toilet toe te gaan, waarmee niks fout moet wees nie. Haar mamma het by n tafel gesit, en nie gesien nie, wat ook mee niks fout is nie. My onsekerheid bevraagteken wel die ooggetuie. Ek sien my eie dogtertjies se gesiggies as ek hierdie storie lees, en wil van my kop afgaan en het al baie trane vir hierdie mamma en die einas van haar dogtertjie en haar pappa gehuil. Soos Liefie se, met my kaal hande sal ek hom dood maak en bewaar die siel wat my probeer keer.

Paul ·

Kom ek sê vir julle, ons regters kan soos met dagga maak, dit wettig en in die hande van die parlement laat om die wet te skryf om dit te reguleer, maar as hulle, die parlement en die samelewing nie opgevoed is om na ons kinders om te sien nie, want die wetstoepassers en kuierplekke is duidelik nie, het dit nag geraak. Hier moet diep, baie, baie gedink word, as dit so maklik by die Dros kon gebeur, dink net hoeveel keer gebeur dit in die landelike gebiede en ander plekke waar die kinders soveel meer blootgestel is. Daar is dalk daagliks sulke gevalle waarvan niemand bewus is nie.

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

tamboti ·

Paul, ons land het die berugte Sodom en Gemorra geword en die wat bid moet nou eerder ver totale vernietiging bid. Self regkom is so onmoontlik soos terugkeer na tuin van Eeden.

Paul ·

Hierdie land wil komende jaar verkiesing veg, maar ek is van mening hierdie land moet eerder op haar knieë die ingesteldheid en die draak in haar binneste beveg. Ons behoort landswyd ‘n biddag, nie net vir hierdie kind te hou nie, maar vir die veiligheid van al die kinders in ons land.

Ons lees van die moorde wat daagliks gepleeg word, plaasmoorde, geweld wat buite beheer geraak het, nou DIT! As iets ons nie geval nie, is dit mos die inding om te betoog en dit einding in geweld en sakbeskadiging op. Ons het ‘n siek land geraak waar die leiers nie in beheer is nie. Ons het te veel politieke leiers wat vir eie gewin daar is en nie geestelike leiers vir die volk nie.

Waar is die #kinderverkragtersmustfall …….. ???

Abe ·

Tamboti,
Terwyl ons almal saam stem dat die daad van verkragting ten sterkste afgekeur moet word en dat alles moontlik gedoen moet word om dit te verhoed wil jy nou vra vir vernietiging:
Vernietiging van wat wil jy nou voor vra? Jou kommentaar maak nie baie mooi sin nie.

Geelheksi ·

Nee grote God….waar EN wanneer gaan dinge onder hande in die siek mensdom van ons geneem word?
Is dit nou al so dat jy nerens kan gaan waar die duiwel en sy voet soldate nie skuil om lewens te verongeluk nie?
Wat…WAT moet daar gedoen word om die doodstraf en kwaaier maatreels op die mense af te dwing.
Hoe verstaan jy dit? N kind gaan badkamers toe en word so onsedelik verkrag?
Iets moet ons mensdom wakker laat skrik….ons is soos drenkelinge in hierdie God verlate lewe.

DeVill ·

Ek stem saam Geelheksi. Dit lyk inderdaad of God is verlaat het en aan ons eie lot oorgelaat het. Hoe anders kan ons sulke vreeslike wat goed gebeur verduidelik.
Ek neem Hom ook nie kwalik nie, ons is stukkende wesens, en ons wil nie heel word nie.
Ek bid tog dat God tog nie die kindertjies ook moet straf nie maar net Hy kan besluit wat gebeur en wat nie gebeur nie.

Petro ·

Eerstens.. Ek is so verskriklik jammer vir hierdie kind en haar mamma. Hoe afgryslik. Maar ek wil sê… Dis nie die restaurant se skuld nie, dis nie die mamma se skuld nie …dis die wreedaardige monster wat haar aangeval het se skuld. 100%sy skuld. Hy is siek!!! Wat hier gebeur het is net nie normaal nie… My hemel.. Ons is soos gevangenes.. Kan niks meer doen nie, kan nêrens meer heengaan nie. ‘n Onskuldige kind kan nie eers badkamer toe gaan nie. Ons moet nie so in vrees hoef te lewe nie. Ek is so kwaad en gatvol.

Duncan Potgieter ·

Die enigste oplossing in SA vir ons morele verval en waardes en mense wat ander vermoor, is bring die doodstraf terug.
Dit help nie hierdie kriminele gaan vir 20-25 jaar tronk toe – verwyder hom finaal uit ons samelewing en dat diesulkes met hul lewe boet.
Die doodstraf is die enigste oplossing.

JR ·

En hier sit ek en wonder of ek ooit weer wil uitgaan na n eetplek met my groenkoring. Hierdie berig skok my tot in my diepste wese. Wat gaan aan in ons land. Waar is ons kinders veilig? Ek wil my kinders in die huis toesluit en eerder n kluisenaar word. Eks so so jammer vir die meisiemens. Ek wens ek kon jou help.

Stella Berning ·

Afgryslik. Waar was die restaurant se kinderoppassers. Arme kind en arme ouers!!!

LM ·

Liewe mamna ek voel vreeslik jammer vir jou kind. Daar is nog hoop vir jou kind as jy haar vir berading vat by n kerk. Wens ek kon vir jou n kerk aanbeveel in Montana maar ek weet nie of ek mag nie. Raad aan ouers: op so n jong ouderdom gaan n ouer saam met sy of haar kind badkamers toe. Leer julle kinders om vir jou te kom se as hul badkamers toe wil gaan al speel hul onder toesig by restaurante . Ons almal is bewus van die toestand tans in SA. So n man se privaatdele moet sonmer verwyder word. Ons almal weet dat Satan loop rond soos n brillende leeu ……… Die regering sal goddelike wysheid moet bekom en al hoe hul dit kan bekom is om die Here te raadpleeg en Hom te dien. Bid SA en keer terug na die Here alle volke.

DeVill ·

Ek stem saam LM, die ouers en kind het berading nodig. Die kerk het al egter, verskeie kere en in baie gevalle waar ek direk of indirek betrokke was, meer skade aangerig.
Laat hulle liewers na ‘n profesioneel toe gaan, buite die kerk.
Doen die Godsdiens tuis…

Pat ·

Mense is te gerus. Ek het nog NOOIT my kinders alleen laat badkamer toe gaan nie. Hoe kan jy as ouer jou 6 jarige kindjie alleen laat badkamer toe gaan in ‘n publieke plek? Verkragters, human trafficking, die lys is oneindig. Mense asb! Hou jul kids onder jul oë ten alle tye. Niemand kan nêrens meer hul kinders net laat begaan nie. Pas jul kids op!

WonderNet ·

Wie laat ‘n 6 jarige alleen toilet toe gaan, my kind is amper 21 en ons laat haar nie eens alleen gaan nie.???

Stemsaam ·

Ek kan dit ook nie verstaan nie. Ek was al so diep geskok as ek sien hoe ouers lekker sit en kuier en die kinders speel alleen buite oogafstand van die etenstafels af. Hoe word dit toegelaat? Selfs al is daar oppassers, ek wil ten alle tye my kind kan sien en enkele meters van my kind af wees.

Ansie ·

My hart gaan uit na die dogterjie wat deur hierdie trauma en vernedering moet gaan. Daar word daagliks kinders ontvoer en verkrag. Daarom moet ouers hul kinders veral dogterjies elke sekonde dophou. Die dros kan nie hiervoor verantwoordelik gehou word nie. Ouers moet hul kinders oppas. Dit kon verhoed gewees het. Ses jaar is nog baie jonk, sy moes in elk geval nie alleen toilet toe gegaan het nie.

Emi ·

Mense emigreer omdat hulle nie meer deel van SA se verwerplike populasie wil wees waar chaos, moord, roof, diefstal, korrupsie, plundering, vandalisme, verkragting, liberalisme, kommunisme, losbandigheid, primitiewe gedrag en sosiale verval aan die orde van die dag is nie. In SA wil ordentlike mense selfs nie meer in publieke areas (soos winkelsentrums) beweeg, wegneem etes koop of selfs by eetplekke gaan aansit nie, want hulle is nie meer lus om in SA se siek “samelewing” vas te kyk nie, en nog minder is hulle lus om in hulle eie tronke te woon nie. Die beste opsie is om die walglike hool te verlaat en te emigreer. Ons gesin is oppad. Good riddance.

RdF ·

Ek stem saam. Maar nie almal het fondse om oorsee te gaan nie.
Ek sal dit enige tyd doen. en ek wens ek kon, om my kids n beter toekoms te gee. want vir SA is daar nie meer hoop nie.

adriana ·

Ek stem saam DS – ek het nooit my meisiekind en selfs my seun – toe hulle klein was alleen laat toilet toe gaan in ‘n openbare plek nie. Ek het sommer die twee gelyk na die dames toilette geneem en toe was hulle al ouer as 10.

VanAfrika ·

Ek het twee seuns groot gemaak. As ek uitgeëet het en hulle het die toilet nodig gekry, het ek hulle by die vroue toilet ingevat, het n paar skewe kyke gekry, maar my seuns was veilig, toe hulle ouer word en self hul ding kon doen, het ek hulle by die mans toilet laat ingaan en voor die deur gewag, hulle het net n sekere tyd gehad in daardie toilet anders het ek begin klop of een van die patrons ingestuur om te kyk waar my kinders is. Elke man wat by daardie toilet ingeloop het, reg verby my, het geweet hierdie ma staan en wag voor daardie toilette. As daar n speel plek was het ek oog afstand gesit waar ek hulle kon sien of kort, kort n draai gemaak. Ek was en is nog steeds n paranoise ma, my seuns haat dit, eerder dit as wat dit te laat is.

toy ·

VanAfrika dit is presies wat ek ook gedoen het, ek het ook 2 seuns groot gemaak.

Cynthia TREDOUX ·

Ek val nou sommer met die deur in die HUIS! Waar was die MA van hierdie onskuldige dogtertjie….WAT VAN DIE SOGENAAMDE GETUIE…hoekom het hy nie OPGETREE nie….
Dit is so dat OUERS te gerus raak met hul kinders se handel en wandel…MEER EN MEER onskuldige kinders BOET daarvoor…want as hul nie by die skool in n toilet put val…en verdrink nie…omdat n 5 jarige ook nie alleen kan gelaat word nie…dan gebeur die verkragtings DAAGLIKS…..

TP ·

My kommentaar is glad nie gemik om die mamma aan te val nie.

My dogters is 12 en 14, en hulle word nie toegelaat om enige-plek alleen te gaan nie, nie eers by die kerk mag hulle alleen toilet toe gaan nie.

Daar is al vir my gese dat ek hulle op-piep en dat hulle nooit onafhanklik sal kan wees nie. Dan het ek maar liewer afhaklike kinders.

Sterkte Mamma, kan nie eers begin dink waardeur jy moet gaan nie.

E.K. die eerste ·

Ek stem met vorige kommnetare wat by toilette gewag het vir hul kinders. Ek het ook. My kinders het ook NOOIT gaan speel nie maar BY ons gesit. Dis mos ‘n familie uitstappie wat help dit jy sit en eet en kinders speel eenkant? Hoe is dit tyd saam spandeer. Dan kan jy hul netsowel tuis los! Of neem hul na ‘n speelparkie waar jy by is as hul op die tipe van goed wil speel en as julle gaan eet moet hul leer om mooi by mamma en pappa te sit en gesels met hulle. Dis hoe ONS altyd gekuier het en ons het dit baie geniet. Ek vertsaan nie die storie. Is die ouers maar dan net te bly om “ontslae” te wees van die kinders of wat? Mens het, as mens voltyds werk reeds so min tyd met jou kinders dan maak mense so. Ai… Paar jaar glede was daar ook gevalle van ‘n pedofiel wat rondgehang het by so speelarea in ‘n sekere sentrum aan die Wesrand. Nee wat uiteet was kuiertyd vir ons – dit is die hele idee agter uiteet!

madels ·

Ek het NOOIT enige van my kinders alleen na n badkamer laat gaan nie want ons bly in n baie siek land met siek seks maniake en siek psigopate. Ek veroordeel glad nie die mamma nie want daar is niks daarmee verkeerd om jou sesjarige na n badkamer te stuur nie, maar ons KAN NIE MEER DIT DOEN in hierdie siek verrotte land nie.

Jhbmeisie ·

Dis aaklig!Ek kry die arme kind so jammer dis horibaal.hoe gebeur so iets net,is daar geen toesig van die restaurant se kant af nie?
Jy is nerens meer veilig nie nog minder deur jou kinders te laat speel in n restaurant area sonder om self toesig te hou.
Hy moet aangekla word van verkragting!

eier gele ·

Waarom is daar in meeste restorante slegs een deur in en split binne die deur na mans en vroue toe, Dis. Hoekom hy haar so maklik kon gryp sonder dat iemand sien, selfs ek raak ongemaklik as n man voor of na my in die toilet area ingaan, albei deure moet buite wees

Anoniem ·

Almal wat se ons moet bid en ook die wat niks se julle word genooi die 27ste Oktober 2018 sal daar in Pretoria gebid word en oom Angus Buchan lei die gebed. Nou gaan daar mense wees wat negatief gaan optree maar onthou die mense het vir Noag ook gelag en negatief gepraat en so is daar baie ander voorbeelde. God slaap nie. Mense kom asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.