Dros-saak: Dít is hoekom meisie (7) moet getuig

Nicholas Ninow tydens Dinsdag se hofverrigtinge. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die Nasionale Vervolgingsgesag het laat Dinsdag gereageer op kommer en besware van die publiek dat die sewejarige slagoffer in die sogenaamde Dros-verkragtingsaak vandag in die hof moet getuig ondanks die feit dat die beskuldigde, Nicholas Ninow (21), reeds erken het hy het haar verkrag.

Die saak word tans in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG, het in ʼn verklaring gesê familielede van die kind en die publiek kan gerus wees dat die meisie se getuienis geensins ten doel het om haar te dwing om die traumatiese gebeure te herleef nie.

Die toilethokkie waar die voorval plaasgevind het.

“As die NVG het ons reeds aangedui dat ons Ninow se pleitverduideliking verwerp aangesien dit teenstrydig is met die weergawe van die klaer tydens haar konsultasie met die aanklaer,” sê Mjonondwane. “Die enigste doel daarvan om die kinderslagoffer op te roep om te getuig, is om bewyse voor die hof te plaas wat Ninow se weergawe van die chronologiese volgorde van gebeure wat gelei het tot die gruwelike skending van haar onskuld, te betwis.”

Mjonondwane het beklemtoon aangesien Ninow reeds voor die hof erken het dat hy die kind verkrag het en op die twee aanklagte skuldig gepleit het, is daar geen dispuut in hierdie verband nie en dus geen behoefte om getuienis rakende dié aanklagte voor die hof te plaas nie.

“Die kind sal vlugtig getuig deur middel van ʼn kringtelevisiekamera met die ondersteuning van ʼn tussenganger en twee hofvoorbereidingsbeamptes wat aan die saak toegewys is,” sê sy. Sy het die versekering gegee dat die NVG ʼn slagoffer-gesentreerde diens lewer en dat sy aanklaers toegewyd is daaraan om die slagoffers van misdade te beskerm.

Nicholas Ninow sit kop onderstebo tydens Dinsdag se hofverrigtinge.

“Staatsadvokaat Dorah Ngobeni sal na verwagting [vandag] die staat se saak sluit, en in haar vertoë ter verswaring van vonnis sal sy aanvoer dat lewenslange tronkstraf opgelê moet word.”

Vandag is die derde dag van die verhoor van Ninow wat tereg staan op aanklagte van verkragting, aanranding, dwelmbesit en regsverydeling. Ninow het Maandag toe die verhoor begin skuldig gepleit op al die aanklagte behalwe aanranding. Hy het ook aan die hof sy weergawe van gebeure gegee die dag toe die voorval in die vrouebadkamer van ʼn Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, plaasgevind het.

Die staat het egter nie Ninow se pleidooi op die aanklagte van verkragting aanvaar nie en daar is besluit dat die verhoor voortgaan. ʼn Kinderoppasser wat die betrokke dag aan diens was by die Dros-restaurant, was gister in die getuiebank en het begin huil toe sy vir die hof vertel het hoe die voorval haar geraak het.

Lees alle vorige berigte oor Nicholas Ninow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

40 Kommentare

jongste oudste gewildste
Carl

Sit elke dag met ‘n “grin” op sy gesig, lyk redelik in sy skik met al die aandag wat hy kry met geen teken van berou nie. Hang hom onderste-bo op Kerkplein aan sy…jy weet wat.

Sandra

Het ek iewers iets gemis? Ter versagting? Vir wat? Omdat hy ‘n druggie is? O wee, hierdie land se reg stelsel verbaas my meer en meer?

cathy

Die ou gaan tronk toe. Ons weet wat gebeur met kinderverkragters daar…

Dina

Dis nou tipies ons land se regstelsel. Lieg jy glo hulle jou. Praat jy die waarheid verwerp hulle dit. Dit is n geldmaakstorie. Dis hoekom hofsake onnodig uitgeroep word. Om nou weer die kind te laat getuig dien geen doel nie. Dit rig net meer skade aan die kind.

wilma

Ai so kleine kindjie. Vertrou dat sy vandag nie erg getraumatiseerd sal wees. Mag die regter die skuldige vir ewig uit die samelewing verwyder. STERKTE VI KINDJIE EN HAAR GELIEFDES