Dros-saak: ‘Hy het dit vooraf beplan’

Nicholas Ninow. Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency(ANA)

Die staat het Donderdag tydens slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat Nicholas Ninow die dag van die verkragting in die Dros-badkamer, beplan het om ʼn misdaad te pleeg.

Die staatsadvokaat, Dora Ngobeni, het gesê die getuienis en bewyse in die hof dui daarop dat Ninow die kinders dopgehou het en die sewejarige na die toilethokkie gevolg het waar hy haar verkrag het. Die kind is nou agt jaar oud.

Die hof was stampvol met lede van die ANC Vroueliga, die EFF en ondersteuners van Women and Men Against Child Abuse en die NotInMyName-beweging. Ninow het ontspanne voorgekom.

Ngobeni het aangevoer Ninow het van sitplek in die restaurant verander sodat hy nader aan die kinderspeelarea kon wees om die kinders dop te hou.

“Hy het vroeër die middag ʼn seksuele aanmerking oor een van die restaurant se ander kliënte gemaak en gesê hy wil seksuele omgang met haar hê. Hy het toe reeds besluit om omgang te hê, of dit met ʼn kind was of met ʼn volwassene,” het sy gesê.

Ngobeni het aan die hof gesê die dogtertjie het getuig sy was besig om die toilet te gebruik toe Ninow by die hokkie ingekom, homself uitgetrek en haar verkrag het. Ninow het nie self getuig om die weergawe te weerlê nie en daarom, voer sy aan, moet die hof die kind se weergawe as die waarheid aanvaar.

Ninow het in sy pleitverduideliking gesê hy het na die damesbadkamer gegaan om dwelms te gebruik en dat die dogtertjie by hom in die toilethokkie ingekom het.

Ngobeni het gesê die hof moet Ninow se weergawe dat hy impulsief opgetree het, verwerp.

“Die beskuldigde het die hele voorval beplan en hy het ʼn kind geteiken wat magteloos en weerloos was, tot so ʼn mate dat sy nie haar ma, die kinderoppasser en twee kelnerinne kon antwoord toe hulle haar naam geroep het in die toilette nie, omdat Ninow haar gedreig het,” het Ngobeni gesê.

Sy het die hof gevra om Ninow ook skuldig te bevind op ʼn aanklag van poging tot aanranding omdat hy die vroue met sy broek se gordel probeer slaan het.

Ninow se regsverteenwoordiger, Herman Alberts, het aan die hof gesê die hof kan nie die afleiding maak dat Ninow die kinders afgeloer het omdat hy naby die kinderspeelarea gesit het nie. Hy het aangevoer Ninow het by dié tafel gesit omdat dit naby die deur was en hy vir iemand gewag het.

“Dit is ʼn baie meer redelike afleiding wat die hof kan maak as dat hy daar gesit het om die kinders af te loer. Daar sit seker nou mense by daardie tafel, beteken dit hulle loer ook die kinders af? My kliënt het voor die voorval na die kroeggedeelte beweeg wat amper die verste van die kinderarea af is as wat mens kan wees in die restaurant,” het hy gesê.

Alberts het gesê die seksuele opmerking wat Ninow oor ʼn vrou in die restaurant gemaak het, beteken nie hy wou seksuele omgang met ʼn kind gehad het nie.

Hy het die hof gevra om Ninow se weergawe, dat hy eerste in die toilethokkie was omdat hy daarheen gegaan het om dwelms te gebruik, te aanvaar omdat die foto’s wat as bewysstuk ingedien is, die weergawe bevestig.

Dwelms kan op die toilethokkie se vloer gesien word en Ninow se gebreekte bierglas in die hoek van die toilethokkie.

Alberts het aangevoer Ninow het impulsief opgetree toe hy die dogtertjie verkrag het, en dat hy die voorval nie beplan het nie.

Hy het die hof gevra om Ninow onskuldig op die klag van aanranding te bevind omdat niemand getuig het hulle is deur Ninow raakgeslaan nie.

Regter Mokhine Mosopa gaan Maandag uitspraak lewer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Landi

Leandrs sover my kennis strek kan n prokureur self kies of hy n klient wil verteenwoordig of nie. As ek verkeerd is, baie jammer, maar ek die afgelope tyd sien ek baie dat regverteenwoordigers hulle onttrek aan n saak. As hulle wel mag weier wonder ek net hoe slaap so n prokkie vanaand rustig. As hy/sy kinders het, nog erger, want jy weet hierdie ou was verkeerd en moet so lank as moontik uit die samelewing verwyder word. Wel ja ons tronke is nou nie juis n rehabilitasie sentrum nie, so kry hom maar eerder uit die samelewing ASAP. Die… Lees meer »

Sjoe

Al sy stories en verskonings, maar hoekom moet hy dwelms snuif in die dámes-kleedkamer?

LK

Ek kan iets onthou heel aan die begin na die voorval het die media berig hy en nog iemand het daar gesit. Waar is die person dan nou of is ek nou verkeerd???

Karma

50 jaar sonder parool.op elke aanklag….sal nog te min wees.

Hierdie tipe “mens” moet in n 3 x 3 sel aangehou word. Geen lig van enige aand nie.
Solitér …tot hy wit bene is

Magda

Net soos jy n BOER SE MOORDENAAR verteenwoordig – Hoop hy gaan lewenslank kry met sommer nog 50 jaar by – res van sy lewe in die tronk wees, want niemand verdien dit wat hy gedoen eht nie – wat nog n Kind.