Dros-saak: Nicholas Ninow pleit skuldig

Nicholas Ninow. Foto: Oupa Mokoena/ African News Agency (ANA)

WAARSKUWING: Die berig bevat grafiese besonderhede wat sensitiewe lesers kan ontstel en nie vir kinders geskik is nie.

Nicholas Ninow (21) het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig gepleit op van die aanklagte teen hom.

Ninow het skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting, dwelmbesit en regsverydeling.

Ninow het hierna sy weergawe van die gebeure gegee. Hy het gesê hy het dae voor die voorval die dwelmmiddel CAT gebruik. Op die dag van die voorval was hy onder die invloed van alkohol en het weer CAT gebruik.

Volgens Ninow het hy in ʼn stadium terwyl hy in die restaurant was naar gevoel en badkamer toe gegaan om nog dwelms te gebruik. Hy was bang dat die bestuurder hom sal betrap, dus het hy na die vrouebadkamer gegaan.

Hy het sy broek afgetrek om dit te laat kyk of hy die badkamer gebruik waarna hy ook sy hemp uitgetrek het om dit uit te skud. Die meisie het ingekom en wou die toilet gebruik waarna Ninow haar broek afgetrek het.

Volgens Ninow het hy “impulsief” opgetree en sy geslagsdeel in haar mond gesit en haar met sy vingers gepenetreer.

Hy het in Maart vanjaar laas vlugtig in die landdroshof in Pretoria verskyn waar die akte van beskuldiging aan hom beteken is.

Die staat het egter nie Ninow se pleit op die aanklagte van verkragting aanvaar nie en daar is besluit dat die verhoor voortgaan.

Die verkragting in September verlede jaar in die badkamer van ʼn Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, het skokgolwe deur die land gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Ilse ·

Ek stem,, n verkragter moet dieselfde straf as n moordenaar kry,, n verkragter maak die persoon wat hy verkrag van binne dood. Doodstraf kan maar terugkom.

Martie ·

Ek hoop daar word ‘n voorbeeld gemaak van die mannetjie. LOS vrouens en kinders uit

Parlement ·

Ek sal sy borgtog betaal vir hom (as hy kry) en hom laat kom uitrus op my plasie . . . . . . .

Liz ·

Jou intelligensie is lyk my van pas vir die parlement. Iemand wat skuldig pleit gaan nie borg kry nie hy gaan nou ‘n hele rukkie tronk toe. En wat is fout met jou? Siek mense

GM ·

Liz, ek dink jy misverstaan Parlement se boodskap. Klink eerder of hy met die outjie sal afreken, en daarom sy borg sal betaal!

HESTER ·

Ek hoop hulle verwyder hom permanenet uit die samelewing. Mag jy lekker en versigtig slaap in dietronk.

Ekke ·

Waars die kenners? Moet die hofsaak nou nog voortgaan of kan hy gevonnis word en klaar?

Bucco ·

Het eknook gewonder. Hoekom voortgaan en nog geld mors? Vonnis hom en kry klaar.

Abe ·

Ekke,
Natuurlik moet die hofsaak voortgaan. Daar is nie sprake n vonnis as dit nie in n hof beveel is nie.

My mening ·

Die staat het nie die pleit aanvaar nie en daarom moet die verhoor voortgaan. Ek vermoed sy weergawe stem nie ooreen met die feite tot die staat se beskikking nie.

Elke ·

Hy wou ‘n pleitooreenkoms aangaan waarin hy skuldig pleit in Maart. Dis wat die staat afgekeur het en hoekom hulle voortgegaan het met die verhoor. Voordat jou verhoor begin het jy die reg om skuldig te pleit ongeag of daar so ooreenkoms is of nie. Die saak gaan dus nie voort nie want skuld is vrylik erken en hulle gaan dus nou oorgaan na die straf gedeelte van die verhoor. Ek vind dit baie snaaks dat mense hier kom kommentaar lewer as ‘kenners’ wat duidelik absoluut niks van die regstelselweet nie. As jy skuldig gepleit het gaan die hofsaak nie voort nie. Die staat kan steeds bewysstukke in die hof bring ter verswaringvan straf en hy versagtend. Maar die verhoor om skuld te bewys is mos nou verby as hy skuldig pleit.

PC ·

As jy n plet van skuldig aanbied moet dit ooreenstem met die feite wat die staat tot sy beskikking het. Dit moet ook aan al die elemente van die misdryf voldoen, anders kan n verdagte op mindere klagte of feite wat strafversagtend van aard is pleit en skuldigbevind word sonder die staat se beheer. As die staat dit aanvaar sal hulle gebonde wees aan die stel feite waarop daar gepleit is.
Sonder om die dossier te gesien het kan ons aanvaar dat dit wat met die arme slagoffer gebeur het veel erger was as wat hy wil voorgee in sy pleit. Dit kan in sekere gevalle die vonnis beinvloed. n Skuldig bevinding volg nie outomaties op n skuldig pleit nie.

KrokodilBotha ·

Altyd verbaas as hulle die dwelm kaart uithaal, of sy verlede of drank probleem, of hyt stemme gehoor. Gee hom vir die publiek ja…

Outoppie ·

Parlement ek sal hom kom oppas dat hy nie dalk ontsnap nie

Ursula ·

Wel gelukkig vir jou is dwelms vrylik in die tronk , hoop iemand daar binne is ook hoog en doen dit aan jou. Jy verdien niks minder, eindlik meer maar jy het mos regte

Oujongvrou ·

Ek sal glo hy het dwelms gebruik. Laat dit n les wees vir almal wat so dwelms en drank gebruik. Vrouens en kinders ly daaronder. En dis wat vir my vreemd is. Hoekom val hulle nou nie n groot man aan nie.

Lisa ·

Dit is vir sulke misdadigers wat die doodstraf terug gebring moet word!

jonathan ·

Ja nee kyk hy is siek ( Wys jou wat dwelms doen )
Julle wat so vinning se hang hom gee hom vir die gemeenskap julle is ook lekker stadig og hemels, julle weet mos jul gaan hom nie kry nie, dis suid afrika julle weet mos niks gaan gebeur nie gaan tronk toe en julle gaan hom nie kry nie, jammer julle is nie by elke moord of verkragting saak so vining om comments te maak nie

Josef ·

@jonathan, dwelms doen nie dit aan jou nie. Dis hy as mens, nie dwelms nie.

Twak ·

Jammer maar dis nie wat dwelms “aan jou doen nie” as jy n alkolis is is jy n alkolis en n verkragter n verkragter. Al hierdie druggies val terug op die dwelm kaart. Ek se BOG! Die dwelms bring dalk wie jy werklik is uit maar as jy n goeie mens is hoog of nugter is jy n goeie mens. Dwelms het hom dalk net laat die vrymoedigheid he om te wees wie hy nog altyd is.

sioux ·

Nou erken hy wat hy gedoen het maar toe hy gevang was het hy bly skreeu hy is “siek”.
hy is baie siek en verdien alles wat hom toekom.

Jenny ·

Hy het dit so maklik gedoen. Ek dink nie dit was sy eerste keer wat hy ‘n kind gemolesteer het nie. Pedofiele genees nooit hulle word net slimmer soos hulle gevang word. Ongelukkig gaan hy nie lank in die tronk wees nie. Hy kan maklik agv goeie gedrag net paar jaar sit en dan doen hy dieselfde – net die keer sal hy sorg dat hy nie gevang word nie.

Dan ·

‘Moenie dorings saai en probeer kaalvoet loop nie..’
Presies wat hy nou probeer doen. Toemaar, ek is baie jammer vir die gesin en naasbestaandes, innige meegevoel aan die dogtertjie en haar familie; maar die Here se weergawe van dié sal nie afwissel nie. Geregtigheid SAL geskied, of dit nou is of in die Hiernamaals. Intussen hoop ek die ‘man’/ muis sit LANK en dat ons wetgewing tot die daad sal kom om ALLE seksoortreders (soos oorsee) se name en adresse bekend te maak sodat die hele samelewing hulle sal uitskei !!!!!!!

Grobbie ·

Wat jy aan daardie kleintjie gedoen het is onvergeefbaar. Jou straf moet die hoogste wees wat ons in hierdie land gee.

Adriaan ·

Altyd verstommend hoe ons blanke Afrikaners so lekker klipgooi en ander oordeel. Dis so eie aan ons nasie.

Die jongman het skuldig gepleit, hy sal sy straf kry. Laat dit nou asb daar. My hart gaan uit na beide hom en die jong slagoffer. Daardie arme dogtertjie wat dit moes deurmaak en getraumatiseer is, en hy wat sy lewe weggegooi het deur wandade onder dwelmgebruik. Beide families is geskeur en gaan nog vir baie jare net die letsels sit. Hartseer en onnodig.

Kom ons bid eerder vir beide kante en vra vir genesing en vergifnis.

Spook ·

Jammer Adrian ek voeniks vir die verkragter nie….. Ek oordeel nie maar ek gaan verseker him nie bejammer ni!!!!!

Yg ·

Ek stem saam jou Adriaan. Niemand gewen in hierdie situasie nie. Dit is ongelooflik hartseer wat van die samelewing word. Ek kan ook nie help om te wonder hoe hy groot geword het nie. Nie dat dit as verskoning kan dien… ek wonder maar net… hoe/wat/hoekom/waarom….

fish ·

Impulsief gaan jy ontmoed in die selle as jy jou ander sel-maatjies ontmoed. “Orange is the new Impulsive”

Linda ·

Nicholas, jy het die ‘guts’ gehad om te erken wat jy verkeerd gedoen het, dit word waardeer !!!

Gaitsigubib ·

Guts is hoer nie tersprake nie Linda. Jy praat hier van n man wat n 6 jare verkrag het man.

BruinMeisie ·

#AmINext? Die verkragting en moord op vroue en meisies word nou te gewild. Elke dag moet mens lees van die horror stories. “Genoeg is Genoeg” ! Girls ons moet saam staan. Ons moet mekaar beskerm, As dit moet, moet ons in groot groepe saam loop en toilet to gaan. Dus nerens weer veilig nie, self in jou eie huis!

Linda ·

GEVANG….Dit is loutere snert dat Regters deur welaf ouers omgekoop word ! Kyk hoe welaf is die Pistorius familie, hul geld het niks vir Oscar gedoen nie !!! Kry jou feite reg, hierdie Dros verkragter het by sy ouma groot geword, waar geld nie gevloei het nie !!!

Kas ·

Ekke nee,sy pleit vir verkragting is nie deut die staat aanvaar nie en daarom gaan die gehoor voort.Hy het haar nie met sy vingers gepenetreer nie.Ek wonder of DNA toetse gedoen is .

Linda ·

KAS….Ek dink hierdie Dros verkragter praat die waarheid. Die CAT dwelm is n vuil tipe dwelm wat tot HTH bevat, dit maak die persoon wat dit snuif vreeslik selfsugtig en n monster. n Groot man wat n klein kind met 4 duk vingers penetreer is erger as die privaatdeel self omdat hy bomenslike krag en mag het en n monster met geen gevoel word !!! Hy kan jou oopskeur !!!

Uilspieel ·

Waaaaarom is die mans en dames toilette agter een deur, altyd doer ver agter in ń donker hoekie. Wie het hierdie dom idee gehad? Net gister het ek die toilet gaan gebruik in ń restaurant en gesien hoe ń klein dogtertjie alleen loop en ń oom ook toevallig op haar hakke. Slegs agter die groot swaar deur skei die mans en vroue toilette. Asb kan dit nie maar apparte ingange he ni?

Bren ·

Maroela media ek voel dat jul lesers vooraf moet waarsku dat inhoud van die berig onstellend kan wees vir sensitiewe lesers.

Sune van Heerden ·

Dagsê Bren

Ons vra om verskoning. Die waarskuwing het om een of ander rede nie direk in die teks van die artikel verskyn nie.
Ons het nou seker gemaak dit wys bo-aan die artikel.
Dankie dat jy ons daarop gewys het. Die waarskuwing het wel in die uittreksel op die voorblad en op sosiale media verskyn.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

PIETER ·

JA GEE HOM SELFDE STRAF AS MOORDENAAR, 6 JAAR – SOOS OSCAR

Extreme ·

Neem die jong laaitie nie deel aan sport nie? Wat van individuele extreme sport? Hy sal nooit eens aan sulke gemors dink nie, maar die lewe geniet en elke oomblik waardeer. Hoekom jou lewe opmors met verdowingsmiddels?

GP ·

Die man het n fout gemaak en dit erken. Los hom nou dat hy sy straf uitdien.

Ellie ·

‘n “Fout” is as jy ‘n probleem in wiskunde verkeerd het. Wat die verkragter gedoen het is veel meer as net dit; dit het lewenslange konsekwente waarmee hy nie elke dag moet leef nie, maar baie ander moet! Hoop maar vir sy part hy is saam mense in die tronk wat meer tevergeefs is as hy. (Stort-tyd kan geweldadig raak)

Opistophthalmus ·

Iemand se kommentaar by die skool juffrou wat ontvoering van ‘ n onskuldige dogtertjie gekies het, is ook hier die van pas.
“Jy is vry om te kies, maar nie vry van die gevolge/nagevolge van jou keuses nie”

Niklaas ·

Ek voel jammer vir hierdie Nicolas kerel se ouers. Dwelms kan enige goeie opvoeding omver gooi.

En nou? ·

Dit is so waar wat jy se!
Dis nie net altyd “trash” wat dwelms gebruik nie! Alhoewel dwelms jou “trash” maak op die ou end!
Jy kan ‘n goeie opvoeding gehad het, maar die verkeerde invloede, vriende….

madels ·

Julle, moet my nou net nie kruisig nie, maar ek voel ongelooflik jammer vir die jongman.

Julle, dit kon JOU kind gewees het wat so n verskriklike ding gedoen het, daai seer sal soos n dolk in jou ouer hart steek. Wat hy gedoen het was verskriklik! Ek kan nie dink wat daai arme kind deurgegaan het nie, en my hart gaan uit na die kind.

Ek bid vir hierdie jongman dat hy tot bekering sal kom. Dat wat hy gedoen het, hom tot sy sinne sal bring en dat hy sal regmaak met God en opregte berou in sy hart sal he.

Heksie ·

dit alles klink so half waar, maar waar het al die bloed vandaan gekom wat op die video te sien was?

emily ·

Siek verby hoor. Ja mens kan nie meer alleen waag om kleedkamer toe te gaan in n openbare plek nie. Kyk na baie van ons Malls. Die toilet is in n lang gang af, wie weet wat wag daarbinne vir jou.
Baie se nou, los die ou, Hy het klaar skuldig gepleit, Maar dis nie die probleem nie. Ons as vroue en vernaam klein kindertjies moet deur die drama gaan. Lees elke dag se koerante, kyk en luister nuus, Dit is net asof sommige mans mal geword het. Hoeveel was daar in die maand verkrag en vermoor. Dis om van siek te word.
Verkragters moet aan n paal vasgebind word en net vrouens mag met hulle afreken.
Dit kan beslis vir my werk. En die wat nie deur sulke hel is nie, sal nie weet wat dit is nie.
Dit is erg en jy kom nooit regtig daaroor nie.

jakes ·

Daar is bendes in die tronk wat wag vir mense soos Ninow. Hulle sal sy gal vir hom werk.

Fritto ·

Ek glo nie dat dwelmgebruik ‘n versagtende faktor moet wees nie. In teendeel, dwelmgebruik is ook deel van ‘n misdaadketting wat die dwelmgebruiker die eerste keer vrywilliglik (in meeste gevalle) aan deelneem, tsv vele waarskuwings tydens sy opvoeding. Nee wat, dwelms moet eerder ‘n verswarende faktor wees tydens die vonnis! Dalk help dit dat minder mense in die eerste plek by dwelms betrokke raak. Onwettige dwelmgebruik lei altyd tot verdere misdade, pyn, leiding en hartseer.

@Fritto ·

Ek deel jou sentiment. Wie weet nog nie watter verwoestende effek dit op jou en almal om jou het nie. Hoekom dit gebruik, terwyl die drank vloei, die musiek doef, die partytjie lekker gaan is die dwelms baas totdat dit hulle baas word. Dit moet DEFNITIEF as verswarend beskou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.