Dros-saak: Psigiatriese verslag beskikbaar

Die beskuldigde in die hof. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die 20-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn sewejarige meisie in ʼn Dros-restaurant in Pretoria verkrag het, is geskik om verhoor te word.

So blyk dit uit die psigiatriese verslag wat saamgestel is nadat die beskuldigde verlede maand vir waarneming in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal opgeneem is.

Die beskuldigde het vanoggend weer in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die hof het gehoor die verslag oor die man se geestestoestand is beskikbaar, maar dat dit nie onmiddellik by die hof ingedien gaan word nie omdat die verslag bewysmateriaal bevat wat tydens die verhoor aan die hof voorgehou sal word.

Die saak is tot 5 Maart uitgestel wanneer ʼn verhoordatum na verwagting bepaal sal word. Die beskuldigde bly tot dan in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig die man staan tereg op aanklagte van verkragting, besit van dwelms, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie.

Die staat beweer die man het die meisie van die restaurant se speelterrein af tot by die toilet gevolg waar hy haar verkrag het. Volgens die staat het die kind se ma hom op heter daad betrap toe sy na haar dogter gaan soek het.


[Red] Maroela Media het besluit om nie die beskuldigde se naam bekend te maak totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie soos deur die Strafproseswet bepaal word. Artikel 154(2b) van die Strafproseswet bepaal dat geen persoon wat teregstaan op seksuele oortreding se aanklagte geïdentifiseer mag word, direk of indirek, voordat die beskuldigde nie op die aanklagte teen hom gepleit het nie. Sodra die beskuldigde gepleit het, sal Maroela Media sy identiteit bekend maak soos deur die wet bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

NN ·

Maar MM, jul het vandat die storie uitgekom het reeds sy naam orals geplaas. Too little too late ne.

Chantel ·

Ja nee stem saam die hele wereld weet van die begin af sy naam

Thea ·

Naam of de not feit bly staan hy is op heter daad betrap waar hy n dogtertjie van 7 verkrag het!!! Hy moet boet vir wat hy gedoen het!
Jongman vat my raad pleit skuldig en vat jou straf sodat hierdie nie ook in n media sirkus ontaard nie!

Irene ·

Shame mense weet wie hy is. Hoekom saak uitstel as hy skuldig is. Gevaar vir samelewing vrot in tronk

christa ·

as hy op hetterdaad betrap is, hoekom die gesloer. Hy is mos reeds skuldig, hy is dan betrap. Howe sloer met alles wat onnodig is, is dit om meer geld uit die regering te kry

legens ·

Huh?
hou u dan nou voor dat Oscar Pistorius en Henry Van Breda sonder verhoor of appelle direk gevangenis toe moes gaan ?
en dink u die strafhowe is eintlik net daar om geld te maak ? eish!

Thea ·

@ legens- Oscar en Henry ht volgehou hulle is onskuldig dan neem dit maande vd staatsaanklaers om bewyse en getuies te roep om hulle skuldig te kry discwat die proses so uitrek. Die staat maak geen geld nue ons belasting betaal daarvoor.

Abe ·

Realis en Linda,
Wat op aarde maak dit saak of die foto gekook is?

Lucky Luke ·

Sluit die man toe en gooi die sleutel weg, hoekom nog wag en waarvoor wil hulle wag. Geen wonder niks in die land word opgelos nie.

Ellisras ·

Die dat drank en dwelms as “versagtende” omstandighede kan wees is twak. Dit is juis verswarend. Net soos die onderwyser van 55 wat kinders gemolesteer het. Sy ouderdom is verswarend.

Abe ·

Christa en Tammy,
Al is hy op heterdaad betrap moet hy nogtans aangekla word, getuienis moet teen hom gelei word, hy moet die geleentheid kry om getuienis te roep om sy onskuld te bewys, as hy skuldig bevind word, moet hy eers die geleentheid kry om getuienis ter versagting van sy straf te roep, dan eers kan hy gevonnis word.

Tammy ·

Op heterdaad betrap!!!! Klaar skuldig waarvoor die gesloer. Lewenslange tronkstraf soos wat daardie kind lewenslange skade (bagasie) saam met haar sal dra. Geen parool nie hy is n bedreiging vir almal om hom na aanleiding van sy liefde vir dwelms… verskoning die depressie, ek gaan ook se ek ly aan depressie en gebruik dwelms as ek ooit eendag so laag daal om misdaad te pleeg!!!!!

Elvira ·

Baie bly. Hy het seker gedink om homself mal te hou gaan hom uit die hof uithou. Ek hoop die regter gee hom gas!

GP ·

Sterkte jong man. Hoop jy kry n regverdige verhoor. As jy skuldig is vat maar jou straf. Hoop nie die media betogers en hooligans ruk nou nie weer hand uit nie.

Charlene ·

Judge Dredd, die dwelm misbruik help hom nie, aangesien dit inhibisies laat verlaag. Maar die dwelm misbruik is slegs ‘n simptoom van die man se inherente probleme, oftewel afwykings. Mens kan tegnies raak… Hy het duidelik afwykings en dit moet iewers vandaan kom. Hy kan byvoorbeeld aanvoer dat hyself seksueel aangerand is, of dat daar geweld in sy ouer-huis was, watookal. (Ongelukkig) kan daardie agtergrond moontlik later selfs gebruik word as versagtende omstandighede, sou dit hof dit toelaat. Maar – ek kan jou verseker, selfs al verlaag die gebruik van ‘cat’ (soos in sy geval) jou inhibisies, as gebruiker en as mens weet jy steeds voor jou siel wat reg en wat verkeerd is. Jy gee net nie te veel om daaroor nie en stel ook nie belang om die gevolge in ag te neem nie. Maar ek kan jou verseker, watookal die oorsaak is/was, hy het definitief sekere disfunksies, wan-aangepaste lewenspersepsies, waarskynlik onderdontwikkelde redenasie vermoë en die kanse is uitstekend dat hy nie aangeleer het dat daar gevolge is vir negatiewe gedrag of onderdeurdagte besluite nie. Met ander woorde, hy is nie aandadig gehou vir daar waar hy verbrou het in die verlede nie, en het weg gekom met heelwat. Ek kan aangaan. Maar ek wil net hê jy moet weet dat daar ‘n (depraved) mens skuil agter die dwelms. En glo my, ek is erg gekant teen die misbruik van enige dwelms, maar dit is werklik net ‘n bydraende faktor.

Susan ·

Mag die Here almal genadig hier wees wat so oordeel. Hy is skuldig en n hof sal moet besluit of hy weer buite n tronk sal wees. Mors julle energie eerder om vir die dogtertjie en haar gesin te bid

Milla ·

Dra hy n trou ring? Was hy nie net verloof nie? Watse ring is dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.