Dros-saak: Toga bedek TV-skerm waar meisie gaan getuig

Nicholas Ninow groet ‘n familielid tydens gister se hofverrigtinge. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Regter Mokhine Mosopa het gelas dat die meisie wat in ʼn toilethokkie by ʼn Dros-restaurant in Pretoria verkrag is, agter geslote deure moet getuig.

Slegs Nicholas Ninow se ouma en ma word in die hof toegelaat.

Ninow het vroeër erken hy het die dogtertjie, toe sewe jaar oud, twee keer verkrag. Hy het ook skuld erken op ʼn aanklag van regsverydeling en die besit van dwelms.

Die staatsadvokaat, Dora Ngobeni, het Woensdag haar toga oor die televisieskerm gegooi voor die verrigtinge begin het sodat die publiek nie die meisie in die tussengangerkamer kon sien nie.

ʼn Tussenganger sal die vrae van die advokate só formuleer sodat die kind dit kan verstaan.

Die meisie se ma gaan glo ook vanuit die tussengangerkamer oor kringtelevisie getuig. Die media sal egter tydens haar getuienis in die hof kan wees.

Die staat het gister aangedui hy gaan nog net die kind en haar ma as getuies roep, asook moontlik ʼn polisielid wat die verklaring van een van die kelnerinne by die restaurant afgeneem het.

Die verdediging wil verskille tussen die kelnerin se weergawe van die tydlyn met die polisielid uitklaar om te bepaal of dit doelbewus gedoen is en of die verskille tydens die vertalingsproses ingesluip het.

Die hof was vanoggend stampvol met lede van die ANC Vroueliga en lede van die NotInMyName-beweging, sowel as lede van Men And Women Against Child Abuse.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het laat Dinsdag gereageer op kommer en besware van die publiek dat die slagoffer vandag in die hof moet getuig ondanks die feit dat Ninow reeds erken het hy het haar verkrag.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG, het in ʼn verklaring gesê familielede van die kind en die publiek kan gerus wees dat die meisie se getuienis geensins ten doel het om haar te dwing om die traumatiese gebeure te herleef nie.

“As die NVG het ons reeds aangedui dat ons Ninow se pleitverduideliking verwerp aangesien dit teenstrydig is met die weergawe van die klaer tydens haar konsultasie met die aanklaer,” het Mjonondwane gesê. “Die enigste doel daarvan om die kinderslagoffer op te roep om te getuig, is om bewyse voor die hof te plaas wat Ninow se weergawe van die chronologiese volgorde van gebeure wat gelei het tot die gruwelike skending van haar onskuld, betwis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hugo Vermeulen ·

Ek hoop die ANC-vroueliga gaan in net soveel getalle opruk na die hofsaak van die onderwyser in KZN wat ‘n dogtertjie op die skoolterrein verkrag het.

Spook op thaba ·

Nou waar was die vroue liga, not in my name. En die ander bewegings/organisasies in die de Jager saak????

Sonja ·

Waar het hy nou gepleit dat hy dogtertjie twee keer verkrag het…vandag in hof?

lol ·

In sy pleitverduideliking het hy gepleit op 2 handelinge:
1- sy privaatdeel in haar mond gedruk
2- haar privaatdeel gepenetreer met sy vinger
Dit is 2 afsonderlike handelinge en kan gesien word as 2 klagtes

Anoniem ·

Stem Christine en dit hom dan op n rooimiernes en mag daar nog n paar komando miere by eys

Chrissie ·

Dink net daaraan dat hy ook iemand se kind is. Sy familie kan nie verantwoordelik gehou word vir wat hy gedoen het nie….. wat hy gedoen het was bitter baie verkeerd. Wens net almal wil altyd ophou oordeel… die oordeel kom ons nie toe nie. Sterkte aan die dogtertjie en haar familie.

Bertie ·

Chrissie – ons ALMAL het ‘n KEUSE in die lewe. Ek hoop hulle hang hom OF sluit jou saam met hom toe.

Magda ·

Hoop hy gaan baie lank tronk toe – maar ek wonder net gaan die ANC Vroue Liga / Notin My Name beweging en Men and Woman agaisnt child abuse ook in die HOF wees waar daai ONDERWYSER die 6 jarige kind verkrag het? Vra maar net – want jy sien ANC vroue liga net by Wit / teen swart maar bittrer min of nooit by swart / swart nie.

kolla ·

Hoekom ruk wit vrouens nie op na die hof waar ‘n swart persoon ‘n wit dogter gemolesteer het nie, niks keer hulle nie? Nou moan jy omdat ‘n swart groep iets doen.

Alta S ·

Ek verwerp/verafsku wat hy gedoen het, maar kan nie help om te dink dat hy ook iemand se kind is nie.

Grantee ·

Baie siek mense om mens elke dag…hahaha ek wonder wie was jou letterkunde onderwyser

Ronel ·

Die verdediging gryp na strooihalms om die tydlyn elke keer in te wil bring. Feit bly staan hyt ‘n kind verkrag. Wat het die tydlyn daarmee te doen. Of moet mens nou begin boekhou van elke sekonde van elke dag vir ingeval jy moet getuig oor iemand anders se vuil dade??

magda ·

Baie siel siek om n kind te verkrag; watse “turn on” is dit??? en wasd 1 keer nie traumaties genoeg nie??? hoop hy kry wat hom toekom……..

A Klaassen ·

Ek laat my kleindogter nie onder my oe uit nie. Ek kan nie glo onder my sorg was sy al vir so lank iewers doenig wat ek nie gaan kyk het waarmee sy besig is nie. Vir ‘n mamma om eers na 15 minute jou kind te soek…. heeltemal te lank.

Mariki ·

Nou wie praat nou die waarheid…. ? Kelnerin sê ninow was kaal bolyf, maar het broek aangehad met gulp oop, ma sê hy was totaal kaal…. kelnerin sê daar was geen stemme uit die toilethokkie nie, ma sê kind het om hulp geroep, en ander stem, ninow het ookgepraat…. wie moet ons nou glo?

john ·

En hoekom maak dit saak? Hy het skuld beken en is op video geneem waar hy sonder klere staan. (Maak ook nie eens saak nie, hy het skuld beken). Stop maar die “victim shaming” en gaan haal `n tou sodat die samelewing een skurk minder kan hê.

M ·

Ja nee daar is baie goed wat nou nie meer lekker sin maak nie !

Amanda ·

Ek skaam my oë uit my kop uit vir my mede Afrikaners.Ag nee sies man. Hier is ‘n klein dogtertjie deur ‘n volwasse man verkrag en julle wil dit op die Ma en enige iemand anders draai behalwe op die man wat die daad gepleeg het. Waarmee julle besig is, is niks anders as victim shaming nie net soos waneer ‘n vrou wat verkrag is, veroordeel word vir haar kleredrag. Daardie arme kind sal nooit weer dieselfde wees nie. Onthou die spreekwoord: Mense wat in huise van glas woon kan nie klippe gooi nie. My innige simpatie met die Ma en haar dogtertjie.

lol ·

Ek stem saam Amanda.
Dis deur presies hierdie optrede van die gemeenskap dat talle slagoffers maar eerder stilbly en nie klagtes lê nie omdat hulle blameer word ipv die oortreder.

GL ·

Ek stem saam Amanda. Ek wil ook net byvoeg dat dwelms n baie groot rol hier speel, ander sal met my verskil. Ek weet dit is nou te laat maar sou dit gebeur het as hy nie drank en dwelms misbruik het op die dag.

I am Sam ·

Enige man wat aan so ‘n misdaad skuldig bevind word, moet ontman word.

Daar sal héélwat meer mediese oorskot wees om te verbrand …

lanie ·

Chrissie se liewer dankie dat dit nie jou kind of kinders is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.