Dros-saak: Uitslag van psigiatriese verslag verwelkom

Die beskuldigde in die hof (8 Februarie 2019). Foto: ANA

Die ANC in Pretoria het Vrydag sy stem by talle ander gevoeg om die psigiatriese verslag te verwelkom waarin bevind is dat die 20-jarige beskuldigde van die sogenaamde Dros-verkragtingsaak geskik is om verhoor te word.

“Die ANC en sy ligas – die ANC-Vroueliga en die ANC-Jeugliga – het hierdie familie [van die vermeende slagoffer] van die begin af ondersteun. Ons het ons strukture gemobiliseer om ondersteuning aan die familie te bied dwarsdeur hierdie moeilike tyd,” het Kgosi Maepa, die ANC se streeksvoorsitter vir Tshwane, buite die hof gesê.

“Ons sal daar wees wanneer die saak op 5 Maart hervat word. Die ANC in Tshwane gee om en luister na ons mense en die gemeenskap. Ons sal altyd wees waar die mense is om ondersteuning te bied en hul probleme op te los.”

Maroela Media het vroeër berig die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn sewejarige meisie in die badkamer van ʼn Dros-restaurant in Pretoria verkrag het, het vandag weer in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die hof het gehoor die psigiatriese verslag wat saamgestel is nadat die beskuldigde verlede maand vir waarneming in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal opgeneem is, is beskikbaar. Volgens die verslag is die man toerekeningsvatbaar en geskik om verhoor te word.

“Ek is baie opgewonde om te hoor hy gaan verhoor word,” het Boitumelo Thage, ʼn menseregteaktivis, buite die hof gesê. “Ek hoop die regstelsel sal sterk staan en dat hy gevonnis sal word vir verkragting en poging tot moord op ʼn minderjarige.”

Die beskuldigde in die hof. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die selfverklaarde profeet, Paseka “Mboro” Motsoeneng van die Incredible Happenings Church, was ook by die hof waar die beskuldigde verskyn het. Hy sê dit is ʼn verligting dat die man op die aanklagte teen hom tereg sal staan.

“Die man is nie versteurd nie. Hy was bewus van wat ook al hy gedoen het. Jy kan nie van kameras af wegkruip as jy mal is nie. Ter wille van die familie van die slagoffer is ons verheug oor wat so pas gebeur het,” het Motsoeneng gesê.

ʼn Lid van die EFF se studentekommando, net bekend as Zilindile, het ook buite die hof betoog. Sy het gesê sy is bly om te sien dat die regstelsel “uiteindelik wakker skrik oor sake van verkragting en mishandeling”.

Die akte van beskuldiging sal aan die beskuldigde gelewer word om die saak van die landdroshof na die hooggeregshof oor te plaas. ʼn Verhoordatum sal na verwagting tydens die volgende hofverskyning vasgestel word.

Maroela Media het vroeër berig die man staan tereg op aanklagte van verkragting, besit van dwelms, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie.

Die staat beweer die man het die meisie van die restaurant se speelterrein af tot by die toilet gevolg waar hy haar verkrag het. Volgens die staat het die kind se ma hom op heter daad betrap toe sy na haar dogter gaan soek het.

Die hof het voorheen gehoor die beskuldigde het sielkundige probleme en het al verskeie kere sy eie lewe probeer neem weens depressie wat deur ʼn bipolêre versteuring vererger word. Die polisie het ook vroeër gesê hulle het die dwelmmiddel tik in die beskuldigde se besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Johan ·

Die aangeklaagde is ‘n erge verleentheid vir almal. Hy verdien wat na sy kant kom. Jare gelede sou hy gekwalifiseer het vir die doodstraf….

Piet ·

Shoe, hy is nognie eens skuldig bevind nie en die boendoe hof wil hom al klaar stenig

Lizzie ·

Piet – hy is skuldig! Hoe kan jy ‘n kinder verkragter so verdedig? Stenig hom – dis eintlik te goed vir wat hy gedoen het!

Antionette ·

Johan jy is doodreg hierdie is eerlik waar n verleentheid vir ons mensdom. Hierdie verkragting was een wat my erg onstel het en doen nogsteeds veral omdat dit in n openbare plek is waar duisende kinders voorheen gespeel het en mammas en pappas ontspan na n lang week se werk. Dis so boos dat ek nie eers myself kan indink hoe n mens ooit tot so daad gaan nie. Dis skokkend en die gereg moet nou maar sy gang gaan.

Oupa ·

Ek het van di begin af gese hy makeer niks ni bring di dood straf trug

Piet kokewiet ·

Ja doodstraf vir rape en moord ek kanie sien hiekom belasting betalers vir krimenele moet sorg nie.

GRIET ·

Jaaaa…hy verdien wat hom toekom!
VERSEKER…!!!
Net jammer,VIA VERSA van dié verkragtingssake in SA… kry ooit DIÉ SPESIALE MEDIADEKKING en thrillls nie,nehhhh…❗❗?

Abe ·

Griet,
Daar’s g’n so iets as “VIA VERSA” nie. Nie in Afrikaans nie en ook nie in Latyn nie.

Renier ·

Die man verdien elke ellende wat op hom gaan toesak. Kindermishandelaars behoort voor die voet gehang te word, maak nie saak van ras, kleur of demografie nie. En politieke partye behoort hulle te skaam dat hulle alewig probeer inmeng wanneer daar leed of swaarkry is, want hulle weet hulle gaan publisiteit kry. Hulle gee nie werklik om vir die slagoffers nie, maar nog so bietjie meer tyd op die soustrein. Dis walglik.

Snowflake ·

Jammer om te hoor…. of ons dit wil weet of nie ons moet besef blankes is gedoem in die land…. eks n realis…. dit gaan nie ophou nie mense….. weet dit nou maar

M ·

Snowflake pak jou tasse. Daars baie vliegtuie Australia en NZ toe. Moet net nie terug kom as ons laaste paar bittereinders die gemors uitgesorteer het wat die liberales veroorsaak het nie.

Frikkie Geld en huis ·

Verkrag of nie, Blankes is gedoem in SA. Ons sal maar die skuif na elders moet maak.

Bert ·

@ “M” Jy my dierbaare vriend het n M….se hoop as jy dink die land kan in jou leeftyd weer floreer. Veilige groete van uit Aucland NZ. en M…se sterkte vir jul almal.

M ·

En …. aan julle almal wat so venynig oordeel en so “sondevry” is, julle sal ook geoordeel word deur dieselfde God wat die jong man sal oordeel. Plaas dat julle julle monde hou en bid vir hom. Dis hoekom my eie mense my so naar maak. Sondag in die kerk en die res vd week oordeel julle mense soos die jong man en wie weet wat julle nog agter geslote deure aanvang.

pieter ·

Ek stem 100% saam ,verkeerd is verkeerd maar 95% van mense wat in kerke sit verdien die doodstaf want julle is vals chrinstene, ek oordeel nie maar dit is die werklikheid ,almal het foute, ek ook, maar ek weet wie my Verlosser is, Jesus. En Hy en Hy alleen sal oordeel.

Lizzie ·

M – tot dit jou kind is wat deur hom verkrag is! Sal jy dan nog so praat? Ek sal NIE my mond hou vir ‘n kinder verkragter nie. Hoe kan jy dit goedpraat? Hom verdedig?

Abe ·

Pieter,
Jy praat mos nou twak as jy se 95% van kerkmense verdien die doodstraf. Moenie sommer praat om te praat nie dink wat jy se. Dink is ook iets wat, lyk my, jy nie baie goed kan doen nie.

Abe ·

Pieter,
Is jy nou die enigste persoon vir wie Christus die verlosser is?

M ·

Ja Lizzy. Onthou toe mense die prostituut na Christus toe gebring het en geeis het dat sy volgens die wet van Moses gesteunig moes word. “Enige van julle wat sonder sonde is tel die eerste klip op …… ” Ek praat niks goed nie. Die reg sal sy weg vind. Jyt geen reg om te oordeel nie. Dit kom slegs God toe en die Regter sal uitspraak lewer na gelang van die feite. Dis mense soos jy wat onkundig is en praat sonder om te dink. Gebruik logika en jou verstand en moenie op sosiale media jou onkunde openbaar nie. Te veel emotionele uitsprake hier

Abe ·

Pieter,
‘n mens verdien ook nie die doodstraf bloot omdat jy ‘n vals “chrinsten” is nie.(sic.)

Martin ·

Dis mense soos jy “M” wat dink jou gat skyn nie.
Maar jys ni reg nie my vriend …
Jy kan ni vir on se ons moet ni oordeel nie. Dis S.A …

Hens ·

Die hele storie lyk vir my vreemd van die begin af. Asof die oukie “geframe” was. Ek is nou nie harry potter nie nie. Maar laat die bewyse vir homself praat. As hy skuldig is volgens bewyse by all means sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Seker hulle kon of het toetse op die dogtertjie gedoen om te bepaal of wat gebeur het waar is. In vandag se tyd kan jy nie altyd glo wat jy op nuus lees nie, alles verander in n rasse geval. Wag en kyk na die bewyse!

Linda ·

Ai dis hartseer. Ek het al gesien wat tik aan mense doen. Mag dit nou maar n les wees vir elke verslaafde daarbuite.

Alida ·

Laat die gereg sy gang gaan. Ek hoop nie hierdie storie gaan weer vir maande in ons kele afgedruk word deur die media nie. Dit is in elk geval ou nuus en geregtigheid sal geskied.

Lizzie ·

Alida – baie maklik. Hou verby. As jy dit nie wil lees nie, kan dit mos nie “in jou keel afgedruk word nie”. ‘n Klein dogtertjie is verkrag! Nou noem jy dit ou nuus? Ek hoop ons kry gereelde opvolgings hieroor. Niemand dwing jou om die artikel te lees en kommentaar te lewer nie. Ai.

Abe ·

Alida,
Die media kan nie iets in jou keel afdruk nie. Jy is vry om te lees wat jy wil. Ek stem saam met Lizzie hierbo. Ek wil graag opvolg artikels oor die nuus lees.

JAN ·

Die seksmaniak in Bloemfontein se gestig moes weer die Roschach toets doem om sy vordering op psigoterapie te bepaal. Toe reken hy so defaitisties na die 8 ste kaart : ” Neee waaat Dok …
Dis maar weer HY daai. ”
Googloer.

Anna-Marie Venter ·

M – verkrag met n video as bewys is hoogste form van onmenslikheid en so n mens ongeag ras moet gehang word klaar. So bly jy stil jy sou eerte op die dak gestaan en skreeu het as dit jou kind was.

Verkragters moet aan vrouens uitgelewer te word siende die doodstraf afgeskaf is. Ons sal weet wat om met hom te doen.

AP ·

Hens ek het geskrik toe ek sie hoeveel bloed aan sy hande was, dit moes vir haat baie traumaties gewees het reg is reg en verkeerd is verkeerd punt. Noudat hy nie meer dwelms in sy sisteem het nie en besef wat hy aangevang ja dan kan mens hom nogal bejammer maar gefane sake het geen keer nie.?

AP ·

Hens ek het geskrik toe ek sie hoeveel bloed aan sy hande was, dit moes vir haat baie traumaties gewees het reg is reg en verkeerd is verkeerd punt. Noudat hy nie meer dwelms in sy sisteem het nie en besef wat hy aangevang ja dan kan mens hom nogal bejammer maar gedane sake het geen keer nie.?

Este ·

As dit nie vir God se genade was nie kon dit ek of jy …. ja jy wat so ‘n los tong het……. Gewees het…. Oppas niemand is te goed om te val nie…. niemand nie…. Bid vir die man…… Jy kan dalk die een wees wat vorentoe in ‘n groter penarie beland…. Jou tong is alreeds so los en jou hart vol gif en jou hart vol haat… Pasop my maat…. Pasop….

Nie my mense nie ·

Mag dit duidelik aan alle mense in die land oorgedra word: Hierdie siek gedrag verteenwoordig nie my mense nie. Dit word in totaliteit sonder kwalifikasie veroordeel en verwerp as veragtelke dade wat die swaarste straf verdien wat deur die wet moontlik gemaak word.

Wouter ·

Ek hoop net die ANC filiale gaan die bewaarder se familie ook so bystaan? Nadat hy n paar keer vermoor is , of aangehou vermoor is totdat die drie vermoedelik moeg geraak het om te vermoor.

Rupert Ashford ·

Ja die perd gaan kry wat hy gevra het. Laat die reg sy gang gaan. Maar ek gaan nou ‘n ding se waaroor ek seker gestenig gaan word, maar wie laat ‘n 7 jarige kind in ‘n openbare plek alleen toilet toe gaan? Dit is agterlosigheid.

Bert ·

nee wat! Ek stem saam, Dit wemel daagliks van boosheid tussen ons, PAS JOU KINDERS OP! n oogwink se nalatigheid kan jou met n leef tyd se skade laat!

Herman ·

Ek sê nie die man is onskuldig nie maar wonder net almal wat hom stenig was hulle daar toe dit gebeur het en alles beleef het?

Nie my mense nie ·

@Herman: Was jy daar toe die boer en sy vrou vermoor is?

Wat ‘n simpel veronderstelling dat iemand teenwoordig moes wees om afkeur van gedrag te mag uitspreek.

Abe ·

Herman,
Dit is al keer op keer gese, n mens hoef nie ooggetuie van n saak te wees of selfs eerstehandse inligting daaroor te he, om n opinie oor n aangeleentheid uit te spreek nie.

Ma ·

Een vraag….. HOEKOM is die mans en dames toileyte agter dieselfde deur?!

Oupa ·

Di man moet HANG vir wat hy gedoen het KLAAR en almal wat aan elke verskoning dink om di ou jammer te kry HET HY HAAR JAMMER GEKRY TOE HY HAAR VERKRAG HET SO WORD WAKKER

Hess ·

Ma—–Jy vra hoekom is die mans en vroue toilette agter dieselfde deur . Hier in ons dorp by die mall is daar 2 toilette wat by die grootste familie eetplek is wat deur mans en vroue gedeel word. Daar is mans en vroue tekens op elke deur. Ek het dit toe nie gebruik nie omdat ek bedreig gevoel het toe daar n man uitkom waar ek wou ingaan en dis BAIE GEVAARLIK.

Stella ·

Wat Ek nie kan verstaan nie,as hy so lus was,hy het mos n verloofde (wat haar kop in skaamte laat sak het toe sy moes hoor dis die man met wie sy n toekoms wou he)hoekom so-iets doen, as hy iets mental verkeerd het kan hy dalk sy eie kinders verkrag,sluit hom deeglik toe tot hy horing-oud is.

Jeremia ·

Kindermishandelaars, -molesteerders, pedofiele en kinderverwaarlosers kry oor die algemeen verbasend ligte strawwe in SA-howe.
En in die ergste gevalle is die kinders só mishandel dat hy/of sy weens hul beserings gesterf het.
Dit verstom my – daardie ligte strawwe vir misdaad teen die absolute weerloses van ‘n samelewing.

Heleen ·

Asof die knaap se dade nie erg genoeg is nie, moet jy óók nou nog staan en kêf van agter jou skerm.

As jy vir my skrik, skrik asb tog net wakker.

Jeremia ·

Lewer kommentaar op die berig (gebeure), en weerhou jou liewer van snydende kommentaar op kommentaarleweraars.
Dis uiters ongevraagd.

Hb ·

ANC moet bietjie tyd spandeer in die townships en kyk wat hulle eie mense aan kinders doen. Enigste rede waarom ANC hierdie storie so ver vat is omdat dit n wit man is wat n swart kind leed aangedoen het. Dit is geensins aanvaarbaar vir enige mens om so siek te wees nie maar kry wit verkragtiging slagoffers soveel aandag en steun?

Theresa ·

Wat op die aarde sê jy nou eintlik? Hete mense, lees voor jy ‘stuur’ druk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.