Dros-saak: Uitspraak vandag verwag

Nicholas Ninow tydens ‘n vorige verskyning in die hof. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Nicholas Ninow, wat erken het dat hy ʼn sewejarige meisie in die badkamer van ʼn Dros-restaurant verkrag het, staar die moontlikheid van lewenslange tronkstraf in die gesig.

Uitspraak sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Pretoria gelewer word.

Die verhoor het verlede Maandag afgeskop en Ninow (21) het sy weergawe van die betrokke dag in September verlede jaar gegee. Hy het gesê hy het die meisie twee keer verkrag nadat sy in die badkamer ingeloop het waar hy dwelms gebruik het.

Sy verweer is dat hy onder die invloed van dwelms was en impulsief opgetree het.

Staatsaanklaer Dorah Ngobeni het egter die beskuldigde se weergawe Vrydag gedurende slotbetoë bevraagteken. Sy voer aan Ninow se weergawe verskil van die meisie se weergawe.

Die meisie het Woensdag in camera met die hulp van ʼn tussenganger in ʼn vertrek wat met kringtelevisiekameras toegerus is, getuig.

“Sy het aan die hof gesê dat sy badkamer toe was en hy het ná haar ingekom. Die hof moet dus bevind dat hy die meisie tot in die badkamer gevolg het, sy klere uitgetrek het, haar gedreig en verkrag het,” het Ngobeni aangevoer.

Sy sê Ninow het dus nie impulsief opgetree soos hy hof wil laat glo nie.

ʼn Getuie het tydens die verhoor getuig dat sy die beskuldigde saam met die kind in die badkamerhokkie betrap het. Volgens die getuie was Ninow kaal en het hy bloed op hom gehad. Hy het ook probeer om die meisie se broekie in die toilet af te spoel.

Herman Alberts, Ninow se regsverteenwoordiger, het gesê die hof sal korrek beslis om sy kliënt skuldig te bevind op grond van sy eie erkenning.

Volgens Alberts het die staat egter geen bewyse dat die misdaad met voorbedagte rade gepleeg is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

MANIE ·

Die was n afskuwelike daad en netso is die verkragting van enige mens n afskuwelike daad. Ek bespeur n ras geur. Waar is al die vrouens op die foto as ander mense van hulle kleur voorhom. Nerens. Ek weet dit is omdat dit n wit seun is dat die bohaai kamtig so groot is. Die partye wat die vroue so mooi verteenwoordig in die hof is die laaste om mans in eie geledere aan te kla as daar klagtes van seksuele aanranding of molestasie is.

ES ·

Dit maak nie saak of dit impulsief was of nie – hy het die daad twee keer gedoen – hy moet virewig in die tronk sit!

SjN ·

Hy het skuld erken, vonnis hom maksimum en verwyder hom uit die samelewing, tipiese doodstraf geval.

sannie ·

Jy stuur nóóit so klein dogtertjie alleen toilet toe by openbare plek. Hoekom het die ma nie self na haar kind gekyk nie. Die dade moes ‘n ruk geneem het?????

Lynette ·

Sannie….jy ht duidelik nie die saak gevolg nie. Die kind was saam met andrr kinders by die Dros se speelplek vir kinders MET N KINDEROPPASSER wat veronderstel was om SAAM met die kind badkamer toe gegaan het….daar was selfs n kennisgewing dat jou kind daar veilig sou wees en geen oomblik sonder toesig nie.

kolla ·

Dis natuurlik interessant dat wat hierdie klong gedoen het nie as verkragting voor 2007 geklassifiseer sou wees nie.

Verwonderd ·

Ek het aan dieselfde gedink. Geen verkragting dus in werklikheid nie. Vreemd hoe baie verander het

Verwonderd ·

Ek is eintlik verwonderd dat die as vekragting deur gaan.

Judge Dredd ·

Sal waarskynlik lewenslank kry, maar nie omdat die hof kon bewys hy het voorbedagde planne gehad het – maar omdat hy wit is.

Sal interresant wees om te sien hoe lank kry die gemiddelde swart verkragter van kinders.

Gekwes ·

Hoop die media maak dieselfde ophef van die saak wanneer die vrou voorkom wat haar vier kinders met rottegif vermoor het! Of wanneer oumense doodgemartel word . Die ANCvroueliga is gou by waanneer die oortreder wit is, maar lyk of swart- op-swart geweld nie so ernstig is nie!

Riaan ·

Kom ek waag ‘n voorspelling. Ek is in afgryse oor wat die knaap besin het en wat hy herken het hy gedoen het. Geen dogter of ouer hoef of moet ooit deur so iets gaan nie. Die knaap se famillie kry ek ook bitter jammer want nou moet hul verleë staan met mense wat na hul kyk want dis ons natuur om te vra waar was daai mannetjie se ouers. Hy gaan 10 teen 1 ‘n helse vonnis kry. Ek skat 60 jaar plus. Die grap is, vir die wat sulke massiewe vonnisse kry HOEF hul net 25 jaar te sit dan parool. In SA is 25 jaar lewens lank ongeag wat die regter jou toegedien het. Tragies.

Lynette ·

Sannie….jy ht duidelik nie die saak gevolg nie. Die kind was saam met andrr kinders by die Dros se speelplek vir kinders MET N KINDEROPPASSER wat veronderstel was om SAAM met die kind badkamer toe gegaan het….daar was selfs n kennisgewing dat jou kind daar veilig sou wees en geen oomblik sonder toesig nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.