Dros-saak: Verhoor begin dán

Die beskuldigde in die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: ANA

Die verhoor van die 20-jarige man wat aangekla word van die verkragting van ʼn sewejarige dogtertjie in ʼn Dros-restaurant in Pretoria, sal van 9 tot 20 September in die hooggeregshof in Pretoria plaasvind.

EWN berig die man het vandag vlugtig in die landdroshof in Pretoria verskyn waar die akte van beskuldiging op hom beteken is. Die man staan tereg op aanklagte van verkragting, ontvoering, aanranding, dwelmbesit en dwarsboming van die gereg.

Die beskuldigde het vroeër vanjaar psigiatriese evaluasie ondergaan waarna daar bevind is hy is geskik om verhoor te word en toerekeningsvatbaar was tydens die beweerde misdade.

Maroela Media het vroeër berig die staat beweer die man het die kind van die restaurant se speelterrein af tot by die toilet gevolg waar hy haar verkrag het. Volgens die staat het die kind se ma hom op heter daad betrap toe sy na haar dogter gaan soek het.

Lees alle vorige berigte oor die Dros-saak op Maroela Media.


[Red] Maroela Media het besluit om nie die beskuldigde se naam bekend te maak totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie soos deur die Strafproseswet bepaal word. Artikel 154(2b) van die Strafproseswet bepaal dat geen persoon wat teregstaan op seksuele oortreding se aanklagte geïdentifiseer mag word, direk of indirek, voordat die beskuldigde nie op die aanklagte teen hom gepleit het nie. Sodra die beskuldigde gepleit het, sal Maroela Media sy identiteit bekend maak soos deur die wet bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ria ·

Sy naam is alreeds bekend aan die publiek. Kan hy die mense wat dit bekend gemaak het dagvaar. Word hy nou aangehou tot sy verhoor begin.

HESTER ·

Hoekom wil hy hulle dagvaar .Hy is op heterdaad betrap en daar is mense saam wie hy daar is wat hom geken. Laat hy hom bekommer oor die hof saak

Vra ek ook ·

Vra ek ook????
Ek verpes dit as die sake so uitgestel word vir maande. Sluit hom toe en gooi sleutel weg, of nog beter, kap af wat hom gepla het!!!!

Petro ·

Omdat ons land chaoties is en daar so baie kriminele is. Verder hou die ANC korruptes die howe en regters besig met uitgerekte hofsake….

Nettie ·

Piet Kokkewiet, Vra ek ook (en baie ander, wat dié ou skuldig bevind het nog voor hy in die hof verhoor is – NIE DAT EK SY BEWEERDE DADE GOEDKEUR NIE!!!!! HOOR MY LIED, VERSTAAN WAT EK SÊ!!!!) – behoede dat julle of julle s’n eendag dalk ‘n misdaad – al is dit nie iets so ernstig soos die BEWEERDE verkragting van ‘n kind nie – aanvang; wanneer daardie skoen aan jóú of jou naaste se voet sit.

Ons moet oordeel – ja – soos sê die Bybel: ons moet slegte dade veroordeel. Maar gee die reg en die hofstelsel sy kans. Al wás daar getuies …. laat die reg sy beloop neem. Ai, hoekom is ons Afrikaner-nasietjie tog so vinnig met die vinger wys en vinnig met die tong (in skeltaal)?

Lindtjies ·

Wat het hom besiel. Daardie dogtertjie se lewe is verwoes. Hoe gaan sy daarmee “deal”? Sy moes nog sorgvry en onskuldig wees.

koos1 ·

MM, julle kan maar sy naam en foto gebruik. Die NPA het sy naam bekend gemaak en Huisgenoot het al betaal vir stories oor hom en sy familie, so gaan rustig voort.

KL ·

@Koos1, en News24 en Netwerk24 gebruik die naam links en regs, maar nes MM, sal hul nooit n plaasmoordenaar se foto opsit of naam gee nie.

@Wonder net ·

“Die man staan terug op aanklagte van verkragting” – Enige regsverteenwordiger sal jou laat skuldig pleit as jy skuldig bevind gaan word en daar genoeg bewyse is. Ek wonder of die mannetjie ooit daai kind verkrag het in die eerste plek….. Is dit nie dalk weer ‘n rasse storie hier agter nie.
Want die mannetjie is die eerste verkragter op sosiale media wat AL sy klere uitgetrek het. Hoekom alles verwyder om gou iemand te verkrag. IPV gou jou broek af te trek??? iets maak nie vir my sin nie. n verkragter maak gou en is skelm, hy trek nie alles uit nie want hy moet vinnag daar ontsnap.

Ria ·

@wondernet – Dit was ook vir my opvallend dat hy poedelnakend was. Laat ‘n mens wonder of die omstanders nie dit gedoen het nie.

Melanie ·

Wys jou net hoe skelm mense kan wees. Hulle knyp baie graag die kat in die donker, maar voor die kamera probeer hulle hul gesigte met enigiets te bedek.

VanAfrika ·

Deur een orige daad is jou lewe in sy maai. Dis nie dat jy dit nie by die huis gekry het nie. Jou baba se ma het nou net geboorte gegee aan jou kind, bewyse dat jy glad nie honger gely het nie. Maar as jy n pervert is, is jy n pervert en siel siek op dit aan n kind te doen wat nie gereed is vir sulke tjol nie.

honourable member ·

Kyk hierdie mannetjie het darem vir homself jare se probleme veroorsaak. Hy het presies nou geen toekoms nie want wie gaan so iemand ooit in diens neem as hy eendag uit die tronk moet kom en dink nou net sy arme kind wat nou n verkragter as pa het. Watter kind kan nou trots op so iets wees.

Sanet ·

Jaaaa…my hart bloei,vir die arme onskuldige baba,wat nou met SÓ Ñ PA moet sit en grootword…dis verskriklik! ?
Mag reg en geregtigheid seëvier

GM ·

VanAfrika – die baba kan netsowel iemand anders s’n ook wees, en is nie noodwendig syne nie. So mens kan nie net aannames maak van dat hy gelukkig gehou was by die huis nie. MAAR of hy nou gelukkig gehou was of nie, daar is GEEN verskoning vir verkragting nie. En dit dan nou nog van ‘n kind ook! Daar is so baie gewillige meisies daarbuite wat vir enige man gratis sou gunsies doen, so ek verstaan nie hoekom hul nie maar eerder vir sulke opsies gaan nie. Ons almal weet hy sal kry wat hom toekom in die tronk as hy skuldig bevind word.
Mag die dogtertjie se letsels eventueel heel. Ek kry haar so jammer.

En ek wens die hofbanke kan met ALLE verkragtings so volgesit word.

lion ·

Almal van julle wat bietjie ietsie voel vir hom ek hoop nie dat julle kinders het nie!!

Behoede so mens ek sal streef om hom uit die same lewewing te verwyder sies man gemors mens wat hy is!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.