Dros-saak: Verhoor begin vandag

Die beskuldigde tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die verhoor van die 21-jarige man wat aangekla word van die verkragting van ʼn sewejarige meisie in ʼn Dros-restaurant in Pretoria, sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Pretoria plaasvind.

Die verhoor is tot 20 September op die hofrol geplaas.

Die beskuldigde, wie se naam volgens wet nie bekendgemaak mag word totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie, staan tereg op aanklagte van verkragting, ontvoering, aanranding, dwelmbesit en dwarsboming van die gereg. Hy het in Maart vanjaar laas vlugtig in die landdroshof in Pretoria verskyn waar die akte van beskuldiging aan hom beteken is.

Die beskuldigde het vroeër vanjaar psigiatriese evaluasie ondergaan waarna daar bevind is hy is geskik om verhoor te word en was wel toerekeningsvatbaar tydens die beweerde misdade.

Daar word verwag dat die publiek die opspraakwekkende verhoor met ʼn valkoog sal dophou en dat die hof dus vandag volgepak sal wees wanneer die man weer verskyn. Aangesien die slagoffer in die saak minderjarig is, sal dele van die verhoor na verwagting in camera aangehoor word.

Die beweerde verkragting in September verlede jaar in die badkamer van ʼn Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, het skokgolwe deur die land gestuur. Die staat beweer die beskuldigde het op die betrokke dag ʼn sewejarige meisie van die restaurant se speelterrein af tot by die toilet gevolg waar hy haar verkrag het. Volgens die staat het die kind se ma hom op heter daad betrap toe sy na haar dogter gaan soek het.

ʼn Video van die man wat ná die beweerde verkragting in die badkamer gekonfronteer word, is ná die voorval wyd op sosiale media versprei.

Lees alle vorige berigte oor die Dros-saak op Maroela Media.


[Red] Maroela Media het besluit om nie die beskuldigde se naam bekend te maak totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie soos deur die Strafproseswet bepaal word. Artikel 154(2b) van die Strafproseswet bepaal dat geen persoon wat teregstaan in verband met seksuele oortreding se aanklagte geïdentifiseer mag word, direk of indirek, voordat die beskuldigde nie op die aanklagte teen hom gepleit het nie. Sodra die beskuldigde gepleit het, sal Maroela Media sy identiteit bekend maak soos deur die wet bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

sweis ·

Hierdie is n goeie geval waar die doodstraf n gepaste straf sou wees.

Right said Fred ·

Alle gevalle van verkragting is “goeie gevalle” en gepas vir die doodstraf.

kolla ·

Ek twyfel. Hy het ‘n geskiedenis van sielkundige probleme en was ook ‘n dwelmverslaafde, dit kon alles ‘n rol gespeel het.

Sarel ·

Goeie genugtig wanneer gaan die saak begin en end kry. Sal seker weer vandag uitgestel word

Gaitsigubib ·

Jy gaan leer wat dit is om spyt te wees, maar soos die gesegde se; ” Spyt kom te laat!” Pretoria sentraal se tronkvoels wag vir jou.

Swanna ·

As ek so na die foto kyk is daar meer wets toepassers om hom op te pas as wat daar buite is om na die geweld uit te sorteer ek meen te monitor.

Dries Moolman ·

Wat ‘n klug. Sy naam is al van dag 1 af bekend, want al wat ‘n twitter ‘aktivis’ is het dit mos uitgeblaker met foto en al. Al die wat so gil en skree oor geweld teen vroue en kinders, wanneer gaan julle leer dat julle aksies van ‘name and shame’ waarskynlik nog gaan lei daartoe dat verskeie verkragters en monsters soos die vry kom weens tegniese redes, deur julle toedoen!

NET EK ·

Stem saam sy naam is Nicolas Ninow!!! al die ander media’s gee se naam

Christine ·

Mnr Ramaphosa hoop hierdie vark se straf is lewenslank sonder parool .Sterkte aan ouers en kind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.