Die Tshwane-metropolisiedepartement het gewaarsku dat strate in Pretoria Dinsdag heeltemal gesluit sal wees vir verkeer in die omgewing rondom die Pretoria-landdroshof waar die verdagte in die Dros-verkragtingsaak sal verskyn.
ʼn Verklaring op hul Facebook-blad meld dat betogers om 08:00 in Francis Baardstraat afgelaai sal word en die busse by die ou Putco-depot tussen Struben- en Bloedstraat naby Marabastad sal stilhou.
Bikers against child abuse sal ook vanaf 07:00 tot 08:30 by die Sunnypark-winkelsentrum in Sunnyside bymekaarkom.
Die volgende strate sal tussen 08:00 en 15:00 heeltemal gesluit wees:
- Francis Baardstraat tussen Sophie de Bruyn- en Bosmanstraat.
- Kerkplein sal ook dopgehou word vir moontlike betogings.
“Strate in die middestad sal ekstra besig wees; motoriste word aangeraai om die omgewing te vermy en alternatiewe roetes te gebruik. Metropolisie en polisie sal ontplooi word om die betogings te monitor,” lui die verklaring.
Maroela Media het vroeër berig ʼn groot menigte betogers word om 09:00 by die Pretoriase landdroshof verwag waar die vermeende verkragter van ʼn 7-jarige meisie om borgtog sal aansoek doen.
Die 20-jarige Pretoriase man is na bewering verlede Saterdag (22 September) op heter daad betrap terwyl hy die meisie in die Dros in Silverton uit die vrouetoilette na die manstoilette gesleep en daar verkrag het.
Op ʼn video wat wyd in die sosiale media versprei is, kan gesien word hoe ʼn kaal man hom teen ʼn groep mense in die toilette verdedig. Hy skree hoorbaar hy is onskuldig en het bloot die kamer verlaat.
Talle organisasies beplan om buite die hof op die hoek van Schubart- en Francis Baardstraat te betoog en ook ander stappe teen die vermeende verkragter te doen. Dit sluit die ANC se vroue- en jeugliga en Black First Land First (BLF) in.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
44 Kommentare
GEEN BORG NIE!!! Bêre hom vir ewig!!
Alle wit mense moet ook saam gaan protesteer,dit sal die rasherrie ontlont en die EFF en Blf se wind uit hulle seile neem.
Reg so Marie. Het jy dit gereel..?
Kan so-iets gereel word? Wie kan dit reel?
Dit sal nie die situasie ontlont nie. Dalk juis die teendeel.