Dros-verdagte in hof: Dié strate, plekke na verwagting deur betogings geraak

Die Dros-restaurant in Silverton. Foto: Oupa Mokoena/ANA

Die Tshwane-metropolisiedepartement het gewaarsku dat strate in Pretoria Dinsdag heeltemal gesluit sal wees vir verkeer in die omgewing rondom die Pretoria-landdroshof waar die verdagte in die Dros-verkragtingsaak sal verskyn.

ʼn Verklaring op hul Facebook-blad meld dat betogers om 08:00 in Francis Baardstraat afgelaai sal word en die busse by die ou Putco-depot tussen Struben- en Bloedstraat naby Marabastad sal stilhou.

Bikers against child abuse sal ook vanaf 07:00 tot 08:30 by die Sunnypark-winkelsentrum in Sunnyside bymekaarkom.

Die volgende strate sal tussen 08:00 en 15:00 heeltemal gesluit wees:

  • Francis Baardstraat tussen Sophie de Bruyn- en Bosmanstraat.
  • Kerkplein sal ook dopgehou word vir moontlike betogings.

“Strate in die middestad sal ekstra besig wees; motoriste word aangeraai om die omgewing te vermy en alternatiewe roetes te gebruik. Metropolisie en polisie sal ontplooi word om die betogings te monitor,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groot menigte betogers word om 09:00 by die Pretoriase landdroshof verwag waar die vermeende verkragter van ʼn 7-jarige meisie om borgtog sal aansoek doen.

Die 20-jarige Pretoriase man is na bewering verlede Saterdag (22 September) op heter daad betrap terwyl hy die meisie in die Dros in Silverton uit die vrouetoilette na die manstoilette gesleep en daar verkrag het.

Op ʼn video wat wyd in die sosiale media versprei is, kan gesien word hoe ʼn kaal man hom teen ʼn groep mense in die toilette verdedig. Hy skree hoorbaar hy is onskuldig en het bloot die kamer verlaat.

Talle organisasies beplan om buite die hof op die hoek van Schubart- en Francis Baardstraat te betoog en ook ander stappe teen die vermeende verkragter te doen. Dit sluit die ANC se vroue- en jeugliga en Black First Land First (BLF) in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Marie ·

Alle wit mense moet ook saam gaan protesteer,dit sal die rasherrie ontlont en die EFF en Blf se wind uit hulle seile neem.

Huh? ·

Marie – hierdie gaan nie oor ras nie, maar oor ‘n ongeskuldige kind (soos baie ander onskuldige slagoffers daar buite), wat verkrag is… Wat gaan dit nou die daad help om ‘n rasseherrie te begin?!?!?!

Casper Labuschagne ·

Hierdie het reeds in ‘n rasseherrie ontaard en daar is uiterste rassistiese aanmerkings op Twitter onder die verskeie hutsmerke wat met hierdie saak verband hou. En buiten een enkele persoon wat die onverdedigbare probeer verdedig, is al die ander rassistiese aanmerkings teen wittes gemik. Elke moontlike aspek van hierdie saak word as rassisties gebrandmerk: of dit nou die anonimiteit van die beskuldigde is, sy kleredrag in die hof, die mediese behandeling wat hy ontvang het, die Dros se hantering hiervan, die gebrek aan voetboeie, die media se hantering hiervan of die DA se protes buite die hof – alles is rassisties! Die bloeddorstige horde ruik bloed en is op die oorlogspad, hierdie ‘n fyn beplande strategie ter wille van opsweping waar die ANC se organisasies meeding met die EFF en BFLF om die meeste radikale simpatie kan wen.

andre ·

wat van al die ander kinders wat verkrag word,wat vd kaapse joernalis…..niks word daarvan gese nie….

Niklaas ·

Ek sien swaar tye in die tronk vir hierdie jongman , maar daar is min simpatie vir so n misdadiger. Geregtigheid sal hopelik in die hof seëvier , want hierdie ou is een groot gevaar vir die vroue geslag.

Jane ·

Ek het absoluut GEEN probleem dat mense teen hierdie man opstaan nie, ek het WEL ‘n probleem dat die politieke partye dit as PROPAGANDA gebruik. EEN wit indiwidu verkrag ‘n kind (na bewering) en daarna trek al die swart groepe op en skreeu alle wittes is verkragters en moet vermoor word. Daar word DAAGLIKS swart kindertjies verkrag in informele nedersettings en ook kinders en vrouens op PLASE .. maar nog NOOIT hte die BLF of EFF of ANC of DA om die hofgeboue saamgedrom nie. Ek keur GEEN verkragting goed nie maar HOEKOM moet daar altyd ‘n RASSE ISSUE van alles gemaak word? LAAT die man sy straf kry .. maar hoekom nou die hele NASIE opsweep? Dit moet VERBIED WORD!!

Suzie ·

Ek kan nie meer met jou saamstem nie!! Jy is 100% in die kol!

Andries ·

Jane presies ook my sentiment… Dan is daar mense wat die opmerking maak dat mens nie ras hier moet inbring nie terwyl dit presies is wat ANC Vroue-en Jeugliga asook BLF daarvan maak. As dit by Misdaad kom ongeag ras moet daar konsekwent opgetree word en moet alle rasse teen alle misdaad saamstaan en beswaar daarteen maak en die Regering forseer om dit nie net te veroordeel nie, maar om iets daadwerkliks daaraan te doen.

Paul ·

Gister was ‘n berig op News 24.com van ‘n joernalis van die Cape Times wat ‘n sewejarige in een van die Kaapse swart woonbuurte verkrag het. Waarom kry dit nie dieselfde nuusdekking nie. Is die kind minderwaardig teenoor die kind in Gauteng of gaan dit oor die kleur van die verdagte. Kan iemand my help asb.

Willie ·

Wat my dwars in die keel steek- is die feit dat mens die daad moet veroordeel, nie die ras..

JMC ·

REGTIG????? Wat het ras enigsins daarmee uit te waai? Die kind is verkrag – dis ‘n walglike daad wat gepleeg is. Dis ‘n absolute skande dat iemand so iets aan ‘n onskuldige kind doen. ek hoop vir sy part hulle staan nie borg toe nie.

Dries ·

JMC ons almal weet dit maar dit gaan oor…. ag los maar, jy sal nie verstaan nie.

Ryan ·

Ag tog. Innocent until proven guilty or guilty until proven innocent. Miskien is ek verkeerd maar hou op om die ou so te veroordeel, kom ons kyk wat sê die hof en forensiese ondersoeke voor ons by die menige mense met tuinvurke en fakkels aansluit.

Lizelda ·

Ja Ryan, en die video vd insident wat wyd versprei is??? Hoe verduidelik jy dit? Nee wat ons het gesien wat ons moes sien, name en shame, if you wanne do the crime you need to do the…TIME.

My opinie ·

Dankie Ryan ek stem saam. Daar is net te veel verskillende stories so wag tot die storie in die hof uitspeel. Hys aangerand dit kon ook wees hoekom sy klere afwas want hul kon dit afgeskeer het. Waiters se hyt nie n hemp aangehad nie niemand het gepraat van die broek nie. Daar kan baie redes wees. Dis inelkgeval nie vir ons om te oordeel nie
Hy sal kry wat hom toekom maar wag tot die saak begin

VanAfrika ·

Waaaatttt Ryan!!! hy was in die vroue toilet met sy voete onder deur n toe deur gevang (het jy Rapport gelees?) met al sy klere uitgetrek, AL die dogtertjie se klere uitgetrek. Hy het die dogtertjie blykbaar in n vroue toilet wat buitewerking was verkrag, toe hy uitgevang word, toe vlug hy na die mans toilet. Lees Rapport se artikel, daar was persoonlike onderhoud gevoer met die getuies wat hom gevang het saam met die kind. Hulle het sy hemp en haar broekie in die toilet gekry want hy wou dit weg spoel. Meeste van julle het die verkeerde inligting. Gaan lees Rapport se artikel!!!!!!!

Skerpioen ·

Ek kan nie glo wat ek nou net hier gelees het nie. Die man is op die daad betrap SONDER KLERE?

Pop ·

Jane, dis soos jy daar skryf. Elke liewe ding word vir die EFF en BFLF in n geleentheid omskep om haat aan te blaas. Selfs n kind se verkragting. Hoe vreeslik moet mens n ander haat om elke liewe uur van jou dag te moet sit en uitdink hoe jy hulle kan vervolg, uitskel, en selfs ander aanhits om te moor.

Isabel ·

Stem 100% saam Pop. Te danke aan die media-herrie rondom die saak asook mense wat dit op sosiale media versprei het skep dit die ideale geleentheid vir ander rasse om ons net meer te haat. Dis so onnodig. Dis ‘n verskriklike ding wat gebeur het, maar laat die gereg sy gang gaan sê ek.

Magdaleen ·

Wat my dwars in die krop steek omtrent die saak is hoe mense op sosiale media die video asook besonderhede van die jong man betrokke versprei (geshare) het – dis absoluut walglik en plaas ook die jong man se FAMILIE in gevaar met die dat mense kop verloor en ontstoke. Boonop dien dit OOK as kanonvoer vir sekeres om te veralgemeen en blankes as verkragters uit te kryt, asof ons nie genoeg gehad word nie… Dus het diegene wat daardie inligting versprei het die probleem net ERGER gemaak. Ek HAAT sosiale media en die kortsigtige wat daarop uithang.

Woedende .Ma ·

Ek is die ma van n dogter wat verkrag is. Die verkragter het 15 jaar tronkstaf gekry waarvan nie eers die helfte uitgedien is nie en haar lewe is totaal verwoes.

AmY ·

Wanneer gaan hulle ‘n optog hou vir die ou tannies wat op die plase verkrag en vermoor is?

Hiermee praat ek nie wat gebeur het goed nie. Ek wonder maar net waar was die ANC Vroueliga toe gewees.

Casper Labuschagne ·

@AmY – Van die 124,526 verkragtings laas jaar, was 41% van alle verkragtings die van minderjariges, wat dus ‘n totaal van 51,055 verkragtings is. Dit is 139 kinders wat daagliks verkrag word, wat baie hoër is as die ander syfers van onderskeidelik 41 of 46 daaglikse verkragtings van kinders wat gereeld in die media asook sosiale media genoem word. By hoeveel van daardie sake was daar enige protes buite die hof?

(Die syfer van 124,526 verkragtings asook 41% minderjariges is vanaf AfrikaCheck se ontleding van die SAPS se misdaadstatistiek. Die ander syfers is my eie berekeninge.)

marius ·

Laat die reg eers sy gang gaan en die hof bepaal of die man skuldig. Daar is nou net aangeneem hy is skuldig.

Geelheksi ·

Gaan na instutisies toe soos TARA, WESKOPPIES, STERKFONTEIN.ASECO….en gaan kyk huveel slagoffers word daar behandel weens verkragting.
Die VERKRAGTER loop ongeskonde rond…en die SLAGOFFER slaan sy /haar hand meenige keer aan sy eie lewe… misbruik drank en dwelms en is dikwels slagoffers van eet steurnisse…net om van die trauma te vergeet…en hul lewe is vir ewig verwoes.
Gaan kyk huveel gebreekte lewens is in die plekke.
Wat ek nie kan verstaan verstaan nie…hu het hierdie monster dit reg gekry…om him en die kind albei kaal uit te trek…die kind moes seker spartel en skreeu…of het hy dalk die kind gewurg tot sy haar bewusyn verloor het om so ver te kon kom?

Elsabé ·

Iets in die hele storie maak nie sin nie. Ek wag maar eers geduldig vir die waarheid om uit te kom.

Casper Labuschagne ·

@Elsabe, ek stem saam, die somme kom hier nie alles bymekaar nie. Intussen sal ek aanbeveel dat mense na die fliek, “The Green Mile” gaan kyk terwyl hulle wag vir die hofgeding om op dreef te kom.

Stuiwer ·

Bly kalm en kyk wat gebeur. Dis al wat ons kan doen. Dit help nie om mekaar te verwyt en aan te val nie. Ons moet almal saamstaan teen hierdie tipe misdade.

NADIA ·

uitgestel tot 1 November en hy bly in die selle… geen borg!

Casper Labuschagne ·

Ons moet bo alles die reg toelaat om sy pad te gaan sodat geregtigheid kan geskied.

Hierdie het lankal in ‘n politiek toneel ontaard. Ek het self nie na die video waarna hierbo verwys word, gekyk nie, juis omdat ek nie na grusame materiaal op sosiale media kyk nie vir die eenvoudige rede dat wat eenmaal gesien word, nooit weer ongesien gemaak kan word nie. Maar soos hierbo aangehaal word, pleit die persoon in die video dat hy onskuldig is, dat hy bloot die kamer verlaat het. Daar is heelwat moontlike omstandighede waarin die persoon inderdaad dalk die waarheid kon praat, soos sou hy ‘n verkragte meisie in die toilet aangetref het, maar ek gaan nie nou daarop uitbrei nie – daar is ‘n polisieondersoek en ‘n regsproses wat skuld of onskuld sal bepaal.

Ek is bevrees dat hierdie regsproses nou ‘n politieke kleur verkry het, en onder sulke omstandighede kan ek nie sien hoe regverdigheid noodwendig sal geskied nie, hy is reeds veroordeel deur die gepeupel en geen werklike regverdige protes is dalk meer moontlik nie, of hy nou skuldig is of nie.

christa ·

Paul ek stem saam met jou. Dis net omrede daar weer die kleurkaart gespeel word. As die skuldige dieselfde ras was, sou jy nie daarvan gehoor het nie. As ‘n blanke betrokke is word die dam onder die eend uit geruk, skuldig of onskuldig.

AmY ·

Ek stem Casper.

Ek het eintlik net ‘n voorbeeld gebruik.

Ek wonder ook hoeveel kinders word daagliks in hulle eie ouerhuise verkrag en gemolesteer, en niks word daaromtrent gedoen deur die mense wat daarvan weet nie.

Se maar net ·

Ek is op 10 jr oud verkrag deur n familievriend.
Het stilgebly daaroor..
En baie keer gewonder of hy dieselfde toe aan sy dogters ook gedoen het.
Moes ek eerder praat ..?
Kom ons kyk ni vas teen kleur ni mensies.. dis n arme onskuldige dogter wat se lewe totaal verwoes is.. iets waarmee sy mentally vir di res van haar lewe mee gaan sit… sal nooit weer dieselfde wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.