‘Dros-verkragting’: Beskuldigde Weskoppies toe

Die beskuldigde in die hof. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die 20-jarige man wat glo ʼn sewejarige meisie in ʼn Dros-restaurant in Silverton verkrag het, is vir sielkundige waarneming verwys.

Riaan du Plessis, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, het Donderdagoggend in die Pretoria-landdroshof gesê sy kliënt het ʼn geskiedenis van geestesongesteldheid.

Volgens Du Plessis is sy kliënt in 2013 met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer en het al behandeling vir dwelmmisbruik ontvang. Hy het glo ook al homself leed aangedoen en verskeie kere probeer selfmoord pleeg.

Die staat het gesê daar word nog gewag op die forensiese uitslag van die middel wat tydens die beskuldigde se inhegtenisneming in sy besit gevind is. Die staat het ook aangedui dat dit in belang van geregtigheid is dat die beskuldigde vir sielkundige waarneming verwys word.

Landdros Thandi Theledi het hierna beveel dat die beskuldigde na die Weskoppies- psigiatriese hospitaal verwys word vir sielkundige waarneming. Theledi het ook op versoek van die verdediging beslis dat die beskuldigde deur drie psigiaters én ʼn kliniese sielkundige geëvalueer word. Die saak is hierna tot 28 November uitgestel.

Die meisie is na bewering in September in die manstoilette van die Dros-restaurant in Silverton in die ooste van Pretoria verkrag. Daar was soos met die beskuldigde se vorige hofverskyning weer groot groepe betogers buite die hof.

Intussen is daar al meer as R140 000 ingesamel vir die beweerde slagoffer danksy skarefinansiering. Besorgde Suid-Afrikaners het ʼn skarefinansieringsprojek op die aanlyn platform BackaBuddy begin, maar gevra hulle wil anoniem bly.

Vanweë die sensitiewe aard van die hoëprofielsaak het Catherine du Plooy, BackaBuddy se bedryfshoof, met Kiniel Muthray, woordvoerder van die slagoffer se gesin, in verbinding getree.

“Die gesin probeer nog die skok en liggaamlike en emosionele trauma van die voorval verwerk,” sê Muthray.

BackaBuddy bestuur alle geld wat ingesamel word. Dit sal eindelik direk aan die gesin oorbetaal word of aan praktisyns wat hulle benoem om hulle te help met enige moontlike behoeftes.

Die beskuldigde word ook aangekla van die besit van dwelmmiddels, intimidasie en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Ellie ·

Daar is so baie plaasmoorde, verkragtings en ander gevalle waarin wit gesinne ook betrokke is. Kyk na die meisie van potch wat byna 2 keer verkrag is in haar eie huis.. so kan ek nog n paar verkrag insidente opnoem van wit vrouens en niemand samel geld in vir daai vrouens se trauma en geestesgesondheid nie. Hoekom so groot bohaai maak van hierdie een saak as dit daagliks met ons ander medemense gebeur?

Lees eers ·

Dros self het die insamel van geld vir die kind begin. Ander is vry om iets te begin vir enige iemand wat leed aangedoen is. Oordeel nie ander nie

Aai ·

My genade!! Hoe kan ons ons so blind staar teen ras. ń Kind bly ń kind en niemand verdien dit nie.

GP ·

Stem saam met jou Ellie. Daar word aangegaan asof hierdie so uitsonderlike daad was. Dit is baie erg maar in ‘n land met 47 kinder verkragtings per dag, wees konsekwent met hantering van die sake.

Pim09 ·

Ellie hoekom begin jy nie geld insamel vir daai vrou nie? Wees bly dit was nie jou kind nie. Sy bly ‘n kind en het dit nie verdien nie.

Vicky Alberts ·

Ek weet nie waar jou kop is nie….Dis n sewe jarige KIND wie se ouers dalk nie die fondse het om vir die volgende 25jr van haar lewe geld sal he om om aan dr’s en sielkundiges te kan spandeer nie. Ek dink jou kommentaar is uiters ongevraagd. Geld maak beslis nie als reg wat krom is nie,maar dalk sal finasieele hulp help dat hulle dit hierdie een keer reg kry om n stukkende kind se lewe op te tel. Jy kan gerus gewees,niemand vra jou hulp nie.

Gert ·

Moenie oordeel nie, sê eerder dankie Here jy sit nie in daardie posisie nie!!

Santie ·

Goeie hemel! Hoekom is hy nie lánkal toegesluit nie? Moes hy nou eers ‘n kind verkrag voor daar opgetree word? En dan het hy nog ‘n meisie ook, wat sy kind verwag. Het afwykendes in ons samelewing dan nou al só normaal geword dat niemand beswaar maak teen die soort wangedrag wat hy nou al hoe lank vertoon nie?

Hannetjie ·

O nou is hy kwansuis geestessiek…waarom het sy skoolpelle dan nie bewus gewees van dit.Nee…net weer flou verskoning.Laat hom dan permanent in ‘n inrigting vir sulkes opgeneem word.Hy mos gevaar vir homself en ander

MissDemeanor ·

Daar is aie mense met bipolere gemoedsversteurings, hul kan normaal funksioneer met medisyne. Selfs sonder medisyne word hul nie verkragters nie. Dis nie nodig om alle mense met gemoedsversteurings op te sluit nie. Genade!

Bianke ·

Mense ons bly in Suid-Afrika, die is al lankal nie meer ons land nie en daar sal nooit geld ingesamel word vir blankes nie, verkragtings en moord op wit mense word net onder die mat ingevee.

Dit gese….is dit nie altyd so maklik om te se jy is Mal en jy moet weskoppies toe as jy iets verkeerd gedoen het nie??

Poot ·

@Bianke
Jyt dit verkeerd sussie. Hierdie IS MY LAND… al is dit Suid Afrika. As jy voel dis nie jou land nie, waarom vat jy dan nie pad nie? “Groener gras” is die wêreld vol hoor.

nerens gaan dit beter ·

Stem saam Poot. Jy het net so ‘n reg om hier te wees as enige ander. Spoor mense aan om altyd ordentlik te wees en hanteer mense met respek . Wees ook straatslim en vermy plekke waar baie misdaad is. Om in ander lande te gaan woon is nie so lekker nie. Bly hier en ondersteun jou eie mense meer

nannie ·

Dubbele standaarde agv die rassekaart.
@Santie as jy die man in die Dros ontmoet het sou jy kon sien dat hy soveel geestes probleme het? Persone met geestes probleme lyk net soos enige ander persoon wat rondloop in die openbaar. Daar hang nie n bordjie om hulle nekke om te se bly weg van my af nie ek het geestes probleme nie.

Penelope ·

Ek voel jammer vir die slagoffer, want niemand verdien so iets nie.
Ek verstaan dat Bipolere steurnis ernstig is, maar dit behoort nie sy verweer te wees nie.
Dit gebeur gereeld dat iemand met die steurnis hul dade regverdig met hul toestand, maar dan kry jy van die pasiente wat gladnie hul medikasie gebruik soos voorgeskryf nie. En as jy Bipoler is waarom gebruik jy dan dwelms ook. Ek voel dat sy ouers/familie vir die persoon moes hulp soek totdat hul ‘n oplossing kry. Wie nie waag nie, wen nie… en waar ‘n wil is, is ‘n weg.

TP ·

@Penelope, stem saam met jou. Ek is bipoler en wou nog niemand skade berokken (behalwe myself nie). As hy op medikasie was, sou die dwelms definitief ‘n baie groot rol gespeel het in sy gedrag – bipolere meds en dwelms (selfs alkohol) werk nie saam nie

ZAR ·

Wie weet wat is die ras van die klein slagoffer? En dan, maak dit saak?
Julle kla gereeld oor die regering net altyd die raskaart gebruik, maar wat doen julle nou? Ek weet nie wat die ras van die dogtertjie is nie, haar identiteit word beskerm, maar dit maak glad nie saak nie, dis iets wat geen mens moet oorkom nie, en verseker geen kind nie.

sonja smit ·

DIt is immers ‘n kind waarvan ons praat. ‘n 6 jarige wat nie in staat was om haarself kon verdedig nie. Ongeag watter kleur sy is. Ek dink Dros sou dieselfde opgetree het al was dit ‘n wit kind. Dis so onnodig om nou ander misdade met hierdie een te probeer vergelyk.

Wie weet ·

Die plaas moorde het nie in dros gebeur nie die dogtertjie se voorval het in dros gebeur so se hulle Dros samel die geld in so wat is so erg daar aan dit maak nie saak watse kleur haar vel is nie sy bly n kind sy is maar 6 jaar oud Vir julle wat so kla weet julle dat 140 000 is nie baie geld vir al die behandeling wat die kind moet kry oor haar hele lewe vorentoe Ek skaam my vir julle

Sê maar net. ·

Ek hoop regtig nie dat die ouers die geld op hul self sal spandeur nie. Dat hul die geld net vir die meisiekind se mediese benodighede sal gebruik. Daar lê vir haar nog n lang pad voor.

Ellie ·

Dros is nie die enigste wat geld geggee het nie! En daar is vele ander wit vrouens wat daagliks verkrag word orals in ons land wat onder die mat ingevee word! Niemand ondersteun hulle nie, nie eers ons regstelsel nie!

Lindtjies ·

Baie keer gebruik mense wat bipolêr is nie die medikasie soos vir hulle voorgeskryf word nie. Mense kan ‘n redelike normale lewe lei as hulle net hulle medikasie gebruik. Mense naby hom moes mos geweet het dat hy eindelik ‘n tikkende tydbom is.

Sanet ·

Ek hoop regtig nie hy het toegang tot die jong meisies wat daar gehospitaliseer word nie.

L ·

Vreemd dat elke outjie wat dwelms gebruik bipoler is. Hy het een helse jolige tyd gehad met sy dwelms. Bipoler is maar net die standaard verskoning.

GM ·

Ekwilibrium, dit was my eerste gedagte ook, maar my volgende vraag aan myself was toe – ‘Waar trek mens dan die lyn?’. So baie mense ly aan geestesversteurings, en nie almal kry die hulp wat hul behoort te kry nie. Ongelukkig is als ook nie geneesbaar nie, net beheerbaar (en in sommige gevalle ook seker nie eers laasgenoemde nie).

Ek het eendag iets gelees wat my nogal bygebly het. Na aanleiding van iemand wat selfmoord gepleeg het, en almal agterna gesê het die persoon is selfsugtig om so iets te doen – Die skrywer het gevra of dié wat agterbly nie die selfsugtiges is om te verwag dat ‘n persoon, wat bv. aan depressie ly, net aan die lewe moet bly ter wille van hulle nie – maar nie verstaan in watse hel die depressielyer vasgevang is nie. Maar weereens, waar trek mens dan die lyn? Tieners pleeg deesdae selfmoord as ‘n verhouding skipbreuk ly, of as hulle geboelie word op skool, en dis depressiewe-fases wat sou oorwaai met tyd, maar vir hul was dinge net te veel.

Ek was lanklaas so geskok soos met dié geval. Ek hoop hy kry wat hom toekom, waarookal hy opeindig. Ek glo nie so ‘n persoon is rehabiliteerbaar nie.

Eureka ·

Maak nie saak of die kind wit of swart is nie dir bly n kind. Daar is baie mense wat bipole is, solank hulle hulle medikasie gebruik is hulle ok dan kan hulle n normale lewe lei. Maar baie van hulle drink dit nie gereeld nie. Dan verloor hulle kop. Die ou het self bealuit om nie meer sy medikasie te drink nie maar om eerder drugs te gebruik. Hy het geweet wat hy doen, en glo hy wou dit doen. Nou moet alles en almal die skuld kry vir die vertraag want hy het n geestelike toestand. Ag n shame ou ons voel niks vir jou jy het n kind se lewe verwoes en jy moet boet daarvoor. Daar is mense wat regtig sukkel met n geestes toestand maar hulle doen nie so iets nie. Mense soos jy hoort nie in die samelewing nie. Ins almal wit en swart wil in vrede lewe maar mense soos jy en die ander rasiste maak dit moeilik. Die regering moet net die doodstraf terug bring. Stertke aan die dogtertjie en haar ouers ek bid vir julle. Dit is iets wat ek niemand toe wens nie sterkte

Marlene Bothma ·

Ag siestog het die man by Weskoppies ontsnap voordat hy die dogtertjie verkrag het? Nee hy was deel van die samelewing. Wat het geword van die persoon wat gesien het die kind word dopgehou en daarna gevolg? Daai persoon moes vinniger reageer het…

Dries du Toit ·

Genade kan niemand sien wat Ellie eintlik se nie. Sy kondoneer glad nie daai vark se optrede nie. Sy maak net n baie geldige en hartseer feit en dit is dat daar duisende ander kinders en ou mense op n meer wreedaardige wyse verkrag en dan gemartel word en vermoor word en daar word geen bohaai daarvan gemaak nie.

Ellie ·

Dankie Dries du Toit, ek is so bly daar is iemand wat kan sien waaroor hierdie vir my gaan. Almal is baie vinnig om op hulle perdjies te spring en in mekaar se kele af te spring!

GP ·

Stem ook saam met jou Ellie, weet nie waaroor ander so aangaan nie. Dalk moet hulle jou verkeerd bewys.

JAN ·

In die ou dae toe daar nog deur die hof seksmaniake as versagting bepaal is pleks van doodstraf is so ‘n ou na Weskoppies gestuur vir rehabilitasie en opvoeding / psigoterapie.
Na jare se intensiewe behandeling en mishandeling medisyne en eensame opsluiting het die kopdokters en pasient mekaar al te goed geken.
Toe moes hy weer die Roschach toets doen om sy onderbewussyn / vordering op terapie te bepaal. [ dis die inkflek op die gevoude papier soos skoenlapper].
Seg hy defaitisties moedeloos na ernstige oorweging na die 10 de kaart.:
“Neeee wat Dok — dis maar weer HY daai.!”

Elsa ·

Ek kan nie help om te wonder oor ander dogtertjies uit arm gemeenskappe wat ook daagliks verkrag word nie. Wat word van hulle? Hul ouers is eenvoudig te arm om etes in Dros te kan bekostig en daarom weet niemand eens van hulle lyding nie en word daar ook nie fondse vir hulle gestig nie. Hulle lewens is ook verwoes, maar vir hulle is daar geen hulp nie. Ek is bly hierdie dogtertjie wat in Dros verkrag is, gaan alle hulp moontlik kry vir toekomstige behandeling, maar my hart huil oor daardie ander dogtertjies wat geen hulp kry nie.

Christo ·

Daar is baie mense wat aan geestesverwante siektes ly, myself ingesluit maar dis my verantwoordelikheid om dit met medikasie te bestuur, gereelde konsultasies met professionele medici na te kom en medikasie nougeset te gebruik en nie dwelms of alkohol te gebruik nie. My vriende en familie is bewus van my toestand en sal nie skroom om vir my te sê as daar ‘n verandering in my gemoedstoestand is nie. Daarom kan ek sonder om te twyfel sê dat mense wat bewus is van hulle toestand maar nog steeds nie vir behandeling gaan en volg nie, nie daaragter moet skuil wanneer is misdaad gepleeg word nie. En nee, nog die ras, nog die geestestoestand regverdig die misdaad nie.

Siek en sat ·

Geskok dat hy bejammer word en dat die REG so optree. Hy was heel normaal om te weet wat hy gaan doen. Wens ek was die regter in hierdie saak dan was hy al gevonnis.

Naas ·

Daar was duidelik groot fout. Nie eers ‘n reeksmoordenaar sou so blatant optree waar die kanse op wegkom basies nul was nie. Dit gesê, sal hy nie wegkom met geestesversteuring of wat ook al nie. Die aanklaer en hof gaan maar deur die formaliteite om die uiteinde appelproef te maak en behoort nie kritiseer te word nie. Aan die einde van die dag was hy ‘n funksionerende lid van die samelewing wat nie met ontoerekeningsvatbaarheid sal wegkom nie. ‘n Mens kan diegene wat regtig ontoerekeningsvatbaar is sommer sien as hulle in die hof verskyn en hy is nie een van hulle nie. Ek verstaan regtig nie wat ouderdom of ras daarmee te doen het nie. As die slagoffer 40 jaar oud was, sou dit steeds ‘n afskuwelike daad gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.