‘Dros-verkragter’ mag nou appelleer

Nicholas Ninow. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Die hoogste hof van appèl het die veroordeelde kinderverkragter Nicholas Ninow se aansoek om verlof tot appèl toegestaan.

Die sogenaamde Dros-verkragter, soos hy nou bekend staan, mag nou teen sy skuldigbevinding en vonnis appelleer nadat die hooggeregshof verlede jaar sy aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys het.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng, het Vrydag gesê die NVG wag in dié stadium onder meer nog op ’n datum van die hoogste hof van appèl.

Regter Mokhine Mosope het Ninow in Oktober 2019 lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van ʼn sewejarige dogtertjie in die badkamer van ʼn Dros-restaurant. Die voorval het 2018 in Pretoria plaasgevind.

Ninow het skuld beken.

Die #NotInMyName-beweging het intussen met ontsteltenis gereageer op die nuus dat Ninow mag appèl aanteken.

Die beweging het dit as ’n “klap in die gesig van geregtigheid en sekondêre trauma vir die slagoffer en haar gesin” bestempel.

Maroela Media het vroeër berig Mosope het Ninow se aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer in Maart verlede jaar in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys.

Mosope het Ninow ʼn bykomende vyf jaar tronkstraf opgelê vir die besit van onwettige middels en nóg vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Laasgenoemde vonnisse word gelyklopend met die vonnis vir verkragting uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

ES ·

Nee wat, die mannetjie kan maar appeleer, maar hy het skuld beken. So al wat die Appelhof gaan doen is om met die hooggeregshof saam te stem dat hy ‘n gepaste vonnis gekry het.

Mors net tyd en geld met appel-aansoeke.

VanAfrika ·

Nee, meer as een kind, sy eie ook want nou moet die kind lewe met sy pa se skaamte

Belinda ·

nee wat mense soos die behoort permanent agter tralies want hulle is plainweg net siek. Appelleer se moses, gooi die sleutel weg!!!!!!!!!!

Harley Davidson ·

Die arogantheid van die klein maaifoedie, hy kan bly wees hy bly in ‘n piesang Republiek in die VSA sou hy 100 jaar gekry het sonder die keuse van parool wat beteken hy sou in ‘n maksimum tronk aangehou word.

Hendrik ·

Teen die vonnis. Oscar het 15 jaar gekry vir moord en dis volgens baie te lank. Baie moordenaars kry 10 jaar. Zuma het hele land verkrag en hy kry 15 maande. Dis alles klappe in die gesig van geregtigheid.

Debbie ·

Hy het ‘n kind verkrag Shaun. Ja, hy het nie’ n moord gepleeg nie, maar hy het iemand (nogal ‘n kind) verkrag. Om enige iemand te verkrag is siek en ‘n baie traumatiese ervaring vir die persoon. Jy maak dalk dalk nie die persoon dood nie, maar jy maak iets in die persoon dood. Dit is iets wat die persoon nooit sal vergeet nie. Ek dink sulke mense moet lewenslank sit. Geen mens of kind moet deur so iets gaan nie. Hy kan baie bly wees hy is nie in Amerika nie. Hy sou verseker lewenslank sonder parool gekry het en sou in ‘n maksimum gevangenis gewees het. Die regstelsel het ‘n verantwoordelikheid om die publiek teen sulke mense te beskerm. En verseker het Nicolas dringende hulp nodig.

Werner ·

As hy onskuldig is hoekom skuld beken sit en sit stil ons het jou nie in ons samelewing nodig nie

Deon ·

Hopelik is dit om AL sy kanse op te gebruik sodat hy nie verder kan tyd mors nie

Petrie ·

Hoekom reg tot appel toestaan vir die afskuwelike daad wat hy gepleeg het? Daai kind se lewe is verewig verwoes.

melW ·

En wat dan..ek kan nie glo dat appél eens oorweeg is nie. Hy het ń ongeskonde dogtertjie se lewe vorentoe en toekoms verwoes, daar is vergelding, dis hoekom daar tronke is.

Johan ·

Wens gulle wil alle oortreders so behandel somiges kom weg met n slap on the wrist vir dieselfde klas van oortredings.

Nico ·

Dit was ‘n fout om hom verlof te gee tot appel teen sy vonnis, dink hy nou dat die regter se vonnis is onvanpas. Die man het ‘ n jong meisie se lewe verwoes en dat hy daarmee kan wegkom, kry jou sake reg want by die groot Regter en Staatsaanklaer gaan jy nie versagting ontvang nie Hy! het alles gesien en gehoor. So, laat jy gaan sit.

Nico ·

Hoe is dit moontlik dat hierdie verkragter appel kan aan teken teen sy vonnis en Shaun Oosthuisen kry drie lewenslange vonnis vir die moord op 3 bejaardes se moord.

VanAfrika ·

Dis n naam wat n mens verkieslik wil vergeet, vir wat pop hy nou weer uit tussen die groeisels van n riool plaas

Jannie van Niekerk ·

Na regte moes hy DOODSTRAF gekry het. Dwelmgebruik is nie ‘n verskoning vir wat hy gedoen het nie.
Dis net in SA waar die regstelsel simpatie met kindermolesteerders en plaasaanvallers het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.