‘Dros-verkragter’ moet vir 30 dae geëvalueer word

Die beskuldigde in die hof. Foto: ANA

Die hofverskyning van die 20-jarige man wat van die sogenaamde “Dros-verkragting” aangekla word, is Woensdagoggend binne minute in die Pretoria-landdroshof afgehandel.

Die hof het gehoor dat daar ʼn bed vir die beskuldigde in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal beskikbaar is en hy is formeel na die hospitaal verwys vir psigiatriese evaluering. Die beskuldigde sal vir 30 dae deur ʼn span van drie psigiaters en een sielkundige geëvalueer word.

Hy sal op 8 Februarie weer in die hof verskyn.

Die man word daarvan beskuldig dat hy in September verlede jaar ʼn sewejarige dogtertjie in die badkamer van ʼn Dros-restaurant in Silverton verkrag het. Die staat beweer die man het die meisie van die restaurant se speelterrein af tot by die badkamer gevolg waar die skokvoorval plaasgevind het. Volgens die staat het die kind se ma hom op heter daad betrap toe sy na haar dogter gaan soek het.

Die hof het vroeër gehoor die beskuldigde het sielkundige probleme, het al verskeie kere vantevore sy eie lewe probeer neem en ly aan depressie wat deur bipolêre gemoedsversteuring veroorsaak word.

Die man staan tereg op aanklagte van verkragting, besit van dwelms, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Genieve ·

Skande neh hyt niks makeer toe hy die kind verkrag het nie awah die regsstel faal ons mense regtig.

zoeye ·

het hy die kind verkrag?
dalk moet almal net bedaar en ophou klippe gooi
as hy skuldig is (en tot en met dan) is hy onskuldig

Annelize ·

Ja Zoeye, hy is red handed gevang. As die Bestuurder van die eetplek nie ingespring het nie, is hy in daardie badkamer doodgemaak, wat na my mening, moes gebeur het. Die land kan doen sonder diesulkes,

Annoniem ·

Hy het nie klere aangehad nie. Maar is nie fisies gevang waar hy haar verkrag het nie. Maar dna is beskikbaar en staat gaan voort met verkragting so ek glo hy het haar verkrag maar is nie fisies op die daad gevang nie

alida ·

Kom by asb hy is op heterdaad betrap. Dink jy regtig hy is onskuldig?

Anoniem ·

Hy is n verkragter wat gevag is. Hy moet die gevolge dra.

Verwonderd ·

Die man is bes moontlik skuldig.aan verkragting. Daar is tot dusver geen hof saak as sulks daaroor nie. Geen forensiese toetse is nog bloot gelê nie. Bipolêre versteuring is al voorheen by hom gediagnoseer. Wel dis nie ń verskoning vir enige geweldadige oortreding nie. Wel aanvaar nou hy gaan Weskoppies toe vir hopelik ń goeie evaluering.

christa ·

Dis mos altyd die geval van gesig bedek. Hulle is baie braaf om dinge te doen en te moor maar as hulle in die hof verskyn word hulle gesigte bedek. So was dit met Henry van Breda, en ook Jason, en al die ander boosaards

Stef ·

Hy moet maar net weet as hy skuldig bevind word gaan hy baie langer sit as enige ander persoon vir soorgelyke oortreding.

M ·

Ek wonder maar net wie betaal vir sy verblyf en evaluering in en deur hierdie instansies????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.