‘Dros-verkragter’ moontlik op tik

Die beskuldigde in die hof. Foto: ANA

ʼn Hoeveelheid wit poeier wat by die 20-jarige man van Pretoria gekry is toe hy in hegtenis geneem is vir die sogenaamde Dros-verkragting, was die dwelm tik, sê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die verdagte, wie se naam eers bekendgemaak kan word nadat hy gepleit het, word daarvan beskuldig dat hy ʼn sewejarige meisie in die manstoilette van die gesinsrestaurant in die ooste van die Jakarandastad verkrag het.

Die NVG het die poeier wat by hom gekry is, forensies laat ontleed en vasgestel dat dit tik is, berig die Johannesburgse dagblad The Citizen.

Sy hofverskyning is Woensdagoggend binne minute in die Pretoriase landdroshof afgehandel. Die hof het gehoor ʼn bed is vir die beskuldigde in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal beskikbaar en hy is formeel na die hospitaal verwys vir psigiatriese evaluering.

Hy sal 30 dae lank deur ʼn span van drie psigiaters en een sielkundige geëvalueer word en op moet op 8 Februarie weer in die hof verskyn.

Die staat beweer die man het die meisie in September verlede jaar van die restaurant se speelterrein af tot by die toilette gevolg waar die skokvoorval glo plaasgevind het. Volgens die staat het die kind se ma hom op heterdaad betrap toe sy haar na dogter gaan soek het.

Die hof het vroeër gehoor die beskuldigde het sielkundige probleme, het al meermale sy lewe probeer neem en ly aan depressie wat deur bipolêre gemoedsversteuring veroorsaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Sputnik ·

Tragies dat een mens se lewe so opgeneuk kan word en dat dit dan nog uitkring na ander mense ook.

Oujongvrou ·

Sputnik ja, dit is baie baie tragies. Hy is eintlik self nog n kind. Watse lewe het hy dalk nie al gehad om in so n toestand te beland het nie. Elke dag moet ons dankie se vir ons kinders wat nie die spoor byster geraak het nie.

GP ·

Sterkte aan die man en sy familie. Daar word daagliks sulke en erger dade gepleeg. Dit maak die saak nie minder wreed nie dis steeds erg maar ander sake word nie so intens hanteer soos die een nie.
Se net gee die man sy reg op n regverdige verhoor en as hy skuldig is tyd om sy straf uit te dien.

Gaitsigubib ·

Moet mens nou simpatie he met die oortreder? Hy laat my koud.

Sputnik ·

Ek sien in geen skrywe hierbo dat iemand simpatie betoon of vra dat simpatie betoon word nie – bloot dat dit tragies is, baie tragies is, wat wel die geval is. Lewens opgefoeter!

Gaitsigubib ·

Ek het eintlik Oujong vrou geantwoord, maar terwyl jy skuldig voel dat jy wel (ook) simpatie het met die verkragter, moet ek noem dat hy geen kind is nie. Al wat tragies is aan hierdie hele verhaal is dat die oortreder nie in SA behoorlik gestraf gaan word nie. In die VSA sou hy 300 jaar gekry het en dis ook nie genoeg nie.

GP ·

Sjoe. 46 kinder verkragtings per dag in ons land. 300 jaar per persoon. Stede sal verander moet word in tronke.

Heksie ·

“Die hoeveelheid wit poeier …”, dit maak nie sin nie, bepaal die hoeveelheid nou of dit tik of “coke” of enige ander onwettige dwelm is???
satan is los onder ons jeug ….

Koos ·

Nogal deur die NVG bekend gemaak. Dit gaan hulle saak teen hom skade berokken. Maar die twee stelle reëls, wat volgens ras bepaal word, geld mos weer.

Helena ·

Wat my op opgeval het is dat daar nie van ouers of enige familie gepraat word van die seun nie. Dis verskriklik vir beide kante dat kinders se lewens so verwoes word. Ons kan net dankie se as jy kan gaan slaap en in die oggend kan opstaan sonder dat iets gebeur het. Ons het die Here so nodig want sonder hom is ons niks en het ons niks.

Kloot ·

@Koos, die NVG het nie dit publiek gemaak nie, sosiale media het, toe almal daai video begin share het. Nou gaan met hom gebeur in die tronk wat hy aan daai onskuldige 7jarige gedoen het.

Essa ·

Hierdie opskrif is vir my swak smaak – getik in spreektaal beteken tog mal. Bly liewers by “op tik” – opskrifte moet tog feitelik wees, behalwe as die onderwerp snaaks is en lekker woordspeling toelaat.

Mariné Lourens ·

Dagsê Essa

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning indien die opskrif misleidend was. Dit is aangepas om enige verwarring te voorkom. Dankie dat jy laat weet het!

Groete
Mariné nms Maroela Media

Marelise ·

Ek vind dit verskriklik interessant hoe daar skielik nou met hom gesimpatiseer word maar nie die dogtertjie wat dit moes deurmaak nie. As dit nou anders om was dan was die kommentaar heeltemal anders. Sies. Die arme kind sal nooit weer dieselfde wees nie. Dis n onskuldige kind

jakes ·

Die beskuldigde moes van looitjie getik wees om so n vieslike daad met n kind te pleeg. Al was hy vol dwelms gewees moet hy geen genade ontvang nie. Sluit hom lank toe sodat hy berou kan ontwikkel en iets van sy lewe probeer maak.

M ·

Sy naam word dan gebruik wanneer Jacaranda oor die geval praat?

ALLIE ·

Hy het nog altyd geweet wat reg is en wat verkeerd is. KLAAR

Karl ·

Hy kan getik, gecoke, gerook watokal wees, NIKS is n verskoning dat hy verkrag het nie

Karolis ·

Hy was gefanta.
Fanta veel tik bied hy nou as verskoning aan.

alwyn burger ·

Waarom word sy gesig vir ons bedek?. Almal in die hof kan hom bekyk.

G vd Walt ·

Volgens die staat het die kind se ma hom op heterdaad betrap toe sy haar na dogter gaan soek het.
moet seker lees:
Volgens die staat het die kind se ma hom op heterdaad betrap toe sy na haar dogter gaan soek het.

Magda ·

Eerstens, sies vir die man dat jy so ‘n daad kon pleeg en ‘n kind se lewe verander. Tweedens, mevrou wieookal, jy moet ‘n strenger ogie oor jou kinders hou. Ek het nou al geleer met ander nasies, die klein kinders op doeke loop al in die strate rond sonder enige toesig (ons bly op n tronk perseel). pas julle kinders beter op en hou ‘n oog op hulle dan kan julle hul ook beskerm teen die kriminele elemente. Dis wat God van jou verwag met die lewetjie wat Hy aan jou toevertrou.

Peter ·

@Magda, dan moet die boere ook seker net beter veiligheidshekke kry ne? Siek en sat vir die blame the victim in SA.

Gaitsigubib ·

Ek het eintlik Oujong vrou geantwoord, maar terwyl jy skuldig voel dat jy wel (ook) simpatie het met die verkragter, moet ek noem dat hy geen kind is nie. Al wat tragies is aan hierdie hele verhaal is dat die oortreder nie in SA behoorlik gestraf gaan word nie. In die VSA sou hy 300 jaar gekry het en dis ook nie genoeg nie.

Elvira ·

Hyt geweet wat hy doen. As HY GETIK is, is ek seker MAL want ek kan nie die redenasie hier sien nie
Hy hou hom getik.

Mariana ·

Tik of nie, twee mense se lewens onherroeplik verander. ‘n Klein dogtertjie wat se lewe verwoes is en ‘n jong man wat waarskynlik tronk toe sal gaan vir hierdie haatlike daad. Mens kan net hoop dat tyd vir die dogter genesings sal bring en dat hy sy lewenswyse ten goede sal verander. Dit wat hy gedoen het is net op soveel vlakke verkeerd en daarom moet hy die toepaslike straf kry maar ook hull vir sy probleme. Ek glo met berading sal sy ook die hulp kry wat sy verdien.

Jepetto ·

Wat die jong man gedoen het is afgryslik . En het die dwelms nie a groot invloed wat gebeur het . Wel ek dink so . Ek hoop regtig ons Presedent neem kennis van hierdie gruwel daad dit het baie mense se lewens geraak

Herman ·

Dis nie tik nie… Dis CAT, of te wel: Methcathinone. Tik of te wel: methamphetamine is twee verskillende tipes dwelms.

Lourance ·

Was jy daar Herman? CAT Tik, maak nie saak nie, hierdie satanssaad moet boet en hard, seer en lank boet.

GM ·

Ongeag op wat hy was, of nie was nie, dis afskuwelik om so iets aan ‘n onskuldige kind te doen – aan enige iemand for that matter. Dit pla my net dat daar so ‘n bohaai oor dié saak gemaak word as gevolg van ras. Kinders word deur hul eie familielede verkrag, dan word daar nie so groot bohaai gemaak daaroor nie. Witkinders word verkrag en vermoor tydens plaasaanvalle. ALLE kinders se lewens behoort iets werd te wees, nie net sekeres s’n nie.

Dit maak my netso kwaad as mense na ‘n plaasmoord sê : ‘Waar was die wapens?Waar is die diefwering en die honde? ‘ ens. Netso as mense nou vra ‘Waar was die ma?’ Want die kind behoort die reg te gehad het om veilig te wees, die ma behoort die reg te hê om koffie te kan drink iewers, en te weet haar kind is veilig. MAAR ons bly tussen wrede mense. Dis die realiteit. Ons kan nie ons kinders alleen laat by restaurante nie. Ons kan hul nie alleen badkamer toe laat gaan in winkelsentrums nie. Ons leef nie in ‘n ideale wêreld nie. Adapt or die – hoe onregverdig dit ookal mag wees. Mamma en pappa moet doen wat hul kan om die risiko’s te verminder. Dis uitputtend en ‘n onbegonne taak, maar mens moet probeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.