Dros-verkragter wil eie lewe neem

Nicholas Ninow groet ‘n familielid tydens  hofverrigtinge. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

“Ek weet nie wat in my kop aangegaan het daardie dag nie,” het Nicholas Ninow, die vermeende Dros-verkragter, Woensdag aan die hof gesê. Hy het getuig ter versagting van sy vonnis. Vonnisoplegging het Woensdagoggend in die hooggeregshof begin.

Ninow is reeds skuldig bevind aan verkragting, besit van onwettige middele en dwarsboming van die gereg.

Ninow het Woensdag gesê hy haat homself vir wat hy gedoen het en oorweeg dit soms selfs om hom om die lewe te bring, deur hom aan sy belt op te hang.

“Ek dink heeltyd aan hoe om myself te verbeter. Ek sal nooit eens daaraan dink om so iets weer aan iemand anders te doen nie.”

Hy pak die skuld vir sy optrede op die gebruik van dwelms. Die verdediging het dit egter aan hom genoem dat hy ʼn gevaar vir die samelewing is weens sy onvermoë om dwelms te los ondanks verskeie geleenthede om te rehabiliteer.

Ninow het hierop gesê daar is so baie dwelms in die tronk dat dit daar nog moeiliker vir hom sal wees om dwelms te los. “As iemand net vir my die geleentheid gee, sal ek iets wonderliks van my lewe kan maak,” het Ninow gesê.

Marina Genis, die sielkundige wat ter versagting van vonnis getuig het, het gesê Ninow is as kind emosioneel en fisiek verwaarloos deur sy ouers toe hy nog klein was. Daar was ook nie altyd kos in sy ouerhuis nie. Hy is ook erg aangerand deur een van sy ma se kêrels en ure lank in ʼn kas toegesluit. Hy het ook vanaf ʼn jong ouderdom begin om dwelms saam met sy ma te misbruik. Hy is die eerste keer seksueel misbruik deur ʼn familievriend toe hy vier jaar oud was. Sy sê hierdie faktore bied konteks vir die misdaad wat gepleeg is, hoewel dit nie die misdaad kan verskoon nie. Genis het ook aangetoon dat Ninow, volgens haar waarneming, nie ʼn pedofiel is nie.

Volgens Genis het Ninow gesê hy sal vir seker selfmoord pleeg indien hy lewenslank tronk toe gestuur word.

Die verrigtinge duur voort.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Ursula ·

Ek is baie jammer, maar as jy weet hoe dit voel om kind deur al die dinge te gaan hoekom iemand anders daar deur sit? Nee dis werk nie vir my nie.
Dis so goed soos ek slaan my vrou want my pa het my ma geslaan, nee man.

Gaitsigubib ·

Presies Ursula en dan is hy verwaand genoeg om die regter af te pers met die selfmoord storie. As nee man vat jou straf soos n man as jy so graag jou lewe wil omdraai!

jennefer ·

Sommige moet nie kinders kry nie. Wat hy gedoen het is agv liefdelose ouers.

Miss Julia ·

Ek stem saam jou Ursula die regter moet hom los en sommer n ordentlike leer beld gee ek sal hom help om hom op te hang dus mos belaglik

JesusLeef ·

Ursula, ek verstaan en stem saam met jou kommentaar. Ek wil graag by sê: Hurt people, hurt people… Tot daar nie volkome genesing is nie gaan sulke mense net aan hou om seer te maak.. ek sou dalk presies dieselfde gedoen het?? Wie weet…

Aan die ander kant stem ek saam met Gaitsigubib dat bewys van verandering is om jou straf te vat soos ‘n man en iets met jou lewe te doen!

Kom ons wees net genadig met oordeel en mense afskryf virewig.
Dis ‘n tragedie en ek stem saam, en hy word gestraf en hy moet – swaar bestraf word, maar hy nodig ook hulp. Daar is tog nog hoop vir sy lewe om iets goed agter te los.

Se maar net ·

Drugs…… dis wat in jou kop aangegaan het….
You do the crime you must do your time. Ongelukkig is seks oortreders onrehabiliteerbaar. So geen tyd gaan jou gdnees.

Wonder soms ·

Sluit hom toe. Om te dreig met selfmoord is manipulasie.
Hy het ‘n kind verkrag en soek nou uitkoms. Hy moet gestraf word, ongelukkig. Dit is wat dit is. Daardie dogtertjie sal nooit weer dieselfde wees nie. Jammer oor sy aaklige kinderjare. Sluit sommer die dekselse ma ook toe.

JesusLeef ·

Hi, ek stem verseker saam met die meerderheid van jul kommentaar. Maar, NIEMAND is onrehabiliteerbaar nie… Hoe kan ons die waarde selfs van ‘n gebroke mens soos dit net afskryf en geen meer hoop los vir iets ANDERS om uit die res van sy bestaan te kom nie.

Dit verander nie my posisie oor wat hy gedoen het nie, maar ek hoop dit verander die hardheid waarmee ons na sy “potensiale” toekoms kyk.

Tweetie ·

So baie mense is die oorsaak van hulle eie ellende, en dit vat net n sekonde om jou hele lewe in duie te laat stort. Hy weet seker wat vir hom wag in die tronk.

wilma ·

Hoekom is party mense aan sy kant.. magtig mense dai kindjie se lewe is verwoes punt. Wie se ooit dat n toekomstige huweliksmaat haar sal glo dat sy verkrag is. Hoop hy gaan elke dag ervaar wat dai kindjie moes deur gaan en dan kan hy maar selfmoord pleeg. hy dink omdat hy kamma jammer is sal hy tronk vryspring

KG ·

Ek vat beslis nie sy kant nie, maar het wel begrip. Sy lewe is ook op ‘n jong ouderdom verwoes deur wie hom ookal seksueel misbruik het.
Ek praat geensins goed wat hy gedoen het nie en hy moet ongelukkig sy straf vat, maar hy is ook baie skade as kind berokken deur sy disfunksionele familie omstandighede.

Gaitsigubib ·

Nou gaan hy seker baie simpatie kry? Die slagoffer het reeds begin met haar lewenslange vonnis, hy moet nog verhoor word. Uit die mond van n seksoortreder : “we cannot be rehabilitated, if you let me out today I will do it again”.

sweis ·

Dit spaar die belastingbetaler n klomp geld en wat hy gedoen het verdien hy die doodstraf in enige ordentlike land is dit wat hy sou kry.

Net-my-opinie ·

En ook net om by te voeg…..natuurlik gaan hy kamstig berou toon. Wie wil nou lewenslank tronk toe gaan? Se gaai man, hy het geen opregte berou en wil dat mens hom jammer kry! May he get what he deserves!

Henriette ·

Dit is jou keuse wat jy doen in die lewe….dan moet jy die gevolge dra van jou keuses. Niemand het hom dwelms GEFORSEER nie, dit was sy keuse om dwelms te gebruik! So dit was sy keuse, moenie nou dwelms die skuld gee nie!! Life is all about choices, deal with the consequences…

Judge Dredd ·

….en dan laat die tronkbewaarder natuurlik toe dat jy nog belt dra, ne? …..

disjammer ·

dis SO hartseer dat gebroke kinders, gebroke grootmense word, omdat ouers verkeerde keuses gemaak het. As hy ‘n sterk liefdevolle, ondersteunende opvoeding gehad het, sou hy geweet het wat is reg en verkeerd. wat met hom gebeur het as kind is verkeerd. dit was nie vir hom lekker nie, hyt geweet dis verkeerd. hy moes anders gekies het. So hartseer soos wat dit is, sal ons almal verantwoordelik gehou word vir die keuses wat ons maak.

marous ·

Waarom getuig die sielkundiges nie met dieselfde oortuiging oor die verwoestende uitwerking wat dit op die kinders het nie ? Hul lewens en die van hul geliefdes is
verpletter vir ewig !

Sarel ·

Dwelmmisbruik kan na my mening nie dien as versagting nie , maar indien die besonderhede van sy kinderjare korrek is moet sy ma ook hier aangekla word. Jy kan nie mens veroordeel indien jy nie in sy skoene geloop het nie. Hy het egter a.g.v. st eie swakheid ‘n onskuldige kind se lewe verwoes

Mads ·

Ek stem 100% saam. Hy moet tronk toe gaan vir die res van sy lewe.

Maar ek volg die hof storie al die hele dag “live”

Dis hartseer dat kinders “DROS VERKRAGTER” ook moes deur gaan as kind.

Dat ouers hulle kinders laat dwelms gebruik op 13. Hy het saam met sy ma dwelms gebruik op 13>
Hy was self seksueel misbruik. Dan weet jy mos hoe dit voel en hoe dit op jou eie lewe beinvloed het.

Is n ma nie veronderstel om haar kind te beskerm nie? Te waarsku teen dwelms?

Hy was ook “abuse” altwee sy ouers is op “drugs” watse lewe moes hy nie gehad het nie.

Maar al wil my hart huil. Moet hy maar sy straf vat. Jy wat self seer het moes van beter geweet het. Jy het daai meisie se hart gebreek.

Elvira ·

Te laat meneertjie, jyt nie nog n kans nodig nie. Maklik om nou te praat.

JohanR ·

Jammer….maar hier voel ek net minder as niks. DIT WAS ‘N KINDJIE!

Koos de Meyer. ·

Jy kan jou kind nie vir ‘n sekonde onder jou oë uit laat gaan nie. Die ma moes na haar kind gekyk het. Daarenteen moet hy maar sy straf kry. Ons hele samelewing het siek geword en niemand is meer veilig op enige plek in hierdie land nie.

BR ·

Die groot euwel is dwelms en dwelms en weer dwelms, maar dit
kry te min aandag en floreer in SA en sorg vir al die leed.

GL ·

Ek stem saam, mense verstaan nie wat se krag het dwelms nie veral saam met drank . Hy het n verkeerde keuse gemaak en nou moet hy sy straf vat. Miskien sal dit ander dwelm misbruikers twee keer laat dink.

Anon ·

EK was in my lewe gemolisteer en verkrag deur verskillende mans waarvan een van hulle my eie broer was, dit het my jare gevat om oor die seer te kom soms worstel ek vandag nog met dit. Almal hier wat hulle monde uit spoel as jy nie in jou lewe self al deur so iets gegaan het kan jy jou nie vereenseldig met hom of haar nie, dit wat hy gedoen het was nie reg nie en die kind sal nie oornag genees van die emosionele skade nie maar dit wat hy deur gegaan het in sy kinder jare was ook nie reg nie, my broer was self gemolisteer as kind hoekom hy met my gedoen het wat aan hom gedoen was is seker n oope vraag. Dinge is nie altyd eenvoudig nie en as jy nog nie self deur dit gaan het moet nie n klip op tel om te gooi nie.

K P ·

Wat is die rede dat die oukie se saak so wye mediadekking het. Word die gedryf deur ras? Daagliks sulke sake in die hof wat nie eens die plaaslike koerant haal. My vraag het niks te doen met die boosheid van die saak maar oor die spesifieke media dekking van die saak. As ras n rol speel is dit skandelik dat Maroela daaraan meedoen

AS ·

Soms wonder ek wat gebeur werklik met verkragters, hulle kom weg daarmee gewoonlik. Moeilike kinderjare beteken nie ons moet dit aan iemand anders doen nie. Ons leer daaruit want ons weet hoe dit voel, waarom dit dan aan iemand anders doen? My hart breek vir so kind en in die geval is beide families verwoes.

Bernadette ·

K P ek dink nie dit gaan oor ras nie ek dink dit is so groot Media dekking omdat dit in n publieke plek gebeur het en die persoon is gevang. En eers was hy onskuldig volgens hom nadat soveel bewyse teen hom was. En nou hou media aan om vir almal die waarheid te wys.

JvA ·

So bose kringloop. Hy moes as kind baie verduur en nou het hy dit aan daai kindjie oorgedra. Mag sy besluit om die pyn te vat en iets goed daarmee te maak en dat dit nie in haar bly om ook wraak te neem nie. Ek spreek hulle albei vry van verder pyn verduur.

Gesiggie ·

Jy het n kind se lewe verwoes?? blaim it on the drugs… oh ja en nou soek jy simpatie?? jy sal jou eie lewe neem as jy tronk toe gaan, nou te laat vir jammerte jy moet betaal vir jou dade. Hoe dink jy moet daai kind en haar ouers voel?? geen genade vir jou Nicholas .

WMirabilis. ·

@Ursula en ander; Dis ongelukkig hoe die lewe vir baie mense werk – in ‘n bose kringloop. Die mishandelde of verwaarloosde kind word op sy beurt weer die oortreder/mishandelaar as hy eendag ‘n volwassene is.
Billy Gramham het by geleentheid tereg gesê dat ‘n hele beskawing verkrummel en verval wanneer die gesinslewe agteruitgaan. En ons sien dit vandag hoe ons mense en ons land se waardes ‘n totale beskawingsineenstorting beleef…

Anon ·

Mirabilis, dis nie altyd so nie. Ek was as kind deur 2 mense gemolesteer, verskillende tye. Een was familie. My pa was ‘n alkoholis wat nooit vir meer as twee maande by een werk kon bly nie, al ons geld uitgedobbel, sommer net van die huis af gebly. Nog baie dinge. Ek moes op 11 iemand alleen help wat haar polse gesny het. En so gaan die lys net aan en aan…. En eks nou’ n grootmens en kan nie dink dat ek iemand ooit deur sulke pyn sal kan sit nie

Louis du Plessis ·

Daar is geen versagtende omstandighede vir so n daad nie, hy moet n behoorlike vonnis kry, en klaar, hy moet uit die samelewing gevat word.

Louis du Plessis ·

Daar is geen versagtende omstandighede vir so n daad nie, hy moet n behoorlike vonnis kry, en klaar, so n persoon moet uit die samelewing gevat word.

ana ·

Ek wens my molesteerder het homself dood gemaak. Dan sou ek gelukkig gewees het, as om altyd te wonder hoe anders sou my kinderlewe nie gewees het Sonder die afskuwelike duiwel aanbidder in my lewe nie. Ek bid net altyd hy het nie dogters nie. Ek het gehoor hy hou skool oorsee, bid net sy drange kom nie na vore.
Ek is vandag n wrak van n mens.
Oordeel hom

Nicolene ·

En hy hou skool! Sy lewe gaan normaal aan, joune is verwoes. Ek sou hom graag aan die pen sien ry!

Michelle ·

Nee watter flou verskoning baie is al so gesout met dwelms in hul sisteem dat hul presies weet wat om hul aangaan ek sou sê die dwelms gee hul net meer moed om hul vuil dade te pleeg. Sit hom in die tronk hy verdien niks die dood straf want in ons land kan ons nie soos ander lande sy naam op ‘n lys sit dat hy nie in ons buurt mag bly nie, dat ons hom nie naby ‘n kleuterskool soek nie. Nee sit hom in die tronk waar hy hoort. Hy moet nooit parool toegestaan word nie.

Jax ·

Ek glo nie n woord wat hierdie vent sê nie. Die pot raak nou warm onder sy sitvlak en nou gooi hy mooi beloftes rond. Se voet! Hy kan maar in die tronk bly tot ewigheid! Ek het zero simpatie met hom. Hy is waar hy hoort – weg van die wêreld daar buite waar onskuldige kinders wil leer en groot word.
Ek hoop regtig dat hy nie toegelaat sal word om ooit weer in die samelewing te wees nie.

Y ·

Laat hy dit doen. Sulke mense wat alles op hulle kinderjare blameer – ek dink altyd aan die storie van die twee broers wie se pa ‘n alkoholis was. Die een broer het uitgedraai om’ n alkoholis te word. Toe hulle hom vra hoekom, toe antwoord hy, want sy pa was ‘n alkoholis. Die ander broer het nooit sy mond aan drank gesit nie. Toe hulle hom vra hoekom, toe antwoord hy, want sy pa was’ n alkoholis.

Elkeen is die argitek van sy lewe. Bittermin mense het ‘n kinderlewe gehad waarvan hulle nie hoef te “recover” nie. Ongelukkig kan ander (onskuldige kinders) nie betaal vir dit nie. Hy is mooi groot en weet tussen reg en verkeerd. Laat hy sit, of lê – wie gee om? Daar arme kind het nie’ n keuse gehad nie. Hierdie meisiekind het dit nie verdien nie.

Liezel ·

Hoe hartseer!! Sy kinderlewe was baie erg en die ouers wat sy lewe so verwoes het loop vry. Nou is sy lewe en ‘n onskuldige dogtertjie se lewens verwoes. By wie stop dit??

Lyn ·

Liezel….Dit KON gestop het by HOM….as hy sou WOU….maar hy het die teenoorgestelde weg gekies.

Swerwer ·

Man sy alie moes slae gekry het.Altyd iemand se skuld,het iemand hom vasgedruk en die dwelms in sy keel afgedruk?? Jy wil of jy wil nie,trane te laat!!

Linda ·

n Dwelmverslaafde weet presies wat hy doen en moet verantwoording vir sy dade aanvaar. As Ninow nou die Hof wil boelie om sy eie lewe te neem, dan moet hy dit doen. Beter vir die veiligheid van die gemeenskap. Hy sal nooit van dwelms afgaan in die tronk nie ! Hy sal uitkom en weer en weer kriminele dade doen ! Hy kan nie nee vir dwelms se nie !!!

Lynette ·

HM ja, Alles word nou geblameer. Mnr het nog glad nie verantwoordelikheid vir sy misdaad aanvaar nie. Jy mnr is oud genoeg om the weet jy het n kind se lewe op die slegste manier moontlik aangetas. Nou moet jy die prys betaal. Vat jou straf en hou op verskonings maak. As iemand wat as kind gemolesteer is, weet ek dat enige seksuele misdaad nie net in jou klere sit nie. Ek moet na 50 maar soms maar nog steeds myself dwing om by die deur uit te stap of om na n vreemde plek te gaan en dis na Baie berading en sielkundige hulp. Nou doen ek dit saam met Christus anders was ek lankal in n senuwee hospitaal. So sy gaan dalk nog sukkel wanneer jy al jou vonnis uitgedien het. Meisiekind sterkte vir jou. Die hele land is vol mense wat vir jou bid.

BOSSIE ·

Ag asseblief, indien die ouers so sleg was en al die sleg dinge met hom gedoen het hoekom sit sy ma dan in die hof saam met hom. Please jy hoort agter tralies en daai straf is selfs nog te lig vir jou. Moet nie dreig jy gaan selfmoord pleeg nie jy soek aandag. doen dit sonder om n woord te se.

Sonja ·

Ag weet jy as jy voel dit is die enigste uitweg dan moet jy maar. Jy het ‘n kindjie se lewe vernietig. Jy moet nooit die geleentheid kry om met die samelewing te meng nie.

Bernadette ·

Al wat dit my wys is dat hy dit weer sal doen, want as jy so sleg gevoel het oor wat jy gedoen het so jy wou toesluit word want jou gewete sal jou ry. Hy soek alle rede om nie tronk toe te gaan nie en blammeer als om hom en vat geen eienaarskap nie. Sorry sit maar verewig. Geen verskoning oor jou verlede nie maak nie saak wat nie,glo my mens besluit jy gebruik dit om vir jou n beter lewe te maak.

Carien ·

Ek glo nie sy tranedal nie, ja hy het dalk dwelms gebruik daardie dag maar dit was sý keuse.
Daardie pragtige meisie’tjie kon haar nie self teen hom verdedig nie, en dit was nie haar keuse om deur hom misbruik te word nie.
Hy verdien sy straf 1 000 maal.

Sterkte aan jou klein ding, hou jou kop hoog. Jesus sal weer jou hart’jie heel maak en jou tenvolle genees……xx

Cecile ·

Hoe lekker sal dit nie wees as ons almal kan sê, maar dit of dat het in my lewe gebeur, daarom het ek sus en so gedoen…? You are a product of your decisions, not a product of your circumstances…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.