Die 20-jarige man wat tereg staan vir die beweerde verkragting van ʼn sewejarige dogtertjie in ʼn Dros-restaurant in Pretoria, het Woensdag vlugtig weer in die landdroshof verskyn.
Tydens die beskuldigde se vorige verskyning is daar gelas dat hy in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal opgeneem moet word vir sielkundige waarneming.
Die hof het Woensdag gehoor ʼn bed in die hospitaal is steeds nie beskikbaar nie en die beskuldigde is nou 14de op die waglys.
Die staatsaanklaer het die hof daarna versoek om die saak uit te stel aangesien daar op ʼn bed gewag word.
Die beskuldigde het soos by sy vorige verskynings met sy kop geboë in die beskuldigdebank gestaan en vandag voortdurend sy oë gevryf en gesnuif.
Agter hom het verskeie verteenwoordigers van politieke partye, burgerlike organisasies en aktiviste, asook talle verslaggewers die hofbanke volgepak. Die saak is tot 15 Januarie uitgestel.
Die staat beweer die beskuldigde het in September vanjaar die slagoffer in die Dros-restaurant agtervolg toe sy toilet toe gegaan het en haar daar verkrag. Die dogtertjie se ma het hom na bewering op heterdaad betrap toe sy na haar kind gaan soek het.
Die beskuldigde staan tereg op aanklagte van verkragting, dwelmbesit, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie. Hy het nog nie op die aanklagte teen hom gepleit nie.
Lees alle vorige berigte oor die Dros-verkragtingsaak op Maroela Media.
- Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n kind in ‘n Dros-restaurant verkrag het in die hof (28 November 2018). Foto: Jonisayi Maromo/ANA
- Lede van verskillende politieke partye betoog buite die hof (28 November 2018). Foto: Mia Spies/eNuus
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Ek stem saam met jou 100%
wie is julle om te oordeel
Hoekom moet hy dwelms gebruik. Dit verander jou denke en dade. Die kind se hele toekoms is nou daarmee heen. Ek veroordeel dit ten sterkste. Hy moet swaar gestraf word want hy het ook die daad vooraf beplan.
Die verkragter, as hy skuldig bevind word, moet die swaarste moontlike straf kry. Ek moet egter byvoeg dat die betogings duidelik rasgedrewe is en deur politieke partye aangestook word. Hoekom betoog die nense nie so by die howe waar swart mense voorkom as hulle wit mense aanval nie?
Nou moet ons hom jammer kry. Ek hoop hy gaan tronk toe sodat aan hom gedoen kan word wat hy aan die dogtertjie gedoen het. Ek hoop hy vrot in die tronk.