‘Dros-verkragting’: Beskuldigde glo op pad na Weskoppies

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n sewejarige dogtertjie in ‘n Dros in Pretoria verkrag het (Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Protesaksie word weereens vanoggend in die Pretoriase sakesentrum verwag waar ʼn 20-jarige man wat aangekla word van die beweerde verkragting van ʼn sewejarige meisie in ʼn Dros-restaurant weer in die Pretoria-landdroshof sal verskyn.

Die saak teen die man is verlede jaar tot 15 Januarie uitgestel met die verstandhouding dat hy vroeër in die hof sal verskyn indien ʼn bed in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal beskikbaar raak. Volgens die burgerregtegroep #NotInMyNameSA, het hulle verneem daar is uiteindelik plek vir die man toegeken by die hospitaal en hy sal vandag in die hof verskyn om amptelik na die psigiatriese instansie verwys te word.

Themba Masango, die sekretaris-generaal van #NotInMyNameSA, is egter nie oortuig dat die man aan enige psigiatriese afwykings ly wat sy beweerde misdaad kan regverdig nie. “Tot ons ontsteltenis gebruik die man nou waansin as ʼn versagtende faktor vir die beweerde verkragting van die sewejarige meisietjie. Hy is voorheen met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer, maar hoe dit verband hou en die belang daarvan op sy [beweerde] pedofiele gedrag is onverstaanbaar,” sê Masango.

Die beskuldigde in die sogenaamde “Dros-verkragtingsaak” in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Intussen het die Tshwane Metropolisie ook ʼn verklaring uitgereik waarin motoriste gewaarsku word oor strate wat rondom die hof gesluit sal wees in afwagting op die protesaksie wat nog elke keer plaasgevind het wanneer die man verskyn. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, sê metropolisiebeamptes en die SAPD sal ontplooi word om die protesaksie en die strate wat geraak word te monitor.

Tydens die man se vorige verskyning in November 2018 het verteenwoordigers van verskillende politieke partye, geloofsorganisasies en aktiviste al langs Francis Baardstraat betoog terwyl die hofverrigtinge aan die gang was.

Die man staan tereg op aanklagte van verkragting, besit van dwelms, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie.

Die staat beweer die man het die meisie van die restaurant se speelterrein af tot by die badkamer gevolg waar hy haar verkrag het. Volgens die staat het die kind se ma hom op heter daad betrap toe sy na haar dogter gaan soek het.


[Red] Maroela Media het besluit om nie die beskuldigde se naam bekend te maak totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie soos deur die Strafproseswet bepaal word. Artikel 154(2b) van die Strafproseswet bepaal dat geen persoon wat teregstaan op seksuele oortreding se aanklagte geïdentifiseer mag word, direk of indirek, voor die beskuldigde nie op die aanklagte teen hom gepleit het nie. Sodra die beskuldigde gepleit het, sal Maroela Media sy identiteit bekend maak soos deur die wet bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Melt Olckers ·

Bipolere Gemoeds Versteuring is ‘n vorm van depressie. Dit tas nie jou gedrag so aan dat jy misdaad pleeg nie. Persoonlik dink ek dit is dom van hom om te wil verwys te word vir Psigiatriese waarnemeing. Daar gaan net dinge uitkom wat die Staat se saak gaan versterk. Die Moddimolle Monster het dieselfde probeer. Nou sit hy lewenslank omdat die Staat sy Psigiatriese waarneming gebruik het as bewys dat hy nie reabiliteerbaar is nie.

Verwonderd ·

Daar bestaan nie so ding soos.rehab van drugs in tronke nie. Die ouens daar is so verveeld dit word net erger. Sad but true.

MJ ·

Hy sal nie borg kry nie. Een van die vereistes vir borg is dat die persoon moet kan bewys dat borgtog nie sy eie lewe of ander se lewens in gevaar stel nie. Met al die betogings by die hof, sal die hof hom in aanhouding hou vir sy eie veiligheid. Laat hy Weskoppies toe gaan en die verslag bewys hy makeer niks, dit gee hom net nog minder gronde vir appèl as wanneer hy skuldig bevind word (dit is juis waarom die Staat nie sy versoek vir evaluasie opponeer nie).

Elvira ·

Presies. Hy makeer niks. Hy is uitgeslaap ! Dis sy probleem.

anton ·

As die blankes so in protesaksies moet opruk vir al die misdade teen ons gepleeg daagliks, sal die land heeltemal tot stilstand kom!!!
Snaaks dat een so n geval, so erg opgeblaas word wanneer dit wit op swart is maar omgekeer is dit maar/mos aanvaarbaar.
Ek is so keelvol vir die land!!!

Agggggg Anton ·

Wit swart pienk groen.
Dis n groot lummel van n volwasse MAN teenoor n klein onskuldige dogtertjie!
Hou tog op kleur in alles wil sit.

Savannah ·

Wens net die land kon so groot oproering maak oor plaasaanval verkragtings.

ANONIEM ·

Stem 100% saam blankes word by die dag uit gemoor. Ons CANCER regering is useless worry het oor hulle self en al die geld wat hulle verkwis.

MD ·

Ek wonder hoe dit met die dogtertjie en familie gaan? Ek lees nerens oor hulle nie, kry die meisie die hulp en bystand wat sy kort? Kry die familie opleiding om haar by te staan? Ek wil nie hoor hoe die man jok en probeer vry kom nie, se my of die meisie okay is na die aanval?

lynette swanepoel ·

Hy het met n doel gegaan, verkragting was in sy kop. Dit maak my siek nou Moet hy weskoppies toe gaan, stuur hom tronk toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.