‘Dros-verkragting’: Beskuldigde in hof

Die beskuldigde in die hof. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die 20-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn sewejarige meisie glo in die toilet van ʼn Dros-restaurant in Silverton verkrag het, het Dinsdag weer in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Die saak teen die beskuldigde is tot 1 November uitgestel. Volgens die staat is daar nog uitstaande forensiese uitslae. Adv. Sanet Jacobson, staatsaanklaer, het intussen ook versoek dat die beskuldigde se selfoon ingehandig word vir ontleding.

Riaan du Plessis, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, het egter gesê sy kliënt hoef nie moontlik inkriminerende inligting te voorsien nie. Die landdros het gelas die staat moet ʼn aansoek indien om die beskuldigde se selfoon te bekom.

eNCA het berig regsverteenwoordigers van media-instansies het met die aanvang van die hofverrigtinge ʼn aansoek ingedien dat daar foto’s van die beskuldigde geneem mag word.

Die Dros-restaurant in Silverton. Foto: Oupa Mokoena/ANA

Die staat het nie die aansoek teengestaan nie, maar Du Plessis het wel. Die landdros het, nadat die onderskeie partye se argumente aangehoor is, beslis foto’s mag voor en ná die hofverrigtinge geneem word.

Die hof het hierna kortliks verdaag voor die beskuldigde teruggekeer het, met ʼn sweetpaktop met ʼn kappie oor sy kop. Du Plessis het toe die hofverrigtinge hervat, uitgebrei oor die beserings wat sy kliënt glo tydens sy inhegtenisneming en daarna opgedoen het.

Volgens Du Plessis het sy kliënt beserings aan sy oor, nek en kop opgedoen nadat hy glo met ʼn gebreekte bottel aangeval is by die Dros tydens sy inhegtenisneming. Du Plessis beweer sy kliënt is ook deur die polisie aangerand.

Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die beskuldigde word aangekla van verkragting, die besit van dwelms en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy is op 22 September in hegtenis geneem nadat hy glo die meisie in die vrouetoilet van die Dros-restaurant in die Silverwater Crossing-sentrum in Silverton verkrag het.

Die beskuldigde het glo die kind na die badkamer gevolg, haar uit die vrouetoilette gegryp, haar mond toegedruk en haar na die manstoilette geneem waar die verkragting na bewering plaasgevind het.

Toe die meisie se ma na haar gaan soek, het sy ʼn geraas uit die manstoilette gehoor, maar die deur was glo geblokkeer. Nadat sy dit volgens ʼn ooggetuie oopgedwing het, het sy op die man afgekom. Hy én haar kind was albei na bewering naak.

Verteenwoordigers van verskeie politieke partye en burgerlike groepe het voor die hof saamgedrom. Die metropolisie het die omgewing rondom die hof beveilig en motoriste opdrag gegee om alternatiewe roetes te gebruik.

Solly Msimanga buite die hof. Foto: ANA.

Lesego Makhubela, die woordvoerder vir die ANC in Tshwane, het gesê die party is diep bekommerd oor die styging in misdaad teen vroue en kinders. “Ons moet ʼn einde bring aan hierdie soort misdrywe,” het Makhubela gesê.

Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, was saam met ander DA-lede by die hof en het plakkate rondgeswaai. Naby hulle was ʼn groep van die Black First Land First-beweging en lede van die EFF was ook teenwoordig.

Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde was ook teenwoordig en ʼn Nyala-pantservoertuig was naby die hof geparkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Annoniem ·

Eks heeltemal deurmekaar. MAROELA media berig hyt haar uit die vrouens toilette gevat na die mans toilette maar Rapport en n ander paar koerante se storie verskil. Rapport het berig dit het in die vrouens badkamer gebeur? Wie is nou reg?

Annonieme ·

Die video clip wat versprei is op social media wys beslis dit is in ‘n mans badkamer.

Zet ·

Ek stem saam. Selfs MAROELA se berig hier sê eers in die vroue toilette dan skielik het hy haar uit die toilette gegryp en in mans toilette verkrag . Het die kind ook verjaar intussen. Want kind WAS 6jr oud maar nou skielik 7jr oud te veel koerante te veel verskillende stories. So ja wie glo mens nou

Rosie ·

Anoniem ek stem 100% saam met jou . Die koerant en Maroela se weergawes verskil.

Rosered ·

Laat mens wonder oor die storie. Die kelners het ook 2 verskillende stories. Eers sit hy en water drink alleen dan is hy saam n ouer man en drink n R700 se rekening.

Biebie ·

‘n Man het ‘n kind verkrag. Maak dit saak of dit in die mans of vrouens se badkamer was, en of die kind 6 of 7 was? Berigte word geskryf op hoorsê van ooggetuies. Die presiese details sal in die hofsaak uitkom.

R1 ·

Te danke aan hierdie mannetjie se beweerde dade, het dit nou in ‘n reuse rasse gemors ontwikkel. Vir die massas en die politici is dit nou ‘n wonderlike speelbal. Die slagoffer in die misdaad se welstand is nou bysaak.

R1 ·

@TP. Die organisasies voor die hof is nie daar om die slagoffer te ondersteun nie. Gaan kyk gerus op ander media webtuistes wat staan op die plakkate wat daar rond geswaai is.

Alta ·

Arme kindjie. Jammer die politieke partye gebruik dit vir stem werwing. Siek spul.

AW ·

“Our crime against criminals lies in the fact that we treat them like Rascals.” – Friederich Nietzsche

Casper Labuschagne ·

Die regsproses moet sy gang gaan en die polisie ondersoek moet deeglik wees. Maar wat my bekommer is die politieke kleur wat hierdie saak verkry het, en persoonlik betwyfel ek dat werklike geregtigheid geskied in sulke sake wat ‘n politieke kleur verkry het. Die daad van verkragting is gruwelik en ek het alle meegevoel met die slagoffer.

Maar, en daar is ‘n baie groot “maar” hierso – in die fiktiewe boek (Stephen King) en film, The Green Mile is die onskuldige John Coffey ter dood veroordeel nadat hy betrap is by die liggame van twee verkragte en vermoorde jong dogertertjies. Enigeen wat die boek gelees het of film gesien het sal die res van die storie ken. In die geval van die Dros verkragting, is daar na bewering ‘n video waar die beskuldigde pleit dat hy onskuldig is en slegs die toilet wou gebruik terwyl die ganse samelewing hom reeds veroordeel het. En dit is die hele punt, ons het ‘n puik regstelsel juis omdat onskuld aanvaar word totdat skuld bewys kan word, en dit is die regstelsel wat skuld moet bewys, nie die publieke oordeel nie. In hierdie geval is die omstandigheidsgetuienis verdoemend, maar daar bly altyd daardie klein moontlikheid dat die beskuldigde inderdaad onskuldig mag wees.

Rasper Casper ·

Puik regstelsel? Huh? Casper, praat jy v Suid Afrika? You must be joking

Casper Labuschagne ·

@Liezl – Het jy dalk die fiktiewe rolprent the Green Mile gesien waar John Coffey ter dood veroordeel was vir die moord en verkragting van twee kinders?

Marie Visser ·

Casper, die dogtertjie is sewe jr oud, sy sal die waarheid vertel. Wonder net hoekom die ou nie ten volle geklee was nie

Casper Labuschagne ·

@Marie, die getuienis is inderdaad verdoemend. En ek dink nie dit sal enige nut hê om te bespiegel nie, maar dat die persoon op die video sonder klere was kan verskeie redes hê soos dat sy hemp afgeruk is deur die omstanders wat hom ook met ‘n gebreekte bottel aangerand het. Die regsproses sal die antwoorde verskaf en in enige verkragtingsaak gee die forensiese getuienis die deurslag.

Olga ·

ek verstaan nie hoekom die ou kaal was in dros se toilette nie. (Dalk het die “wat hom gevang het hom uitgetrek” N verkragter trek nie jou en sy klere uit nie, hy ruk dit af en doen sy ding en los jou om te vergaan

Mars ·

Ons bly nie in die middeleeue met ‘angry mob justice’ nie. Daar is so iets soos regverdige verhore deesdae en die krimineel moet deur ‘n verhoor gaan met regshulp. Hoe gaan daar ooit regeverdige skuldigbevindinge wees sonder regshulp aan beide kante.

Barry ·

Stem 100%. Wens almal wil nou groot asb net die boude ontspan en die gereg sy gang laat gaan. Gee die jong man n regverdige verhoor om uit te pluis presies wat gebeur het. Laat die gereg sy gang gaan.

Isabel ·

Te danke aan die media en verdomde mense wat dié storie op Facebook en Twitter aangeblaas het, het dit nou in ‘n rasse-herrie ontaard met die EFF en BLF wat ook nou betrokke raak en veralgemeen dat blanke mense sleg is. Dit breek die alreeds SWAK rasseverhoudinge net verder af, so onnodig….Ek het selfs gerugte gehoor dat die jong man se familie nou ook geteiken kan word. Boonop veroorsaak dit net verdere pyn vir daardie arme dogtertjie se ouers – my hart bloei vir albei families betrokke. Dis als goed en wel om betrokke te wil raak, maar op die oomblik maak dit dinge NET ERGER. Laat die gereg sy gang gaan.

Theresa ·

By watter ander verkragting-issue was soveel politieke partye sigbaar ontsteld daaroor – soveel so dat hul ‘n dag afstaan om afgeneem te word by verrigtinge????
Duidelik dat hul meer belangstel in hierdie spesifieke een.

Gansie ·

Stem saam, hoekom was daar nie so groot bohaai oor die Kaapse joernalis wat ‘n 7 jarige verkrag het en uit is op bail nie. Wat is die verskil tussen die twee mans, hulle het dieselfde daad gepleeg?

Marietjie ·

Net jammer daar is soveel verkragtings in SA, EN GEEN HAAN KRAAI DAARNA NIE…. natuurlik is hierdie ‘n ras ding…. die beskuldigde is wit, nou ruk die hele BLF, EFF, burgemeester, ens op na die hoff.. word met busse aangery.., waar is hulle wanneer ander verkragters…en moordenaars in die hof verskyn? Die dubbele standaarde is om van siek te word!!!

Theresa ·

Weet nie regtig hoe oud sy is nie, want verskillende koerante gee verskillende ouderdomme. 6, 7 en 8.
Hoe dit ookal sy, dis vreeslik.

Miena ·

Jan… verstaan ek jou reg…Jy sê – Die arme jong man .? Het jy ooit die hele storie gevolg of val jy nou maar ney in van die verkeerde kant af… vergewis jouself asb van die harde werklikheid van die betromke storie….

Vivian ·

Miskien is sommige van ons so vinnig om te oordeel dit wat ons nie ten volle ken nie!As die jongman skuldig is moet hy sy straf dra en as hy onskuldig is sal dit bewys word.Hy is alreeds in die veroordeel deur die media..My bede gaan uit aan albei families

Staak saam ·

As ek volgende jaar moet stem dan sou my stem gaan na n party wat nie uit n kind se verwoesting sou probeer munt slaan nie.

As hy die skuldige is dan moet hy sit vir die tyd wat daai kind die letsels dra.
Is dit nie asemrowend die hoeveelheid belangstelling wat hierdie saak lok nie, daar word daagliks swart kinders verkrag en die belangstelling ontbreek heeltemal.
Is swart kinder vervangbaar vir SA of die media sirkus wat om die saak losgebars het te danke dat dit n wit man is wat dit gedoen het.

Geen versagting moet avaar of gebied word nie.

MJ ·

Hoop die Polisie se forensiese / DNS werk word behoorlik gedoen sodat daar duidelikheid is om of die een of die ander geval behoorlik te bewys… Hierdie hele storie is walglik.

Wag en wag en wag ·

Ironie is dat die uitslae v DNS toetse oor n jaar nog nie gereed gaan wees nie en oor twee jaar waarskynlik ook nie, vra maar die die SAP se forensieselab hoekom sloer dit altyd so

Heleen ·

Ek sal baie graag die DA ook sien betoog teen plaasmoorde en die wreedheid daarvan….dalk sal dit help?

Jenny ·

Daar is nou n paar dae terug in Noord Wes n jong vrou in die selle deur SAP lid verkrag. Hy is gearresteer….gaan daar ook n helse optog soos die gehou word…

Heidi ·

Ek verskil daar is beslis konsensus deur die bree spektrum die afskuwelike gedrag van die beskuldigde. Om reaksies te meet aan plaasmoorde of enige halsmisdade is vergesog. Moord verkragting ens het nie n kleur nie. Dis onskuldige mense geskape na die beeld van God wat slagoffers is soos die klein dogtertjie.

Danie ·

Dalk sal dit help om dit in verband te bring. Gemiddeld word daar 110 verkragtings per dag gepleeg. 109 ander is op dieselfde verkrag. 46 van die 109 is heel moontlik kinders jonger as 18 jaar. Van die 46 wissel die ouderdom tussen 6 maande en 18 jaar. Verduidelik hoekom hierdie 1 geval erger is as al die ander?

Piet ·

Danie ek wonder of jy gaan deurdring met jou goeie verduideliking. In een van die laaste baie bekende voorvalle van geweld teen kinders was die klein Poppie Koekemoer die slagoffer, maar daar is nie een van Heidi se kommentare nie -gaan kyk gerus self. Die saak is groot nuus want dis ‘n blanke persoon en ‘n swart kind wat betrokke is. Ek hoop daar is ten minste geregtigheid in die saak en dat al die inmengery dit nie benadeel nie.

se maar net ·

O kay julle, wat dink dat moontlik onskuldig mag wees. Die deur is oop geforseer met hom en ‘n kind wat kaal is. Wat se dit vir julle? Hy wou net kyk hoe sy kaal lyk? Grappie, kom in die werklikheid. Hy het haar verkrag en punt. Haar lewe is verwoes deur hom. Wat sou jul doen as dit jul dogtertjie was? Kleur maak nie saak nie. Dis ‘n jong lewe wat hier verwoes is…

Robert ·

Ek kan nie glo hier is mense wat kommentaar lewer ten gunste van die knaap nie!!

VRAAGTEKEN? ·

En wat van die ”Hospitaal verkragtig” ? Of word daar net kommer gegee oor n eet plek? Die land is vol moordenaars en verkragters. Almal verdien dieselfde beskerming. ELKE SLAGOFFER VAN SO GEVAL VERDIEN DAN N BETOGING !!!

Jennifer ·

DOODSTRAF!!!! Die skade sal nooit reggestel kan word nie en ‘n jong onskuldige kind se lewe is verwoes. Ek hoop regtig ons Gereg faal nie die meisiekind soos soveel ander nie. Dinge moet drasties verander anders gaan die tipe walglike dade nooit ophou nie. My innige simpatie vir die kind en haar gesin…..sy het dit so nie verdien om op die manier seergemaak te word nie.

Stuiwer ·

Is die meisie in die manstoilette of damestoilette verkrag. Die berig is verwarrend.

HESTER ·

DIT MAAK NIE SAAK NIE WATTER BADKAMER NIE HY IS BETRAP . JULLE GAAN ALMAL AAN OOR NIETIGHEDE. EN DIE BERIG NOEM DAT HY BEWEER HY ERG AANGERAND IS DEUR IEMAND ASOOK DIE POLISIE DAARNA. REGTIG ???????? IS DIT WAAROP ONS NOU MOET FOKUS, SY KNEUS PLEKKIE. WAT VAN DAARDIE ARME KIND . ???? SY IS VIR EWIG GESKEND. n KIND VAN 7 JAAR OUD MAAK NIE SULKE STORIES OP NIE. DIE MAN IS SIEK.

l ·

Ag shame vir die beserings wat hy opgedoen het!
Die dogtertjie se beserings, en sielkundige skade, kan nooit heeltemal bereken word nie.
Hy is tog so te sê op heterdaad betrap, so geen twyfel dat hy skuldig is nie. Sluit toe vir BAIE lank!

rollie ·

Dwelms. Hy is ook aangekla van dwelms wat in sy besit gevind is.

JB ·

Ek stem saam met Casper. Dis baie erg wat met die meisietjie gebeur het en die herstelpad wat voorle vir haar en haar familie moet vreeslik wees. Ek dink net ons moet ophou oordeel asof ons self al die feite ken. Almal verslind mediaberugte en vorm hul eie opinies daaromtrent (wat hul reg is), maar hou dit vir jouself. Laat die reg sy gang gaan en die saak ondersoek word soos dit moet. Die verdagte is ook iemand se kind/familie en hul word ook sleg geraak deur ons almal se judgement

RENE ·

Ek se nie die ou is nie skuldig nie, maar het mense al daaraan gedink dat baie mense n phobia het om met klere aan te ontlas ek persoonlik ken 2 mense wat n phobia het om op die toilet te sit met klere aan.

Jammer ·

Hahaaaa! Rene ek lag nou baie lekker vir jou comment. Is seker nie nou waaroor die berig gaan nie maar dit prikkel nou behoorlik my lagspiere lol!
Ek sal maar nie verder vra waaroor ek wonder nie heheeeheee!
Terug by die berig. Ek glo hy is skuldig. Wat sal hy NAAK en ALLEEN met die kind in ‘n toilet doen en volgens ‘n ander koerant berig die klere woU wegspoel!??? Ah nee ah genoeg van SA se misdaad. Dit maak mens siek siek siek!!!!!

Roger ·

Die smerige media en hofnarre gaan weer hiervan ‘n sirkus maak.

Sê nou net ·

Ek sit nou en dink – sê nou net die ma het die laaitie betyds betrap vòor hy die meisie kon verkrag? Is daar iets soos “attempted rape”??

Naamloos ·

Mense… Maak nie saak watter toilette dit gebeur het nie. Die feit is ‘n kind is verkrag en haar hele lewe is verwoes. Daar le nog ‘n lang pad vir haar voor. My hart gaan uit na die ouers en die kind. Alle sterkte vir julle

Elvira ·

Beserings? Ag asseblief. Wat van die kind???? Lyk my die kriminele in hierdie land word jammer gekry. Hy kan bly wees eks nie die regter nie.

Jo ·

RENE: sê asb waar bêre so mens dan hul klere. ‘n Publieke toilet is maar grillerig. Dit is kaalbas voor almal wat inkom, groot moeilikheid.

bollie ·

Ek kan nog kaalgat binne ‘n toe toilethokkie vestaan maar andersins?

Anna ·

Kom ons wag en kyk wat uit die forensiese toetse kom. Die berigte is bietjie verwarrend. Hoekom het die ma nie ‘n ogie oor haar kind gehou nie? Ons weet maar te goed van oë wat dwaal maar ek voel net as die ma dalk elke 10 minute of so net gekyk het waar haar kind is, kon dit dalk verhoed gewees het. Daar is baie prostitue in die middestad van Pretoria. Gaan laai maar liewers een daar op….

Hans ·

Die reg moet sy verloop neem . Net jammer dat die aangeleentheid n erge politieke kleur aangeneem het

Lia ·

Ek dink die groot “verskil” tussen hierdie geval en ander verkragtings is, is dat daar ‘n video is van die verkragter in die plek waar dit plaasgevind het….en hy boonop naak is…..en dit word oral op sosiale media versprei. Dis die eerste keer waarvan ek bewus is, dat daar sulke verdoemende……..en ontstellende getuienis te sien is.

Pieter ·

Is die meisie wit of swart? Ek het gehoor dit was `n swart meisie.
Nie dat dit rerig saak maak nie, maar dit sal die EFF en BLF se teenwoordigheid verduidelik.

Andrea Lotter ·

Ag shame hy will nou kla oor hoe aan gerand is en geslaan is met n bottel ?
Hy het n meisiekind se lewe verwoes, hy het sy familie se lewe verwoes. nou dink hy hy gaan simpatie kry ?
Hy maak my siek

Hazeldean ·

En die ouer man saam met wie hy gekuier het….hoe pas hy in die prentjie….wat het van hom geword? Was hy dalk die ou se “mentor “…wonder maar net. Glo alles sal in die hof uitkom.

Maro ·

Mag die verkragter n swaar vonnis kry as hy skuldig is!! Op n ander nood. Nerens lees mens dat die politieke party enigsins die ma van die kind finansieel ondersteun of bystaan vir berading nie. Geen woord word gerep oor enige ander verkragting saak nie. Die opgewondenheid as ñ witman verkeerd doen is oordonderend. Daar s maar vrot appels in alle kleure en vorme in die samelewing. Sterke aan die families.

pieta ·

Die mense wat hierdie ou verdedig, moet hulle self identifiseer en ook aangekla word. Dit is absoluut verstommend. Julle gemors.

RG ·

Sê maar mens sit rustig ‘n drankie en drink op ‘n Sondag middag in die Dros. Sê maar mens stap badkamer toe en sodra mens die deur oop maak oorval vier/vyf mans mens, bedwelm mens (soos hulle onlangs gedoen het net buite die hooggeregshof toe ‘n man inmekaar gesak het terwyl hulle hom beroof). Sê maar hulle trek mens uit. Die volgende oomblik kom mens by, mens is poedel nakend en almal beskuldig mens dat mens ‘n kind verkrag het. Motief, om vir een of ander rede die plek waar mens op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was te sluit, soos hulle nou op aandring en vir wat?!!!
Sê nou daardie mens was dalk JY?
Iets is hier nie reg nie.

Jay ·

RG, soos jy se, enige iets is moontlik in hierdie wereld. Ek verdedig niemand nie, ek kan net nie indink hoe n persoon wat iemand verkrag in n publieke plek nog al sy klere self sal uit trek met die wete dat enige iemand enige tyd kan instap en hom betrap nie. As hy skuldig is wens ek hom swaarste straf toe, maar as hy dalk geframe is, hoop ek hulle gee net soveel aandag om betrokke party blood te stel.

Tammy ·

Ek wil weet waarmee was die kind se ma so besig dat sy haar nie vergesel het badkamer toe nie. Die ma kan nie net skotvry wegstap nie. SY HET N VERPLIGTING TEENOOR DIE KIND EN KLAAR!!!!!!!!!!

Se net ·

Eerstens wil ek net vir daardie dogtertjie se eks jammer dat jy deur so iets moes gaan – jy het nie verdien wat met jou gebeur het nie! Aan die mamma wil ek se ek dra julle in my hart!
Aan die res van die mense… hou op om ras voor te gooi! Maak nie saak of dit pienk, blou of pers is nie, as die jong man skuldig is (wat ons nog sal uitvind) het ek geen simpatie nie, maak nie saak watse kleur hy is nie! Hy het dan n onskuldige kind se lewe verwoes! Dit kon jou kind gewees het!

Maro ·

Kleur maak verseker nie saak nie. Ons almal voel jammer vir die arme dogtertjie. Ons almal ken die verskil tussen reg en verkeerd en as die man skuldig is, wat ek self glo hy is, dan moet hy lewenslank sit. KLEUR maak wel saak vir die politieke partye. HOEKOM DINK IS JY IS BFLF DAAR? Die politieke partye is daar net vir hul eie gewin. Dit is wat so ironies is aan die hele saak. Waar is hulle almal by die ander verkragting sake? Is dit nie so belangrike sake nie? Onthou die verkiesing is nou weer naby…

RG ·

As hy skuldig is, is daar volgens my nie ‘n straf swaar genoeg vir sy dade nie. Dis net vir my ongelooflik hoe gou mense veroordeel sonder om die feite te ken en hierdie is ‘n platform
geskoei op Christelike beginsels?

Nel ·

Krap aan ‘n Christen en jy kry ‘n heiden – die Christelike lagie is in baie gevalle maar dun.

Johan ·

Hy was op dwelms en mens doen snaakse dinge as jy op dt is. Ek wonner ook of hy di meisie verkrag het toe di ma da inkom of was hy nog van plan om ha te verkrag. Dwelms is n euwel.

My Besigheid ·

Ek Is jammer en julle Kan maar Mal raak maar voor daar geen feite gegee is oor alles glo ek absoluut niks van die storie nie. As Hy skuldig is Dan sy Hy maar moet betaal vir sy Dade. Maar helemal te veel goed maak absoluut niks sin in Al Hierdie honderde weergawes van alle berigte nie. Gaan doen jouself ‘n Guns en gaan Kyk hoe lyk daai Dros oor ‘n Naweek en gaan Kyk hoe en waar sit Al die areas waar Al Hierdie plaas gevind het. Laat die saak sy pad loop. En NEE ek sê nie Hy het dit nie gedoen nie Al wat ek sê is baie dinge maak glad NIE sin nie!

Blikke ·

Verskonings se GAT…..Rape is Rape!!! Ber die Mannetjie….hoop hy kry inni Tronk wat hom toekom…..

Juna ·

Mag hy elke liewe dag hel in die tronk ervaar. En elke liewe ander mens wat ‘n kind mishandel in enige vorm, en dit geld teenoor diere ook. Slegte mense haal huil slegtigheid uit teenoor dit en die wat nie kan opstaan vir hulself.

Mona ·

EK WONDER OOR NIKS. Hy is skuldig. Hy was kaal en daar was ñ kind by hom en daar was bloeding aan die dogter. Sies vir hom. GEEN ANDER INLIGTING IS VIR MY BELANGRIK NIE. Hy is ñ skande vir ons land en ons mense. Sluit hom toe dat hy aan geen ander kind kan raak ni.

Catharina ·

Die dogtertjie was vol bloed en kaal. Die man was kaal en vol bloed. Nou is daar mense wat sê sy is dalk nie verkrag nie. Rêrig!
Watter bewyse wil mense nog hê. Baie verdedig die Aangeklaagde. Gebruik tog net verstand en lees berigte behoorlik. Vergeet tog net van kleur. Watter wreedaard kan so iets aan n klein dogtertjie doen . Daar word belaglike redes gegee waarom hy kaal was . Dit word polities gebruik ten koste van die kind . Ek het geen simpatie met die skurk nie.?

Martie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat enigiemand ‘n arme kind se onskuld so kan wegneem – die sielkundige skade moet enorm wees. Ek hoop en bid van harte dat hierdie klein dogtertjie sal herstel en aangaan om n gelukkige kinderlewe te hê soos dit hoort.

Wat my ook stomslaan is die vele verdoemende kommentare wat die jongman die ergste dinge toewens. Ja, sulke dinge ontstel maar om so haatdraend te wees maak jul NIKS BETER as hierdie jong man. Kry skoon skaam vir jul part. Dis maklik om te vergeet dat hierdie jong man se ouers OOK nou deur hel gaan met die gemors wat hy aangevang het. Beide families se lewe word hierdeur geraak.

So bedaar nou asb julle boude, die waarheid sal in die hof uitkom en ‘n toepaslike straf sal opgelê word.

Juffrou ·

In my klas is daar dogtertjies van daardie ouderdom, swart en blank. Hulle is onbeskryflik vol vreugde, dierbaar en onskuldig. Hulle seën my hart dag vir dag. Hierdie man is nie onskuldig nie; dis waarom hy sy gesig so krampagtig bedek voor die media. Ek is egter bevrees dat dié maar slegs die begin is, want ons sien hier die vrug van ‘n plant, ‘n plant wat ons samelewing oor jare met sy eie hande geplant het, nl tv, internet en veral pornografie. Voeg dan nog daarby drugs… Ons het monsters gekweek en hulle loop vandag tussen ons rond.

Rowena ·

My innige meegevoel vir die dogtertjie en haar hele familie.
Vir julle wat die Ma nou wil stenig omdat sy nie haar dogtertjie elke sekonde dopgehou het nie, wil ek weet doen jy dit wanneer jou kind in ñ openbare eetplek se speelplek hom/haar geniet? Het jy gelees en begryp jy dit dat die Ma na ñ tyd haar kind gaan soek het? Weet jy hoe lank is na ñ tyd? Dit kon na 1 minuut wees? Wie van julle check regtig op jul kind elke sekonde. Indien daar wel so ñ “besorgde en oor beskermde” ouer is, wat is die nut dan om jou kind te laat speel. Wat jou kos en eet dit in die speel area.
Ek hoop die ander Mamas wie se dogtertjies ook mee gepeuter was deur die ou het die moed om uittepraat oor hul gebeurtenisse sodat die ou sy regverdige straf kry.
Hoop nidedie saak word ook saak deur regter vd oscar pritorius saak hanteer en ek hoop Adv Gerrie Nel maak homself beskikbaar vd saak ook.

GM ·

Rowena, dit is logies dat die mense sal vra waar die ma was. Daar is vele ouers wat by restaurante gaan sit, en nie eers een keer opstaan om te gaan kyk of hul kinders okay is nie. En daarmee sê ek glad nie dit is die ouers se skuld nie.
Mens wil nie jou kind daarvan ontneem om kind te wees nie, maar ek, as ouer van twee klein kindertjies, vind dit ongelooflik moeilik om my kinders by so ‘n plek te laat speel. As ek een uit die oog verloor, dan staan ek op en gaan kyk waar sy is, of ek staan by hul terwyl hulle speel. Geen ouer wil so leef nie, maar die realiteite kan nie geïgnoreer word nie. Ouers kan nie oral wees nie, ongelukke gebeur, maar elkeen moet maar doen wat hul kan om hul kinders veilig te probeer hou. Elke krimineel behoort aangekla te word van moord, want ons siele word vermoor, ons lewens word ingeperk. Dit hoort nie so nie. Jy sê ‘besorgde en oorbeskermde’ ouer op so ‘n negatiewe manier, maar wat is die alternatief met so baie monsters wat tussen ons rondloop?

Anoniem ·

Ek lees so deur almal se kommentaar… Een ding wat ek besef, niemand besef waaroor gaan die hele storie nie, vir elkeen gaan dit net alweer oor rasse… Maak nie saak of die kind pienk, geel of groen is nie, sy bly n kind, n kind kan nie vir haarself opstaan nie, die storie gee baie aandag oor dit by n daaglikse plek gebeur het waar jou kind gerus moet voel en veilig kan voel…in my hart kan ek nie eens myself in die ouers se skoene plaas noe, dis net te erg… My kind is self 6 en dis n groot vrees vir elkeen. Staan net eerder die familie by met die tyd, bid vir hul en dat God elke stap saam hul sal wees…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.