Dros-verkragting: ‘Dit gaan haar lewenslank bybly’

Nicholas Ninow in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

ʼn Forensiese maatskaplike werker van die polisie het Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria getuig watter uitwerking die verkragting van ʼn sesjarige meisie op haar gehad het.

Kapt. Karin Botha het getuig in die verhoor van Nicholas Ninow, wat vroeër skuldig bevind is aan die verkragting van die kind, asook aan die besit van onwettige middels en dwarsboming van die gereg. Dit hou verband met ʼn voorval in ʼn Dros-restaurant verlede jaar toe die kind in die badkamer van die plek verkrag is.

Botha het getuig die kind, nou agt jaar oud, kry steeds nagmerries oor die voorval. “Ek sien hom wanneer ek in die bed klim. Ek probeer om my nie te verbeel wat hy aan my gedoen het nie. Ek probeer om net aan die slaap te raak,” het die kind aan Botha gesê.

Volgens haar het die dogtertjie steeds duidelike herinneringe van die voorval, maar omdat sy nie verdere spanning op haar familie wil plaas nie, verkies sy om nie oor die gebeure te praat nie.

“Ek is bang hy kom in my kamer in, soos hy in die badkamer ingekom het,” het sy aan Botha gesê.

Botha het getuig volgens die kind het Ninow aan haar gesê dat hy haar sou doodmaak as sy oor die voorval praat. Dit is ʼn vrees wat sy steeds koester.

“Sy was ongelooflik angstig, sy was vreesbevange. Jy kon die vrees in haar lyftaal sien.”

Die kind is boonop bevrees dat haar identiteit bekend sal word, dat sy haar skool sal moet verlaat om tuisonderrig te kry en dat mense selfs méér vrae oor die voorval aan haar sal vra. “Die seun het gesê hy sou my doodmaak. Ek voel nog steeds dat hy dit sal doen as hy uit die tronk kom,” het sy in die onderhoud met Botha gesê.

Botha het gesê die voorval het nie net die kind nie, maar ook haar uitgebreide familie diep geraak. “Ons voel hulpeloos en weet nie hoe om haar te help nie,” het hulle aan Botha gesê.

Nicholas Ninow. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Volgens haar het die familie egter gesê hulle “vergewe die seun”.

“Ons weet nie hoekom hy dit gedoen het nie, maar ons wil vir ons eie onthalwe genesing vind. Ons vergewe hom,” het hulle volgens Botha gesê.

Ninow het met die aanhoor van dié stelling in die beskuldigdebank begin huil.

Botha het ook aan die hof gesê die kind se ma vrees dat sy haar gaan verkwalik omdat sy nie haar dogtertjie beskerm het nie, asook dat sy vir die res van haar lewe gaan sukkel om mense te vertrou.

Botha het getuig sy het tydens die onderhoud met die jong slagoffertjie gevra watter vonnis sy sou wou sien. “Ek wil hom in die tronk hê sodat hy sy les kan leer. Hy moet leer om mense nie seer te maak nie. Hy moet aan homself dink en nie ander mense toelaat om hom rond te stoot nie,” het die kind aan haar gesê.

Botha het getuig die volle uitwerking van die voorval op die dogtertjie kan oor jare eers regtig duidelik word en dit kan ʼn langtermyn-uitwerking op onder meer haar selfbeeld hê. Sy kan moontlik ook sukkel met kwessie soos intimiteit en vertroue.

“Sy is in ʼn posisie geplaas waar sy weerloos en onveilig gevoel het. Dit gaan nie net haar kinderjare raak nie, maar ook vir die res van haar lewe ʼn uitwerking op haar hê.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Genieve ·

Ja dit sal altyd by haar bly want iemand het haar seergemaak.

Stem saam ·

Dink daar is n fout gewees rondom haar ouderdom, berig se sy was verlede jaar 6 en is nou 8 jaar oud. Tans is sy 7.

Ek voel so jammer vir die kind en haar gesin. Hyt geen reg gehad om haar te verkrag nie. Hy moet sit vir sy dade.

Kootjie ·

Aag ek weet wat met hom moet gedeur…. maar dit is nie meer geldig by ons nie!! Hang hom in die openbaar op… en laat almal sien hys nie meer ‘n bedryging vir iemand nie!! Hy moet swaar gestraf word!!

GP ·

Die strate sal vol van hulle hang. Sal nie genoeg plek wees nie.

Anneke ·

Ek is seker hy is nou “jammer” oor die skade wat hy die kind berokken het. Ek is seker.

Ek sal graag vir hom wil verduidelik hoe dit vrouens vir die res van hulle lewens raak as so iets met hulle gebeur het. Ek wil vir hom verduidelik dat hy haar net sowel kon doodgemaak het.

Ek wil vir die jongmense wat die berig dalk lees of weet van die saak sê: As jy besig is met dwelms en verkeerde vriende, maak die omdraai voor dit te laat wees en jy ook ‘n saaknommer word wat op pad is om tronkstraf uit te die.

Ek wil vir ouers sê wat dink dis cool om dwelms te gebruik: Hoekom gaan spring jy nie liewer net van ‘n berg af nie, veral as jy kinders het.

Annette ·

Net Jesus kan haar volkome genees en die herinneringe in die see van vergetelheid gooi. Daar is NIKS wat Jesus nie kan doen nie.

Siener ·

Ek wonder waar is hierdie forensiese maatskaplike werker by plaasaanvalle waar dogters en vroue ook verkrag word?

tina ·

wil ek ook graag weet? een verkragting en almal is in arms, dit gebeur by duisende,,,,,,,,,,,,,,,,,,, en………………..

sannie ·

Jammer boet waar was jou verloofde en jou seuntjie toe jy planne beraam het om ‘n klein dogtertjie se lewe te verwoes. En hoe lank het die dogtertjie se ma nie geweet waar is haar kind sy is nie die child minder se verantwoordelikheid nie. Siek Siek samelewing. Die ma behoort aangekla te word van nalatigheid. Regtig!

Bloues ·

Straf is Maklik.
Jy sit tot sy 25 Jaar oud is. As sy dan 100% genees is kom jy uit maar as sy nog letsels dra sit jy totdat sy nie meet enige letsels het nie. Al duur dit tot sy 60 is.

Vlekkie van Deventer ·

Stem honderd persent met jou saam Bloues. Jou straf klink vir my regverdig.

Marius ·

Verkragter kan nie ge reabiliteer word my maat dit is al oor en oor bewys.

Peanut ·

Aan juffrou Botha wil ek net vra of sy woorde en idees in die kleintjie se mond gelê het van hoe sy self werklik voel, of is dit die normale intellektuele vlak van n ses of agtjarige uit n normale middelklas huishouding.
Ek gee kleuterskool en glo my, my kleintjies is hul ouderdomsgroep ver voor, maar regtig, die ” redenasie vermoë ” van hierdie dogtertjie blyk bykans die van ntiener te wees.

Gert ·

Ek voel baie jammer vir haar maar ek het selfde as jy gedink , daar is woorde in haar kop in geprint om wat te se , jammer maar dit is so , en ek hoop regtig hy word lewenslank toe gesluit so ek se nie dis reg wat gebeur het .

johanna ·

@peanut … ek het presies dieselfde gedink, hierdie is nie wat die kind gesê het nie maar wat sy voor gesê is om te sê …. wat hy gedoen het is verkeerd maar hy gaan swaar gestraf word omdat dit blank teen ander kleur is ..

Piet Pierewiet ·

Peanut, presies wat ek ook gedink het toe ek die berig lees. Stem 100% met jou saam!
Goed voorgese.
Mev Botha, die Ninou seun se lewe is as kind ook lewenslank verwoes, waarom is diegene wat hom as Klein seuntjie so verniel het nie ook gevonnis nie?

Matewis ·

Dit is nie noodwendig die kind se direkte woorde nie, maar dit waaropvdie woorde neerkom. Hy het self gesê hy is skuldig, dus verdien hy die straf. Dit is hartseer dat die raskaart weer genoem word. Wat maak die ras in die geval saak??? Dit wat hy gedoen het bly verkeerd… Ek kan nie glo mense staan so vir hom op nie. Wil jul hom weer op die straat hê? Wat sou jul kommentaar gewees het as dit jou kind was?

m ·

Jip, peanut ek is geneig om met jou saam te stem, ek het self twee in daai ouderdoms groep, en dis glad nie hoe hulle redeneer as iemand hulle leed aangedoen het nie.

wilma ·

Te laat vir trane jou kinder verkragter. Dalk sal hy nooit uit tronk kom want sy mede gevangenes gaan hom harde tyd gee. Dis wat hy verdien.

Gerda ·

Ek sê nogsteeds…..Kinders hoort nie by plekke te wees waar drank bedien word nie.

Ek ·

Ag asseblief Gerda, die Dros is al jare lank ‘n gesins plek. Daar is dan speelplek vir die kinders ook. Hou op drank blameer vir alles – dis die persoon wat dit drink se skuld. Nie drank nie.

Grens ·

Stem staam, as jy jou kinders in ‘n drink en rook-nes wil invat, moet dan nie later klae nie.

SLAGOFFER ·

Gerda – As kinders nie by plekke hoort wat drank bedien nie sal jy nerens eers kan gaan eet nie ,want hulle verkoop by alle eet plekke drank.

Dassie ·

@Johanna… Wat maak kleur saak, verduidelik dit vir ons asb? Hy het ‘n kind verkrag en sou gehang het as dit nie vir die nuwe bedeling was nie. Jy is belaglik.

Michael P ·

Ja ek wonder party keer ook ek verstaan wat Peanut en Johanna se hoe die sake verskil van mekaar As jy nou vat n paar jaar gelede toe n JHB sakeman se vrou verkrag is deur 4 mans terwyl die 8 jarige seuntjie en pa moes toekyk hoe dit gebeur het toe skiet hulle die seuntjie voor die ma en pa dood toe die vrou voor die man en toe die pa. Nou kan jy meer geweldadig as dit kry.Ek het dit per toeval in n koerant gelees en nooit weer daarvan gehoor nie. Soos ek verstaan het was dit n blanke gesin. So dan maak Johanna se kommentaar heeltemaal sin hierbo.

Andrea ·

Ja ongelukkig speel ras n rol hier; in die hele hofsaak en in sy vonnis . Ek hoor nooit in die media van wit dogtertjies wat tydens huisbrake en plaasaanvalle verkrag word nie. En dit gebeur wel. Dit word net nie in die media genoem nie

C VL ·

Ek hoop nie haar familie lees jou lelike kommentaar nie. Dis onnodig om bo-op alles wat met haar gebeur het te probeer om ‘n etiket om haar te hang. Sy kry hulp. Ons hoop vir haar op ‘n gesonde lewe vorentoe.

Waarheid ·

Wat van al die ander verkragtingsskagoffers?
Wat se straf gaan daardie mismaaksels kry?
Daar was n gr r kind verkrag en die kind het gister ..ek dink..of vandag gesterf.
Wat se straf gaan haar verkragter en moordenaar kry.
En al die ander vroue en kinders?
Wat se straf kry die monsters wat hulle verkrag het?
Ook lewenslank?

GP ·

Daar word ongeveer 50 kinders per dag verkrag in sa. Nou gaan mense aan of hierdie so verskriklike ding is en dit is erg maar wees kosekwent met al hierdie mense nie net sekeres nie.

Lindtjies ·

Die meisietjie sal nooit weer dieselfde wees nie. So iets bly mens verewig by. Gaan kyk maar wat gebeur met vrouens wat as klein dogtertjies wat gemolesteer is. Hulle lei aan depressie en hulle is kompolsiewe eters. ‘n Gebarste Kruik wan nooit weer heel kan word nie. Hoe anders sou Nicolas Ninow nie gewees het as hy ook liefdevolle ouers gehad het wat hom beskerm het nie. As hy ook maar net oor kon begin.

se net ·

Ja, hy moet boet vir sy dade. Maaaaaaaar ek dink die ma moet ook bietjie geleer word om n verantwoordelike ma te wees. Al is jou kind in n vreemde kelner se sorg, JY AS MA MOET KORT KORT seker maak dat jou kind veilig is. Nie sit, suip en eet en vergeet van JOU verantwoordelikheid nie.

Sanni ·

Hy ht gekry wat hom toe kom. Wens net daar is v alles sake geregtigheid

Mariska ·

Die kind is voorgese. My dogtertjies is dieselfde ouderdom en daar is geen manier dat n kind van tussen 7-9 jaar so sal redeneer nie.

Mariska ·

Die kind is voorgese. My dogtertjies is dieselfde ouderdom en daar is geen manier dat n kind van tussen 7-9 jaar so sal redeneer nie. Ons almal weet die seun is skuldig en hy moet daarvoor boet, maar waar was die ma gewees? Mens stuur nie jou kind alleen badkamer toe nie, veral nie in vandag se dae nie. Sy moet ook sommer aangekla word van nalatigheid.

Lollie ·

Stem saam dat sy voorgesê is want die redenasie pas nie by haar ouderdom groep nie. Ek kry haar bitter jammer en geen kind of vrou verdien dit nie. Wat my pla is dat lewenslank hom ook kan breek. As hy daar uitkom haat hy dalk al wat vrou is want sy ma het hom teleurgestel en nou weer dit. Straf hom maar het enigeen ń idee hoe lank is lewenslank in die tronk.
Nou toon hy glo nie genoeg berou nie. Dit sit nie in ons om te gil en skree en in die vloer neer te slaan nie! (Al is dit jare na die voorval ook nog) Glo nie almal wys berou op dieselfde manier nie.
Hulle albei moet sielkundige behandeling kry. Hierdie ANC vroueligas en meer wat so in die hof aangaan oor lewenslank moet die reg sy gang laat gaan. Daar word net te veel deur elke Jan Rap en sy maat ingemeng. Gee hom die straf wat hom toekom. Hy sou in elk geval minder gekry het as hy gemoor het

Linda ·

Hy is sopas tot Lewenslank gevonnis plus n ekstra 5 jaar Amen !!!!

Frm ·

Ai kapt Botha wat maak hierdie geval so uitsonderlik? Alle verkragting slagoffers het trauma en letsels vir die res van hulle lewens. Hierdie saak raak nou n media sirkus en ek glo nie dit help enigsins die kind se herstel nie. Ek kan glo die moeder voel skuldig . So ek hoop regtig hierdie gesinnetjie verdwyn nou uit die kollig en konsentreer op die dogtertjie se herstel. Maar ek twyfel ek dink hierdie slegte insident gaan nog holrug gery word.

EKKE ·

Ek stem saam met Waarheid. Ons sal maar moet kyk wat word van daardie verkragter wat nou die dogtertjie se dood veroorsaak het. Hy behoort OOK lewenslank te kry!!!

madels ·

My hart gaan uit na die dogtertjie. Dis verskriklik wat met haar gebeur het maar ek moet ook nou net asb byvoeg dat daar is NIKS wat Jesus nie kan gesond maak nie. So n traumatiese ervaring KAN ABSOLUUT gesond gemaak word en geen letsel oorbly wanneer Jesus hierdie dogtertjie gesond maak nie. Ek ken mense persoonlik wat baaie erger dinge deur is en hulle is heel. Hou op om die dood oor hierdie kind te spreek, spreek eerder lewe en wat satan wou probeer doen deur Ninow, hy nie sal regkry nie. Nie net het hy Ninow se lewe verwoes nie maar ook n kind. satan sal nou lekker lag want hy het gekry wat hy wou he. Maar JESUS het meer krag as satan, deur Jesus se wonde is daar genesing vir Ninow en hierdie pragtige kind. Laat ons eerder bid vir albei dat hulle genesing sal kry by Jesus, al die pyn wat Ninow van sy kinderdae gehad het, die verskriklike verkragting waarmee hy betrokke was en die dogtertjie wat verseker erg geskaad is deur wat hy gedoen het. Kom ons neem hande en bid vir albei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.