‘Dros-verkragting’: Moenie video deel, sê regskenner

Die Dros-restaurant in Silverton. Foto: Oupa Mokoena/ANA

ʼn Regskenner het sosialemediagebruikers aangeraai om nie die Facebook-profiel, foto’s of ʼn skokkende video van die man wat glo ʼn sewejarige meisie by ʼn Dros-restaurant verkrag het te versprei nie.

Die verdagte (20) in die opspraakwekkende saak het Dinsdagmiddag vlugtig in die streekshof in Pretoria verskyn in verband met die voorval wat glo vroeg Saterdagaand in die Silverwater Crossing-sentrum in Silverton plaasgevind het.

Die verdagte kom weer op 2 Oktober voor op aanklagte van verkragting, die besit van dwelmmiddels, intimidasie en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Sedert die beweerde verkragting aan die lig gekom het, het sosialemediagebruikers ʼn Facebook-profiel van ʼn jong man sowel as foto’s van die beweerde verkragter op sosiale media versprei. Daar het ook later ʼn video die ronde begin doen wat glo net ná die voorval geneem is.

Die ontstellende video wys ʼn man wat naak is en sy geslagsdele met klere bedek. Daar is bloed op sy bors en aan sy nek nadat hy glo deur mense aangerand is nadat hulle van die beweerde voorval bewus geraak het.

Die strafregkenner Ulrich Roux het beklemtoon dat die verdagte volgens die Strafproseswet nie geïdentifiseer mag word nie aangesien hy van seksuele misdade aangekla word.

Volgens die wet mag mense wat van seksuele misdade aangekla word eers geïdentifiseer word nadat hulle in ʼn hof op die aanklag teen hulle gepleit het.

Volgens Roux kan mense wat die Facebook-profiel, foto’s en video van die vermeende oortreder versprei van dwarsboming van die gereg aangekla word. Roux het ook gesê die video kan moontlik in die hof as bewysstuk gebruik word en dat die verspreiding en moontlike manipulasie daarvan ook op dwarsboming van die gereg kan neerkom.

Die regering het intussen versoek dat mense nie die video op sosiale media versprei nie aangesien dit onsensitief is teenoor die vermeende slagoffer en haar gesin en die regsproses in gedrang kan bring. Die regering het die publiek verder versoek om kalm te bly en die reg sy gang te laat gaan.

Die vermeende verkragter het die sesjarige glo van die speelplek in die Dros in Silverton, Pretoria, na die vrouetoilette gevolg en van daar na die manstoilette gedwing, waar hy haar na bewering verkrag het. Foto: Facebook

Die Dros-restaurantgroep het in ʼn verklaring sy meegevoel betuig met die ouers van die meisie wat na bewering verkrag is.

Patse Jordaan, Dros-woordvoerder, het gesê hulle het die kind se ouers enige moontlike bystand aangebied “wat redelikerwys in so ʼn geval verwag kan word”.

“Ons was ook in noue verbinding met die eienaars, bestuur en personeel van die betrokke Dros-restaurant,” het Jordaan in ʼn verklaring gesê. “Aangesien die SAPD die saak ondersoek en weens die sensitiewe aard daarvan, kan ons nie kommentaar daarop lewer of enige nadere besonderhede verstrek nie.

“Ons doen dus ʼn beroep op die media en die publiek om toe te laat dat die SAPD die ondersoek na dié sensitiewe aangeleentheid afhandel.”

Maroela Media het vroeër berig die vermeende verkragter het glo die kind na die restaurant se badkamer gevolg, haar uit die vrouetoilette gegryp, haar mond toegedruk en haar na die manstoilette geneem waar die verkragting na bewering plaasgevind het.

Toe die meisie se ma na haar gaan soek, het sy ʼn geraas uit die manstoilette gehoor, maar die deur was glo geblokkeer. Nadat sy dit volgens ʼn ooggetuie oopgedwing het, het sy op die man afgekom. Hy én haar kind was albei na bewering naak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Casper Labuschagne ·

28 September, 2018 teen 13:07 en die video van die man in die toilet by die Dros is steeds beskikbaar op ‘n groot groot SA persgroep se Internet nuusdiens onder die opskrif, “WARNING: SENSITIVE VIDEO – Video emerges of chaotic moments after alleged Dros rapewatch”. Klaarblyklik is sekere persgroepe of bokant die wet, of te groot vir die staat om strafregtelik te vervolg, of albei.

Neh? ·

Casper, wat kan die staat doen as 2 miljoen mense die video share? Die video is reeds viral en sal baie moeilik verwyder kan word van alle platvorme.

Casper Labuschagne ·

@Neh – dit is die probleem, as genoeg mense iets doen dan word dit uiteindelik ‘n wetlike beginsel en later selfs ook grondwetlik sonder dat daar ooit ‘n wet deurgevoer word.

Michelle ·

Ek wil sien wat gaan hulle doen aan hele SA seker sy regskenner weereens besig met propaganda as dit my kind was, was ek in die tronk. Ek glo hy sal kry wat hom toe kom. Kyk net weer die video waar hy se daar is niks fout met hom nie… Nou is daar? Sies man

Willie ·

Dis verskriklik… speel kamers by resturante is uit, hou jul kinders 24uur onder jul oe… hierdie land met die wetteloosheid is siek verby..

KG ·

Ek stem dat hy ook nie regte behoort te he nie, maar die punt is sy slagoffer en haar familie het wel regte, sowel die persoon wat saam met hom op van die fotos verskyn en niks met sy dade te doen het nie.

adriana ·

Waar bevind die aanvaller hom nou?
In ‘n aanhoudingsel?
Ek hoop so!!

Donovan ·

Dit is mense soos hy wat sal maak dat ek met my agterent in die tronk gaan sit saam hom want ek sal hom vrek slaan. Indien hy nie vrek is voor ek tronk toe gaan. Anders slaan ek hom in die tronk vrek.

Betty Janse van Rensburg ·

Godelose daad wat met die doodstraf saam loop …..

My hart gaan uit na die ouers en dogtertjie

Yvonne ·

Met vandag se tegnologie sal hulle die wet moet aanpas, dis onmoontlik om vir miljoene mense wat woedend is oor wat gebeur het te se moenie na dit kyk of deel nie. Met hierdie saak en honderde na hom is so iets heel moontlik dat iemand iets gesien of van weet en dit op sosiale media sal plaas. Jare terug voor ons sosiale media en selfone gehad het was so iets dalk moontlik, in vandag se dae raak dit net al hoe moeiliker

Nettie ·

@Yvonne, die wet bly die wet, tegnologie oftenot. Dit moet nagekom word as jy nie in groot bollie wil beland nie.

Soos die mense in Worcester wat vanoggend ‘n motor, met die registrasie nommer ten volle leesbaar, in ‘n post op sosiale media gedeel het – die vrou het na bewering oor rooi verkeersligte en stopstrate “gejaag”. Wat die mense nie besef nie, is dat daardie vrou hulle van crimen injuria kan aankla …..

Stuiwer ·

Daar was ‘n program oor Facebook administrateurs die pas afgelope naweek op Carteblanche. Die administrateurs het sekere riglyne wat hulle volg oor watter inhoud op facebook plasings verwyder mag word. Hierdie video word nie gebruik om kindermishandeling/verkragting goed te praat nie. Dit word gebruik om die skuldige aan die kaak te stel. Facebook se reëls sê dat dit in sulke gevalle as sensitief gemerk sal word, maar dit nie sal verwyder nie (dis hoe ek dit in elkgeval verstaan). Ek weet nie of ons landswette so gesofistikeerd is om mense te keer om hierdie video te deel nie. Die fokus moet nie hierop wees nie, maar om die verkragter vas te vat.

Koos ·

Nettie: ek vra al lankal vir mense om vir my asseblief EEN saak te noem waar iemand aangekla is van crimen injuria vir so iets soos die registrasienommer van die kar in jou voorbeeld, of ‘n siviele eis wat aanhangig gemaak is of, nog beter, ‘n eis wat toegestaan is, vir so iets.
Tot tyd en wyl daardie gebeur, weier ek om my deur ‘n klomp hiper-sensitiewe oormatig polities-korrekte vreesbevange mense en hulle kamtige regsgeleerdes te laat bangpraat.

Asb ·

Probeer dit nou in mense se koppe kry! Dit is ongelukkig reeds te laat, almal met ‘n fb en twitter rekening het mos vryheid van spraak en kan selfs maak en breek soos hulle wil.

AGF ·

Nettie, aankla is een ding. Skuldig bevind in ‘n hof is ‘n perd van ‘n ander kleur.

Sharon ·

Hoekom het d ma die kindjie alleen laat badkamer toe Gaan??????

HESTER ·

JY GAAN SEKER NIE DIE MA NOU PROBEER BLAMEER NIE???????????

Blommie ·

@ Sharron, het jy klein kindertjies of kinders?
My dogtertjie is daai ouderdom en so hard as wat ek haar leer om my te kom se voordat sy badkamer gaan om my te se sodat ek saam gaan, bly dit moeilik. Hulle speel so lekker dat hulle glad nie diink aan toilet nie. Die tyd wat hulle onthou is dit amper te laat en hol net vir die badkamer om dit te maak. Sulke goed moenie gebeur nie. Jou kind moet kan speel ek=n kan lag, hoe is dit moontlik om jou kind dop te hou 24/7, ons as mammas try die beste om ons kindertjies veilig te hou teen sulke goed, dit gebeur in n oogwink. As jy jou kop wegdraai vir n oomblik na die kelener, jou man of watookal. Jy kan nie elke sekonde jou kind dophou nie. Dis nie moontlik nie. Sulke goed wat kindrrs van hulle regte ontneem behoort geen regte te he nie. Ek voel daai mamma se py en daai kleinde dogtertjie, dis onregverdig, moenie vir een oomblik dink daai mamma het nie na haar dogtertjie gekyk nie. Ek met so klein dogtertjie ken al die uitdagings, veral hoe kreatief hulle kan raak op daai ouderdom, besig. Sulke goed moenie GEBEUR NIE.

Zoro ·

Op die ingewing van n oomblik neem n normale kind n besluit veral in n speel parkie – dalk kan jy jou kind programmeer

Marietjie ·

Ongeag die situasie, waar jy is in die huidige omstandighede en wat hier en oral om ons ingaan MOET JY AS OUER DIT BY JOU KINDERS INPRINT dat hul NOOIT ALLEEN IN N OPENBARE TOILET INGAAN NIE. En dit doen jy al van kleins af. Dit moet n tweede natuur wees om EERS na jou te kom en te sê hul wil toilet toe gaan. Dan is dit jou PLIG om jou kind self soontoe te neem. My kinders en kleinkinders doen dit nog al die jare. Ja jy as ouer HET N VERANTWOORDELIKHEID OOK TEENOOR JOU KIND. As die kind nie self gaan nie ,gaan haal jy hom en sorg dat hy/sy kort kort toilet toe gaan. Jy kan nie jou kind net los om te speel en hardloop waar hy/sy wil nie. As hul nog klein is, dink en besluit maar namens hulle.

Underwood ·

Ek stem saam met jou kind moet altyd onder oë wees in sulke plekke

AW ·

That video clip may just be that Open Door that the Suspects Attorney may make use to the Defences Advantage….

But the Public Does Not Carre as to how they… Whether Directly or Indirectly …. Contrabute to Defeating the ends of Justice and the Prosecution process…..

But Ja…. This is South Africa…

Jan ·

Even if it works to his advantage, he will be more safe in prison than outside.

Piet ·

AW they can share it if they like, because let me assure you that in this case, there will be justice.

docpietza ·

Verwyder daai man se …….. sonder enige verdowing .
Hy verdien baie pyn na sy daad.
Maar brand gaan hy brand EENDAG!

rafel ·

Hy Sal sy medisyne in die tronk kry….nie alle misdadigers is kinder verkragters nie…

Gesamentlike toilette ·

Deesdae is alle publieke toilette onveilig, die rede, daar is een ingang en twee deure een vir mans en een vir vroue. Ek voel ongemaklik om by sulke toilette in te gaan en verkies dat my man saamgaan. Wat nog van kinders. Asseblief verander die belaglike konsep!!! Alle tipes gebruik dit.

leon ·

Weens gesonheids redes mag die toilette se deure nie direk in die restaurant oopmaak nie. Dit is hoekom daar n tweede deur is. Miskien nie `n ideale oplossing nie, maar dit is verpligtend en wet.

Od ·

Ons was gisteraand in n restaurant saam met ons kids en familie. Eventually het ons die aangeleentheid bespreek omdat ons kleintjies juis in die speelkamer was. Ons as ouers gaan juis na n restaurant wat n speel area asook n “child minder” het, waar dit veronderstel is om veilig te wees. Ek staan amper elke 5minute op en gaan kyk. En ons maak seker hul is nooit uit ons oog. Ons sit altyd reg by speelplek. Maar niemand hoef blammeer te word. Nie die restaurant; nie die ouers; nie die ooggetuie. Al wie blammeer moet word is daardie siek siek man wat dit gedoen het!

Myra ·

Ek het op vorige berigte gelees, die ooggetuie het alles uit een gesit, die verdagte se drankie wat bestel is ,hoe die verdagte nader skuif en die dogtertjie dophou,ook hoe hy agterna na die toilette geriewe geloop ,die ma ingelig oor die mans toilette, dus toe sy dit forseer tot toegang.
My vraag is? Hoekom het die oog getuie nie iets gedoen nie? Hy/Sy sien als maar doen niks.

Hend ·

Dalk is ek verkeerd. Maar iets in video lyk suspect! Ek se wag en hoor wat gebeur het. Beteken nie omdat jy in st8 yt skool yt en dwelms gebruik het jy is n verkragter nie.Ek het altwee van daai gedoen en vandag is ek getroud met n goeie loop baan en salaris. Dont get me wrong. Wit,swart, pienk of geel. Ek stem ok vir die beskerming van vrou en kinders. Geen kind verdien so iets nie- kom ons wag vir die volle storie voor ons almal op hol jaag!!!!

Carol ·

Moet my nie verkeerd verstaan nie ,ek voel vir elke vrou of kind wat so iets moet deurmaak.Dit is doodstraf.Maar iets lyk nie vir my reg nie.Hoekom kaal uittrek in n plek waar baie mense is.?? En waar jy nie veel tyd gaan he nie !!!! As jy die video kyk hy is nie dronk nie en mense wat drugs gebruik is nie netjies op hulself nie.Toe sy FB oop was kon jy sien dit is nie n drug addict nie. Ken hom glad nie en kry die gevoel hier is n slang in die gras.That is just my opinion.

TLC ·

Tot my bittere spyt het ek clip gekyk
My hele kindwees voor my oopgeskeur
Ons geheim
50 jaar terug
Hy so 2 maande terug die doodstraf gekry op GOD se manier
Blykbaar het hy nie die dood maklik gehad nie
Dogtertjie ek bid vir jou mag jy dit verwerken heel anderkant uitkom Met GOD se genade het ek
Jip ek stem hy moet met 1 gedagte frek en dit is wat hy aan jou gedoen het
Ek het my eie dogter soos goud opgepas Geen maklike taak nie want dit is onmoontlik
Maar in n eetplek neem ek ouers kwalik
Ons almal weet hoe siek is die wereld

TLC ·

Tot my bittere spyt het ek clip gekyk
My hele kindwees voor my oopgeskeur
Ons geheim
50 jaar terug
Hy so 2 maande terug die doodstraf gekry op GOD se manier
Blykbaar het hy nie die dood maklik gehad nie
Dogtertjie ek bid vir jou mag jy dit verwerken heel anderkant uitkom Met GOD se genade het ek
Jip ek stem hy moet met 1 gedagte frek en dit is wat hy aan jou gedoen het
Ek het my eie dogter soos goud opgepas Geen maklike taak nie want dit is onmoontlik
Maar in n eetplek neem ek ouers kwalik
Ons almal weet hoe siek is die wereld ????

Boellie ·

Uhhm….
Waar was julle “Liewe Jesus ” toe die aanval plaasgevind het?
Of is dit ook alweer ń toets van geloof? Of is dit soos in daai nut case Storieboek, alweer ñ “kosbare les”? Ek probeer net uit figure, vir wie is die les….. die ou, die kind of die ouers?

Piet ·

Ag siestog ou Boellie, is jy ook een van die ouens wat Jesus blameer vir al die slegte dinge in die lewe, die duiwel kry mos niks krediet nie. Gaan lees jou bybel noukeurig self, dan hoef ek nie te preek nie. Jy verstaan nie hoe geloof werk nie, wat die sondeval was nie, waarvoor Jesus op die kruis gesterf het nie, of enige verwante aspekte. Hoe moet mens dan met jou daaroor kan praat?

Casper Labuschagne ·

@Boelie, inderdaad word elke Christen se geloof getoets want die keuse is gemaak om Jesus as die Verlosser en Koning te aanvaar en vir ewig in God se koninkryk te woon. Die alternatief is om te aanvaar dat wat ook al oor is na jou dood eenvoudig sal wegvrot, want in so ‘n lewensbeskouing kan daar geen siel in die mens wees nie want daar is dan geen God nie, gevolglik is daar geen groter doel of hoër roeping in die lewe nie; bloot net ‘n niksbetekenende en nuttelose bestaan buiten die maksimum plesier vanuit ‘n leefwyse van onmiddelike bevrediging sonder enige sanksie van nagevolge. By die kruispad van die lewe is dit elke mens se eie keuse – gaan dit oor my, of gaan dit alleenlik oor God?

JJ ·

Tipies Saffa, blameer die ma. SIEK en dan wonder julle hoekom daai land nooit sal reg kom nie. Die ou verkrag n kind, maar jul wonder waar die ma was, die oppassers en en en. Hy’t verkrag, hy moet suffer tot hy sy laaste asem uitblaas.

Casper Labuschagne ·

Op die Twitter rekening van ene Julius Sello Malema, is die naam, foto en selfs gesin se fotos van die Dros beskuldigde vandag al ten minste al ‘n halfdosyn keer op Twitter heraangestuur.

B.B. ·

My siening oor die Dros voorval…. ek vra ook vir die nodige “Vonnis” wat vir verkragting van toepassing is, (Ek sal grg. hierdie kind se kinder lewe ook wil hoor) maar geen simpatie met hom. Ek verwyt geen Ouers of beslis NIE hierdie Ma nie/ (voel simpatiek teenoor ha) maar het OUERS oor die algemeen nie TE gemaklik geraak, wanneer hul gaan uiteet nie…Uit-eet is n Gesins-ete…Laat ALMAL SAAM aan die tafel sit, eet, gesels en lag, ..DIE KINDERS OOK. As daar gespeel moet word…neem jou kinders (soos in die ou dae) …na die dieretuin, voelpark, gaan kamp, of speel met hulle by die huis., waar jy as “OUER” self oor hulle toesig hou. n Eet-plek behoort beslis NIE n Speel-PARK te wees nie..!!!

Casper Labuschagne ·

Die probleem is dat diegene wat skade aan kinders wil aandoen sal gaan na die plekke waar daar kinders is en dit dus nie sal help om kinders van A na B te verplaas nie. Die werklike probleem is dat ons vandag lewe in ‘n samelewing met enige vryheid denkbaar wat aan die individu toegelaat word en daar is ‘n besliste verband tussen sekere materiaal wat besigtig word en sommige geweldadige seksuele aanvalle. In ‘n enger samelewing wat op Christelike waardes gevestig is sal sulke persone waarskynlik vroeg al geringer oortredings begaan het en daarvoor gevonnis word, maar in vandag se samelewing is wat eens oortredings was, nou persoonlike vryhede sonder enige sanksie.

Blommie ·

Die rede hoekom n vermeende seksoortreder se identiteid nie bekend gestel mag word nie is bloot omdat daar wel gevalle is waar mans onskuldig van verkragting beskuldig word. AS die staat “rape kits” beskikbaar het, wag hul net vir die DNS en ander forensiese uitslae wat die oortreding volgens die staat moontlik maak.

Dis n vreeslike komplekse saak. Ek het al beide kante van sulke oortredings dop gehou in die media. ” Gestel” die persoon “was” n onskuldige persoon wat nou toilet toe gegaan het en die meisietjie het my die verkeerde toilette in gegaan en iemand het nou net daar in gekom en die situasie geinterpreteur… Dit lyk sleg. As ek die ma van die kind was, het ek ook nie vrae gevra nie. Dis hoekom dit maar net beter is vir my om maar net te obserweer, solank ek nie hoef op te tree nie.

PS: Asb, ek se nie dis die geval hier nie, ek gee net n verduideliking van waarom dit so belangrik is. SOU so n man regtig egtig onskuldig wees, is sy lewe so goed soos verwoes.

Mamma ·

Daai clip het my as ma ontsettend ontstel. My hart is stukkend vir die 6 jarige dogtertjie en haar mamma. Die lewe is boos en daai clip is nou ‘n eye opener vir elke ouer!!! Alhoewel dit baie ontstellend is, is dit nodig om elke ouer te laat besef om BAIE MEER waaksaam te wees!!!

Heinrich van Zyl ·

Beide die Spur geval van lank gelede en nou die Dros voorval het in gesinsrestaurante plaasgevind. Ek vermoed volwasse restaurante slaak ‘n sug van verligting dat hulle nie juis vir kinders voorsiening maak nie.

Koos ·

Die ouers moet dalk minder kuier en minder drink en na hul kinders kyk, ouers is verantwoordelik vir hul minderjarige kinders

Kom By ·

Die straf-en strafprosesreg sal moet aangepas word om tred te hou met videos wat op sosiale media versprei word. Dit is onkeerbaar. As dit suksesvolle vervolgings belemmer, moet die reg bykom .

Carol ·

Stem saam. Soos wat hul se geen rook naby kinders moet dit ook wees met drank.

Janet ·

Die mense wat die video gekyk het: hoekom? Wat is dit wat julle gehoop het julle gaan sien? En het julle vir een oomblik daaraan gedink hoe julle sou voel as elke Jan Rap en sy maat ‘n video kyk van iets wat vir julle erg traumaties was, selfs al was dit nie van die gebeurtenis self nie maar van wat direk daarna gebeur het?

Robert ·

@Kom By – Ek stem 100% saam met jou. Die Howe sal moet begin voorsiening maak vir Tegnologiese Ontwikkeling en die impak daarvan op gemeenskappe. Anders kan hul maar net sowel hul deure sluit!

Joe ·

Hoekom nie die video wys nie??? Laat die wereld sien hoe lyk ‘n kinder verkragter!!!

Johan ·

Ek wil sè Mr Rammposa bring die doodstraf in dit gaan die ANC laat wen in 2019

Lenie Lourens ·

Hoekom vra almal van die dogtertjie se ma….. Hoekom haal niemand die verdagte se ma uit nie. Die eintlike vraag is hoekom word ouers in so posisie geplaas om 24/7 jou kind te MOET op te pas in n openbare plek. Dit moet nie so wees nie. Maar die verdagte het vrye beweging en niemand pas hom op nie

Marietjie ·

Nou is jy baie onregverdig! As jy groen gras op die land het en so iets gebeur in die toekoms met jou, onthou hierdie plasing van jou vandag. Hierdie Ma wat jy wil straf, se smart is net so groot. Sy het nie beheer oor haar volwasse kind se lewe nie.

christa ·

DIE MENS IS SIEK NIE DIE WERELD NIE. DIS OMDAT DIT ONBEVOEGDE MENSE IS WAT IN POSTE IS WAT GEMORS IN ONS LAND SUID AFRIKA LAAT BINNE KOM HOE DINK JULLE HOE KOM GUPTAS HIER DIS GIGABA .

Stripes ·

Of die video versprei mag word of nie, ek het die berig van die verkragting in ‘n Britse koerant gelees en daarna dit in die RSA koerante gesien.

Sinies ·

Wie/Wat gaan hulle aankla? Die selfone?
.
Die persoon wat ge-Fica is, die persoon wat die knoppie gedruk het?
.
Maak die wet, die persoon verantwoordelik wat ge-Fica is, vir die kommunikasie verantwoordelik? Soos n vuurwapen.
.
Ek voorsien n paar bewyslas probleme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.