Dros-verkragtingsaak: Aktiviste sê hul sal wéér opruk

Die beskuldigde in die hof. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Aktiviste wat Dinsdag na die Pretoria-landdroshof opgeruk het vir die verskyning van ʼn 20-jarige man wat tereg staan op aanklag van verkragting van ʼn sewejarige dogtertjie in ʼn Dros-restaurant in Silverton, sê hulle sal wéér tydens die volgende verskyning in groot getalle na die hof opruk.

Themba Masango, sekretaris-generaal van NotInMyNameSA, het ʼn groep aktiviste geklee in swart gelei in protesaksie voor die hof waar die saak deur landdros Mali Mokoena aangehoor is.

“Ons staan verenig om te sê nie in ons naam nie. Ons staan saam om te sê hierdie ou mag nooit weer daglig sien nie. Ons wil ook seker maak dat ʼn klag van poging tot moord op die klagstaat bygevoeg word,” het Masango gesê.

“Op 1 November [tydens die man se volgende hofverskyning] kom ons weer in groot getalle terug. Ons hoop dat die howe hierdie saak spoedig sal hanteer sodat die kind beskerm kan word van die sekondêre trauma om te moet kom en getuig.”

Die man het Dinsdag net vlugtig in die hof verskyn voordat die saak tot 1 November uitgestel is aangesien daar nog forensiese verslae uitstaande is. Die beskuldigde, wie se hare sedert sy inhegtenisneming afgeskeer is, het ʼn sweetpaktop se kappie laag oor sy gesig getrek om teen die talle flitsende kameras in die hof te skuil.

Betogers voor die Pretoria-landdroshof waar ‘n 20-jarige man op aanklag van verkragting verskyn het (2 Oktober 2018). Foto: ANA

Masango het gesê NotInMyNameSA is tot dusver tevrede met die vordering van die saak, maar sê die burgerlike organisasie is teleurgesteld dat die minister van vroue in die presidensie nie ook die hofverrigtinge bygewoon het nie. Talle regeringsbeamptes en verteenwoordigers van politieke partye was gister by die hof teenwoordig.

“Ons is tevrede dat die saak goed vorder. Nou moet ons net seker maak die klag van poging tot moord word bygevoeg,” het hy gesê.

“Ons is teleurgesteld in die minister van vroue en kinders wat nie vandag haar gesig hier saam met die ander Suid-Afrikaners kom wys het nie. Om verklarings vanuit jou lugversorgde kantoor uit te reik is nie genoeg nie. Ons moet verseker dat die minister wat in beheer is van die soort situasies gesien word op voetsoolvlak, saam met die mense, om hoop te skep.”

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, Kgosi Maepa, die ANC se streeksvoorsitter in Tshwane, en Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, was almal in die openbare galery toe die saak aangehoor is.

Buite die hof het lede van die DA, die ANC Vroueliga, EFF, Black First Land First, en African Democratic Change almal betoog ter ondersteuning van swaarder vonnisse vir kindermolesteerders. Polisiebeamptes is in groot getalle binne en buite die hof ontplooi en die gewoonlik besige Francis Baardstraat is vir verkeer afgesper.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie (TMPD), het na die tyd gesê die TMPD is tevrede met die manier waarop betogers hulle buite die hof gedra het en geen voorvalle is by die owerhede aangemeld nie. “Ons verwag dat hulle by die volgende hofverskyning weer teenwoordig sal wees met dieselfde gedrag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Sp ·

Ek hoop eerlikwaar dat elke kind wie verkrag word so klomp ondersteunende skare kry.
Wanneer n kind verkrag word in n nedersetting of waar ook al, haal dit nie hoofnuus nie.

Gerda ·

Terwyl ek glo dat hy die swaarste straf moontlik moet kry, dink ek dis baie sleg dat sy hofsaak nou n politieke speletjie geword het. Almal probeer nou net politieke punte wen. Hy is n misdadiger, hy het niks met politiek te doen nie.
Ek het nie nou na die statistiek gaan kyk nie, maar daar is 100de verkragtings elke dag. Wat van al die ander vrouens en klein dogtertjies en seuntjies? Moet hulle eers in n restaurant verkrag word voor iemand gaan omgee?

Arie ·

Ek stem saam, as die skuldige nie wit was nie sou daar geen optogte gewees het nie. Ek stem egter nou saam met hulle hy moet nooit vrygelaat word nie!!!

Melt Olckers ·

Dit was nou werklik ‘n skokkende daad wat selfs vir die publiek moeilik is om te verwerk. Kan net indink hoe troumaties dit op die slagoffer en haar familie moet wees.
My gebede is met die slagoffer en haar familie.

waarheid ·

Waar is julle almal wanneer ander verkragters in die hof verskyn wonder ek?
Waarom is julle nie by daardie hofverskynings nie? Waarom doen julle nie ook soveel moeite met ander verkragtingsake nie?

Wonder ·

Ek stem saam, my hart gaan uit na die kind geen kind verdien dit nie en ek wat kleinkinders het weet regtig nie wat Sal ek doen as so iets met hulle moet gebeur nie, maar hoekom kom almaar nie saam met ander verkragtig sake nie dat mens stop kan sit want dit is n daaglikse dink niemand voel meer veilig in ons land nie.

Hazeldean ·

Gaan dit vir hulle regtig oor hierdie kind, kinders wat verkrag word? Sou die beskuldigde n wit dogtertjie verkrag het, het hierdie massas ook so tekere gegaan?

Wonder ·

dit gaan al Lanka nee meer hoorde die kinders of over mensen wat verdrag of verloor word nie dis alles politiek. die Suid Sfrikanes is desda net oor een ding ingesteld en dis rasisme die slagoffers beteken niks meer vir die mensdom nie!!!!!

wonder ·

Dit gaan al lankal nie meer oor die kinders of mense wat verdrag word of vermoor word nie dis alles polities, die Suid Afrikaners is deesdae net oor een ding ingesteld dit gaan alles oor die woord RASISME. Dit slagoffers beteken niks meer nie!!!!!

Tanzie ·

Hazeldean, ek dink jy ken die antwoord op jou vraag reeds…

cathy ·

Dankie Bee. Ek stem heeltemal saam. Wat sou ons doen as dit ons kind was?
Ek is net bly dat daar uiteindelik mene is wat hieroor ‘n standpunt inneem. Al is daar 100de kinders elke dag wat verkrag word, moet ons iewers begin ‘n standpunt teenoor die “perpetrators” inneem. Mag die Vader daai dogtertjie en familie genees van binne en buite.

Potlood ·

Presies, as dit anders om was soos julle voorstel, was daar tien teen een nie eers ‘n hofsaak (of twee nou al) gewees nie, en as daar was, sou dit baaaaaaie leeg gewees het met geen versoek om fotos te neem nie…
Maak nie saak wat hulle se nie, hierdie saak bewys dat iemand reeds skuldig bevind word, voor dat dit bewys is.
Dit word ook as ‘n partydige rasse kaart gespeel.

Hierdie persoon gaan ook nou deur verskriklike trauma agv die aanrandings en dat hy nou al sommer reeds in die tronk geplaas word agv die staat se patetiese prosesse om die hulle ondersoek op tyd te voltooi nie.
Plaas jouself bietjie in sy kant ook en hou op om sommer net klippe te gooi. Was julle daar?
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ons almal het ons eie As hy skuldig is, moet hy verewig sommer verdwyn… Maar vir nou, weet ons niks behalwe stories.

Piet ·

Bee en Cathy, is die punt nie eintlik dat dit juis nie jou kind is nie? Almal sal begrip he daarvoor as die ma van ‘n kind tekere gaan, watter kleur sy dan nou ook al is. Die punt wat hier gemaak word is dat lede van die publiek in oproer is, maar hulle sou nie wees nie as dit nie ‘n beweerde wit op swart misdaad was nie. As dit nie vir jou duidelik genoeg is dat dit die argument is nie, dan moet ek dalk ‘n prentjie probeer teken.

Blompot ·

Ek is jammer om te se, 10jaar terug al was my dogtertjie deur n onwettige immigrant (a Ugandan) verkrag en NIKS het gebeur nie. Sy was maar 12. Die file het weg geraak en so ook die ou. End.

GP ·

Blompot, dit is erg wat met jou dogtertjie gebeur het, en so baie jammer om daarvan te lees. Hierdie krap seker nou ou wonde nog oop ook. Ek is so jammer vir alles wat my en ons mense moet deurgaan in hierdie tyd.

Hoop werklik jou dogter is OK en julle ook. Baie sterkte aan julle.

Maraycke ·

Hulle wil duidelik n voorbeeld maak van die jong man……. hier kom n groot ding om hom aan te kla vir poging tot moord is enige ander kinder verkragter al so aangekla. Wat hy gedoen het is siek maar hy is klaar gekruisig.

waarheid ·

Ek hoop die aktiviste ruk ook op by ander verkragtingsake. Alle verkragtingsake is ewe erg.

GP ·

Statistieke wys 109 verkragtings per dag is SA waarvan 46 hiervan kinder verkragtings is.
Ons almal weet waaroor hulle so te kere gaan oor die spesifieke saak.

GM ·

As al dié BBP maar net die tyd kon inruim om gesig te wys by ander hofsake ook van kinders wat verkrag, mishandel, of vermoor is. Hoekom nou meer van ‘n bohaai maak oor kleur, as wat daar gemaak word oor die afskuwelike daad self?
Waar kom poging tot moord in? ‘n Lewe is verwoes, I get that, maar hoekom dan nie alle verkragters daarvoor aankla nie?
Ek verstaan ook nie hoe dit toelaatbaar kan wees dat selfone in die beskuldigde se gesig gedruk kan word om foto’s te neem nie. Ander kere veg hul so vir die beskuldigdes se ‘menswaardigheid/regte’. Die dubbele standaarde darem.
Mag geregtigheid geskied!

F ·

Ek wonder maar net waar julle almal was met die 95jarige blanke vrou wat verkrag en toe vermoor was.

feite ·

Ja ek wonder ook daardie een. Sowel as, wat het toe geword van die pragtige meisie Siam Lee moord, waar die beskuldigde ook n verkragting saak teen hom het. Dit het darm stil geraak daardie saak.

jakes ·

Die man is siek!!!! Wat besiel n mens om so iets aan n kind te doen? Hoop hy kry wat hom toekom.

Skokkend ·

You rape my child I will KILL you ?????.. does it mean that this guy is a rapist and you are a MURDERER???? Does it make you ‘n BETTER person than the rapist? Why are these banners allowed?

Hannelie ·

Ek stem saam, eintlik loop hier dan nog baie moordenaars rond wat dit sommer op baniere uitbasuin. Hoekom wil jy wat ‘n banier het met “You rape my child I will KILL you”, jou dan self skuldig maak aan moord? Hierdie land gaan vinniger ten gronde as wat ons besef. Kry die dogtertjie so jammer, maar ek glo dat geregtigheid sal geskied.

En nou? ·

Daar word seker elkedag ‘n 7 jarige in SA verkrag! Dit is totaal onaanvaarbaar, maar hoekom “ondersteun” “ons” nie al hierdie sake soos “ons” hierdie een ondersteun nie?

Lady ·

Ek wonder nou net een ding. Hul gaan daai klein meiskiekind verwoes in die hof. Hul gaan haar nog meer skade doen. Uit moet dit uit fair. Straf moet hy gestraf word. Maar ek wonder hoeveel ouers lees regtig die storie agter die storie. Hoe laat jy n 6 jarige kind aleen badkamer toe gaan. Die feit dat die ouers eers moes soek se dat daar absoluut geen toesig was oor die kind nie. Nie eers waar sy gespeel het nie. My meisiekind is 9 ons sit altyd teen die speel plek om te sien wat sy doen. As sy badkamer toe gaan selfs al is dit by die eet plek glo my is ek saam haar daar. Die man het n kaans gevat op n 6 jarige onskuldige kind. Daai kind se lewe is verwoes en glo my vry die hof gaan daai kind op die ou end meer skade doen. Die vernedering wat die arme kind nou ervaar gaan nie nastenby so erg wees soos wat sielkundige, ondersoekbeampte en almal wat betrokke is wees nie… ek hoop alle ouers lees die storie agter die storie. Die is n siek wêreld jy kan nie jou kinders eers in publiek vir 2 secondes uitlos nie. Ek hoop die man kry sy straf wat hom toekom.

Anni ·

Lady, hierdie kind sal nooit die binnekant van ‘n hofsaal sien nie, ook sal sy nie van aangesig tot aangesig met haar verkragter kom nie. Sy sal, weens haar ouderdom en die trauma waaraan sy reeds blootgestel word, in-kamera getuig. Dit is wet. Sy is in ‘n aparte vertrek, en vandaar af word dit wat sy se, op ‘n TV skerm in die hof uitgesaai. Sy sal glad nie moet getuig, soos wat ‘n volwasse persoon byvoorbeeld moet getuig nie.

‘n Sielkundige sal ook vir baie lank met haar werk, en die sielkundige stel dan ‘n alles omvattende verslag saam wat in die hof ingedien en voorgele word. In meeste gevalle word die Sieldundige se verslag ten volle aanvaar, en het die kind dan nie eers nodig om iets verder te se nie. Dit mag dalk selfs hier gebeur, aangesien die kind alreeds so getraumatiseerd is en so jonk is.

lord oom jan ·

jy is reg lady. die ouers, dink amper sy was daar met haar ma, dra 85% van die blaam vir wat met haar gebeur het. maar seker weer besig met haar so belangrike twitter en fb accounts so war maak n kind saak? gaan kla die ma ook aan. maak dan van haar ook n voorbeeld

Boxer ·

Ja en daar spring Spur toe ook gisteraand op die nuus op die storie en vertel vir almal hoe veilig hulle restaurante is. Siestog hoe deperaat moet mens wees. Ja die kinders is dalk veilig maar hoe veilig is die ouers as hulle uit gemaak word as rassiste. Nee wat haal eers die balk uit jou oog voor jy die splinter uit jou broer se oog wil haal. Pateties.

Anni ·

Ek dink wat hierdie saak soveel anders maak, is dat mense EERSTEHANDS kon sien, wat daar gebeur het, te danke, en ek se, te danke aan die video wat op sosiale media versprei is.

Ek dink daar is baie mense daar buite, wat nou eers, na die video besef, maar wat IS die verkragting van ‘n kind, die totale ondenkbare trauma en horror wat daamee gepaardgaan. Ek glo baie mense se oe, al was dit nou op die mees horrific wyse, het oopgegaan, en ek glo in hierdie land van ons, het hierdie video meer goed, as kwaad gedoen. Mense is wakker geskud, en dit was nodig. Daar is te veel mense daar buite, wat hierdie dinge te ligtelik opneem, wat nog steeds loop en dink, “ag, dit sal nie met my kind gebeur nie”.

My man is sielkundig geskroef, na hy vir meer as 10jaar as SAPD Speurder, met hierdie presiese goed gewerk het. Dit kan met enige kind, enige plek gebeur, ongeag jou velkleur, sosiale stand of geloofsoortuiging. Mag hierdie die begin van groter bewuswording wees, en mag elke verkragting/molestering hierna, met dieselfde Publieke vuur ontmoet word.

Anti Spur ·

Indien Spur se speelplek veilig was – sou hulle nie in die sitiuasie wees waarin hulle hulle vandag bevind nie!
So hulle is defnitief ‘n nog go area.

Lindtjies ·

Ek hoor vanoggend op die radio dat die ANC vroue liga aandring op chemiese kastrasie. Wat dalk ‘n goeie ding sal wees. Maar aan die ander kant sal sekere hoog geplaasdes dieselfde behandeling moet kry….. Dit vind wel in ander lande soos Rusland en Australië plaas.

GP ·

Klink na baie goeie idee solank dit alle skuldiges raak.
Dalk sommer amputasies.

GP ·

In my opinie is dit nie Dros se skuld nie en ook nie die ma se skuld nie.
Daar is slegs een skuldige party en dis die person wie die afskuwelike daad gepleeg het. Of dit die person wat beskuldig is of nie sal ons moet sien.

Dis net jammer dit word ‘n politieke ding. Wie van die betogers wat so bohaai maak gee werklik om vir die dogtertjie en hoeveel van hulle is net daar om politieke punte te wen. Hoeveel politieke mense gee om vir hulle mense? Dink baie min, almal net uit om punte vir hulself te wen.

van der Merwe ·

GP ek stem saam jou. Ons leef in ‘n samelewing waar jy te dankbaar is as daar by jou ‘n roof was, dat jy “gelukkig” nie verkrag is nie. Die feit van die saak is dat hierdie samelewing so siek is, dat ‘n mamma en haar kind nie eers kan ontspan nie – dat mens nêrens kan ontspan sonder om oor jou skouer te kyk nie.

Anoniem ·

Wie is ons om te oordeel, hy is nog nie skuldig bevind nie.
Hoe sou jy voel as die 20 jarige jou kind was en jy lees alles wat almal te se het, jy sal nie daarvan hou nie dis sal so diep sny en seermaak en so glo ek ook nie sy ouers hou baie daarvan nie, dit maak hulle bitter seer, dan praat ek nie eers van sy verloofde nie.
Plaas n wag voor jou mond en se liewer niks, dink aan hoe sy ouers en verloofde moet voel oor die goed wat julle spreek.

Casper Labuschagne` ·

@Anoniem – korrek, die reg moet sy gang gaan sodat geregtigheid kan geskied. En daarom het ons ‘n reg om gewalg te wees deur die gebeure, maar ons moet bo alles die regsproses respekteer waar skuld in die hof bewys moet word. Die huidige sirkus rondom hierdie saak hou ‘n werklike gevaar dat die regsproses hier verydel word.

Wonder ·

Ek wonder wat gaan julle almal se as daai ou onskuldig bevind word????? Onthou DNS moet eers getoets word.

Casper Labuschagne ·

Natuurlik sal die aktiviste weer opruk. Die 139 minderjarige kinders wat vandag verkrag sal word is minder belangrik as die een wit man wat na bewering ‘n kind verkrag. Vir die aktiviste gaan alles bloot oor die opsweep van rassehaat.

( DIe SAPS berig dat 41, sommige berigte is 46, kinders daagliks verkrag word. Maar AfriCheck se ontleding van die SAPS statistieke is dat 124,526 verkragtings plaasgevind het, waarvan 41% minderjarige slagoffers is. My berekening is dat daar gevolglik 139 minderjariges daagliks verkrag word. )

Harry ·

Op ons aardbol is hierdie die land van verkrag en moor, waar statisties een uit elke vier mans al verkrag het en een uit elke tien al aan groepsverkragting deelgeneem het . Dit is skokkend om te dink dat meeste van hierdie mans vry rondloop en alle posisies in die samelewing verteenwoordig. Dit is dus heel waarskynlik dat ‘n kwart van al die mans wat die hofverrigtinge bygewoon het, ook verkragters is en dat 80% van die skare kriminele rekords het (statisties het 80% van ons regeringsamptenare kriminele rekords). Hierdie meerderheid kriminele ruk tans in hul massas op teen enkele blankes wat oortredings teenoor gekleurdes begaan het en eis swaarste moontlike strawwe, terwyl hulself vry rondloop?

Anti Spur ·

Hannelie – ek weet ons praat van die Dros – maar ‘n kommentaar voor my het gese die Spur het ook ‘n eier te le gehad oor die Dros – storie en ek het toe daarop gereageer. Is dit aanvaarbaar?

waarheid ·

Miskien moet kommentators eers al die kommentare lees voordat hulle ‘n oordeel fel oor wat ‘n ander kommentator skryf. Dit sal dan die kloutjie by die oortjie bring.

LM ·

Hy was dapper genoeg om dit te doen. Wees dapper genoeg en haal die bedekking van jou gesig af. Ouers leer julle kinders om te kom se as hulle toilet toe wil gaan in enige restaurant en ma/ pa stap saam met hulle. Regtig nerens is kinders meer veilig nie – maak nie saak watter ras nie. Bid asb dat die Here die skille van ons liewe regering sal oop maak en die doodstraf sal terug bring. Hoeveel mense in ons land moet nog sterf agv misdaad/verkragting – noem maar op – dit is daar

wonder ·

Q Anoniem – Weet jy iets wat ons nie weet is hy klaar skuldig bevind?????

wonder ·

Q Anoniem – Weet jy iets wat ons nie weet is hy klaar skuldig bevind????? Het geen sulke inligting nie.

hoe sê ·

Hierdie varkpes moet alles vat wat na sy kant toe kom en ja dit is jammer dat hy van verkragting aangekla word hy moes nooit die dros lewendig verlaat het nie hy het daai kind vermoor hy het haar nie net verkrag nie

GP ·

En hoe sou die waarheid dan uitgekom het? Wie se hy is skuldig, en wie is jy om hom so te veroordeel?

Elke person het die reg tot ‘n regverdige verhoor. Soos dinge nou lyk dink jy hy gaan ‘n regverdige verhoor kry?

What a joke! ·

Jy weet goed hoekom…want hy is blank!
Hoe verkeerd is dit nie dat vir een kleur van die rasse demografie in die nuwe wonderlikke RSA word daar oor opgetree maar vir die ander kant van die grenskleur vir dieselfde daad net omdat dit nie vir politieke eie gewin gebruik sal word nie tree hul nie dieselfde op nie!
Hoe hipokraties tog nie…

Dit is waarlik n hartseer dag in Suid Afrika dat die messe alleenlik uit is om alle blankes op te skroef vir n ander dom sielsiek blanke se onnosele individuele barbaarse daad….
Enige radikale anti blank politieke party gaan dit nou gebruik om te bevestig hoekom dit goed is om die blanke in Suid Afrika te straf! Dade soos die help nie die blanke in n erg brose rasseverhouding situasie in Suid Afrika nie, inteendeel dit gee die
erg radikale EFF en BLF ammunisie en n bron van krag om die massa ongeskooldes op te sweep om vir hul te stem om sodoende die blanke verder te straf en te ontneem van sy regte in Afrika..

tou ·

Ons gaan nie genoeg tou he vir die doodstraf nie.
Sal moet invoer.

Tanzie ·

Wat maak hierdie saak enigsins anders as die ander? Waarom word elke liewer verkragter se gesig nie elke keer op elke voorblad van elke koerant uitgestal nie? Ek praat geen maar geen verkragting goed nie, ek is al immers self daardeur maar is ons mense seker dit is wat werklik hier gebeur het? Iets waaraan ek vanoggend gedink het…. Wie was die “vriend” saam met wie hy by die “bar” gesit en kuier het?

Spooki ·

En nou..? Met jou stem ek saam, dat alle sake elke dag moet aandag geniet, dalk n FB blad oopmaak, waar almal elke dag al die sake kan opsit, sodat almal aandag kry en nie net soos die saak wat nou alleen soveel aandag kry nie. .Alle misdade teen die kinders / vroue / oumense alle rasse is ontoelaatbaar en een te veel…

Kom ons wag. ·

Ons is geneig om die knaap te oordeel nog voordat hy skuldig bevind is. Ons weet nie regtig wat gebeur het nie, want daar is verskillende weergawes van die storie. Wat nie lekker vir my sin maak nie is die volgende: Kelners het met koerante oor die saak gepraat. Ek sou dink Dros se eienaars sou hulle gevra het om nie met die media te praat tot hulle nie hul verklaring gegee het nie. Nerens lees ek van Dros wat ‘n verklaring gegee het nie. In een koerant lees ek van 3 kelners wat met die media gepraat het. Hoekom was die knaap dan sonder klere? Ek weet van mense wat as hulle die toilet gebruik al hulle klere uitrek… jip dis snaakse gedrag, maar dit gebeur. As die ma weier dat die dogtertjie gaan vir enige toetse dan wonder ek maar net. Op die video kan gehoor word dat hy sê hy is nie skuldig nie. Die een koerant sê die verkragting het in die vrouens badkamer gebeur. Die ander koerant sê weer dit het in mans toilet gebeur. Kom ons wag maar eers. As die knaap skuldig is, hoop ek dat hy veraltyd agter tralies sal sit en dat hy die ergste staf kry wat moontlik denkbaar is. Ons probleem is dat ons alles glo wat ons hoor. Kom ons wag eers en kyk wat kom uit in die hofsaak…

ywerige koerant leser ·

2 Vrae Johan …
1. Is jy ‘n ouer?
2. In watter wereld is dit reg om ‘n kind (of volwassene) te verkrag?
Bring dit voor jou aangesig hoe ‘n groot mens so iets aan ‘n kind kan doen, en dan as jy ‘n pa is hoe jy sal voel as dit met jou kind gebeur, hoe kan jy die tweede kant regverdig?

Theresa ·

To all on the outside of the court building: Do exactly the same for each rape victim.
This, at this point in time for this specific case – is bias if you do not plea the same at all rape cases.

ywerige koerant leser ·

That is the truth, what is wrong is not right, and the media should expose EVERY rapist so that we could all stand up in unity against this, irrespective of the victims race, sex, or age. We should be able to gather our forces like this for every victim.

ywerige koerant leser ·

Jy sit in ‘n restaurant, reg langs die speelpark, jy kyk op om vir jou kind ‘n milkshake en ‘n pizza te bestel, jou kind knyp haar nood al te lank en dink dis vinniger toilet toe as om eers tafel toe te hardloop en sy hol vir die loo. Jy kyk terug en binne minder as ‘n minuut is sy nie meer daar nie, jy gaan soek haar en kom op die siek gemors af… Moet ons kinders met kettings aan ons vasbind? Is ons wereld so siek dat ons nie ons kinders uit die huis kan neem nie? Ons lewe in vrees vir ontvoering, verkragting, bedwelming… Wat is die toekoms vir ons kinders? Was die kind verkrag JA of NEE??… JA? Dan is die verkragter skuldig, deur die hof besluit of nie, die feit is sy was verkrag… NEE? dan is hy Onskuldig want dan het hy dit nie gedoen nie. Punt. Dis nie Dros se skuld dat daar siek mense in die samelewing is nie, dis nie die ma se skuld dat hy besluit het om haar dogter te verkrag nie, sy het nie haar dogter vir hom gegee om dit te doen nie. Misdadigers loop nie met bordjies wat se ek is ‘n verkragter of moordenaar nie. As jy die verkeerde daad uitvoer is dit jou skuld, jy het die besluit geneem om dit te doen, anders sou dit nooit gebeur het nie, en jy alleen moet die verantwoordelikheid dra en daarvolgens gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.