Druk laai op in DA oor Van Damme

Phumzile van Damme. Foto: Facebook

Druk is in die DA aan die oplaai dat optrede moet volg oor die jongste voorbeeld van ʼn omstredenheid op sosiale media waarby ʼn DA-parlementslid betrokke is.

Minder as twee weke nadat die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, ʼn sterk bewoorde brief aan die parlementêre DA-koukus gestuur het waarin hulle ernstig vermaan is om op te hou om die party se beeld en boodskap aan te tas met persoonlike geskille op sosiale media, bevind die DA-LP Phumzile van Damme, wat ook een van die party se swepe is, haar in die pekel.

Die jongste sosialemedia-omstredenheid waarby Van Damme betrek word, het sowat ʼn week gelede begin toe sy op Twitter vertel het van ʼn beweerde rassevoorval by die Waterfront in Kaapstad waarby sy betrokke was.

Soos alte dikwels met hierdie soort ding is die fyner besonderhede ingewikkeld, maar kortweg kom dit daarop neer dat sy beweer ʼn familie het rassisties teenoor haar opgetree, waarna sy ʼn jong man in die familie te lyf gegaan het.

Twitter-reaksie hierop was soos altyd diep verdeeld, maar nietemin uitgesproke vir en teen haar optrede. Toe raak oudpremier Helen Zille, wat self al deur die DA gestraf is vir haar optrede op sosiale media, betrokke.

Zille het op Twitter die wens uitgespreek dat “… die betrokke familie (wat sedertdien soos mis voor die son verdwyn het) na vore sal kom om hulle kant van die saak te stel”. Sy vervolg: “Maar hulle is seker bang vir die moontlike gevolge. Dit is in sulke omstandighede moeilik om vas te stel wat die waarheid is.”

Hoewel Zille later ontken het dat die stelling Van Damme se weergawe van die feite betwyfel, was dit presies wat Van Damme daarin gelees het, en sy het glad nie op haar laat wag nie.

Sy het dus onder Zille ingeklim en haar herinner dat sy wat Zille is, DA-dissipline in elk geval ignoreer, want sy het haar nie gehou by haar eie onderneming om haar sosialemedia-uitlatings tot Wes-Kaapse kwessies te beperk nie.

Die hele onaangenaamheid plaas die kollig nogmaals op stryery in die DA, en dit in die week van die debat oor die staatsrede – daarom dan die druk op die DA om te toon dat Steenhuisen se brief ʼn waarskuwing eerder as ʼn dreigement was, en dat straf sal volg soos in die brief gewaarsku is.

Een presedent in die DA-koukus se annale sou wees wat ʼn paar jaar gelede met die DA-LP Dianne Kohler Barnard gebeur het toe sy onnadenkend ʼn ontoepaslike stuk oor oudpres. PW Botha op Facebook geplaas het.

Sy moes onder meer in die openbaar om verskoning vra, het haar sweepskap verloor (en daarmee ʼn inkomste van omtrent R5 000 per maand) en moes klasse in die korrekte gebruik van sosiale media loop. Sy is ook uit die DA-skadukabinet verwyder, maar het nie haar pos as parlementslid verloor nie. Kohler Barnard is in vanjaar se verkiesing tot LP herkies en is terug in die DA-skadukabinet.

Of Van Damme dieselfde paadjie gaan loop gaan interessant wees, en die ooreenkomste en verskille sal fyn dopgehou word in politieke kringe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

HAB ·

Wanneer gaan mense leer dat sosiale media Facebook/Twitter/Instagram
Nie die die plek is om jou gevoelens op te deel nie. Hou dit vir jouself. Niks wat jy daar kwytraak gaan die wereld kan red nie. Pasop wat jy skryf asb. Die oomblik wat jy send druk sien almal dit. Is dit die moeite werd? Nee dit is nie.

Diefie ·

Genade tog, het sy nie iets beters te doen nie as om ‘n bekgeveg op te sit nie. Daar is verkragtings en moorde wat baie meer aandag nodig het, as om oor snert te kerm.

ES ·

Baklei soos kinders oor nonsens! En hierdie mense wil ons land regeer?
Dis ‘n sirkus…

John ·

… maar Steve hoef nie te dink nie… hy kan sy sè sè, ook namens alle Afrikaners? Daar was voorheen iemand genaamd Terreblanchè wat nie net van sy perd afgeval het nie… onder sy leierskap is Boere vermoor. Miskien moet AfriForum ook ‘n briefie rig aan die akteur… Daar is ‘n diep sloot tussen slim en dwaas.

Chivago ·

Regtig John? En wat het stilbly ons tot dusver in die sak gebring! Tot wanneer moet ons die slae vat en steeds die ander wang draai. Ten minste het Steve die moed om feite uit te lig.

Pikkewyne ·

Steve praat nie vir die Afrikaner nie. Hy staan op vir die Afrikaner se regte as geheel. Haal jy jou kop uit die sand, skud af al die swak en kwaad gevoelens teenoor jou mede Afrikaners. Ons gaan bou, met of sonder jou…

Ai. ·

Ja en die Eff en Blf en DA en Anc mag ok se wat hul wil sonder nagevolge John?

Arie ·

Die d a vernietig hulle self sonder dat die opposisie ‘n woord hoef te rep

fred ·

google haar agtergrond…..
dan sal ons verstaan vanwaar sy kom..ook n vrou met n groot rasse chip op haar skouers..

Boerin ·

Ek skaam my om te erken ek het vir die DA gestem…ek laat my kop in skaamte sak…sou ek weer n kans kry om my stem uittebring sal dit NOOIT weer vir die DA wees nie! Hulle het nie my stem nodig nie!

Maljan ·

Almal wonder oor van damme se uitlating. Ek weet ek sou die klap met n vuishou gewreek het. so sou almal wat ek ken gedoen het.

JohanL ·

Wel die van Damme dame (seker nie familie van Jean-Claude nie) het sekerlik ‘n CHIP op haar skouer. Ongeag presies wat gebeur het, het sy geen reg of voorreg om handgemeen te raak en iemand fisies aan te val nie (aanranding). As ‘n blanke dit gedoen het, was daar reeds lankal ‘n klag gele by polisie.

Maar dit is duidelik dat van Damme nie die nodige selfbeheersing het om korrek op te tree nie.

Ettienne Lombard ·

Daar sal geen straf kom nie weens die kleur verskil. So is ons gewoond aan Suid-Afrika se dubbele standaarde!

jaco ·

En Zille sê natuurlik NET wat sy wil, want sy weet sy kan deur albei haar oupas Duitse burgerskap kry. Waai net eendag wanneer ALLE wit mense weens haar lelike uitsprake gestraf word. mense met sulke lekker “agterdeure” moet eerder net stilbly.

Maryn ·

Van wanneer is dit korrek of opgevoed om heel voor in die ry in te druk, voor mense wat al geruime tyd reeds geduldig wag? En verseker, as dit my seun was wat sy so geklap het, sou sy vandag heel anders gelyk het!

kolla ·

Hoekom het die seun nie ‘n klag gelê van aanranding nie, hierdie selfverdediging storie is twak. Die toets vir selfverdediging is normaalweg dat die afweeraksie nie meer moet wees as wat nodig is om die aanval af te weer nie. Sy sê sy is net gedreig, regverdig nie ‘n klap in my opinie nie. Nou gaan sy hiermee wegkom want niemand gaan ‘n klag lê by die polisie nie.

sweis ·

Watse kommen manier is dit om mense aan te rand in die openbaar dit moes nooit gebeur het nie.

KrokodilBotha ·

DA is mos die ANC lite. Vir jare smokkel hulle met hulle ondersteuners. Wanneer sal die mensdom wakker skrik. Draadsitters

Aster ·

Ek stem saam KrokodilBotha. Dis skokkend om te sien dat ons mense se ogies net nie wil oop gaan nie….en nou?? Spyt kom altyd te laat. Word wakker mense.

Hans ·

Sy het skynbaar ‘n geskiedenis met haar uitlatings. Vertrou die kiesers sal hierdie voorval onthou wanneer daar weer n verkiesing is.

Nel ·

Nee wat sy sal niks oorkom nie, miskien ligweg oor die vingers getik word. Haar struggle- suster, Me Mandela, het lig daarvan afgekom so hoekom verwag dat dit met Van Damme anders sal wees.

Allthesame ·

All black south africans are closet supporters of the eff. They are all racist. They grow up like that. Nothing we do can change that. They will continue to blame everyone else for all their faults and short comings. Best is to stick with your own people and build a safe haven with and for them.

Pieter h ·

Presies korrek. Stem vir jou eie mense. Rasse is n feit in ons land en nasiebou is n droom. DA is nie die antwoord vir wittes nie hulle kan net groei met swart stemme en moet noodgedwonge links neig en selfs populisme. En Musi gaan ook later moet uit agv sy wit vroutjie. Maak VF sterker al hou jy nie van hulle nie.

Rika ·

Yip die DA nie meer wart dit was nie. Hiervan net af draaende vir hulle, want daar is geen integrity in die party Msumani nie naamste by dieselfde gehalte leier as Helen en Auntie Pat so in die kaap genoem.

Malva ·

Praat waar… my oorlede Pa se leuse: hou jou by jou nasie, hou jou by jou volk, hou jou by jou taal, hou jou by jou kultuur en kerk

Gerhard ·

Die party wat jou kom vertel almal kan in vrede saamleef kan dit nie eers self doen nie. Waarom glo jy nog hulle twak en waarom stem jy nog vir hulle. Die Afrikaner kan nie verder onwerkbare ideologieë najaag nie.

Johan ·

Die van Damme vrou laat my dink aan n spioen van die BLF wat by die DA ingekom het. Snaaks, die linkses is almal in dieselfde bootjie. Ek lag my n papie!

thelsa ·

Die Van Damme saga gaan ‘n stil dood sterf. Sy is ‘n Persoon en die Party sal niks aan haar doen nie. Hulle is bang vir stemme verloor. Die voorval sal stilletjies in die Parlementêre gange verdwyn met ‘n verskoning dat dit intern hanteer is.

Erica ·

Wat ‘n verleentheid vir haarself en almal wie sy verteenwoordig. Skaamkry is nie in hulle woordeboek.

Clipper ·

Die DA is aan die kwyn as gevolg van Maimane se swak beheer en totale afwesigheid van enige mate van bestuursvernuf. Sedert hy aan die hoof gekom het, het die party net al swakker presteer. Hierdie spul gaan weer ‘n klomp stemme kos6

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.