Druk om laaste Afrikaanse skole te verengels

Die enigste twee oorblywende Afrikaansmediumskole in Kaapstad se suidelike voorstede sê hulle doen alles in hul vermoë om hul taalbeleid te handhaaf, ondanks druk van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) om te verengels.

Die Laerskole Paul Greyling in Vishoek en Simon van der Stel in Wynberg het minder as 200 leerders elk. Dis al wat oorgebly het van ’n eens florerende Afrikaanse skoolgemeenskap, waar nog tot enkele jare gelede hoërskole soos Groote Schuur, Voortrekker en Zwaanswyk asook agt laerskole moedertaalonderrig in Afrikaans gebied het.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sal verkies dat die Laerskool Simon van der Stel in Wynberg ook onderrig in Engels bied aangesien die minder as 200 leerders nie die skool se geriewe ten volle benut nie. Foto: Morné van Rooyen

Paul Greyling, wat sedert sy stigting in 1956 ʼn klein skool was, het vanjaar 158 leerders van gr. 1 tot 7. Maar die 90 jaar oue Simon van der Stel het in ʼn stadium twee klasse per graad gehad en het dus kapasiteit vir aansienlik meer leerders as die huidige 159 in dié grade en 27 in gr. R en RR.

Die waarnemende skoolhoof, Laurika Hefer, sê hulle bemark Simon van der Stel tans onder Afrikaanssprekende ouers van die omgewing so aggressief as wat hul beperkte hulpbronne toelaat. Wynberg het egter nie ʼn Afrikaanse kleuterskool nie; dus skryf heelparty ouers hul kinders aan Engelse kleuterskole in en gaan die kinders dan enduit in Engels skool.

Sy en Saneli van Niekerk, voorsitter van Paul Greyling se beheerliggaam, sê albei hul skole ervaar druk van die WKOD om hul taalbeleid te verander. Maar Jessica Shelver, woordvoerder van die onderwysdepartement, het by navraag gesê al het die kringbestuurders met die skole hieroor gepraat, bly enige verandering in die taalbeleid die beheerliggaam se besluit.

Van Niekerk sê dis duidelik die departement wil hê hulle moet verengels of parallelmediumonderrig invoer, “maar dis ons beleid dat ons ten sterkste ten gunste is van moedertaalonderrig, veral in die grondslag- en junior fase”.

Al die ander Afrikaanse skole in die suidelike voorstede het Engels naas Afrikaans as onderrigmedium ingevoer voor hulle eindelik heeltemal verengels het.

Gevra hoe die WKOD dié druk toepas, sê Van Niekerk verteenwoordigers van die departement besoek die skool af en toe en maak dit duidelik hulle wil hê klasse moet vol wees. “Onderwysposte kom ook in die gedrang omdat die getalle volgens hulle nie na wense is nie. Die departement verkies groot klasse.”

Shelver sê albei skole se getal onderwysposte is vanjaar op 164 leerders bereken, maar Paul Greyling het vyf departementele poste en Simon van der Stel net vier.

Omdat Paul Greyling volgens Van Niekerk “bitter min” geldelike bystand van die staat kry, ervaar hulle groot finansiële druk. “Ons het ook ongelukkig weens die aard van die omgewing baie kinders wie se ouers nie die skoolgeld kan bekostig nie en wat uit moeilike huislike omstandighede kom,” sê sy. “Die staat gebruik dit om nog druk op die skool te plaas om te verengels.”

Van Niekerk, wat twee kinders in Paul Greyling het, skat net 40% van die ouers van die skool se 176 leerders van gr. R tot 7  kan die skoolgeld bekostig, hoewel nie almal dit wel betaal nie.

“ʼn Maatskappy in Lakeside borg ʼn groot aantal kinders se skoolgeld en heelparty kry ook algehele vryskelding,” sê sy. “Tot 70% van ons kinders kom uit minderbevoorregte huise.”

Dat die naaste Afrikaanse hoërskool, Jan van Riebeeck in die stadskom, 25 km van hier is, is volgens Van Niekerk nog ammunisie vir die departement, want hulle meen dis geriefliker dat plaaslike kinders strykdeur in Engels onderrig word. Sy skat as ’n reël gaan sowat driekwart van die gr. 7’s na dié hoërskool en die res na die plaaslike Fish Hoek High School.

“Ons sou baie graag ʼn Afrikaanse hoërskool in die vallei wou gehad het, maar die departement gebruik ons getalle teen ons. Baie ouers stuur hul kinders van gr. 1 af na Engelse skole omdat hulle dink dit sal hulle help cope in ʼn Engelse hoërskool.”

Shelver sê daar was nog nooit sprake van ’n Afrikaanse hoërskool in dié omgewing nie omdat die behoefte daaraan dit nie regverdig nie, maar die Engelsmediumskole in Vishoek is vanjaar oorvol.

Van Niekerk vertel dit verg groot opofferings van plaaslike leerders om hul hele skoolloopbaan in Afrikaans skool te gaan. Die bus wat Vishoek en omstreke se hoërskoolleerders daagliks stad toe neem om aan Jan van Riebeeck skool te gaan, vertrek al voor ses soggens en kom smiddae eers ná vyf terug. Tog is moedertaalonderrig vir die leerders en ouers so belangrik dat sommige jare se gr. 7’s almal na Jan van Riebeeck gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

ZAR ·

Dis onaanvaarbaar dat daar soveel druk op Afrikaanse skole geplaas word. Ons kinders het die reg om in hulle moedertaal skool te gaan.

Gert ·

Se gou vir ons: watter party is in beheer van die Wes-Kaap?

Wes-Kapenaars, vir wie het julle in 2014 gestem vir provinsiale regering?

En moet asseblief nie weer se dat daar niemand anders is om voor te stem nie, want dit is eenvoudig nie waar nie.

Lerato ·

Hoe jammer dat Afrikaans as akademiese taal gaan uit sterf.

Hoe sal die nageslag groot skrywers soos NP van Wyk Louw en Breyten Bruitenbach na regte waardeer?

Celtis Africana ·

Dapper stryders!
Mag hul soos die bokke teen alle menings in, tog Afrikaans bly in die vuilbakleistryd!

Penellope Jones ·

Moedertaalonderrig beteken absoluut niks as dit nie demokraties gedoen word nie!
Die regering is tog so lief vir die woord “democracy” maar dis ‘n mantelswaai woord vir hulle.

Jerry ·

Afri-Forum lede en Solidariteit lede moet druk op hulle organisasies sit om Laerskole en Hoerskole vir Afrikaans te bou in die Wes Kaap se selfbeskikkingsgemeenskap!

TLC ·

Jerry
As afriforum dit kan regkry dan sluit ek more weer by hulle aan
Hul help mos nou by sasol
En ons kinders huil vir hul aandag

Alisha de Lange ·

Vanaf Helpende Hand se kant besoek ek more die skool om te kyk hoe ons kan ondersteun en help.

Johann M van Heerden ·

Ek is beangs oor die toekoms van Afrikaanse onderrig en die hoer funksies van die taal. Dit is ‘n wanbegrip om te dink jy help jou kind deur hom na ‘n Engelse skool te stuur. Ek en my kinders het geen probleem later gehad nie. Weet nie waar dit vandaan kom nie. Ek verstaan egter die ongemak van ouers wat net die beste vir hulle kinders wil he. Maar ek dinks steeds dit is ‘n groot denkfout en gaan Afrikaans dood maak binne ‘n paar jaar.

Chrisna Botha ·

Daar is by ons Afrikaanse skole nog nie soveel moeilikheid soos in die Engelse skole nie. Totdat ons kinders mekaar nie ook met messe steek en die onderwysers mishandel nie, gaan die regering nie tevrede wees nie. En dít maak my bang…..

Johan ·

Eish, ek bly in Gauteng en dink al geruime tyd hoe gelukkig die Kapenaars is met die DA daar inbeheer. Maar na die stukkie nuus – wonder ek. Dat die DA so anti-Afrikaans kan wees (ja wel eintlik glo ek dit). Maimane het mos oor die jare nog nooit ‘n woord gerep as Afrikaans aangeval word nie.

Nou raak dit ‘n balanseertoertjie tussen Kaap (anti-moedertaal onderrig en skoon stad) versus Gauteng (gaan darem bietjie beter itv moedertaal-onderrig maar vuil stede). Kan nie wen nie.

Charles ·

Afrikaanse Onderwys Netwerk! (AON) – hier is julle eerste toets, en kans om daad by die woord te sit en ook sommer ‘n hengse reklame veldtog van stapel te stuur!

Help die mense asb- finansieel gewys, en wat betref kundigheid !!!

Dankie.

Snotklap ·

Ek was in Paul Greyling laerskool asook hoerskool Zwaanswyk. Zwaanswyk is al n paar jaar net engels.
Albei skole het hoog presteer in akademie en sport. Dit is iets van die verlede by Zwaanswyk wat verval het in n gemors van bende geweld van Retreat, Steenberg areas.
Soos ramaphosa gese het, hulle kook die Afrikaaners stadig soos paddas, een skool op n slag.

Linda ·

In hierdie eeu waarin ons leef en al die probleme in Suid-Afrika is dit beter om jou kind vanaf die begin Graad 1 in n Engelse skool te sit. Nie een van my 3 kinders het verengels nie, omdat ons nogsteeds Afrikaans in die huis gepraat het. Maar toe ons 7 jaar in Amerika gaan woon het, het my kinders geen agterstand daar gehad nie. Al 3 vandag het grade by Engelse Universiteite en was top leerlinge !!! As jou kind in jou belang is en jy wil vir hom/haar n goeie toekoms skep, oorweeg Engelse skole as n eerste keuse. Afrikaanse kinders het n geweldige groot agterstand in ander lande !!! Ek praat van ondervinding hier !!!

Ampie ·

Stem nie saam nie. Elkeen moet maar die besluite maak, maar as jou kinders in Engels skoolgaan help jy Afrikaanse onderrig vernietig.

Walter ·

Linda, intelligente Afrikaanse kinders sal geen agterstand hê of sukkel om naskool in ‘n Engelse omgewing aan te pas nie. Slegs dom Afrikaanse kinders sal sukkel…..

Elkeen moet maar besluit tot watter groep sy kinders hoort…

Piet ·

Ek hou nie werklik daarvan as mense praat van dom kinders nie. In Pietersburg waar ek op skool was het ek kinders gesien wat akademies swak was wat dit baie ver geneem het in die lewe. Ek wil nie graag name noem nie want van hulle is top besigheidsmanne en landbouers wat redelik bekend is. Ander top presteerders het uit die bus geval.

Linda ·

Afrikaans is onmisbaar, dis ons moedertaal, maar dit bring jou ongelukkig nerens in die wereld nie. Wie wil ons kids nou van Breyten Breytenbach ens leer terwyl ons in n moderne lewe/society bly met rekenaars aan die orde van die dag, en ons kids half vertraag groot maak. Nie ek nie !!! Dankie !!!! Niks fout met engels nie !!!

Christo ·

Linda, jy leer mos nie net dit wat noodsaaklik is vir jou toekomstige beroep nie. Jy leer tog seker ook dinge bloot omdat dit jou algemene kennis verbreed en van jou ‘n meer afgeronde mens maak?

Riena ·

Ons is in groter moeilikheid as net om die twee Afrikaanse skole Afrikaans te hou. Ons kry net gewoon nie genoeg kinders om onsself te vervang nie. As die departement hulle net uitlos sal die skole vanself binnekort sluit omdat daar nie meer afrikaanse kinders IS nie. Dit geld ongelukkig vir al die afrikaanse skole in Suid Afrika.
Daar is egter al heelwat gemeenskappe wat groter gesinne het en so die kerke en skole en woongebiede Afrikaans kan hou. Hoop die Kaapse gemeenskap kan daardie kopskuif maak.

Linda ·

Ek lag dat die trane loop as ek hoor hoedat opregte afrikaners met iemand in engels probeer praat. Se liewers, “me, I dont talk da english” hahaha, voordat jy n gek van jouself maak ! waak daarteen om nie jou kinders te veel afrikaans te leer nie asb.

Graaf ·

Niemand maak ‘n gek van homself as hy iemand anders se taal skeef en krom praat nie. As ‘n Engelsman of Duitser met my Afrikaans probeer praat waardeer ek dit, al is dit skeef en krom, ek dink beslis nie hy maak ‘n gek van homself nie.

Linda ·

Ons Regering is ENGELS !!! Die DA het so pas aanvaar dat hulle nie die 2019 verkiesing gaan wen nie ! Die ANC gaan hier vir nog ten minste 20 jaar aan bewind wees, daarom doen die leier van die DA nou skielik aansoek om die Premierspos van die Kaap ! Dit laat n mens dink, nie waar nie……..gaan afrikaans oorleef en deur wie…net die ou mense !!

Mornay ·

HOU OP DA STEM. Die Engelse het nog nooit tyd vir ons boere gehad nie. 30 jaar in Natal gebly en ek weet waarvan ek praat !!

Kalahari ·

Dit het niks met die regering te doen nie, maar met Afrikaanse ouers. Indien ouers nie hulle kinders stuur na Afrikaanse skole nie, sal dit sluit. Die enigste persone wat mag het oor of ‘n taal sal voortleef of nie, is die gebruikers daarvan. Indien Afrikaans uitsterf is dit nie die skuld van die Engelse of die regering nie, maar van die Afrikaanstaliges wat dit toelaat en ondersteun deur nie hulle taal te gebruik nie, behalwe miskien in die kombuis.

AgAsseblief ·

Dit het ALLES met die regering te doen. Die huidige regering haat die Afrikaanse taal, en doen alles, in hulle vermoë om die taal te onderdruk, op skool vlak en op Universiteits vlak. Lees bietjie meer dan sal jy nie sulke simpel uitlatings maak nie. Fondse wat vir Afrikaanse onderrig moet gaan, word nou in Engelse en inheemse taal skole gekanaliseer. Daar is duisende en duisende ouers, wat nog steeds moedertaal Afrikaanse onderrig kies vir hulle kinders.

Dankie ·

Ek was in die vroeg tagtigs in Sub A en Sub B, in Laerskool Paul Greyling, en dit was my beste Laerskool jare ooit gewees. Ek’s hartseer om te lees wat nou aangaan. Vishoek is ‘n pragtige dorp, en om te dink soveel Afrikaans sprekendes nou geldelik swaarkry, en nie kan skoolfonds bekostig nie. Vertel my hoe die blanke Afrikaans sprekende verarm het, in daardie gebied. Dit was beslis nie so toe ek daar skool gegaan het nie.

Kapenaar ·

Die skool is ten volle geïntegreer. Die ouers wat swaarkry, is nie noodwendig wit nie.

Fortis ·

Al die kommentare sit die pot mis. Die suidelike voorstede van Kaapstad is feitlik uitsluitlik Engels. In die noordelike voorstede, wat nog grotendeels Afrikaans is, is uitstekende Afrikaans-enkelmediumskole: die Hoërskool DF Malan en die Hoërskool Bellville is maar twee van vele sulke skole. Afrikaanse moedertaalonderrig is dus kerngesond in Kaapstad – die mate waartoe jy toegang daartoe het hang bloot af van waar jy jouself binne die groter metropolitaanse gebied bevind.

Eish ·

Née o genade, daar is nie genoeg water nie!
Centurion val weer die dieptes in.
Kwaai Zulu Natal is die koning se beesveld.
Limpopo en Mpumalanga is kleinbob se grootwordwêreld!
Noordwes is Suprakooi.
Noord Kaap is Adam Kok se mensies se gronde.
Oos Kaap is waar Mandela lê.
Kom liefs Vrystaat toe!
Die die enigste plek wat ons nuwe burgerskap gaan gee synde dit tot so 1830 deel van Lesotho was! Die grondeis moet nog net ingedien en afgehandel word. Hul het so 2.26m inwoners saam met ons Afrkaanspraters se 2.5m is alles mooi in balans!

Hello ·

Linda, jy het jou ondervinding en dit maak jou tereg emosioneel omdat daar mense is wat van jou verskil. Ek vereenselwig my ook glad nie met Breyten Breytenbach se stories nie, eerder met sy broer Jan se stories. Ek myself was nooit in n engelse skool nie, my kinders wat almal in Engeland woon, daar graad gevang het en daar werk, ook nie. Die feit dat ek en my kinders in Afrikaanse skole groot geword het, was absoluut geen, maar geen hindernis hoegenaamd nie, inteendeel is dit asof n mens wat na moedertaal onderrig ten volle tweetalig ontwikkel, net eenvoudig soveel meer begrip toon. N stoere plat op die aarde Afrikaner wat op die platteland in die Lydenburg omgewing groot geword het, het latere jare in Engeland die Britse Vloot se stafdienskursus gedoen en eerste plek op die kursus behaal. Dit is my ondervinding oor moedertaalonderrig, maar dit daar gelaat, want ander mense het weer ander ondervinding as ek en jy. Op die ou einde is albei van ons reg as ons doen wat ons uit ondervinding weet, vir ons werk! Die mense wat so klou vir Afrikaans doen dit agv hulle ondervinding of dalk vir politieke redes. Op die ou einde maak dit nie saak nie. Dit het vir beide my en my kinders uitgewerk en vir jou en jou kinders, en dit is al wat tel!

Henk ·

Afrikaans en die kultuur word huidiglik makliker en aggresiewer deur die Afrikaans sprekende persoon onderdruk en bedreig as wat enige ander persoon dit doen. Die berig se dit self – kinders word deur hul ouers in engelse skole gesit. Ouers praat engels met hulle kinders by die huis en word engelse leesstof aangebied eerder as Afrikaans!!!

J ·

Ek was self in n Afrikaanse skool en nee eks nie wit nie….maar ek kan getuig dat ek baie goeie Afrikaans en Engels kan praat en dus GEEN probleem in vergaderings het by die werk nie ongeag wie in die vergadering is….ek pas 100% aan….dankie aan my ma wat seker gemaak het eks ten volle tweetallig….en let wel….Kinders wat Afrikaans eerste taal en Engels tweede taal leer op skool is vlot in albei waar kinders wat Engels eerste taal het….sukkel verskriklik met Afrikaans….#semanet

Cobus ·

Mense wat sê dat hulle hul kinders in Engels wil laat onderrig sodat hulle kinders nie ‘n agterstand het nie, sê in der waarheid “ek dink my kind is te dom om in Afrikaans onderrig te word en daarna in’n Engelse arbeidsmark in te skakel.”

Kan jy glo dat daar ouers is wat hul kinders so onderskat. Behalwe natuurlik as die bloedjies regtig nie die helderste liggies in die hawe is nie.

Allesverloren ·

Hier in die DA-beheerde Wes-Kaap, is nie een enkele Afrikaanse hoëronderwysinstelling meer oor nie. Die skole volg teen n verstommende spoed. En dit strek al dieper die binneland in. Ons kulturele regte sal buite die politiek besleg moet word. n Eie kanton of provinsie is dalk glad nie so n slegte idee nie.

Carina Falck ·

Ag nee wat, Walter – waar kom jy daaraan om so ’n kras opmerking te maak? Ek het al vir kinders skoolgehou wat letterlik weens disleksie skaars kon lees of skryf , maar tegnies briljant was, of op ouderdom 15 saam met enigeen kon werk en praat oor boerdery. Kinders wat emosioneel veel veel intelligenter as baie volwassenes is, of geestelik verder ontwikkel is as die dominee van die dorp is ook nie skaars nie. Ek hoop jy trek hierdie stelling onvoorwaardelik terug – dit is kwetsend en ongevraagd.

RR ·

“Cobus” daar sê jy nou die REGTE ding!!!
“Eish” Daai VRYSTAAT sandstorms groot spinnekoppe bitter koue..,enigste
provinsie waar ek nog nie gebly het, lief die see
sal nog moet dink kan werk:O

Susan VL ·

Sien dit positief in. Engels in geleerdheid en nog steeds AFRIKAANS tuis.
Dit verhoog jou IK en voordelig in tale.
Sien net die positief

Klippie ·

Nee, Susan, as jy enige iets van taalsosiologie geweet het, sou jy nie so n ondeurdagte standpunt ingeneem het nie. Die vraag is: Waarvoor lees jy en vele ander pro-Engelse mense Maroela Media? Dit is n trotse Afrikaanse mediahuis, waarvan al die personeel by Afrikaanse instellings opgelei is. Dalk moet jy/julle dit oorweeg om Engelse nuusbronne te volg. Ons wil bou, nie afbreek nie.

Corrie Hattingh ·

Dis heerlik om Al die verskillende menings oor Afrikaans vs Engels e Lees.Ek is 73 jaar oud,vlot in beide tale maar verkies nog steeds. Afrikaans as my laas taal

Charles ·

Ek weet nie WAAROOR gaan die bohaai nie-ALMAL WEET TOG DIE KAAP SAL NOOIT WEER HOLLANDS WEES NIE ;) EN DAT veral die suidelike voorstede en binne-stedelike gebiede baie Engelsgesind is as gevolg van die aard van Kaapstad- nl. ‘n globale-en toeriste bestemming by verstek .

My magtig, ons praat nie hier van die binneland nie- hoe verder die binneland in hoe meer Afrikaans- die stryd van Afrikaans in die bespreekte gebiede is tog te verwag en glad nie ‘n verrassing nie. Dis immers NIE die Vrystaat, Pretoria of Noord-Kaap nie.

Wat vir my egter ‘n verassing is en prysenswaardig is- IS DIE VEGLUS EN YWER OM TE VEG VIR HUL PLEKKIE IN DIE KAAPSE SON VAN HIERDIE SKOLE EN PERSONEEL.

Welgedaan ouens, julle maak mens trots. #wees bereid om te veg vir dit waarin jy glo.
#Afrikaans Sterk

Charles ·

Ek wil graag my opregte dank uitspreek teenoor Solidariteit Helpende Hand en Alisha vir die hulp, julle is wonderlik!!!

Andrea van Vuren ·

Hoekom kan ons Afrianers nie meer steun aan die VF+ gee nie? Het julle al gesien met hoeveel waardigheid Pieter Groenewald homself in die parlement en openbaar handhaaf? As ons die VF+ ondersteun en versterk sal mense met verstand ons skole se taal kan help beveilig.

Charles ·

Definitief Andrea, daar slaan jy die spyker op sy kop!
Ek stem net VF Plus, BAIE trots op my party!

Boiledfrog ·

Maak soos Helpmekaar Seunskool wat hul in ‘n soortgelyke situasie bevind het – op die randjie van Braamfontein en aangrensend aan Hillbrow. 200 leerlinge oor. Die skool is geprivatiseer. Die dogters van die meisieskool, wat verswart en verengels het, het oorgekom en busse ry reeds jare van oral af die leerlinge aan. Vandag is dit ‘n prestige-skool. ‘n Paar borge – een vir elke leerling en puik onnies = ‘n wenresep.

Elde ·

Ek stem vir moedertaal onderrig maar dubbel medium veroorsaak dat kinders met mekaar meng en leer boertjies die korrekte engels uitspreek en praat . My afrikaanse kleinkind was in Engelse kleuterskool waar mamma werk en kan engels praat dat jy sal dink sy is ‘n amerikaner se kind. Nou in afrikaanse laerskool en kry 100% vir haar engels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.