Druk op Mantashe oor omkoop-bewerings neem toe

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie.

Die SA Nasionale Redakteursforum (Sanef) sê hy het die parlement se etiekkomitee reeds gevra om ʼn verhoor te hou oor die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, se bewering dat hy twee joernaliste van Sunday World omgekoop het om ʼn storie te laat verdwyn. Die minister het die bewering later teruggetrek.

Sanef se uitvoerende hoof, Kate Skinner, het gesê Sanef se geskrewe versoek aan die parlement volg op ʼn brief wat in Oktober aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf is, waarin hy gevra word om Mantashe verantwoordelik te hou vir sy optrede.

“Minister Mantashe het tot nou nog glad nie om verskoning gevra vir die bewering dat hy joernaliste van Sunday World omgekoop het om ʼn storie oor sy persoonlike lewe te laat verdwyn nie. Ons neem daarvan kennis dat hy sedertdien die stelling teruggetrek het,” het Skinner gesê.

“Sanef beskou die kwessie in ʼn baie ernstige lig en ons sal aanhou om antwoorde te probeer vind. Gevolglik het ons nou ook aan die parlement se etiekkomitee geskryf en gevra dat ʼn verhoor oor die kwessie gehou word. Sanef het ook opgevolg met lede van regter [Kathy] Satchwell se onafhanklike ondersoek na media-etiek en geloofwaardigheid in die media [oor die kwessie].”

Skinner het gesê Mantashe sal gevra word om ʼn voorlegging oor die bewerings te doen.

“Sanef glo ʼn verskoning is die minste wat van Mantashe verwag kan word. ʼn Verskoning aan die verslaggewers van Sunday World, die koerant self, alle joernaliste wie se reputasies skade gely het weens sy bewering, asook die breër Suid-Afrikaanse publiek,” het Skinner gesê.

“Sanef benadruk weer die feit dat betaalde, of sogenaamde bruin koevert-joernalistiek, ʼn ernstige oortreding van die Persraad se kode is.”

Mantashe het vroeër beweer hy het R70 000 aan verslaggewers van Sunday World betaal om ʼn berig oor sy beweerde buite-egtelike verhouding met Lerato Makgatho, ʼn Pretoriase student, stil te hou. Hy het later ontken dat hy enige geld betaal het, maar wél erken dat hy beweer het dat hy dit gedoen het.

Sunday World het reeds ʼn verskoning van Mantashe geëis oor die bewerings van omkopery, terwyl die DA die parlement se etiekkomitee gevra het om sy gedrag te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Judge Dredd ·

Maak dit saak wat Mantashe se?
As die medie bewyse het – soos hulle beweer, hoekom plaas hulle dit net nie?

Magda ·

Ek so ook so – as daar bewyse is – le dit op die tafel – jy gaan in elk geval NOOIT die waarheid uit die ou hoor nie. – so gee die bewyse dat hy ook kan kry wat hy verdien.

blom ·

Dalk is die man mis verstaan. Ek kan nooit verstaan wat die man sê nie.

hercu ·

baie Black Label Whiskey is geneig om breinselle te vernietig, sê ek vir ‘n vriend!!

Gert J ·

Hy ken nie die word jammer dankie of asb nie, het groot geword met alles vernuut

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.