Druk op Mbete geplaas

Speaker Baleka Mbete. Foto: GCIS

Speaker Baleka Mbete. Foto: GCIS

Opposisiepartye het aangedui dat hulle van plan is om Dinsdag druk op speaker Baleka Mbete te plaas wanneer die Nasionale Vergadering weer bymekaarkom nadat die oproerpolisie verlede week by die parlement moes ingryp.

“Indien sy daar instap en dink alles het teruggekeer na normaal, gaan dit nie vir haar maklik wees nie,” het John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, Maandag gesê. Hy het gesê kragtens die reëls van die wetgewer kan die DA nie voor Januarie ʼn mosie van wantroue teen Mbete bring nie, maar die party het verlede week gesê dat hy nie meer haar gesag erken nie. “Sy is in ʼn baie moeilike posisie,” het hy gesê.

Nog ʼn LP van ʼn opposisieparty het dit bietjie meer kras gestel: “Indien Mbete nie die stoel verlaat nie, gaan daar moeilikheid wees.”

LP’s van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en DA het verlede week Donderdag opgespring en na Mbete gewys en geskree “jy moet gaan!” nadat sy probeer het om hul tyd vir mosies te beperk en gepoog het om ʼn uitgerekte toespraak van die opposisie, wat sou voorkom het dat die verslag wat pres. Jacob Zuma vryspreek van verantwoordelikheid aanvaar word, te stop.

Die oproerpolisie het die aand opgedaag, die Nasionale Vergadering betree en EFF-LP Ngwanamakwetle Mashabela met geweld verwyder nadat sy die president ʼn “dief” genoem het. ʼn Onderonsie het tussen DA-LPs en die oproerpolisie uitgebreek toe die LPs hulle pad wou versper.

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het gesê opposisieleiers sal adjunkpresident Cyril Ramaphosa versoek om te herbesin oor hoe die ANC klagtes van die opposisie hanteer wanneer hulle Dinsdagoggend voor die sitting by Tuynhuys vergader.

Dinsdag se sitting begin met die oorweging van verslae oor begrotingshersiening en -aanbevelings in die oggend en dan die aanvaarding van die komitee oor regte en voorregte se verslag waarin 20 EFF-LP’s skuldig bevind word aan korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jakoos ·

Nofal ‘n interessante situasie wat hier ontwikkel. Daar word beweer daar kan eers volgende jaar ‘n mosie van wantroue in haar ingestel word, maar terselfdertyd word gedreig dat dinge nie vior haar “maklik” gemaak gaan word nie.

Nou wonder ek presies wat die opposisiepartye gaan doen. Dalk onparlimentere aksies toepas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.