Druk op Wes-Kaap geplaas oor polisie-referendum

Heindrich Wyngaard, Anton Bredell, Alan Winde, William Waugh en Tommy van Zyl (Foto: Kaapse Forum)

Kaapse Forum gaan as ’n burgerlike organisasie voort met sy doelstelling om regsekerheid by wyse van ’n hofaansoek te verkry oor premiers se reg om referendums te hou.

“Dit sal ’n belangrike stap wees in die geveg om uiteindelik polisiëringsmagte uit die hande van die nasionale regering – en ’n teleurstellende polisieminister, Bheki Cele – na die Wes-Kaap afgewentel te kry,” sê Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van Kaapse Forum.

“Ons het vandag oor die kwessie met premier Alan Winde en een van sy ministers, Anton Bredell, vergader. Die premier het onderneem om spoedig met sy regspan oorleg te pleeg en amptelike terugvoer oor die kwessie aan ons te verskaf. Ons sal hom hieroor op sy woord hou.”

Wyngaard sê Kaapse Forum het dit duidelik gemaak dat hy aanhou glo dat die uitklaring van die reg om provinsiale referendums te hou in die belang van inwoners van die provinsie is. “Ons sal ook aanhou om gemeenskappe te mobiliseer vir hul steun om groter outonomie en selfstandigheid vir die Wes-Kaap te bereik.

“Dit is bekend dat die provinsiale regering, soos ons, glo dat die provinsie polisiëring beter sal kan hanteer as wat dit vanaf ’n nasionale platform gedoen word. Die provinsie is ook van mening, nes Kaapse Forum, dat die afwenteling van magte met ’n regverdige toedeling van belastingbetalersgeld vir dié funksie gepaard moet gaan.”

Die vergadering was vir Kaapse Forum ’n voorbeeld van hoe politieke- en burgerregtegroepe kan saamwerk oor sake van gemeenskaplike belang. “Ons sien uit na opvolg-gesprekke met die provinsiale regering oor ander aanknopingspunte waardeur uitdagings in die provinsie die hoof gebied kan word,” voeg Wyngaard by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christine ·

Dit behoort met ope arms verwelkom te word deur die Wes Kaapse burgers.

Harley Davidson ·

Hou ‘n referendum om ‘n onafhanklike staat te word,dit gaan die weskaap se behoud en voorspoedige toekoms verseker

NWT ·

Ek stem 100% saam. Indien dit nie moontlik is nie doen n aansoek dat n referendum sodat die 2024 verkiesimg vervroeg word tot nog die jaar. One land is in die moeilikheid.solank die ANC in beheer is.

Manie ·

Aan die DA, VF+ en Kaapse Forum die volgende: Hou op politieke speletjies speel, staan saam en werk na ‘n referendum om te bepaal of die Wes-Kaap in geheel moet afstig en onafhanklik raak. Ek glo nie die inwoners sal tevrede wees met beperkte outonomie en selfstandigheid terwyl ons swaar daarop belas sal word nie. Dis alles of niks.

annie ·

Die afstig van die Kaapprovinsie… Nou eers wakker geword eeue ná die noorde se stryd om sy eie ding te doen meestal teen Britse onderdangeheid. Die verhewe suide minagtend oor die lyding van die naaste en hul stryd teen swartes se inwig en aanvalle; knus tuis onder juk van die Britte. Die idee van konfederasies is amper so oud soos Van Honk. Moenie hoop op ‘n vredevolle samesyn nie. Die idee kom vanuit die noorde en alreeds is almal Kaaps op die wa en hoop op baasskap. Die pro-Britte speel kamma saam. Brittanje rules steeds the waves in die DA en die gene van gierigheid ingebed. Sou die queen begin verloor sal human rights weer inskop.

christo ·

Hierdie besluit het niks te doen met baasskap nie, dit gaan daaroor dat die nasionale regering nie sy verantwoordelikhede t.o.v. die Wes-Kaap nakom nie. Die sentrale beheer van die SAPD hulpbronne uit Pretoria is een van die hoofredes waarom die Wes-Kaap meer outonomie oor die nasionale hulpbronne waarop hy geregtig is. Die Wes-Kaapse regering het nié soos ander provinsies hande gevou gesit en níks gedoen om misdaad te bekamp. Munisipale en provinsiale wetstoepassers is opgelei en ontplooi. Ongelukkig kan die Wes-Kaap sy hulpbronne nét só vêr rek.
Die regeringsdepartemente soos bv. Onderwys floreer en bly binne hul begroting.
Ek reis baie in die Wes-Kaap, en die dorpe waar die DA die stadsraad beheer is die verskil duidelik. Beaufort-Wes is ‘n sprekende voorbeeld.

Manie ·

Ons leef in 2022 Annie, nie meer in 1885 toe die Groot Trek begin het nie, die wêreld beweeg daagliks aan. Ons kan nie bly vashaak by gedeeltes van die geskiedenis en dan uitsprake daaroor maak nie. Verdeeltheid onder ons Boerevolk was nog altyd ons ondergang en totdat ons dit nie verander nie, moet ons maar die wrang vrugte daarvan pluk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afstigting kry momentum, of jy daarvan hou of nie.

Jack ·

Dis hoe dit hoort sodat ons die korrupte gemors in die Kaap op alle vlakke kan beveg. Ons is gatvol en die Provinsie was nog altyd n voorbeeld en gehaat vir die ANc. Ons bid daarvoor.

Jaco ·

Die ANC-regering sal natuurlik toelaat dat ‘n provinsie onder beheer van “die rassistiese DA” sy eie polisiemag het.
Onthou ook, selfs al word dit waar: die bestaande polisielede in die Wes-Kaap sal dan aanbly. Hulle werkgewer gaan net verander vanaf Pretoria na Kaapstad. 90% van daardie polisiemag is deur regstellende aksie aangestel. Opleiding en ondervinding het nie getel nie. So dieselfde onbevoegdheid sal voortduur, al is die DA regering van die Wes-Kaap ook in beheer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Wes Kaap kan wel nuwe lede aanstel wat behoorlik opgelei is. Bestaande lede wat droogmaak kan geskors word of vrywillig teruggepos word na Pretoria.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.