Druk op Zuma voor laaste staatsrede

Pres. Jacob Zuma. Foto: Themba Mtshali, KZN-premierskantoor

Pres. Jacob Zuma. Foto: Themba Mtshali, KZN-premierskantoor

President Jacob Zuma lewer Donderdag sy tiende staatsrede te midde van skandale en onenigheid in ANC-geledere.

Mmusi Maimane, leier van die amptelike opposisie, het gesê die hele land verwag nou al net leë beloftes van Zuma. “Zuma het belowe om besteding van semi-staatsinstellings te beheer en meer beleggingsmag aan klein- en mediumgrootte ondernemings te gee, maar dit het eenvoudig nie gebeur nie,” het Maimane gesê.

“Verskeie verslae van die ouditeur-generaal dui op massiewe wanbestuur en verkwisting by staatsinstellings. Dit het tot gevolg dat miljarde rande verlore gaan. Mikro-, klein- en medium-ondernemings sukkel steeds in die ekonomiese klimaat wat nie ruimte vir groei toelaat nie. Statistieke Suid-Afrika se jongste syfers dui aan daar was in 2016 ʼn 3,4% toename in die aantal likwidasies van dié ondernemings, ” het Maimane bygevoeg.

Nqabayomzi Kwankwa, LP van die UDM, het Maimane se stelling beaam en gesê die enigste uitsondering is die klein verbetering by Eskom. Hulle het ook verwys na die krisis by die SAUK en die Suid-Afrikaanse Lugdiens.

Kwankwa het ook spesifiek verwys na die ANC se planne om Kaapstad se Grand Parade-plein te gebruik om 10 000 ondersteuners te huisves vir ʼn toespraak deur president Zuma nadat hy die parlement toegespreek het. “Dis absoluut verregaande. Die opposisiepartye trek die feit, dat julle openbare fondse wil gebruik om die staatsrede in ʼn ANC-byeenkoms te verander, in twyfel,” het Kwankwa gesê.

Yonela Diko, woordvoerder vir die ANC in die Wes-Kaap, het dié aantygings ontken. “Dit word eintlik gedoen om ‘gewone’ mense ook by die staatsrede te betrek,” het Diko gesê.

Die LP’s van die EFF was nie beskikbaar vir navrae nie, maar Julius Malema, leier van die party, het getwiet: “Ons is gereed vir die sogenaamde staatsrede, geen hoeveelheid sekuriteit kan ons van stryk bring nie. ʼn Lafaard sterf ʼn duisend keer voor sy dood”.

Veiligheid word ernstig opgeskerp vir Donderdagaand se staatsrede, nadat verskeie partye gesê het hulle verwag ‘vuurwerke’ van die EFF binne én buite die parlement.

President Zuma het Dinsdag sy goedkeuring gegee vir die ontplooiing van 441 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag van 5 tot 10 Februarie en gesê die polisie sal die vrede handhaaf tydens die staatsrede.

Die ANC het uit eie geledere ook ʼn stel vereistes vir Zuma gestel, waaronder onmiddellike radikale ekonomiese transformasie. Zizi Kodwa, woordvoerder vir die ANC, het gesê daar is 12 maniere om die verandering teweeg te bring. Dit sluit onder andere in om grond aan armes te verskaf, om meer geld in plakkerskampe te belê, die minimumloon te finaliseer, gratis hoër onderwys vir die armes te verskaf en om vir eens en altyd met korrupsie klaar te speel.

Narend Singh, hoofsweep van die IVP, het gesê die bakleiery in die ANC se eie geledere is die grootste probleem. Sabelo Sigudu, woordvoerder vir die NFP, het egter gesê meer aandag moet word aan tersiêre onderwys geskenk word.

Vir Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, is die swak gehalte van onderwys en die hoë werkloosheidsyfer die belangrikste.

Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus het gesê die ANC moet hul eis vir radikale ekonomiese transformasie verduidelik. “Ons het duidelikheid hieroor nodig, omdat potensiële buitelandse beleggers nie regtig weet wat dit beteken nie,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Tarina Marais ·

“Radikale Ekonomiese Infiltrasie”. Die 60,5% werkspermitte toegestaan aan Chinese immigrante in 2016… ‘n duidelike infiltrering in ons land ten koste van landsburgers asook Indië met hul vingers in die Afrikaanse pastei waarvan jan publiek nie bewus van is nie….

Jan maak n Plan ·

Wat se afterparty – hulle het al begin party. Ek wonder as daar vir alkhol gebruik getoets kan word tydens die sogenaamd staatsreded, wat die uitslae sou wees.

Andre ·

Julle ontplooi al die weermag om daai Julius mannetjie uit te hou. Wanneer gaan julle hom stuit. Ek praat as ‘n gewone mens, nie regs geleerde nie (Want ek is nie een nie), maar is die feit dat julle die weermag ontplooi om orde te verskaf weens die intreding / oortreding van ‘n oposisie groep, nie gelei onder sufielle oorlog nie?
Word verdomp wakker!

Johann ·

Daars hy: die puppetshow is goed op dreef. Zuma gaan seker weer daar staan met al sy Zumaikies se ore getuit om te hoor watter van sy gunsteling handpoppe gaan watter hand van die ANC in sy popbeheer zone ingedruk he om te perform! En ons betaal vir almal se toegangs kaartjies!

m ·

Een groot sirkus en die belastingbetalers hoes maar al die pad vir al die parties.

Wouter ·

Ek dink nie eers hy weet wat dit beteken nie. Seventy elevety of so iets.

Kobus ·

441 soldate?…1 om Zuma teen die skare te beskerm…en 440 om die skare teen Zuma te beskerm..

John ·

Dis nie die’ keer Julius-rammetjie-uitnek wat die weermag benodig nie… anner moeilikheid broei… so wil dit lyk.

Alida ·

Ek hoop hy het sy leesvaardigheid opgeknap sodat ons nie verveel met die gesukkel om sy rede te lees nie. Die after party gaan ook miljoene kos. What’s new?

Johann cb ·

Hoe weet ons dit gaan sy laaste staatsrede wees!? Hy verander die wet om hom en sy trawante te pas…

Alida ·

Ek weet nie of dit sy laaste sal wees nie. Ek hoop so!!!!! Hy moet net asb vra dat iemand dit vir hom lees.

jean ·

‘n Fonteinpadda met laaaang vingers……dit sal nie eindig.

Alida ·

Hy en sy trawante se vingers is BAAAAAAAAAAAAAIE lank. Dit is hoekom hy Pravin so haat want hy hou die beursie se rits toe. Lekker man.

wilma ·

Ai Zizi Kodwa. Wat praat jy tog van korrupsie uitroei. Jou party is die grootste mees korrupste

Uvonka ·

Staatsrede? Nee wat meer ‘n staat sonder rede!!!! ‘N lekker verskoning vir eet, drink en jolyt hou!!!! ‘N president wat nie ordentlik kan praat of tel nie, ander wat te lekker sit n slap, so sal ons aanhou betaal.

Rina XX ·

komaan wat weet die vent oor druk…..al wat hy weet is hoe om te v erdruk

Rynhardt ·

Zuma se Staatsrede gaan geen visie bevat nie.Hy gaan verder klem le op die transformasie van die ekonomie! Hy gaan syfers aanhaal (net hy weet waar hy dit gekry het) en beklemtoon dat groei voorle en dat n blink toekoms op almal wag! Onder sy twee termyne, speel Zuma en sy kabinet die land vir jare, en Zuma weet dit is nie moeilik om die massas te breinspoel nie.Die EFF sal soos gewoonlik dinge ontwrig terwyl die kameras sal fokus op die speaker wat vir Zuma sal opkom.n Groot sirkus waarvan Boswell net kan droom!

Lewies ·

Ek voorspel dat sy toespraat oor “radikale transformasie” more ‘n era van “streep in die sand trek” in ons land gaan bewerkstellig, met ‘n gesindheid van “tot hier en nie verder nie”

Hy gaan se wat die meerderheid mense in ons land graag wil hoor. Deel jou rykdom met die wat nie het nie. Gee minder op jouself uit en help die wat in armoede lewe. ???

Iets om aan te dink sou my voorspelling waar wees.

Zirk ·

Kan iemand tog net vir my verduidelik wat beteken” ‘n lafaard sterf ‘n duisend maal voor sy dood”, asseblief. Dis ‘n gesegde wat aan my vreemd is.
Ek kan ‘n bietjie meer daarvan uitmaak as dit ‘n “dikvellige” lafaard is wat dalk maar moeilik doodgaan.

Lewies ·

Zink, Is dit nie miskien iets soos “wanneer ‘n mens in ‘n leuen lewe en jy bang is om standpunt in te neem, omdat jy ‘n vrees vir mense het” Dit help nie om die hele wereld te win, terwyl jy aan jou siel skade ly nie. Hoe lank sal ons nog die onreg verduur, voordat…….

Potlood ·

“‘n Lafaard sterf ‘n duisend keer voor sy dood”… WAT?
In ander lande sal jy toegesluit word vir so “statement”. Weet hy ooit wat hy se…?
Miskien verwys hy na homself, of dalk na sy Party, of die meerderheid van die Parliment… Dalk die meerderheid van die land… Ander man miskien? of dalk verwys hy na die movie wat hy gekyk het… Wie weet wat sy agenda is… Waar is sy gedagtes? Wat beplan hy?
Die woorde in die konteks kan gesien word as ‘n “threat” op iemand se lewe…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.