Drukgroep eis polisiehoof, LUR se koppe oor geweld

‘n Weermaglid op patrollie op die Kaapse Vlakte. (Foto: Phando Jikele/ANA)

Die burgerregtegroep Sanco eis die onmiddellike afdanking van die minister van polisie, Bheki Cele, asook die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Albert Fritz.

“Die Kaapse Vlakte bly ʼn oorlogsone met onskuldiges wat sterf en gemeenskappe wat vernietig word,” het Thando Dedezana, woordvoerder van Sanco, Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Die organisasie het gesê Cele en Fritz, as die verantwoordbare politici, moet nou die gevolge dra van hulle mislukking om van bendes en misdaad ontslae te raak en uit hulle onderskeie poste verwyder word.

“Die slegte plan om die weermag as ʼn vinnige oplossing in die Wes-Kaap te gebruik het geen noemenswaardige uitwerking op of verbetering van die veiligheid van inwoners gehad nie.

“Provinsiale forensiese data wys dat daar net die afgelope naweek 47 moorde in Kaapstad was.

“Gemeenskappe sê dat misdadigers nou ander maniere vind om hulle bedrywighede onverstoord voort te sit, selfs al is die weermag ontplooi. Selfs meer frustrerend is dat diegene wat in hegtenis geneem word, kort daarna weer op vrye voet is,” het Dedezana gesê.

Die organisasie het sy stelling herhaal dat die sosio-ekonomiese probleme van groot getalle Wes-Kaapse inwoners bydra daartoe dat mense ʼn toevlug in bendes en misdaad vind.

“Hulle alledaagse werklikheid benodig ʼn holistiese sosio-ekonomiese aanslag, pleks van hardhandige, drakoniese maatreëls wat aan die donker dae van apartheid herinner.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hendrik ·

Hy dan so koel met sy hoed op…. Regtig hy is beslis nie in ‘n intellektuelle leier nie.

blouapie ·

Nee – hy sal herontplooi word in ‘n beter pos – meer salaris ens…….
Hoop hulle herontplooi die hoed ook….

Lourens Potgieter ·

Wat help dit as die weermag staan daar rond in die vlakte, hulle het nie ‘n ordentlike ontplooings plan nie, mens kan dit net toeskryf aan swak leierskap.
Hulle moet ingaan en die buurte afbaken en alle voertuie deursoek huise ook, dwelm sniff honde metaalverklikers, kiets om te toets wie se hande spoore van springstoff het, ‘n aandklok reel ens. Hierde gangs ontduik die polisie al vir dekades, wat gaan ‘n klomp weermaglede wat rondstaan enige iets verander.
Belaglik.

Anoniem ·

Ek stem volkome saam met jou. Die algemene voetsoldaat word al lankal nie meer in stedelike terreur opgelei nie, slegs konvensioneel, dis hoekom hulle nie werklik sal hond haaraf maak nie. Hulle kan bloot ondersteuning lewer aan die SAPD wat veronderstel is om met lasbriewe deursoeking te moet doen, maar ons weet ook hoe goed die SAPD deesdae opgelei word. Die bendes gaan net vir ‘n tyd laaglê en onder die radar beweeg.

Gerrit ·

Donker dae van apartheid , 1985 was die weermag in die Oos Kaap ontplooi gedurende ń noodtoestand . Twee weke later , ‘groot sukses ‘alle probleme opgelos , wet en orde herstel alles weer normaal vrede en vreugde .

Dries ·

Dis eienaardig hierdie sogenaamde organisasies was gebelg is oor drakoniese maatreëls, intussen kan vreedsame mense maar swaarkry, beroof , verkrag en uitgemoor word deur drakoniese misdadigers totdat hulle sogenaamde hollistiese metodes oor ‘n paar 100 jaar begin werk. Die weermag moet dalk nie net in oorlogvoering nie, maar ook weer beter opgelei word in onrus. Daar is nog problem, maar hoe erg sou dit nie gewees het as hulle nie daar was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.