Drukgroep hof toe oor nuwe skoolnaam

Hoërskool DF Malan (Foto: Facebook)

Die drukgroep Trots DF Malan het ʼn hofaansoek ingedien om die naamsveranderingsproses van die  Hoërskool DF Malan in Kaapstad stop te sit.

Dit volg nadat die beheerliggaam onlangs aangekondig het dat dié skool voortaan as DF Akademie bekend sal staan, sodra die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) hul naamsveranderingsaansoek goedkeur.

Bronagh Hammond, woordvoerder vir die departement, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat die departement van basiese onderwys Woensdag hofdokumente ontvang het.

“Die departement sal hierdie dokumente bestudeer. Daar moet egter kennis geneem word dat die minister van onderwys nie ʼn besluit oor die aansoek [om die skool se naam te verander] neem nie. Daardie besluit lê by die provinsiale departement.”

Volgens Hammond het die departement nog nie die groen lig vir die nuwe skoolnaam gegee nie.

“Die WKOD het die aansoek van die beheerliggaam oor die voorgestelde naam ontvang. ʼn Voorlegging sal nou saamgestel word, wat dié dokumente asook ʼn klagte oor die proses wat gevolg is, insluit.”

Volgens André Roux, beheerliggaamvoorsitter, het die skool die hofstukke Dinsdag ontvang.

“Ek kan bevestig dat daar wel ʼn aansoek ingedien is wat die WKOD wil verhoed om voort te gaan met goedkeuring van die naamsverandering. Ons prokureurs bestudeer egter nog die aansoek en ons kan dus nie in dié stadium enige verdere kommentaar lewer nie.”

Maroela Media het die drukgroep om kommentaar genader, maar nog nie terugvoer ontvang nie.

Meer besonderhede oor die aard van die aansoek is nie in dié stadium bekend nie.

Die drukgroep het oor die afgelope paar maande verskeie besware teen die naamsverandering aangeteken en voer onder meer aan die beheerliggaam het nie die regte prosesse gevolg nie.

Trots DF Malan het vroeër aan Maroela Media gesê die naamsverandering sal uiteindelik aanleiding gee tot die verval van die skool se Christelike etos en diskriminasie teen Afrikaanse Christelike leerders teweeg bring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pieter ·

Jy mix jou taal lekker, nê. Dan wil jy jouself uitgee as ‘n store afrikaner, ‘n DF Malan after julle. Jy laat my lag.

Johan ·

Het jy al gehoor van ‘n tikfout, en wat is ‘n “store” Afrikaner?

Johan ·

Ek sit met my familie stamboom voor my. My verlede, hede en toekoms word hierin vergestalt. Sonder jou naam verval alles

Genis ·

Trots dis was, dis ons geskiedenis… Why do you have a name?

Genis ·

Wanner jy nie n lughawe kan bou nie, vernoem dit, wanner jy nie n skool kan bou nie, vernoem dit, wanner jy nie infrastruktuur kan bou nie vernoem dit… En O ja ANC, as julle korrup en onbevoeg is, herdenk dit!

Johan ·

Korreksie “vernoem iemand anders s’n”! Dis die ergste, hul vat ander mense se goed en vernoem dit. Hul vernoem darem ashope ook, soos van ons klein dorpies, hul kan gerus Standerton ook maar vernoem, dis ook nou n ashoop.

Mariana ·

Wat is in ‘n naam? Geskiedenis. Gaan ‘n verandering in die naam vooruitgang bring of beter onderwysers, beter leerlinge, meer geld of wat? Wat gaan dit beteken? Hoekom peuter aan name? Los dit soos dit is, geen verandering in naam gaan iets verander nie. Kyk maar na dorpsname, straatname en ja selfs soms jou eie naam. En op die einde van die dag kos dit ‘n astronomiese bedrag geld vir ouers wat reeds onder finansiële druk is want as die naam verander gaan skoolklere volg.

Nici ·

Goed gese. Mense wil voel hulle hoort iewers en dis hoekom ‘n stukkie geskiedenis belangrik is. As dit nie was nie, hoekom verander die ANC heeltyd name? Ongelukkig bou hul nie self nie, maar eis net wat ander opgebou het.

KB ·

‘n Naamsverandering beteken ‘n miskenning van jou herkoms en geskiedenis. DIT beteken baie!
Daar is heeltemal te veel mense met ‘n “laissez-faire” houding in ons land.
“Neem uit die verlede dit wat goed is en bou daarop die toekoms.” – Paul Kruger.

Toy ·

Los ons skole uit, dit is regtig belaglik, Hou op om geld te mors in hierdie land dan sal dit beter gaan met almal.

Pieter ·

Daar is nie meer iets soos “ons” skole nie. Jy leef pre ’94. Bou jou brug en spring af.

Johan ·

Waarvan praat jy Pieter? Is die skool waar my kinders skoolgaan nie my skool nie, betaal ek nie skoolgeld en belasting daarvoor nie, onderhou my gemeenskap nie ons skool nie? Hoe dink jy!

Deon ·

Dit is ons skole, ons is deel van hierdie kand, almal wat hier woon, almal

KB ·

As jy geld te maklik kry, vermors jy dit nog makliker…hallo ANC!

Francois Le Cochon ·

Die probleem hierso is dat die ouers slegs kon stem oor ‘n keuse van twee nuwe voorgestelde name. Ouers is nie die geleentheid gegee om te stem of die skool se naam moet verander of nie. Die BL het dus eensydig besluit dat die skool se naam moet verander, en ouers het slegs ‘n keuse gehad om te stem tussen twee nuwe name.

Johan ·

En slegs iets in die 30 % het vir een van hierdie twee name gestem.

Sarel ·

Ek wonder..die ouens wat nou die naam wil verander
asof dit ‘n skandvlek is..het u al gedink hoeveel
Afleidings ksn van….DF …gemaak word..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.