Drukgroep ingenome met Kaapse verkiesingsuitslag

Al die groot beleidsbesluite wat die daaglikse lewe van Wes-Kaapse inwoners raak, word nou gemaak deur ʼn party wat net 20,4% van die provinsiale steun het. (Foto: Twitter)

Die drukgroep Cape Independence Advocacy Group (CIAG) is in sy noppies met die uitslag van die plaaslike verkiesing in die Wes-Kaap. Die organisasie sê nie net dui die uitslae op sterk groei vir afstigtingspartye in die Wes-Kaap nie, dit is ook ʼn duidelike politieke skuif – nasionaal en provinsiaal – weg van partye wat ʼn sterk, sentrale regering verkies. Daar is nou groter fokus op streek- en federale partye wat die afwenteling van mag steun.

Phil Craig, woordvoerder van CIAG, sê steun vir partye wat Kaapse onafhanklikheid formeel aanvaar het, het van 0,1% in 2016 tot 5,4% vanjaar toegeneem.

Die organisasie sê sommige teenstanders van Kaapse onafhanklikheid stel steun vir die Cape Independence Party (CIP), wie se steun van 0,1% tot 0,5% vanjaar gestyg het, gelyk met alle steun vir afstigting.

Craig sê steun vir onafhanklikheid moet met ʼn referendum bepaal word en nie deel vorm van ʼn plaaslike regeringsverkiesing waar dienslewering die grootste kwessie is nie. Hy sê peilings wys boonop dat die meeste ondersteuners van Kaapse onafhanklikheid vir die DA stem. Slegs sowat 1% stem vir die CIP.

“Partye wat ʼn meer afgewende struktuur van die Suid-Afrikaanse staat steun, verteenwoordig nou naastenby 65% van Wes-Kaapse kiesers en 35-40% van nasionale kiesers. Dit is vir Suid-Afrika om te besef dat die konsep van ʼn eenheidstaat misluk het en dat dit toenemend nié die regeringstruktuur is waarvoor Suid-Afrikaners ten gunste is nie.

“Mense verlang meer regstreekse beheer oor hul lewe,” sê Craig.

Volgens hom is die CIAG verheug dat nasionale steun vir die ANC tot onder 50% gedaal het en dat die EFF se groei in sekere gebiede ook verstadig het. Craig sê buite die Wes-Kaap het die ANC en EFF steeds 61,2% van stemme verower, in vergelyking met net 23,8% in die Wes-Kaap. Die swak kiesersopkoms kan boonop ʼn veel erger prentjie versteek, sê hy.

“Al die groot beleidsbesluite wat die daaglikse lewe van Wes-Kaapse inwoners raak, word nou gemaak deur ʼn party wat net 20,4% van die provinsiale steun het. Dit is ʼn onhoudbare situasie en ʼn oplossing moet gevind word.”

Craig sê die DA-geleide Wes-Kaapse regering het hom verbind tot groter provinsiale selfregering en die hou van referendums oor ʼn wye reeks kwessies, waaronder dié oor Kaapse onafhanklikheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rooikoos ·

Afstigting van die Wes Kaap is die beste oplossing vir Afrikaanssprekenes van alle rasse. Ons is moeg vir oorheersing en rassisme van die EFF en ANC.

gatgogga ·

Ja, afstigting is ons enigste redding. Ons moet daarvoor werk.
Ons sien mos nou dat die meerderheid altyd vir die ANC sal stem, maak nie saak hoe vrot die ANC ookal presteer nie.

annie ·

Dit is die laaste ding wat die ANC en die EFF ea sal toelaat maar indien die onmoontlike wel gebeur sal die interne druk tot groot geweld lei. Elke groep en daar is uiterstes ook tov gelowe plus die 35 plakkerskampe waarheen mense stroom en meer sal mbv die ANC met chaos en skade as uiteinde. Hoe mense glo dat rus en vrede en samewerking sal moontlik wees met geen bestuur aan boord nie… Of wie gaan die gebied regeer en van watter party of groep en met wie se geld?

Harley Davidson ·

Die mense van die weskaap moet besluit nie julius of cyril nie.

Samuel ·

Die Wes-Kaap het sy eie geld en kan bestendige inkomste genereer. Ons is nie afhanklik van die sosiaal/kommunistiese sentrale regering nie.

gatgogga ·

Annie, jy sal nie verplig wees om in die Weskaap te woon nie. As jy verkies om onder die ANC/EFF te wees, kan jy enige ander plek in die land bly. Maar jou nagelag sal dalk die Weskaap verkies.

annie ·

So, jy glo die EFF ea gaan uitbly? Verduidelik tog ook net vir ons waar julle gaan plak want daar is nie grond of huise of werk vir julle spul (deesdae ok sonder ossewaens) nie. Wie gaan vir die grond/erwe betaal of gaan julle gryp soos sekere ander mense hier wil doen? Droom mag mens droom maar jy moet kan leef ook.

Harley Davidson ·

Dit is die enigste manier daar is nie ‘n ander alternatief as om af te stig en ‘n eie onafhanklike land te stig wat werk en vry kan word van die piesang Republiek.

Baardman ·

Die referendum sal moet gou gebeur, die ANC is besig om die Kaap vol te maak met “sy mense”, wat daarteen gaan stem.

gatgogga ·

Jy is reg, Baardman. Ons mors alreeds te veel tyd. En nou is die tyd om druk toe te pas, terwyl die swakkeling Cyril nog aan bewind is.

Shakespeare ·

Die Oos Kaap is ‘n kader sprinkaanplaag wat die DA se goeie werk ongedaan gaan maak met hulle instroming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.