Drukgroep wil vakansiedag vir ‘voorouers’ hê

Foto:Pixabay

Nog ʼn vakansiedag is dalk op hande indien die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika (Kontralesa) sy sin kry. Kontralesa is in die proses om die regering te oortuig om sogenaamde Voorouerdag, wat op 8 Mei gevier word, tot ʼn openbare vakansiedag te verklaar.

Dié dag beoog om Afrikane se spiritualiteit te vier en hul voorouers in die proses te vereer.

Zolani Mkiva, sekretaris van Kontralesa, sê die drukgroep het reeds verlede jaar 8 Mei tot Voorouerdag verklaar, maar vanjaar besluit om dit ʼn amptelike instelling te maak.

“Die datum het reeds betekenis, maar nou moet dit ʼn erkende openbare vakansiedag word, waaraan almal kan deelneem,” het Mkiva aan Maroela Media gesê.

Suid-Afrika het reeds 12 amptelike vakansiedae, maar Mkiva glo daar is plek vir nóg een.

Zolani Mkiva. (Foto: PMG)

“Ons stel ʼn boeiende saak, so geen regering wat by sy volle verstand is, sal so ʼn versoek van die hand wys nie.”

Mkiva sê hulle stuur tans briewe aan ʼn aantal ministers om hulle van hul saak te oortuig. Ondersteuning word ook onder lede van die publiek gewerf. Sou hulle genoeg ondersteuning inwin, kan hulle genooi word om ʼn voorlegging aan die parlement te maak.

Hoewel die dag nie eenvormigheid afdwing of enige Suid-Afrikaner uitsluit nie, meen Mkiva dat dit spesifiek op Afrikane van toepassing is.

“Afrikane word aangemoedig om hierdie dag as een van herbesinning te beskou, waar hul voorouers in ooreenstemming met hul kulturele gebruike vereer word. Dit is hul plig om hul voorouergeslagte se hoop, drome, doelwitte en selfs vrese voort te sit,” sê hy.

“Dit sal ʼn dag wees wat die diversiteit van Suid-Afrika ten toon stel.”

Volgens Mkiva verwag Kontralesa dat die regering nie sy versoek sal teenstaan nie, maar dat daar eerder teenstand van sekere godsdienstige groepe sal wees.

“Dié groepe het vantevore Afrikane se spiritualiteit onderdruk, maar dié proses kan hulle nietemin ook insluit en meer van ons gebruike leer,” meen Mkiva.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Johann101 ·

Wat nog… gaan aan, dan sit ons met elke dag, ‘n vakansiedag… reg deur die jaar…

Nie Verbaas ·

Kan jy dit glo? Wat is volgende? Nie lus vir werk nie dag?

Manie ·

Ala Zirk Bergh: Ek wil nie, ek sal nie, ek hou mos nie van werk nie….

Hans ·

Dis n klomp onsin van n klomp “toordokters”
Die land is al onproduktief genoeg daar is nie nog n vakansiedag nodig waar werkgewers n klomp luiaards bir nog n dag vir niks betaal nie

Johan ·

Dit is baie werklik hoor, waneer die Bybel praat van die bose wat hom vermom, dit is wat hul sien. N bose gees wat hom voordoen as sy oupa bv. wat dit aanbetref is hul ons voor (of agter) want hul is baie meer sensitief vir die geesteswêreld.

Jaco ·

Ek hoop ons kry dié vakansiedag. My werk is ‘n 24 uur, 365 dae per jaar besigheid. Elke openbare vakansiedag wat ek werk word ek dubbel betaal.

Tjaart ·

En een van die dae sit jy sonder jou ou werkie omdat jou werkgewer jou nie meer kan bekostig nie.

Manie ·

Uitstekende idee, dan kan ons Oom Jan se verjaarsdag op 21 April 1619 ook sonder teenkanting herdenk.

Kaptein67 ·

Miskien moet hulle die “ancestors” vra om die land se ekonomie ook te help.

Elize ·

Hierdie land sal nooit vorentoe beweeg nie!! Wat van ‘n dag sonder enige protesaksies en beurtkrag. Dit sal ‘n welkome vakansie wees.

Gert ·

Is dit waar al die “Ancestrall callings” in skole vandaan kom. So dit sal seker toeneem tot die dag toegestaan word.

domheks ·

Lekker lag ek nou! Die meerderheid het nie werk nie, hoekom ‘n vakansiedag maak? Hulle is 365 dae op verlof en verdien R350-00 per maand!

Porseleintjie ·

Ek sidder vir dit wat kom. Daar is net geen hoop vir die regering nie.

Renier johannes ·

Hulle is permanent met vakansie werk kan hulle nie

Hendrik ·

Dis tyd vir ‘n nuwe stelsel met vakansiedae. Gee aan elkeen die keuse om te kies watter dae hy wil vakansie hou. As ek Goeie Vrydag, Stigtingsdag, Heldedag, Geloftedag, Kersdag en Nuwejaarsdag wil af hê, laat my toe om dit te doen. Ek gun ander ander mense die reg om Voorvadersdag, Jeugdag, ens te neem. Maar ons kan nie eenvoudig aanhou om meer en meer vakansiedae te gee aan een groep, en ‘n ander groep se belangrike dae te misken nie.

JohanR ·

Nou moet ons ‘n vakansie dag(as ons nie al genoeg vakansie dae het nie)he vir spooke! En ek is seker ou Squirrel sal ‘n dag vind. Wil niemand in SA werk nie?

Boon ·

ALLE lewens weens het voorouers, nie net Afrikane nie. Mens dank elke dag vir God se skepping. Lees weer Genesis 1.

LD ·

Ek wil net seker maak….. Ek het iewers gesien dat 18 Julie ook ‘n vakansie dag is, mandela se verjaarsdag? Is dit so of het my verbeel?

Johan ·

Bose geeste bedoel hulle…want dit is al wat dit is. Dit vra hul gereeld vir moetie, of geweld.

Waarom ·

Toordokters en heiden gewoontes. Suid-Afrika is lank nie meer ‘n Christen land nie. Here ek bid vir U genade.

Alfred E Neuman ·

Wat van n vakansie dag vir die dolosse, of die tokoloshe, of die…….. blah, bla, blah.

Johann ·

Nie n benul van wat NOG n af dag die ekonomie kos nie? Kry n vet salaris en byvoordele van sy ANC Comrades. En dis blatant RASSISTIES. Eks als behalwe binne die definisie van wat voorgehou word as “Afrikaan”. Wat van my voorkeure en afkeure en keuse van assosiasie of nie? Maar vervloek julle “people” met bindings in die geestes wêreld deur te glo wat julle glo.

Pieter9 ·

Sal nie deel wees van demoon aanbidding nie… Egter nie verbaas nie, ons kan duidelik sien hoe die voorouers hulle lei, van die een ramp na die ander.

Darts girl ·

En wat van 30 Mei (Hemelvaart) en 16 Desember (Gelofte dag) wat weg gevat was? Albei n Christelike vankansiedag, nee wat hulleweet nie wat hul wil he nie.

annie ·

Ons Christene lê op die strande op Kersdag, ons hol ons go uit oor Paasnaweek en ons dominees speel in die golwe by hul seegemeentes. Hoekom kla? Groot gewag word telkens by politieke vergaderings en begrafnise gemaak van voorvaders met ruim vergoeding deur die staat vir dollosgooiers as leiers in hul gemeenskappe. Dit is wat rewolusie in Afrika eintlik beteken: Back to the past. Dit is net die begin.

PersHeks ·

“Ons stel ʼn boeiende saak” … man lag ek nou lekker vir die dramatiese man!!

Jacobus ·

Laat elkeen nou maar besluit op watter dag van die jaar hy wil werk, dan het almal dalk werk vir 1 dag in die jaar!!

JL ·

Wat se klomp nonsens is die. Wil S.A. se werksmag net heeltyd vakansie hou? Het bestuur al ooit die moeite gedoen om vir hulle werkers in detail te wys wat elke vakansiedag die land en besighede, skole, tertiêre instellings ens kos. Dan praat ons nie eers van die hoeveelheid padongelukke wat elke keer tydens ‘n geskepte “langnaweek” plaadvind nie. Al is die vakansiedag in die middel van die week, vat dit die werkers en skoliere ‘n hele dag om weer by te kom. Dit is nou die wat wel opdaag en nie vanself ekstra dae af vat nie.

Laeik ·

Wat van n lekker vakansiedag vir toekomstige nasate? Dan kan ons die dag lekker gebruik om te woeker vir nog nasate!

Di ·

Hoeveel moorde is al gepleeg omdat die “voorouers” dit aangemoedig het? Dis pure SNERT. Miskien moet hulle “voorouers” hulle die morele waardes leer dan sal dit beter gaan in die land

Kobus ·

Ek wonder net. Tydens ministers se inhuldiging ” sweer ” hulle ” So Help Me God” Beteken dit iets vir hulle ? Sal beter wees indien die parlement wegdoen met dit

marisa ·

Gaan so aan dan gaan ons boggerol werk vir die hele jaar!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.