Drywer steeds in tronk na botsing wat pa, seun eis

Hendrieko Van Schalkwyk en sy vrou, Karin, met die geboorte van Roelien. Foto: Facebook

Hendrieko Van Schalkwyk en sy vrou, Karin, met die geboorte van Roelien. Foto: Facebook

ʼn Vragmotorbestuurder wat van strafbare manslag aangekla word na ʼn botsing in Potchefstroom waarin Hendrieko van Schalkwyk (30) en sy agtjarige seun dood is, is steeds agter tralies nadat hy nie borgtog kon betaal nie.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê Paulos Sithebe (31) het Donderdag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn en is borgtog van R3 000 toegestaan. “Hy kan dit egter nie betaal nie en bly in aanhouding.” Die saak is tot 28 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Van Schalkwyk en sy seun Jan-Hendrik is dood nadat hulle bakkie Dinsdagaand teen die vragmotor waarmee Sithebe gery het, gebots het. Jan-Hendrik was ʼn gr. 1-leerling aan die Laerskool ML Fick in Potchefstroom.

Jan-Hendrik van Schalkwyk. Foto: Facebook

Jan-Hendrik van Schalkwyk. Foto: Facebook

Van Schalkwyk se vrou, Karin, en hul twee ander kinders is ook in die botsing beseer. Karin het ernstige beserings in die botsing opgedoen en is al verskeie kere geopereer. Marco (6) het ligte beserings opgedoen terwyl sy ses maande oue babasussie Roelien steeds in die hoësorgeenheid is.

Aletta Steyn, Karin se ma, het aan Maroela Media gesê daar is ʼn hulpfonds gestig in ʼn poging om die gesin by te staan. (Besoek Laerskool ML Fick se Facebook-blad hier vir meer besonderhede).

Die botsing is glo veroorsaak deur die vragmotor wat ʼn u-draai gemaak het.

Foto van die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Foto van die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Dis hartverskeurend!!!!! Sooooooo onnodig. Hoop hy sit vir ewig in die selle, hy het n hele gesin verwoes. Sterkte aan almal betrokke. Bid vir herstel vir julle 3!!!

Leeutjie ·

Dis verskriklik erg. Wat ‘n pragtige gesin deur een persoon se dom besluit! Ag Here, dra hierdie vrou in hierdie tyd en seen die kindertjies. Pa en seun is veilig by U maar die wat agterbly se seer!

HEVW ·

Ons mooi land het n hartseer land geword. Genesing kan kom, maar nooit nooit sal die littekens uitgewis kan word nie. Watter bitter trane sal daar nog geween word? Mag ons Hemelse Vader jul troos en berusting gee, Mag jul weer jul weg in die lewe vind. MaroelaMedia, Die opskrif lui “drywer”
Dit is verkeerd. Mens praat van n drywer agter n span osse donkies of perde. Vragmotorbestuurder is reg.

Lindie ·

I rest my case!! Alweer n vragmotor wat onverskullig gery het. En onskuldige mense is dood en hy het niks oorgekom nie!!! Dit maak my buite myself van woede!!!

Mags van Zyl ·

Slegs R3 000 borgtog vir 2 lewens!! Hulle moes geensins borgtog toegestaan het nie. Hy het direk 2 mense se dood veroorsaak deur sy onnoselgeit. Maar o, ja? HY het mos menseregte!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.