Drywer vas ná trok in motors inploeg

Argieffoto.

ʼn 39-jarige vragmotorbestuurder is Maandag in Gauteng in hegtenis geneem vir roekelose en nalatige bestuur nadat hy glo onder die invloed van alkohol was.

Die bestuurder het na bewering op die R21 by die Pomona-afrit in Kempton Park beheer oor die vragmotor verloor en in ʼn string motors ingeploeg.

Sy bloedalkoholvlak was glo 12 keer meer as die wettige perk.

Die vragmotorbestuurder het reeds in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

“Ons veroordeel hierdie soort onverantwoordelike en roekelose gedrag van padgebruikers, veral gedurende die feestyd,” het Sello Maremane, woordvoerder van die Gauteng-verkeerspolisie, gesê.

“Mense wat betrap word dat hulle onder die invloed van drank bestuur, kan tot sewe jaar gevangenisstraf opgelê word.

“Wetstoepassingsowerhede sal nie rus voordat wettelose gedrag op ons paaie uitgeroei word nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.