Drywer vlug ná noodlottige busongeluk

(Foto: ER24)

Twee leerders van ʼn skool in Carletonville aan die Wes-Rand is dood nadat die bus waarin hulle gery het, omgeslaan het.

Die twee leerders van die Wedela Technical High School was onderskeidelik in gr. 8 en gr. 10 en is op die toneel dood verklaar.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het kort ná 16:00 op die toneel aangekom. Verskeie leerders is uit die bus geslinger tydens die ongeluk. Minstens 58 leerders, tussen 12 en 18 jaar oud, het beserings opgedoen.

Matome Chiloane, Gautengse LUR vir onderwys, het intussen sy skok oor die voorval uitgespreek.

Volgens beskikbare inligting het die bestuurder glo beheer verloor waarna die bus omgeslaan het. Die bestuurder het glo hierna van die toneel gevlug. Die polisie ondersoek die voorval.

Beraders sal na die skool gestuur word. “Ons is baie hartseer oor hierdie tragiese voorval en ons wil ons innige simpatie oordra aan die families van die leerders wat hul lewe verloor het,” het Chiloane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Daniel ·

Sekere mense en ons weet wie bestuur soos die land bestuur word daarom is hier so baie onnodige ongelukke

Pietertjie ·

Snaaks dat lesufi nog stil is. Weet seker nie van die voorval nie, want hy beweeg mos nou in hoër dampkringe

PieterJ ·

Geen wittes betrokke, dus geen belangstelling van sy kant af.

TIPTOP ·

Ongelooflik wat n papbroek. En dit is die probleem van onder tot regbo. Geen ruggraat. Dit is ook weer iemand anders se skuld dat hy so dink.

PieterJ ·

“die bestuurder glo beheer verloor”
So asof dit eintlik die bus se skuld was en niks met swak bestuur of swak instandhouding te doen het nie.

Wielspore ·

As ek so na die bus se ontwerp kyk lyk dit soos tegnologie uit die jare 70’s. Hierdie soort busse sal nie toegelaat om gebruik te word in ontwikkelde land as gevolg van min of geen veiligheids toerusting. Hierdie is ‘n kas wat op ‘n onderstel gemonteer is. Veligheid eerste, minder pad sterftes.

Koos 100 ·

Wielspore, jy is so reg. Ek het al van die goed gesien waarin skoolkinders in geprop word, en wat my laat sidder. Gewoonlik busse of taxis wat nie meer gebruik kan word vir die oorsproklike doel nie.

George ·

Seker onder die invloed. Na hy gevlug het, moet hy vir moord aangekla word.

Skappie ·

Sterkte aan die kinders wat beseerings opgedoen het, mag hulle vinnig herstel. Sterkte ook aan die ouers van die kinders wat dood is. Mag onse Liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd dra en julle styf in Sy arms vashou.

piet ·

Kan van skok wees dat hy van die toneel gevlug het (dit gebeur). Ons moet nie mense so vinnig (ver)oordeel nie.

ES ·

Hy het gevlug want hy weet hy is skuldig aan roekelose gedrag. Ek hoop hy word vinnig gevang en aangekla van moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.