Die pa van die vermoorde ds. Liezel de Jager het Dinsdag ʼn hofaansoek ingedien om die polisie te dwing om die moord op haar behoorlik te ondersoek.
Die drukgroep Action Society het die aansoek namens Henk van Zyl by die Gautengse hooggeregshof ingedien. Van Zyl het Action Society verlede jaar genader om hom in die saak by te staan.
Luidens die aansoek het die polisie keer op keer gefaal om sy grondwetlike verpligtinge na te kom om ʼn “tydige en volledige ondersoek” na die moord op De Jager te doen.
Die aansoek kom nadat Van Zyl die afgelope twee jaar meer as 91 oproepe en etlike boodskappe aan verskeie polisiebeamptes gestuur het om terugvoer oor die saak te kry.
Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, sê al die pogings om met die beamptes in verbinding te kom, het op dowe ore geval. Daarom het hulle besluit om hulle op die hof te beroep.
“Die gebrek aan opdaterings oor die saak, die skynbare gebrek aan vordering, en die versuim om alle leidrade en potensiële bewyse volledig te ondersoek, illustreer ʼn duidelike verbreking van die polisie se verpligtinge. Dit het ook ʼn skending van die grondwetlike regte van Liezel se familie veroorsaak, veral hul reg op lewe, waardigheid, gelykheid en geregtigheid,” sê Cameron.
De Jager is op 13 Oktober 2021 in haar erf doodgewurg. Sy was op pad huis toe ná ʼn drafsessie saam met haar vriendinne. Haar liggaam is later deur haar man in hul erf gevind, maar nie een van De Jager se persoonlike items, insluitend haar selfoon en beursie, is gesteel nie.
Cameron sê die aansoek het ten doel om die polisie te dwing om binne 30 dae “alle nodige stappe te doen om ʼn deeglike en onbevooroordeelde ondersoek na Liezel se moord te verseker”.
Dit sluit onder andere in om ʼn bevoegde en ervare ondersoekbeampte aan te stel, al die bewyse na te gaan en te verseker dat dit ontleed word, asook om met kenners in gesprek te tree en onderhoude met getuies te voer.
“Die blatante gebrek aan optrede en ondoeltreffendheid in die ondersoekproses het erge emosionele en sielkundige skade aan Liezel se familie berokken,” sê Cameron.
“Die onsekerheid en persepsie dat geregtigheid nie geskied nie, duur voort.”
Volgens Action Society is die ondersoek na De Jager se moord nie die enigste een wat die polisie afskeep nie.
“Haar saak verteenwoordig duisende ander. Die versuim om ʼn noukeurige en vinnige ondersoek na ernstige misdade soos moord te doen, belemmer die strewe na geregtigheid. Ons kan nie toelaat dat dit gebeur nie.”
- Lees meer oor Liezel de Jager se saak.
Ek vermoed haar man was daarby betrokke my opinion.
Ek stem.
Ek dink ook so en met sy geskiedenis van verdwyn, sloer die saak net.
En waarop baseer jy dit? Ek dink jy en Jillian moet julle bewyse aan die polisie gaan voorlê dat die saak opgelos kan word. Indien julle nie redelike bewyse het nie, doen julle meer skade as goed deur sulke ongevoelige opmerkings rond te gooi.
Daar het seker maar weer geldjies onder die tafel deur gegaan. Sommige mense verkies geld eerder as om te werk.
Dit is waar. Daardie dossier is seker lankal weg.
Kry haar man. Sluit hom toe en gooi die sleutel weg.
Skokkend. Die gewetenloosheid wat saam met die onverandwoordbaarheid gaan is ongekend. En om te dink dis die aanvaarbare standaard van ‘n eens funksionele polisie en regs stelsel.
Sal nie verbaas wees as die moordenaars deel van die polisie is nie. Dis n algemene verskynsel dat hulle by enige misdaad betrokke is. En om nie die werk behoorlik te doen nie is n duidelike aanduiding van die stelling.
Dit is ‘n skande dat die saak so lank sloer. Die familie kan nie tot ruste kom. Kom meneer
Cele, hoeveel keer moet hierdie berig nog verskyn, voordat jy iets daaraan gaan doen??
Ek dink 97% van ons weet klaar wie die moordenaar was!
Ds. Liezel, die liefse van jou Pa sal almal hierdeur dra. Ek is ontsteld dat haar Man, die Pa van haar kinders nie dieselfse dringendheid het vir geregtigheid nie, dit skets nie ‘n goeie beeld. Mag daar geregtigheid kom vir haar.
Ai Barney. Duidelik volg jy nie die saak van die begin ag nie. Haar man lyk baie suspicious van die begin af. Tensy jy iets weet wat ons nie weet nie?
Ongelukkig wys statistiek dat dit meestal die huis- of tuinwerkers is wat inligting verskaf of self daarby betrokke is. Soms gaan dit net daaroor dat geld laat betaal is, of dat ‘n rentevrye lening nie toegeken is nie.
Kan daar tog asb nie ook weer na die horn geval ook gekyk word nie daai saak spook regtig by my so wreed vermoor so jonk asb mense kan ons nie iets doen vir die mense van vermoordes wat moordenaar steeds vry loop nie
Van hulle te besig om SELF kriminele dade te pleeg, daarom het hulle GEEN belange by hulle pligte nie. Meerderheid in die polisiemag het kriminele rekords. Die res is pleinweg net te sleg en onbevoeg om hulle werk te doen. Daar is wel nog polisieede wat hulle werk deeglik doen maar ongelukkig in die MINDERHEID
Ek dink almal, wat op een of ander manier vir ds Liezel geken het, sou graag wil hê dat daar vir haar geregtigheid sal geskied. Daar is groot hartseer in hierdie saak betrokke. Kom ons blaas nie vure aan om spesifieke mense te teiken wie dit moontlik kon gedoen het nie, asook om die onbevoegdheid van SAPD personeel uit te lig nie.
Al hierdie berigte in die media, op enige platform, gaan haar kinders eendag in die toekoms kan lees. Moet ons nie maar wag en glo dat geregtigheid sal wel geskied vir haar dood nie, terwille van 2 dogtertjies wat vir die res van hulle lewens sonder hulle mamma die wêreld moet beleef en leef? Net maar my opinie.
So jammer vir die klein hoeveelheid polisielede wat wel hul werk doen en eerlik is want ons kan nie veralgemeen nie; twee jaar is ‘ lang tyd veral vir ds Liezel se ouers en geliefdes maar ek glo haar man het iets met haar dood te doen. Kruip hy nog weg?