Ds. Liezel se man in hof   

Werner de Jager Maandag in die Amanzimtoti-landdroshof. Hy staan tereg vir die moord op sy vrou, Liezel. (Foto: Action Society)

Werner de Jager het Maandag die eerste keer in die Amanzimtoti-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn waar hy teregstaan vir die moord op sy vrou, Liezel.

De Jager (45) is Donderdag in die vroeë oggendure by sy huis in Bloemfontein in hegtenis geneem, net meer as twee jaar nadat Liezel se liggaam by die pastorie van die NG kerk Suidkus op Amanzimtoti aangetref is. Sy is verwurg.

Ds. Liezel de Jager is in Oktober 2021 vermoor. (Foto: Facebook)

Liezel was ʼn dominee van dié gemeente en het pas van ʼn drafsessie saam met ʼn groep mense teruggekeer toe sy vermoor is.

Geen van haar besittings is tydens die moord gesteel nie en haar selfoon en sleutel is onder meer langs haar liggaam aangetref.

Maroela Media het destyds berig dat De Jager, Liezel se man en die pa van hulle twee minderjarige dogters, kort ná die moord verdwyn het. Hy is later in ʼn bedenklike toestand in sy motor in ʼn suikerrietplantasie in Illovo-Suid gevind en na ʼn hospitaal gehaas.

Die moord het skokgolwe deur die land gestuur, maar die polisie se ondersoek het gesloer.

In Oktober vanjaar het Liezel se pa, Henk van Zyl, ʼn hofaansoek ingedien om die polisie te dwing om sy dogter se moord behoorlik te ondersoek.

Werner de Jager Maandag in die Amanzimtoti-landdroshof. Hy staan tereg vir die moord op sy vrou, Liezel. (Foto: Action Society)

Die drukgroep Action Society het die aansoek namens Van Zyl by die Gautengse hooggeregshof ingedien. Van Zyl en sy vrou, Salomé, het Action Society verlede jaar genader om hulle in die saak by te staan.

Die dossier is op 6 November deur die nasionale eenheid vir onopgeloste sake oorgeneem en speurders het sedertdien onverpoosd gewerk om ʼn deurbraak in die saak te maak. Dié ondersoekspan het De Jager twee weke later in hegtenis geneem.

Liezel se ouers het nie Maandag se hofverrigtinge bygewoon nie. Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, het vroeër aan Maroela Media gesê die egpaar is egter baie verlig dat ʼn verdagte uiteindelik vas is.

De Jager het in die hof aangedui dat hy sy eie regspan het, maar dat die span nie die hofverrigtinge kon bywoon nie. Die saak is gevolglik tot 7 Desember uitgestel. Hy bly intussen in aanhouding

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Herpiet ·

Hy was al die eerste dag n verdagte hoekom nou eers iets daaraan doen?

Kobus ·

Ag asseblief moet net die ou nou weer stuur vir waarneming hy het geweet wat hy doen bere hom vir ewig sy was so n mooi vrou

Lizelle ·

Ek hoop hy kry die straf wat hy verdien!! My kop sal nooit verstaan hoekom mens iemand wil doodmaak nie. Daar is iets soos ‘n skeihof as jy ongelukkig is in jou huwelik!!!!

Kirst ·

Die eggenoot/e is dan altyd die eerste verdagte. Hoekom het hulle nie dadelik na hom gekyk nie?

annie ·

Die onskuldige is nou dood en glo skuldige soos haar ouers tog so gewens het, gevang. Die man en sy kinders het die glo uiters mooi en wonderlike en begaafde dominee gedeel met haar gemeente aan wie sy al haar tyd opgeoffer het. So ‘n opoffererende dominee is daar min te vind op deeske aarde. Haar ouers was so trots op haar.

Seef ·

Regspan kan nie bywoon nie so ons stel uit. BS is ons howe en regstelsel nie belaglik nie!

OU SAAR ·

Dankie dat die kinders by haar ouers bly en gaan grootword. Hulle het duidelik ń wonderlike werk gedoen met Liesel se opvoeding, so daai 2 pragtige dogtertjies sal al die liefde en versorging kry wat hulle toekom.
So hartseer dat hulle nou albei ouers verloor het.
As ek nou iets oor Werner moet sê gaan ek gal braak…
Hoop net die gereg loop sy gang en dat hy die swaarste straf moontlik kry.

Gaitsigubib ·

Hy moet net maak of hy kruppel is, emosie en berou feins, maak of hy naar word en nie asem kry nie, ens. Voor jy dan kan se “skiet n skelm in die toilet” het hy n hele fan club.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.