DStv-gebruikers gaan meer opdok

DStv logo 2010MultiChoice het Dinsdag aangekondig die pryse van al sy DStv-pakkette word vanaf April verhoog.

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê hulle kon oor die afgelope vyf jaar daarin slaag om hul prysverhogings in lyn met inflasie te hou, maar die verswakking van die rand onlangs het hom swaar getref.

“Die rand se waarde het sedert April 2015 met 29 sent verswak en aangesien die meeste van ons programme in buitelandse geldeenhede aangekoop word, het dit ʼn reuse uitwerking gehad op die koste daarvan om die heel beste inhoud aan te koop,” het MultiChoice gesê. “Ons het steeds ons bes probeer om ons fooie hanteerbaar te hou.”

Van 1 April sal DStv-intekenaars R759 vir die Premium-pakket betaal, in plaas van R699 soos in 2015. Die Extra-pakket sal van R425 na R459 verhoog word, terwyl kykers nou R345 vir die Compact-pakket sal moet opdok. Die Family-pakket sal nou R219 per maand kos, die Access-pakket R99 per maand en die Select-pakket R219.

Filmverhurings deur die Box Office-funksie sal van April R35 per film beloop, R5 meer as in 2015.

Maroela Media het vroeër berig kykers het sedert Augustus 2015 ook die opsie om in te teken op Naspers se nuwe internetstroomdiens, ShowMax, teen R99 per maand. Intussen het Netflix ook aangekondig sy internetstroomdiens is nou amptelik in Suid-Afrika beskikbaar teen $7,99 (R126) per maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

FunnyFace ·

Ai, ai, ai! Mens betaal darem nou baie vir al hul herhalings. Dan het hul sommer almal se gunsteling Animal Planet van die Compact pakket ook verwyder. Dit laat mens dink. Hul kort kompetisie.

Ribert ·

Jy kan altyd Netflix of Showmax gebruik as ‘n alternatief. Enigste nadeel daarin is die sport wat jy nie kan kyk nie.

Mossie ·

Ha ha ha meer betaal vir 5 jaar terug se uitsendings . Hulle Kimberley

Mariaan Cilliers ·

Dis belaglik!!! Die ou intekenaare betaal hoer premies as die wat onlangs aangesluit het en waar kom die stygings van kostes nou skielik vandaan en dan net n slap verduidelik te gee. Hoekom moet ons wat julle al jare ondersteun duurder betaal?

Piet Pompies ·

Is hierdie nou ‘n 1 April grappie?
Sowaar, DSTV doen net wat hy wil, haal programme af sonder om kliente in kennis te stel, die res is herhalings, ek dink my premies moet hulself ook herhaal.

Strikdas ·

Nee wat hulle kan maak wat hulle wil as dit nie virdie sport was nie het hulle lankal afgechop , minister van sport julle hou nasionale sport soorte weg van mense wat nie kan bekostig om dit te sien op T.V nie , hoekom verryk julle multichoice so!!!!Ons is multichoice se gysellaar!want hulle besit ons sport!

susan otto ·

dstv gaan op ja maar ons betaai vir her uitsendings! sal beslidps moet kyk vir ander opsies! dit raak nou te duur!!!

Derick ·

Sooo bly ek het ‘n jaar terug al DSTV laat opskort. Sport is in alle geval lekkerder by my lokale pub. Mense skep mos ‘n lekkerder atmosfeer. Die res van DSTV mis ek ook glad nie – ek sien die nuutste flieks LANK voor dit by DSTV uitkom. Hulle moet maar bly “subsideer” (daai lekker goedkoop HD programme en sokker) en sien hoe lank dit sal hou …

Rooijan ·

Stem Derick ek het dit ook laat gaan. Dit is aanvanklik moelik as jy na die remote gryp en dan besef jy kan nie deur honderde kanale se gemors blaai nie. Maar dit is beslis beter om die sport lewendig te gaan kyk of by ń pub of restaurant. En noudat ek gewoond is daaraan mis ek dit nie meer nie.

Michael ·

Ek gaan ook kanselleer die kool is nie meer die sous wed nie.

Dawn ·

Ons gaan ook kanseleer. Is al moeg om na al die ooouuu flieks en herhalings te kyk!!!!

Sandra Lauwrens ·

Belaglik!! Als word oor en oor herhaal vandat ek DSTV het! Nee wat ander opsies streng oorweeg of net kanselleer! Dis nie die moeite werd vir daai geld nie.

Tammy ·

Dis nie n noodsaaklikheid in enige huishouding nie. Die lewe is baie duur en hierdie is beslis nie die moeite werd nie. As jy iets wat die moeite werd is wil kyk gaan na n plek waar dit beskikbaar is of gaan na jou ryk vriende!

Pieter ·

Ja nee regtig so kan n mens nie aanhou meer en meer betaal vir Sport nie

Amelda ·

Download show box app en kyk al die flieks en tv series verniet.

Amelda ·

Download showboxappdownload.com en kyk verniet flieks en tv series

Dee ·

Amelda, ek kyk glad nie TV nie maar vir die TV-kykers het jy ‘n skatkis vol inligting geplaas hier.

Kobus Henning ·

Ek wil net graag weet, hoeveel gaan duelview nou wees? Dankie

Hennie Terblanche ·

10 000 kanselasies….R 7.59mil verlies per maand!!! Lekker man, lekker!

Vicus ·

Nou kan iemand wat tyd het, nie so n petisie opstel nie? Kom ons byt hulle waar dit seer maak.

Naas ·

Sal mens nog iets wees om na tw kyk as al die herhalings afgehaal word – weet ek in elk geval nie wat sal in die plek daarvan aangebied word nie. Kan ons nie n vergadering met Karen Meiring aanvra nie – dan vir elke herhaling betaal ons aan die einde van daardie maand R50.00 minder ?

Tokkie ·

Daar is ‘n FB groep van Boikot Multi Choice. Ons huurder verwag DSTV, maar ek gaan nou ander plan vir hom maak.
Die blad:
BOIKOT Multi Choice – Betaal net vir die kanale wat ons kyk

philip ·

Ek kanseleer dadelik myne dit is nie die prys werd nie, tot advertensies van programme is al vir 4 jaar oor en oor dieselfde hulle is te suinig om dit te verander. hulle verander soms n program se naam maar die inhoud is dieselfde.

Retha ·

Baie beter as DSTV! Jy betaal net n eenmalige bedrag as jy die dekodeerder koop en installasie en dan kyk jy verniet en daar is geen maandelikse kostes betrokke nie!

Elize ·

Daan, waar kan ek die inligting kry van OVHD.
Ek sien ook nie kans om so baie te betaal nie.En dan is daar sovele herhalings, nie meer die moeite werd nie.Ek hou dit ook net aan vir sport.En ek dink dit is hoogtyd,dat Multichoice, geboikot word,Hoekom moet hulle alleen reg kry,om Sport te wys.

naas ·

Ek wil vra – sou n persoon die nuwe dekodeerder koop sal mens sport ook daarop kan kyk?
sal dit waardeer as iemand vir my kan se,
Dankie

Franz ·

Open view,het een Afrikaanse kanaal ASTV,en Wild Africa,wat n jag ne hengel kanaal is,anders is die Sabc,1,2,3,4, E tv,Etv +,wat films wys,baie kung fu ens,N paar kerklike kanale,Indiese kanaal,Ens.OOk maar baie herhaligs ,maar mens kan seker nie kla nie,dit is verniet.Spits hule eintlik op die meererheid groep.

Dawid ·

Of netflix kos my R150 per maand + internet wat elkgeval vir besigheid gebruik.
Ek kyk wat ek wil wanneer ek wil. Daar is nou nie sport nie. Maar met die politieke inmengery kan hulle maar dit ook druk.

Norchie ·

Neewat…ek het showmax en baie gelukkig..spandeer liewers die R700 n maand op goeie wyn,dan kry ek ten minste waarde vir my geld

Voné Jonker ·

Gaan daar dan minder herhalings wees teen die pryse, absoluut belaglik.

Liesl ·

Kom ons wees eerlik. Hoeveel van die mense wat se hul gaan kanselleer gaan dit regtig doen? Ek dink bitter min. Ek kan eerlik se ek sal nie, want ek kyk Villa Rosa!!!

Dee ·

Ek dink jy is reg wanneeer jy sê dat die mense net agtermekaar aan praat en ek is teleurgesteld dat jy bereid is om (nog meer) te betaal vir wat jy gebied word op TV. Maar, dit is jou plesier en jou geld. Ek kyk net die 7nm nuus en weervoorspelling op TV en niks meer nie. Ek wens die mense doen wat hier bo gesê word maar soos jy dink ek ook dat dit ne praat is.

Paul ·

Dan kan jy maar kanseleer einde maart want villa rosa maak ongelukkig klaar..

Liesl ·

Paul, ek sal beslis kyk na ander opsies einde Maart. DSTV het my egter aan die hare gegryp tot dan lol.

Oom Boer ·

Sjoe maar nou wil elke instansie darem die arme verbruiker omtrent op elke vlak besteel en alles word net duurder en Zumpas glimlag breed waar jy hom ookal sien. DSTV is in elk geval nie meer aantreklik met sy programme nie en die flieks word aanhoudend herhaal en geen nuwe materiale kom vorendag nie. Sal maar my dual-view ook laat afsny, aangesien ons paar vriende ooreengekom het om sport by 1man se plek te gaan kyk en elkeen ‘n klein bydrae te lewer.

Suzette ·

Ja Matt en nog ‘n keer weer tot vervelings toe. Ek kanselleer ook einde Maart want my premie is ongelukkig reeds betaal tot dan. Manlief het dit vir sport gekry. Ons gaan elk geval eeder self Loftus of Ellispark toe en loop kyk die ander op ‘n Big Screen erens. Dan beweeg mens ten minste weer bietjie. Gaan cinema toe vir ‘n werklike ordentlike fliek wat die moeite werd is. Heerlik ontspannend en glo my om dit alles in ‘n maand te doen is heerlik goedkoper en ons hele familie gaan geniet die uitstappie indien moontlik. Stem weg met DSTV en hulle saamgelapte flenters wat hulle aan ons opdis.

B ·

Ek verstaan al die klagtes oor die herhaal van programme en al die ou stories en flieks wat gewys word. Ek is self ook party keer frustreerd daaroor. Maar hoeveel van die mense wat kla daaroor sit elkgeval en kyk televisie en het julle al gedink hoeveel mense gaan sonder werk sit as almal net kanseleer? Ek werk by Multichoice en sê dankie aan almal wat wel getrou is en bereid is om te betaal en dat ek n salaris het om vir my gesin te kan sorg.

Rooijan ·

Ons het niks teen jou salaris nie, ons het ń probleem met die baie herhalings, en die feit dat rugby, kyknet kykers slegs die opsie van die duurste pakket het en die hoë winste wat die maatskappy maak. En om die waarheid te sê dit het net te duur geword mense kan dit eenvoudig nie bekostig nie.

Isabel ·

Kan Multichoice ons nie laat betaal PER kanaal van jou keuse nie….

John ·

Om so baie te betaal vir herhalings en die manupilasie om sport te kyk, is die kool nie werd nie.

pjkruger ·

Dstv het te duur geword vir al die gemors wat daarop is en al die heruitsendings. Jul verhoging pla my regtig nie.

anti-dstv ·

Jammer B nie teen jou dis die DIENS ons is ni geldkoeie wat net gemelk kan word en GEMORS GEVOER WORD. Lankal nie meer dstv nie. Siele rus kyk fliek, wat en wanneer ons wil.

Bach ·

Help! Ek wil net kanale 144, 201 en 202 kyk. Is daar ‘n oplossing.

fredeline ·

Ek dink multichoice moet dat kykers hul eie kanale kies so is probleem opgelos want daar is baie kanale wat mens glad ni kyk of eens verstaan ni maar j moet daarvoor betaal wnt hul gee jou ni juis n keuse ni .

Tokkie ·

FACEBOOK:
BOIKOT Multi Choice – Betaal net vir die kanale wat ons kyk

Will ·

Ons almal wat DSTV betaal weet natuurlik waarheen die oorgrote meerderheid van ons geld gaan…. En dit is glad nie vir nuwe program aankope nie. Ek kan glad nie glo dat ons nie kan saam staan en weier vir n verhooging nie!!! As studente alles reg kry hoekom nie ons as kykers nie???

Freud ·

Hulle gaan al die premium pakette verloor, want die meeste mense met premium pakette het dit net omdat ons nie rugby of F1 en Olimpiese spele op goedkoop pakette te sien kan kry nie. Goedkoop pakette is mos net vir sokker spelers.
My DSTV word gekanselleer op die laaste dag van die olimpiese spele!

Liewe Heksie ·

Aiai ek gaan nie kanseleer nie nog nie ek is n weduwee (dit is my geselskap) en ja net sekere kanale maar ja ek is total afhangklik van kyknet sport en crime so ek sal maar moet sien hoelank ek in silence kan suffer En wat as ons almal try saamstaan en voor kantore ok met bordjies gaan staan “mulichoice must fall” maar nee ons as wittes staan nie sommer saam nie

Rachel ·

Ja deesdae is dit repeat tv. Het selfs lanklaas op boxoffice n fliek gehuur want dis nie die moeite werd nie. Baie teleurstellend vir die prys wat mens moet betaal.

Hennie ·

Ek wou al lank kanselleer, hierdie is nou die koel deur die kerk. Sal gaan vir Netflix omrede Showmax aan Naspers behoort net soos DSTV/Mutlichoice.

Ahooy ·

Hou op kerm en betaal of stop die ding.
Die meeste mense betaal te gewillig R300 – R500 en selfs baie duurder per maand per gesinslid net om “in kontak” te kan bly by die superduur selfoon maatskappye!! Wat kos dit nie?? En daai maatskappye eet nog steeds die arm mense met duurder as normale “Pay as you go” tariewe. Die FAT CATS skep en ons betaal maar !!

m ·

Bly n bargain. Daar is soveel om te sien. Baie beter as hierdie strooi op SABC. Dankie DSTV ek geniet julle baie.

Ruby ·

Gaan einde Maart myne kanselleer wanneer Villa Rosa klaar maak.

Ek koop eerder vleis met daardie geld.

Karma ·

UITEINDELIK!!!!!!!!!!!!!!! Villa Rosa maak klaar; ek sug klaar ‘n SUG van verligting. Die ou seepkis-dramas is so vervelig; tot onlangs het ek nog Binnelanders gekyk, maar ook nou opgehou. Ek kyk glad nie 7de Laan, Generations, Binnelanders, Suidwester of Villa Rosa nie, laat staan nog Days of our Lives of enige ander oorsese sepie.

As SABC net hul sokkies wil optrek en beter programme aankoop en uitsaai (en nie net Afrika-kanale in tale wat min mense verstaan!) , het ek ook al lankal Dstv Premium opgeskort. Ek kyk enkele van die kanale: Animal Planet, BBC Earth of BBC Life, National Geographic, Investigation Discovery, Crime Investigation, Lifestyle, SonyMax, Sony Crime, KykNet, Via, Supersport 1 en 3. Ek dink hulle moet dit betaalbaar maak per kanaal; so betaal jy nie vir die klomp kanale wat jy nie naastenby kyk nie en so sal hulle ook meer subskripsies kry.

En oor die herhalings … dis nogal lekker, veral as jy nou nie ‘n ghrênd dekodeerder het wat twee programme gelyk kan kyk en opneem nie; dan kyk jy die program more of oor die naweek, wanneer daar heruitsendings is.

Lu-Anne ·

Ja nee wat hulle kan dit maar verhoog…. dis nie meer die moeite werd nie…. ek gaan ook kanselleer

tjoki ·

Dit is hartseer dat ons rugby liefhebbers so duur moet opdok net om rugby te kan kyk. Eks nie ‘n drinker nie en raak gou geirriteerd met gekletterde mense so pubs is uit vir my. Dalk maar soos in die goeie ou jare dit maar op die radio luister. Mens kan regtig nie amper 800 betaal en dit net vir tv kyk nie. Multi choice wil net nie ingee met ‘n goedkoper pakket vir ons ander nie so dan moet hul maar kliente verloor. Als raak duurder en ons salarisse gaan nie op nie so hoe moet ons by bly? Mense verloor reeds hul werke en niemand let op daarna nie. Solank die fat cats kan dikker raak en hul beursies worry hul nie oor die arm en middelklas mense nie.

Chris ·

Ek het my DSTV hierdie maand klaar gekanselleer toe ek ‘n maand terug uitvind van hulle opkomende verhoging. Ek het nuus vir MultiChoice. Met die beskikbaarheid van goeie internet dienste, en met opsies soos NetFlix, Hulu, Amazon Instant Video, HBO Go as jy iemand ken met ‘n rekening in Amerika, en letterlik tien talle ander TV dienste, gaan DSTV nog sy gaai sien.

Net ek alleen weet al van 4-5 mense wat hulle DSTV ook gekanselleer het. So mens kan dink wat gaan die algehele impak wees as elke persoon ten minste nog net 1 ander persoon ken wat kanselleer.

Watch this space….DSTV gaan of vou, of hulle gaan geforseer word om mense te begin die opsie te gee om teen ‘n bargain prys te kan kies per kanaal wat mense wil kyk, en ophou mens forseer 300+ kanale te gee waarvan mens net 4-of 5 kyk.

Hettie ·

As almal dstv pakkette afsny, wat gaan dstv maatskaplik maak! Dalk kan dstv maatskaplik bankrot! So baie op!!!! Omtrent R15 op ja is okey maar omtrent R40 op, dis baie!

Armando ·

Hou op kla en gee dit op! dis in elk geval meestal indoktrinasie.

Oom Caspaas ·

As jy iets nie het nie dan mis jy dit nie. Myne lankal opgegee en kyk met “Freevision” dekodeerder SABC 2 en 3, e-TV en Kruiskyk……..”Mahala”….en as ek rugby wil kyk gaan ek na die naaste sportsbar toe. Is absolute malligheid wat dstv kos en sal dit nooit weer aansit nie.

MARTHIE ·

SAL GRAAG WIL HE DAT DSTV AL DIE KOMMENTAAR SIEN, MAAR WAT SAL DIT OOK NOU HELP? ONS HET GEKANSELLEER NADAT DIE FLIEK LUCY VIR DIE HONDERDSTE MAAL UITGESAAI IS. KOSTES IS BELAGLIK VIR DIT WAT OP DIE MENU IS.

Rian ·

Ja nee, ons Suid Afrikaners kan nog nooit saam staan nie, en ek skaam my daarvoor. Die mense met geld worry nie oor die gewone man op straat nie.
Julle laat die mense wegkom met alles. En dan kla julle sekere mense moet loop want hulle sorg net vir hul 5x vrouens. Kan die DA dit nie in die Parlement bespreek nie want hoekom stem mens vir hulle?

Kloekie ·

Ons ook nou gekanseleer! Herhalings en swak programme. SS1(rugby) net op die duurste paket! Wonder hoekom!

henri ·

Ek betaal R800/maand vir die voorreg om rugby op tv te kyk. Wanneer die sewes die 5de begin en die groepe en fixtures is nog nie op die program gelaai op die 3de nie, dan is dit nie goed genoeg nie. Wanneer bekende akteurs in ‘n fliek speel maar op die info word die hulpakteurs se name gegee as die hoofakteurs, dan is dit nie goed genoeg vir die prys wat ons betaal nie. Soos flieks nou herhaal word is dit belaglik, op enige gegewe tyd is daar omtrrent nie ‘n fliek wat ek nie al ten minste drie maal gesien het nie. As die prys met 10% styg dan gaan ek R860/maand betaal. Ek kyk na ander opsies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.